Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Was nie 'n Rooikop nie.

So., 21 Oktober 2001 18:38

Kliek my uit as julle hierdie een gehoor het.

'n Besigheidsman koop sy vrou 'n selfoon vir 'n verjaardag geskenk en na
vele gesukkel kry hy dit reg om haar te leer om die ding te werk.

Die volgende dag skakel hy haar van die kantoor om uit te vind of sy die
foon baasgeraak het,

"Ja," sê sy opgewonde, "maar daar is een ding wat ek nie verstaan nie. Hoe
het jy geweet ek is by Pick 'n Pay?"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oud stryders

So., 21 Oktober 2001 17:29

Graag wil ek weet of hier ook oud stryders is wat nou gaan, gaan vir
Universiteits opleiding. Sien die regering gaan dit borg. Wonder hoeveel die
stryders wat sê hulle het net St.8 gaan dit maak. Ek leer my gat af om om
kop en stert uit te maak in my IT kursus deur die pos. Sien die regering wou
my nie geborg het die dag toe ek klaar gemaak het met skool. Ek moes maar
loop werk het en hard gespaar om my eerste paar jaar te doen.

Groete
Spook

"Hoesit?" "Nhy sweet soos lemons my broe."

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Antie Skat

So., 21 Oktober 2001 07:13

Tannie jag net tweegatjakkalse, tweegesig-draadsitters,
kewademanne en mense wat op 'n mishoop wil probeer
koning kraai. En mense wat vir tannie sê "jou gat, my
skat."

Tant Hessie, terroris en guerillavegter in
die Derde Vryheidsoorlog.

~~~~~~

En dit na ek my so mooi ingehou het na jou onderrok
reg bo-oor Khayelitsha uitgehang uit? Jou gat, my skat.

Wouter, die onnutsige plaasvarkie, sê tannie moet begin
wharrie. Want hy oorweeg om die skat-deel weg te laat ;-)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

stilte na die storm

Sa., 20 Oktober 2001 19:45

daar's die storm verby. 'n Tipiese Hoëveld storm. Die tipe elektriese
strorm wat die Annette's en ander Kapenaars oornag hulle tasse laat
pak en die lang pad terug Kaap toe aandurf.
Vinnig en fel. Soos Pieter Marais se Burgemeesterskap. Ek hoor die
storm nou nog in die verte. Maar ver genoeg dat daar geen gevaar
vir my modem is meer nie. Ek hoor Pieter Marais ook nog in die verte.
Op die ver horisonne - en dan weer klink dit nog verder weg.
Eintlik is dit vreeslik vermetel om 'n mens se naam in dieselfde asem
te noem as die van so 'n vreemde en felle natuurkrag.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wintersklere vir oorsee

Sa., 20 Oktober 2001 16:09

Waar gaan ek iets te koop kry, name van winkels. Die dames van die
nuusgroep sal seker weet. Met my meisiekind wat oorsee gaan, soek ons nou
eers klere. Sy gaan Bielefeld toe, in Duitsland en dit word blykbaar lekker
koud daar.

dankie

Shannon

Reis & vakansie | 100 kommentare

Stil protest!

Sa., 20 Oktober 2001 15:49

Stil protest!
>
>
Ik snap eigenlijk niet zo wat het nut ervan is om andere posters af te
zeiken,
Ik zie dat in veel nieuwsgroepen. Top posters en mensen die nieuw zijn
,of
zich te veel laten horen, worden geflamed bij het leven.( En eigenlijk
zonder goede reden)

en. ens ens

Why can't we all just get along?

NS.
ek plaas net die stuk om vir julle te wys dat ons nie uniek moet voel
nie!!!

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Stil protest!

Sa., 20 Oktober 2001 15:49

"Davie Davis" schreef...
> ek plaas net die stuk om vir julle te wys dat ons nie uniek moet voel
> nie!!!

SCS-A.A is momenteel juist 'n oase van rust op Usenet. Zeker als je het
vergelijkt met de nl-nieuwsgroepen :(

Het enige waar we hier momenteel wat last van hebben is een muizenplaag :)

Groeten,
Arthur

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Net net net vir DD ( en enige iemand anders wat belang stel)

Sa., 20 Oktober 2001 10:51

Hi Davie

Nee wat jong, ek heul nie eintlik met enige iemand nie, maar ek vind
dit ook redelik merkwaardig dat ek dit die keer so lank uit gehou het
sonder dat ek iemand moes aanval of aan geval moes word.

Ek verkies dit eintlik om met niemand uit te val nie, so ek beter nou
ophou gesels voor ek iemand onwetend in die gesig vat. Kom ons maak
liewer die wyn oop en luister so bietjie na blues musiek.

Liezl

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Sonde van die Vaders

Vr., 19 Oktober 2001 20:52

On Fri, 19 Oct 2001 17:52:39 +0200, "Grahame" wrote:

>
Chantel is lieflik Grahame - jy wat daar by haar sit?
(indien nie, waarom sktyf jy in HTML?)

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

kyk wat wil die staat maak

Vr., 19 Oktober 2001 20:05

http://www.btimes.co.za/99/1003/btmoney/btmoney.htm

net so kort stukkie waaroor dit gaan
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
The idea behind the proposal is that all citizens contribute a
portion of their income to the national retirement fund during
their working years.

All citizens would be entitled to withdraw a minimum pension from
the fund at a set retirement age whether they contributed to the
fund or not.
--

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853  854    »]
Tyd nou: Do. Jan. 01 11:30:20 UTC 2026