Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir die daar oorsee

Ma., 12 November 2001 09:44

Raai watter plek se nuwe naam is nou
Nelson Mandela Metro?
Annette

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

Wynproe- Verlede Donderdag.

Ma., 12 November 2001 09:00

Hierdie jaar vir die eerste keer by Canal Walk - ruimer plek vir die
slingerende pro�ers en plek vir meer stalletjies - 125 in totaal.
Soos gewoonlik proe ek net rooiwyne - dit help vir die balans 'n bietjie
later.:)) - en besluit toe om, behalwe vir Botha - wat geen ordenlike
wyndrinker verbyloop nie, net die nuwe landgoede te proe.
Wanneer mens vir jou proeglas en labeltjie betaal, kry mens 'n boekie met al
die deelnemede landgoede in, met 'n vloerplan en plek vir notas. Agterin is
daar 'n kompetisie wat mens veronderstel is om in te skryf nadat jy klaar
geproe het - mens moet sê watter wyn was vir jou die lekkerste.
Omdat ek weet hoe die handskrif kan verander na so 'n proesessie het ek maar
die kompetisie voltooi nog voordat daar 'n druppel geproe is - Botha
Pinotage - en ek was 100% reg:)
Koop maar 2001 rooiwyn - dit is goeie goed:))
Die Botha 2001 Pinotage is pure hemelse genot, en teen R15 per bottel kan
mens nie beter waarde vir geld kry nie.

Soos gewoonlik was daar rooiwyne wat tot R55 per bottel gekos het, wat ek
sonder skuldgevoel maar uitgegooi het na die eerste proeslag. Die jappies
kan maar so duur betaal vir daardie.

Drie ander goed wat ek van gehou het - druiwekorrelsaadolie - glo sonder
cholesterol vir die siekes.
'n Pink muskadel wat op ys en fyngesnyde aarbeie bedien word - heerlik vir
so 'n warm aand.
'n Plek van die Strand wat goeie wyn verkoop in spesiale bottels - die
bottels se etikette is gemaak van pewter - en mens kan altyd die bottels
weer volmaak met dooswyn, en dit sal nog steeds lekker smaak:))
Die Groot 5 word op die bottles uitgebeeld- en so 'n stel van vyf botels met
die lekker wyn kos R360.

Die landgoede waar ek by geproe het en van die wyne gehou het was:

Botha ( R15 per bottel) beste wyn vir 'n baie goeie prys.
La Couronne - Franschhoek
Rietvallei - Robertson
Riebeek
Deetlefs - hulle het 'n Muscat d'Alexandrie 1974 vir R165 - hierdie skat
word net elke 25 jaar vrygestel.
Jan�za
Laibach
Porterville - Pinotage en Enigma teen R16 per bottel is vir my baie
lekkerder as die duur Durbanville Hills se goeie wyne teen R35 per bottel..
Le Jus et Vine -die pink muscadel plek - teen R21.60 'n bottel pure
plesier.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onskuld

Ma., 12 November 2001 07:39

So bietjie ondertoe (mier en springkaan) is daar 'n ernstige
bespreking van rassisme. Dit het my herinner aan 'n snaakse (waar)
storietjie wat 'n onerwysesres van ons laerskool my vertel het.

So paar jaar gelede was daar in die nuwe inname van Sub A's onder
andere twee dogtertjies, een wit een swart. Van die eerste dag af het
die tweetjies absoluut gekliek en onafskeidbare vriende geword. So in
hulle tweede skooljaar al, toe kom die swart dogtertjie se Pa haar vir
die eerste keer ooit by die skool haal. Toe die twee so maatjies so
saam-saam by die voordeur uitkom en die swart dogtertjie sien haar Pa
se sy ewe trots vir haar maatjie, "This is my Dad," waarop die ander
enetjie toe heel verwonderd en verbaas antwoord, "Wow, you've never
told me that you have black father!"

Drom

(Hulle het Engels gepraat Ta' Hessie) :)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Harry op die ou tremspoor ...

Ma., 12 November 2001 05:00

Harry Viljoen het die beste drie losvoorspelers in die wêreld vernietig. Nou
betaal ons die prys. Vos word bekroon as die speler van die jaar - maar was
nie goed genoeg om kaptein te bly nie.Rassie Erasmus en Andre Venter uit die
Springbokspan. Twee minute voor die einde van die wedstryd stuur hy Andre
Venter op? Seker om Venter finaal te beledig ...
Ek het AJ Venter meer in die wedstryd sien speel as Skinstad en Vos saam ...
Dis tyd om van Viljoen en Skinstad ontslae te raak. Daar is nie plek vir die
twee hofnarre in die span nie ....

Sport & ontspanning | 5 kommentare

Gloudina Gaan Verander!!

Ma., 12 November 2001 01:38

Janee - sjeim - ek het nou net gelees dat vanaf 22 November gaan @home as
ISP nie meer in Kanada bestaan nie. Blykbaar 'n Rodgers wat gaan oorneem, en
die @home mense gaan huisloos wees.
Blykbaar word hule ook gewaarsku dat daar e-pos en nuusgroep probleme gaan
wees.
Darem genoeg tyd vir Gloudina om vir haar 'n nuwe ng naam uit te dink:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

In Sak en As

So., 11 November 2001 21:51

Maar 'n vrot naweek gewees vir Australiese sport. Rugby Unie verloor teen
Engeland 15 - 21. Rugby Liga verloor teen Engeland met 8 punte. Manshokkie
verloor teen Duitsland 1 - 2. Krieket uitgereën teen Kiwi's en sal gelykop
eindig, sodoende beëindig dit Australië se rekord van 12 wedstryde gewen op
tuisvelde. En Queensland het afgeskuif na tweede plek op die lys in die
nasionale krieketkompetisie... Die enigste ligpuntjie is dat ons darem 1 -
1 gelykop gespeel het in sokker teen die Wêreldkampioene Frankryk.

Ag nou ja, dit sal seker darem weer beter word. Om alles te kroon is dit
nou Maandag, en mens moet terug werk toe...

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Petrol Pryse?

So., 11 November 2001 18:43

Hoe lyk julle petrol pryse noudat die oliepryse so laag is? Gister
was ek heel verbaas toe ek net .79c/g betaal het by die een
pompstasie. (Moet darem byvoeg dat elke stasie het verskillende pryse
maar dit lyk asof meeste onder $1/gallon is op meeste plekke hier in
GA.
My vriende in ander state sê dat selfs by hulle is gas/petrol pryse
ook die laagste wat dit in jare was.

Iemand sê vir my dat die prys van petrol in SA styg, en nie daal nie.
Hoe werk dit dan? Is die petrolprys in SA nie direk gekoppel an
kru-olie pryse nie?

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

gratis huisvesting (hosting) vir Afrikaans

So., 11 November 2001 18:32

Leuce:
Oukei, ek gaan nie sales talk maak nie -- ek vertel julle net van 'n nuwe
diens. Jy kan 'n gratis subdomein kry by http://www.virafrikaans.com/
solank jou werf in Afrikaans is. Loer gerus, jy kry baie dinge wat 'n
gratis gasheer gewoonlik nie bied nie, soos CGI, PHP, MySQL, ... nouja, laat
ek maar ophou opnoem, netnou dink mense ek adverteer. O, terloops, ek maak
geen wins hieruit nie.

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Re: DIE LEGENDE VAN Tant Hessie Ples

So., 11 November 2001 17:34

On Sat, 10 Nov 2001 14:26:04 GMT, @home.com wrote:

> Jy is vreeslik onkundig omtrent wat die nuutste
> wetenskap ons leer oor waar die bakermat
> van homo sapiens was. Reg in die middel van
> Afrika. Ha, ha, ha, ha.
>
> Tant Hessie Ples

Ja, dit was so - maar gelukkig vir ons is die wetenskap nie stagnant
nie. Nuwe verwikkelings dui op iets anders...

Onlangse opgrawings in China betwyfel die tot dusver algemeen
aanvaarde teorie.

Kyk na:
http://english.peopledaily.com.cn/200110/30/eng20011030_8348 4.html
http://english.peopledaily.com.cn/200111/09/eng20011109_8424 8.shtml

Relics of China's earliest known human activity dating back two
million years challenge the widely accepted theory that human beings
originated in Africa, Chinese archeologists said.

----
New Findings in China Challenge Theory of Human Origin in Africa
Relics of China's earliest known human activity dating back two
million years challenge the widely accepted theory that human beings
originated in Africa, Chinese archeologists said.

A research conducted from last September till now by a Chinese
archeological team in the Nihewan Basin of north China's Hebei
Province has added weight to a long-time hypothesis that human beings
originated in China.

The team has found 800 stone tool pieces and animal remains after
excavating the third layer of the Paleolithic Maquangou site in
Nihewan.
----

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Embarrasing

So., 11 November 2001 17:22

Ag dankie ou dingetjie, aangesien ons nou so dig is, wat laat jou dink dat
ons 'n woord kan verstaan wat jy sou wou sê?
Lyk my jy is maar net so onnosel soos ons;))
Annette

Whodunnit skryf in boodskap news:9smauh$l2h$1@news8.svr.pol.co.uk...
> Just thought I would let you guys know that here in the UK the Dutchman give
> us english a bad name. You chaps have such a thick accent and most of the
> time are seem so dopey, and why do you all have that vacant look?
>
> The dutchman couldn't even run a country and if you want evidence just look
> at South Africa now. You idiots go and make apartheid a law? Shows your
> foresight extends about as far as your dicks.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    828  829  830  831  832  833  834  835  836  837  838  839  840  841  842  843    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:34:21 UTC 2025