Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dit was in 'n saaltjie in Joburg

So., 11 November 2001 04:48

Dit was in 'n saaltjie in Joburg
Daar het ek dié meisie ontmoet
Haar oë het ge-shine soos twee eyenies
Haar vel was soos wasgoed so wit

Ek laai haar toe agter op my mo-die
Ons het toe so eighty gedoen
Toe verskyn daar 'n esel op die highway
En die mo-die se wiel het geglip

Haar graffie blink bleek in die maanskyn
Miskien is sy nou in die hemel
Of dalk het sy agter gebly

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Matriek Gedig/Inheemse plante

Sa., 10 November 2001 18:25

Ek weet ook nie hoe n kakiebos lyk nie. Nog n ander
uitheemse S.A. plant wat glo baie skade aanrig, maar
wat vir my nogal mooi is, is die wilde mostert or
ramnas(dink ek) plant. Wat is die naam van daardie
skerprooi boom wat sulke mooi plante maak, wat
mens net eintlik in Natal kry? Ek dink dit het
n pi naam gehad, maar het nou n nuwe naam. Is
dit inheems?

Hier by ons in Alabama
groei ook plate kosmos oral, ook lelies (tier),
en morning glory, en dan sulke klein helder rooi/geel/oranje
blomme, hulle lyk soos ranonkels (?) maar ek is nie
seker of dit wel is nie.

Pop

skryf in boodskap news:3BED6B21.28294FF@home.com...
> Swart Simon wrote:
>
>> Daar is baie soorte plante (onkruid) wat lief is om in versteurde grond te
>> groei. Dink maar bv. aan kosmos en kakiebos - albei uitheemse plante in
>> Suid-Afrika. Dis seker maar omdat hulle opportunisties van aard is en nie
>> kan kompeteer met gevestigde plante in hulle natuurlike, onverstoorde
>> omgewing nie.
>>
>
> Wanneer mens deur die Natalse midland en noorde
> ry, ry mens soms deur myle en myle kosmos. Hoekom
> kompeteer hulle daar?
> Kosmos groei ook orals in die suidelike dele van Kanada,
> maar nie in sulke groot plate soos mens in Natal sien nie.
> So waar kom kakiebos vandaan? Ek dink nie ek weet
> eens hoe kakiebos lyk nie. Beskryf dit asseblief.
>
> Gloudina
>

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Toelaag/loelae

Sa., 10 November 2001 17:48

Annette wrote in message ...
> My wêreld - ons moet toe vandag hoor dat die staat al lank werk aan 'n
> basiese toelaag vir almal.

Toelaag??? Bestaan daar so 'n woord in Afrikaans?

Moet dit nie wees:

Enkelvoud: toelae
Meervoud: toelaes

Swart Simon

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

O Koek!! Moeilikheid!!

Sa., 10 November 2001 15:20

Rugby - Engeland hardloop oor Australië tot dusver.
Ek dink die Franse gaan ons manne vanaand wen.
Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Nuwe Afrikaans

Sa., 10 November 2001 15:17

In die nuwe Huisgenoot is daar 'n Mr Price advertensie.
Hulle adverteer goed in sulke keurige Afrikaans, dat mens nie weet wat hulle
probeer verkoop nie.

Hulle praat van spingebonde kussings en 'n trooskombersstel.

Enige-iemand wat al hierdie vreemde goed gekoop het?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pofadder suig ...

Sa., 10 November 2001 04:32

Stofsuieragent

Die ou verkoop stofsuiers, maar sy besigheid maak nie baie geld nie. Hy
besluit hy moet kyk of hy dit op 'n ander plek kan verkoop kry.

Hy pak toe sy Cresida stasiewa vol stofsuiers en sê vir een van sy agente hy
moet kyk of hy dit op die platteland verkoop kan kry. Die ou is toe daar
weg en die eerste dorpie wat hy kry is toe Pofadder.

Hy klop aan die eerste deur en 'n ou tannie maak die deur oop. Die agent sê
"Tannie - ek wil jou graag iets wys." Die Tannie nooi hom toe in en sê:
"Kom in en sit maar hier in die sitkamer terwyl ek vir ons gaan koffie maak"
en stap kombuis toe. Die agent is toe daar in die sitkamer in met die boks
waar die stofsuier in is en begin om die stofsuier uit te pak en aanmekaar
te sit - toe ewe skielik 'n klein hondjie in gehardloop kom - en kak op die
sitkamer mat. Die ou kry so 'n smile op sy gesig en dink by homself:
'Vandag verkoop ek die een definitief!'.

Toe die tannie met die koffie kom, sê die agent: "Tannie - kyk wat het daai
hondjie gedoen" en hy wys na die plek toe en sê verder "Tannie maar moet jy
nie worry nie - as die stofsuier dit nie heeltemal skoon maak nie - eet ek
dit persoonlik!"

Die tannie sit die skinkbord met die koffie neer en vat een lepeltjie suiker
en strooi dié oor die hopie wat die hondjie gelos het. Die agent kyk haar
so verbaas aan en vra: "Tannie, nou hoekom gooi jy suiker op?"
Die Tannie sê: "Boetman, dit behoort nou 'n bietjie beter te smaak - jy kan
nou maar begin eet - ons het nie elektrisiteit in Pofadder nie!"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dis al

Vr., 09 November 2001 18:38

Dis al

Dis die blond
dis die blou
dis die veld
dis die lug
en 'n voël draai bowe in eensame vlug
dis al

Dis 'n baling[regstelling: balling!] gekom
oor die oseaan
dis 'n graf in die gras
dis 'n vallende traan
dis al

Skrywer: Jan F. E. Celliers

Prosa & poësie | 4 kommentare

Dimbaza (was Matriekgedig)

Vr., 09 November 2001 13:54

Gloudina
Kan iemand weer my geheue verfris oor waar
Dimbaza is? My intuisie vertel
my dis in die Ooskaap. Is ek reg?

Wouter
Ja, dis reg. In elk geval so in die nuwe SA .
Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
en was vroeër deel van die Ciskei.

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Voorgraads

Vr., 09 November 2001 07:15

..mens se "alma mater" is gewoonlik die eerste universiteit waar
jy jou ondergraadse werk gedoen het. In my geval is dit die
Universiteit van Stellenbosch. Ek is 'n Matie
Tant Totie

Voorgraads, Tant Totie. Voorgraads.
In Afrikaans beteken "ondergraads" van 'n swak gehalte, en
dan sou jy meer waarskynlik 'n Kovsie gewees het :-)

Maar as jy mense wil regsien oor sonnet se spelling,
durf jy nie so ondergraads met ons mooi taal omgaan nie.

Wouter Taalvark wat al die Toties reghelp in die nuwe SA

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Die woord "Fok" :)

Do., 08 November 2001 18:25

Seker een van die mees interessante woorde in Afrikaans, is die woord "Fok".
Dit is 'n wonderbaarlike woord wat deur sy klank alleen dinge soos pyn,
plesier, liefde en haat beskryf. Die woord "fok" kan ook in 'n klomp
grammatikale kontekse gebruik word. Dit kan as 'n werkwoord gebruik word
(Jan fok Koos op) En kan na die verlede tyd verwys (Jan het vir Koos
opgefok), Asook na die toekoms (Jan gaan vir Koos opfok). Dit kan ook
in die lydende vorm gebruik word (Koos is deur Jan opgefok). Dit kan ook as
aksie werkwoord (Jan gee fokken om) Of passiewe werkwoord (Jan gee nie
eintlik 'n fok om nie). Dit word ook gebruik as 'n selfstandige naamwoord
(Ek's gefok) Of 'n bywoord (Sarie is fokken mooi), 'n Tussenwerpsel (My
fok, dis laat) Of saam met ander woorde (Sarie is dom, fok, sy's onnosel).
Soos u kan sien het min woorde die aanpasbaarheid van die woord fok.
Behalwe die seksuele konnotasie kan die woord baie situasies beskryf
soos:

1. Groete - Hoe de fok gaan dit met jou ?
2. Opdrag - Kyk fokken voor jou.
3. Opgee - Ag nee, fokkit.
4. Moeilikheid - Nou's ons gefok.
5. Aggressie -Fok jou!
6. Afguns - Fok my!
7. Verwarring - Wat de fok ?..?
8. Sukkel - Ek fokken verstaan nie.
9. Wanhoop - Fokkit tog.
10. Bewondering- Dis befok.
11. Misnoee - Wat de fok gaan hier aan?
12. Verlore - Waar de fok is ons ?
13. Ongeloof - Ongefokkenlooflik.
14. Retaliasie - Jou fokken gat, man.
15. Ontkenning - Ek weet van fokkol.
16. Pyn - Eina fok! Of Dis fokken seer !
17. Onsimpatiek - Wie gee 'n fok om.
18. Suspisie - Wie de fok is jy ?
19. Paniek - Maak dat julle fokken wegkom.
20. Aanwysings - Fok weg !
21. Teenstand - Not 'n fok !
22. Instemming - Ag OK, fok.
23. T.o.v. Tyd: "Half fokken tien"
24. Politiek: "Die fokken NP"
25. Besigheid: "Hoe de fok het jy die werk gekry ?"
26. Anatomie: "Jou fokken gat !"

Dis ook al deur baie bekende mense in bekende situasies gebruik:

"Waar kom al die fokken Zoeloes vandaan ?" Bloedrivier
"Waar kom al die fokken water vandaan ?" Kaptein van die Titanic
"Dis nie 'n regte fokken mes nie" Verwoerd
"Wie gaan fokken uitvind ?" Dirk Coetzee
"Koppe gaan fokken rol" Die Franse Revolusie
"Fokken VROUMENSE" Johan Stemmet
"Laat die fokken vrou bestuur" Kaptein van die Challenger
"Watter fokken kaart ?" Moses in die woestyn
"Enige fokken idioot kan dit verstaan" Einstein
"Man, dit fokken lyk soos sy" Picasso
"Hoe die fok werk jy dit uit ?" Pythagoras
"Jy wil wat op die fokken plafon he ?" Michaelangelo
"Hoekom? Want dis fokken daar" Edmund Hillary
"OK, vat die fokken kar" Tydens 'n highjack
"Verspreide buie my fokken gat" Noag
"Is jy seker die fokken kondome is oraait ?" Zuma
"Die fokken perd is befok, man!" Eugene Terreblanche
"Jy's seker nie fokken ernstig nie" Goliat
"Die fokken berg het al baie so gemaak" Pompei
"Wat die fok was dit ?" Hiroshima
"Watter fokken helikopter ?" Joe Modise
"Ek's fokken jammer" Tyson
"Dis nie my fokken handskoen nie" OJ Simpson
"Watse fokken orgaan?" Chris Barnhard
"Tiek! Plons! Fok!" Gary Player
"Watse fokken blou vlag is dit ?" Jacques Villenueve
"Dis nie fokken tamatiesous nie" Gorbachev
"Ag, die fokken ou slooitjie" Evil Knievel
"Ek kom fokken terug" Schwartzenegger
"Nie geroer nie, fok, geskud!" Roger Moore
"Maak my fokken dag!" Clint Eastwood
"Het iemand 'n fokken lighter ?" Laaste oomblikke op die Hindenburg
"Watse fokken grimering ?" Nataniel
"Watse fokken nosejob ?" Barbara Streisand
"Pasop die fokken pilaa....." Dodi Al-Fayed en Princess Di *

Fokken oulik, is dit nie ?

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Bladsye (1835): [ «    829  830  831  832  833  834  835  836  837  838  839  840  841  842  843  844    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 17 05:50:07 UTC 2026