Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Openbaring

Di., 06 November 2001 21:57

"Grahame" skryf in boodskap news:9s91ub$dl5$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek het besluit om almal te wys hoe ek lyk. Net soos Reisiger sal ek enige
> negatiewe opmerkings ignoreer.
>
Grahame ou Seun

Doen ons 'n guns - as jy 'n aanhangsel of enige attachment wil insluit in
jou boodskappe, waarsku ons asb. in die onderwerp sodat dié van ons wat nie
wil sit en wag vir iets wat lank vat om af te laai nie, dit nie hoef oop te
maak nie. Dankie by voorbaat.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Basiese toelaag vir almal?

Di., 06 November 2001 15:13

My wêreld - ons moet toe vandag hoor dat die staat al lank werk aan 'n
basiese toelaag vir almal.
Geen ander besonderhede nie - net die genadige nuus dat dit nog nie vir die
volgende begroting in werking sal kan tree nie.
Dis nou nie meer aan die wat het, sal gegee word nie.
Dit is nou, daar sal gegee word, of jy dit het of te not.
Dit is wat vir my so wonderlik is van ons nuwe, deursigtige regering - sulke
ou verassinkies wat die alledaagse lewe tog so opwindend maak, en ons die
telefoonlyne laat rooi bel, en die briewekolomme in koerante en tydskrifte
laat oorloop van spekulasie op wat die voorgestelde toelaag gegrond gaan
wees..
Ek het nog steeds nie vergeet en herstel van die verassende aankondiging
skok van ons nuwe embleem
en leuse nie:))
Wie hier kan die leuse hier skryf uit die kop uit of selfs onthou?
Die beste wat ek kan doen:
Fxee Fxi Fxo Fxlum:
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Van die Net gegaps 5

Di., 06 November 2001 11:49

'n Skone die keer.

'n Prokureur, 'n dokter en 'n wetenskaplike sit en bespreek die
voordele en nadele van vrouens (soos in gades) en minnaresse.

Se die prokureur; "Nee wat, 'n minnares is baie beter. Dit gee jou
meer vryheid, dalk meer opwinding en daar's geen kans op 'n morsige en
duur egskeiding nie."

Antwoord die dokter; "Ek stem nie saam nie. 'n Vrou gee stabiliteit en
sekuriteit. En egskeidings is in elk geval nie verpligtend nie."

Toe kom die wetenskaplike aan die beurt; "Ek stem nie saam met een van
julle nie. Dis beter om altwee te he. As jou vrou dan dink jy's by die
minnares en die minnares dink jy's by jou vrou, dan kan jy bietjie
navorsing doen."

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: World BBQ Results.

Di., 06 November 2001 07:51

Jammer - dit was nie vir die groep bedoel nie - nou weet almal van julle hoe
klink my Vrystaatse Engels:((
Annette

> African)
> First time ever the host nation is not the overall winner.
> Says a lot for the fairness of our judges:))
> SA the winner in the open-braai contest though.
> Next year the contest will be in the USA.
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Braai-kampieonskap - uitslag

Di., 06 November 2001 07:35

Die Switzers het toe die algehele kompetisie gewen.
Blykbaar is die vrou van die leier 'n Suid-Afrikaner.
Ek neem aan hulle clockwork precision was 'n bietjie te veel vir die
ontspanne beoordelaars:)))
Annette

Kos & resepte | 2 kommentare

Van die Net gegaps 4

Di., 06 November 2001 06:58

Sal julle my 'n effens skurwerige vergun? Baie dankie. Dis nog in
Afrikaans ook!

'n Dame plaas 'n beriggie in die Hoekie vir Eensames. Sy soek 'n man
wat haar nie sal slaan nie, nie sal rondloop nie en nog seksueel
aktief is.

'n Paar dae later lui haar voordeurklokkie. Sy maak op en daar voor
haar is 'n man sonder arms of bene.

"Ek is hier in verband met jou advertensie," se hy.

"Ja?" antwoord sy.

"Ek het nie arms nie," se hy, "so ek kan jou nie slaan nie."

"Ek sien so," se die dame.

"Ek het ook nie bene nie, so ek kan ook nie rondloop nie," se die man.

"Dit kan ek ook sien," se die dame, "maar wat van my derde vereiste?"

"Hoe dink jy het ek jou voordeurklokkie gelui?" antwoord die man.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Raad van Frikkie

Ma., 05 November 2001 20:10

Frikkie,

Ek het 'n probleem en ek hoop jy kan my raad gee.
Sien, my probleem is ek salueer my yskas elke keer as ek daar verby gaan.
Dink jy dis verkeerd of moet 'n ou maar so aangaan?
Doen jy dit ook byvoorbeeld?

PS. Ek het 'n General Electric yskas.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

New 10-digit dialling procedure to be introduced this month

Ma., 05 November 2001 13:50

Nuus vanaf www.telkom.co.za

05 November 2001
New 10-digit dialling procedure to be introduced this month

Telkom is to introduce a 10-digit national dialling procedure tomorrow
(November 6) in anticipation of the forthcoming new national numbering plan
to be prescribed by the Independent Communications Authority of South Africa
(ICASA).

All telecommunication companies, including the future Second National
Operator (SNO), will be obliged to comply with the new national numbering
plan.

This means that all calls made within the Republic of South Africa, with the
exception of international dialling codes and special service short codes
(e.g. police emergency number 10111, Telkom service activation 10219, Telkom
directory enquiries 1023, etc.), will require the full 10-digit number to be
dialled.

For example, in the past, if you were in Pretoria and made a call to someone
else in the Pretoria area, you would only dial the seven-digit number 345
6789 to reach the called party.

In future, customers will be required to dial the full 10-digit number
inclusive of the area dialling code; thus, instead of dialling 345 6789 you
will now have to dial 012 345 6789. The 10-digit format will appear in all
telephone directories published as from January 2002 onwards.

To ensure a smooth transition to the new 10-digit national dialling
procedure, there will be a period of parallel running when calls dialled
using seven digits will still be connected.

The advantages of the new national numbering plan are:

Uniform national dialling procedure for all calls within South Africa, with
the exception of international calls and special service calls;
Increased national numbering capacity.
The move to a uniform national dialling procedure is in line with
international trends.

ISSUED BY: ED TILLETT
MANAGER, MEDIA RELATIONS
TELKOM CORPORATE COMMUNICATIONS
TEL: 012 311 8258
CELL: 082 820 7559

Rekenaars & selfone | 10 kommentare

Koornaam.

Ma., 05 November 2001 10:54

Ons koor soek 'n nuwe naam. Enige van julle slim mense hier wat kan help?
Ons was bekend as Die Tygerbergse Stadskoor/ Tygerberg Civic Choir - maar
nou bestaan daar nie meer 'n Tygerberg Stad nie.
Ons is 120 lede - en ons repertoire is baie wyd, so ons kan nie iets soos
kantate,hemels, klasiek, volks of ritmies in ons naam hê nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Van die Net gegaps 3

Ma., 05 November 2001 10:25

Ta' Hess het my sterk aangevat oor my Ingils. Meeste van hierdie
goedjies kom van die oeroue Usenet News af (voor 1993) toe daar van
Afrikaans op die Net nie veel sprake was nie. Sommiges kan mens
vertaal maar nie altyd die ponslyn nie. Sien julle wat laat sy my
doen!

(Terloops, was een van Hitler se topknoppe nie ook Hess nie? :-)

Hond loop 'n kroeg binne en bestel 'n bier en 'n strooitjie. Die
kroegman kyk hom so en se, "Uit!" Hond vra baie mooi, "Ag asseblief
meneer, en sal dubbel betaal". Kroegman, wat ook die eienaar is, dink,
"Geld is geld, so wat de joos?"
en hy gee die hond 'n bier met, "Jy gedra jou net!"

Hond drink sy bier stadig en toe hy klaar is loop hy toilet toe, maar
pleks van ingaan, doen hy sy ding (nommer een) sommer so teen die
kosyn.

Kroegman sien rooi, storm agter toonbank uit, wil die hond met 'n
stoel bykom, maar die's te vinnig vir hom. Hy's uit by die deur.

Na so paar minute loer die hond versigtig in en se, "as ek tien keer
betaal, kan ek nog een kry?" Wel, geld is geld en hy kry nog 'n bier
en strooitjie. Toe hy met hierdie een klaar is toe is dit nommer twee
en sommer so op die mat. Kroegman vlie oor die toonbank, gryp sy mes
waarmee hy suurlemoene sny, duik agter hond wat oople vir die deur,
kry net sy stert beet en, woeps, sny hy dit af.

Arme hond kom nie ver nie toe bloei hy hom dood en sy sielietjie
filter op hemel toe. Daar gekom vra die een by die hek hom uit oor sy
stert en hond vertel hom.

"Ongelukkig kan ons jou nie so toelaat nie," se die persoon, "jy moet
terug en jou stert gaan haal." Daar is die sielietjie maar toe weer
af.

Onder gekom toe is dit al vroegoggend en die kroeg is toe.

"Jahoeee," weeklaag die hond.

Die kroegman bly op die eerste vloer en hoor die geraas. Hy maak die
venster oop en sien dis weer die hond.

"Wat nou," vra hy en hond vertel hom.

Terwyl hy die venster toemaak se hy, "Go away, we do not retail
spirits after midnight."

Humor & grappe | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    832  833  834  835  836  837  838  839  840  841  842  843  844  845  846  847    »]
Tyd nou: Do. Apr. 30 00:50:25 UTC 2026