Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Annette, help asseblief

Vr., 02 November 2001 17:39

Ek weet nou amper alles van die Afrikaanse kombuis :-)
Ek weet ook wat mieliepap is, maar nie hoe ek dit maak nie!!

Is mieliepap en polenta dieselfde??

Asseblief geef vir my die resep van julle mieliepap en veskillende diktes
:-))

Gr.Rico

Kos & resepte | 16 kommentare

Hoi Hessie, dis hoipolloi.

Vr., 02 November 2001 14:53

Tant Hessie van die hoi polloi.

Wouter
Hoi Hessie, dis hoipolloi, hoor. Hoipolloi.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: YO YO'S FOR MONKEYS

Vr., 02 November 2001 11:12

People like you should be hung out to dry... In public.

Moenie hierdie ou 'n hit gee op sy site nie...
___________________________________________________
"boogerman"
> IN A WORLD THAT HAS FORGOTTEN LAUGHTER AND SILLINESS
> Spread my word and I will reward yee!!!
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piriet/Don/Kies

Vr., 02 November 2001 11:11

Gloudina
vat hy die Afrikaanse woordeboek en slaan "kies" na om te sien
of hulle nie vir hom 'n Engelse alternatief kon gee nie. En jou
waarlik: behalwe die Engelse "cheek" vir kies, is 'n ander
betekenis van "kies" ook "pyrites." Ek dink nie ek het al
ooit van so 'n woord vir "fool's gold" gehoor nie.
Is daar ander mense wat hierdie betekenis van "kies" ken?

Wouter
Ja, ek het lank terug daarmee kennis gemaak. Kies in
dié betekenis is 'n mineraalsout of -erts, ek is nie presies
seker nie. Jy kry koperkies, ysterkies, magneetkies, ens.

Swaelkies is piriet. (Ek het nageslaan)
Dit het niks te doen met die swaeltjies wat 'n somer
kan maak nie. Ook nie met pompdon-kies nie....

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Van die net gegaps 1

Vr., 02 November 2001 10:23

Die Oom is toe nou oorlede en die hartseer Tannie moet toe maar self
reelings tref want daar was nie iemand anders nie. Alles is toe nou
uiteinelik klaar, maar toe sy by die begrafnisondernemer kom sien sy
haar man is uitgedos in 'n swart pak.

Se sy vir die begrafnisondernemer, "Ag meneer, my man het sy lewe lank
gese hy wil in 'n blou pak begrawe word. Is dit dalk moontlik?"

"Geen probleem nie Tannie. Ons het nie nou blou pakke nie, maar ek sal
een kry. Kom weer so oor 'n uur."

Toe sy na 'n uur daar kom toe le haar man daar in sy kis met 'n
pragtige blou pak aan. "Ag dankie tog meneer" se sy vir die
begrafnisondernemer, "hoeveel skuld ek jou?"

"Nee wat Tannie, niks nie", kom die antwoord. "Jy sien, heel
toevallig, net na Tannie hier weg is, het hier 'n ander man in hierdie
blou pak hier aangekom. Sy vrou wil toe baie eerder 'n swart pak he,
toe ruil ek maar die koppe om".

Humor & grappe | 11 kommentare

Donkielimeriek 1

Vr., 02 November 2001 09:43

Little Miss Muffet sat on a tuffet,
her clothes were all tattered and torn.
It wasn't the spider
that crept up beside her,
It was Little Boy Blue and his horn.

Wil julle nog een hê?

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

LOVE FOR YOUR CHILDS SKIES

Do., 01 November 2001 22:07

http://www.BoogerGod.com
IN A WORLD THAT HAS FORGOTTEN LAUGHTER AND SILLINESS
Spread my word and I will reward yee!!!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Halloween

Do., 01 November 2001 21:48

"Patricia" skryf in boodskap news:nOhE7.4806$8s4.20780@news.indigo.ie...

> The custom of Halloween was brought to America in the 1840's by Irish
> immigrants fleeing their country's potato famine. At that time, the favorite
> pranks in New England included tipping over outhouses and unhinging fence
> gates.
>
> The Jack-o-lantern custom probably comes from Irish folklore. As the tale
> is told, a man named Jack, who was notorious as a drunkard and trickster,
> tricked Satan into climbing a tree. Jack then carved an image of a cross in
> the tree's trunk, trapping the devil up the tree. Jack made a deal with the
> devil that, if he would never tempt him again, he would promise to let him
> down the tree.

Baie interessant, Paddy (aangesien jy nou in die Emerald Isle is...). En
die Amerikaners het die dag so oorgeneem dat die meeste mense dink dis nou
uitsluitlik Amerikaans. Ek sê HOERA vir ou Jack - hy is seker die enigste
ou wat daarin geslaag het om Hel te ontsnap! Self het ons hier daardie aand
'n hele paar kloppe aan dei deur gehad en kinders aangetrek in allerhande
kostuums - die eerste keer dat ek dit hier sien... moes al my geliefkoosde
jelly beans weggee (dis oor die swartes wat ek die meeste huil!) - geen
politiek hierin te lees nie, asseblief.

Vertel ons nou 'n paar van daai berugte Ierse grappies.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

ag ons lag ons byna dood om:

Do., 01 November 2001 19:45

Die toe-name wat die ou tannie Hessie sigself
toebedenk.
Dis slegs daarom dat ons haar beriggies lees.
Baie dankies Gloudina, jy is 'n "gem" op
hier die NG !

Patrick

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

NNP?

Do., 01 November 2001 12:12

Iemand op hoogte wat die storie ivm die NNP is vanmiddag - 2nm, 1/11/2001:?
Die klomp verander so gou van stories en menings, en bly, en skors, en die
vet weet wat, ek kan nie bybly nie.
As die ou lot dan uiteindelik finaal uitmekaarspat, hoop ek hulle gaan darem
'n tyd en datum hê vir die geskiedenisboeke:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    834  835  836  837  838  839  840  841  842  843  844  845  846  847  848  849    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:35:19 UTC 2025