Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Annette Help!!

Wo., 24 Oktober 2001 13:15

Ek weet jy het nou al vir ons 'n paar melktert resepte geplaas. Wil jy nie
vir my een stuur waar die vulsel baie styf en solied is wanneer dit gestol
het nie. Die melkterte wat 'n ou hier in die tuisnywerhede koop het almal
sulke slap vulsels. Dit lyk so of die baksters die vulsels met oorgeklitste
eierwitte gemaak het. So amper asof hulle wil geld spaar op die regte
bestandele.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir @home.com

Di., 23 Oktober 2001 20:27

Weet nou nog nie wie die gedigte plaas nie en ook nie hoekom nie? Maar ek
wil graag vra, word die gedigte nie bespreek nie of weet iemand van n
webwerf waar gedigte bespreek word?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Vertaling benodig asseblief.

Di., 23 Oktober 2001 18:13

Asseblief, sal iemand vir my se, mag ek skryf " Vandag is n' lekker
en sonnige dag" Ek is n' engelsprekende en nie seker dat 'sonnige'
die regte vertaling van "sunny" is?

Dankie

Baba Mung

--
"An eye for an eye and the whole world ends up blind."
-Mahatma Gandhi

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Spreke is silwer, swye is goud

Di., 23 Oktober 2001 16:21

Alan: Hierdie rooinek skryf maar min Afrikaans

Tant Hessie Poirot
Jou Afrikaans en jou spelling daarvan is baie goed.
Die -7 boaan jou pos laat my dink jy is op die
Weskus van die VSA. Is ek reg?

> Rico
> Spreke is silwer, swye is goud

Dis die taal van 'n bangbroek, Rico.
Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens

Wouter
'n Wyse bangbroek, Hessie
Alan is nie van die VSA nie, hy is van SA
Hy het gesê hy is 'n rooinek, nie 'n redneck nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Soek 'n lys ("text file") van algemene Afrikaanse woorde.

Di., 23 Oktober 2001 13:17

Dag mense.

Hierdie rooinek skryf maar min Afrikaans. Om die aantal spelfoute te
verminder wil ek 'n "custom dictionary" opstel vir MS Word met die
mees algemene Afrikaanse woorde. Nou wil ek ook nie 'n ander honderd
rand uithaal vir die beskikbare sagteware. Is daar 'n plek waar ek
net 'n text file kan kry met sowat 5000 algemene Afrikaanse woorde?
Dis dan mos maklik om so lys te "import" in 'n MS Word "custom
dictionary".

Dankie,
AlanC.

Afrikaans, ons taal | 9 kommentare

Resep: Slaaisous.

Di., 23 Oktober 2001 13:15

English Salad Cream: ( die alternatiewe mayonaise)
Druk 2 hardgekookte eiergele fyn.
Meng met 'n houtlepel by die eiergeel:
'n knippie sout, knippie rooipeper ( cayenne), 5ml Engelse mostert. en 5ml
strooisuiker.
Voeg 5ml wit asyn by
Voeg 150ml dik room geleidelik by - roer gedurig
Meng 'n verdere 25ml wit asyn by.
Annette

Kos & resepte | 5 kommentare

Vir Grahame

Di., 23 Oktober 2001 09:43

Grahame,

Jy stuur virusse uit. Ek weet nie of jy bewus is daarvan nie?


Received: from Grahame (vic-dial-196-30-220-221.mweb.co.za
[196.30.220.221]) by tweeter.eldosales.com with SMTP id f9D8vF303464
for ; Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Date: Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Posted-Date: Sat, 13 Oct 2001 01:57:17 -0700
Message-Id:
From: Hahaha

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Annette resep asb!

Di., 23 Oktober 2001 06:07

Annette

het jy nie 'n resep vir die sous wat saam met koolslaai gaan nie?

dankie

Shannon

Kos & resepte | 3 kommentare

Davie!!!

Ma., 22 Oktober 2001 06:12

As ek wil reply op iets wat Frikkie geskryf het, kerm my rekenaar oor HTML
en plain text. Volgens my rekenaar is my "news sending format" wel "plain
text". Waar lê die probleem? ...en geen lae houe nie asb. ;) My rekenaar
is so rukkie terug weer oorgelaai en alles is nie soos dit voorheen was nie.

Dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Nigerian Letters

So., 21 Oktober 2001 18:57

On Sun, 21 Oct 2001 08:16:16 +0200, "Frikkie Potgieter"
wrote:

>
Ja ou Frikkie, hulle het my ook reeds probeer.
Ek het hulle net geignoreer en later eers gesien
dat hulle redelik uitgebrei werk.

DD

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1835): [ «    838  839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849  850  851  852  853    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:41:50 UTC 2025