Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Antwoord vir Gloudini

So., 14 Oktober 2001 18:00

Beste Gloudini

Hier kom Pop wat al 20 jaar in Amerika is en met mooi deurdenkte antwoorde
op my stellings gevolg deur jou ongeskikte en persoonlike aanvalle. Ek het
nog net hier genoem dat ek onder 'n klomp Engelse ingetrou het (behalwe
vorige grappies oor die Tannie se Engelsheid), maar ek beskou dit beslis nie
as 'n status simbool nie. Sê my, hoelank sit jy al daar in Kanada. Was jy
ook deel van die "chicken run" toe die ANC aan bewind gekom het? Waarom kom
jy jou anti-rassistise veldtog hier voortsit nie - ek is seker die Regering
hier sal dit geweldig baie waardeer. Dan kom jy sommer vir my hello sê en
jy kan dan sien ek bly nie agter lemmetjiesdraad en Rottweilers nie. Ek kan
my nie 'n beter land in die wêreld voorstel as Suid-Afrika nie, afgesien
van wie regeer en waarheen ons op pad is.
Liefde groete

skryf in boodskap news:3BC8EC37.52D7D102@home.com...
Grahame wrote:

> Nuwe
> Heiliges.

> Ek het veral op die Engelse NG al my stem oor "subliminal racism" dik
> gemaak.

> Ek het heelwat Engelse vriende en familielede (aangetroud)

Jy raak maar pretty boring, ou Grahame, wat telkens praatvan jou Engelse
aangetroude familie, asof dit vir jou spesiale
status gee. Jy moet oppas dat mense op hierdie nuusgroep vir
jou nie begin sien as 'n nuwe heilige nie. Hou op om die ou
clichés so rond te gooi. Wat wil jy eintlik sê?

> was sedert 1953 betrokke
> in Nasionale Party politiek. Ek vra niemand om verskoning daarvoor nie, ons
> het geglo in wat ons gedoen het anders sou ons nie veel langer as 1960 hier
> gebly het nie - dit was 'n geval van Blanke voortbestaan.

En wat het julle bereik in die naam van "blanke voortbestaan"?Die
landsbewoners
wat nie die regte soort hare as jy gehad het nie,
het julle gedwing om 'n burgeroorlog te begin. Julle het as lakeie
van die C.I.A. opgetree en kosbare lewens in die grensoorlog
opgeoffer. Blanke voortbestaan is deur julle joggies in gevaar
gestel deur julle stupid beleide, en dis alleen die goedhartigheid
en ubuntu van die lokale bevolking, wat nie dieselfde soort hare
as julle gehad het nie, wat verhoed het dat al die blankes in die
see ingedryf is. Hou op om te sê julle het vir blanke voortbestaan
geveg. Julle was een van die grootste gevare vir "blanke voort-
bestaan."

Ek sal dit maar aan Pop en Danielle oorlaat om jou stupid
opmerkings oor die toestande in die VSA aan die kaak te
stel.

Gloudina

>

Koeitjies & kalfies | 51 kommentare

Die platgetrapte kroontjie.

So., 14 Oktober 2001 06:52

De Boerenoorlog in gedichten - 'n Uiitreksel uit 'n resensie deur Joop
Leibbrand

Een onbekende Zuid-Afrikaanse dichter beeldt die gehate vijand zo uit:

Engelsman, jou regt verdraaijer,
Vrijheidsmoorder, land verraijer.
Wij denken nog aan Slachters Nek,
Met ons broeder bloed bevlekt.

Engelsman, Tractaat verbreker,
Denk jij niet daar is 'n wreker.
Voor jullie onrecht aan Transvaal
Zal die Heer jul laat betaal.

Engelsman, jou dag zal naken,
Want er leef een God der Wraken.
In den dag van groot gericht,
Kom jou werken aan het licht.

Als de Boeren zich uiteindelijk moeten schikken in een opgelegde
vrede, is dat voor Jan F.E.Celliers reden voor grote bitterheid:

Die weg van eer

Wat is die weg van eer?
Om trou te bly
aan dwing'landy?
Aan afgedwonge woord en daad -
aan wanhoops nood-traktaat?
Is dit die weg van eer -
niks meer?
Om woord te hou
aan wie ontrou
en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?

Dit is die weg van eer:
Om, net soos eertyds, trou te wees
aan vaarlandsbloed, aan vaarlandsgees,
aan vryheids-ideaal!
Geen woord verpand is bindend woord
as oormagsdwang en onskuldsmoord
die woord vir ons bepaal.

Negen jaar na de oorlog bezoekt Celliers een concentratiekampkerkhof.
Hij schreef er het volgende, tijdloze gedicht over:

Blomme

Ek kom om 'n kransie van rou te breng,
Op kindergraffies 'n traan te pleng.

Maar kyk, dis 'n fees wat my oog gewaar
van blommetjies, blommetjies aanmekaar,

op ranke stingel oor graffie en steen -
soos graan op die lande, aaneen, aaneen;

soos kindertjies selwe in feesgewaad,
in hupp'lende dans op die windjie se maat;

spierwit hul kleertjies en roserooi -
die sonlig se glans op hul hemelse tooi.

O, moedertjies wat in die verte nog ween
om blompies ontnome, wat God had geleen,

kom kyk, uit elkeen en elk bittere traan
is 'n heldere blompie weer opgestaan.

Dis net of die Vader sê "Vertrou!
"My blomme sal groei oor die kranse van rou,

"Ek gee weer terug wat gegee is aan My:
"waar blomme gesaai is, sal blomme gedy."

Deze mooi uitgegeven en beslist toegankelijke bloemlezing, die niet
minder dan 95 gedichten bevat, geeft een afwisselend en vooral
indringend beeld van een bewogen periode uit een inmiddels wel
verre, maar toch altijd nog actuele geschiedenis. Niet alleen voor
in Zuid-Afrika geïnteresseerden een must!

Die platgetrapte kroontjie.
Afrikaanse en Nederlandse gedigte oor die Anglo-Boereoorlog.
Versamel en ingelei deur Wilfred Jonckheere
Protea Boekhuis, Pretoria 2001
ISBN 1-919825-19-3
pro...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

nét nét nét vir Liezl

Sa., 13 Oktober 2001 20:21

Haai!!! Ek het jou gesé dit is slegs vir Liezl.

Liezl, scroll na onder. Die boodskappie is vir jou.

Liezl, jy het al ten minste drie keer hier jou sê gesê
en steeds is jy nie in 'n geveg met Gloudina.

Gooi oop jou kaarte... heul jy met die vyand?

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grappie

Vr., 12 Oktober 2001 23:06

Daar was 'n verskriklike aarbewing in Indië en 20 000 mense het gesterf.
Engeland het mediese noodvoorraad geskenk.
Switzerland het mediese personeel geskenk.
Die VSA het komberse en kospakkies geskenk.
KwaZulu Natal het 20 000 "replacements" geskenk.
Annette

Humor & grappe | 2 kommentare

Re: penis enlargement is possible

Vr., 12 Oktober 2001 21:02

"Davie Davis" skryf in boodskap news:p7gestg7fsc2s03buqpukndgjc7du5e7n8@4ax.com...
> On 12 Oct 2001 16:10:11 GMT, tph...@yahoo.com wrote:
>
>> Found this interesting information on mens health, thought you might be
>> interested as well, go to http://cockpower6.devil.ru
>>
>> Claims to add 3 inches to your penis, and guarantees this !
>>
>> take a look and let me know what you think :)
>
>
> Die ou se epos adres lyk soos te...@yahoo.com
>
DD,
jy is reg en beter om die tepelsake te sien, as wanneer ons vir al die
penisverlengings gaan.
Ons dinge het nou so ongeveer 4 meter gewees :-)))

Gr.Rico
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tobie Brummel

Vr., 12 Oktober 2001 19:19

Enig een van julle 'n idee waar Tobie Brummel is?
Bes moontlik 'n toer gewen by die marathon?

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Humor?

Vr., 12 Oktober 2001 16:14

> Gloudina
> Alleen die real thing imponeer my.
>
> Wouter
> Hoe lank moet die ding wees om jou te beïndruk?

Gloudina
Wel, ou Wouter, die enigste een wat my permanent
beindruk het, is so omtrent ses duim lank met 'n I.K.
van so omtrent 150 'n voet of twee in 'n kop so 'n
voet of twee aan die bokant.

Wouter
Net toe ek dink jy maak 'n "pass"na my kant toe,
toe verloor jy my met die twee voet of twee's.
Huhh?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: skilferkors melktert

Vr., 12 Oktober 2001 14:03

Nee, Rico... Korsloos is lekkerder en makliker!
___________________________________________________
"Rico"
> Kors: Plaas skilferkorsdeeg ( die gekooptes) in 'n tertpan.
> Gooi melkvulsel in.
>
> Melkvulsel:
> Plaas 500 ml melk, 1 kaneelstokkie, 2 stukkies naartjie/lemoenskil in 'n
> pan/pot en verhit saggies totdaar stoom van die melk uitkom.
> Verwyder van die hitte en haal die kaneel en skil uit.
> Meng saam 65 gr suiker, 40 mg koekmeelblom of Maizena en 'n bietjie van die
> warm melk in 'n houer tot glad.
> Voeg die mengsel by die melkmengsel en roer goed om klonte te voorkom.
> Plas die melkmengsel terug op die stoof en kook dit totdat die mengsel dik
> is.
> Roer gereeld.
> Verwyder die mengesel van die hitte en roer 15 gr. botter by.
> Laat die mengsel afkoel en roer dan 2 groot eiers, effens geklits, by.
>
> Nadat die melkvulsel in die kors gegooi is besprinkel met kaneel en bak dan
> in 'n voorverhitte oond (240C) vir 10 minute.
> Verminder die hitte naar 180C en bak 'n verdere 10-15 min, totdat die vulsel
> geset is en die kors bros en goudkleurig is.
>
> Na die kooroefening het Annette die bobotie resep gedoen, maar sy het my nie
> gevra vir bobotie, ek sal net kooroefening doen :-)))))
> En sy het gese dit was haar goeie daad vir die jaar, so nou moet ek goeie
> dade doen :-))
> Ek weet die persoon die vir die resepte het gevra is nog nie voldoende
> bevredig nie, maar ek sal later die derde melktertresep gee, die een met die
> kors :-)
> Gr.Rico
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tipex

Vr., 12 Oktober 2001 10:53

Watter Afrikaanse woorde ken julle almal vir Tipex?
________________________________________________________

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Retrogade woordelys beskikbaar

Vr., 12 Oktober 2001 08:22

Leuce:
Die derde Afrikaanse retrogade woordelys is pas opgelaai. Loer gerus
by http://www.oocities.org/retrogade_af/. Wat vir 'n ding is 'n
retrogade woordelys? Hier is 'n voorsmakie uit die letter "E":

sandwoestyne
droogtewoestyne
halfwoestyne
betonwoestyne
kultuurwoestyne
rotswoestyne
filistyne
ravyne
brandewyne
kelkiewyne
pikkewyne
aalwyne
swyne

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 23:15:58 UTC 2026