Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog Nuusies

Di., 05 Februarie 2002 11:03

Pastoor ??? van Cradock het jare lank voorspel op watter dag hy sou sterf -
want hy is 'n profeet sien?
Elk geval, verlede week, toe kom hy agter sy dag kom nader, en hy voel
eintlik nog springlewendig.
Die ander predikant wat die begrafnis moes behartig was klaar bespreek, die
kis en die begrafnisondernemer het reg gestaan, die afterparty is gereel met
genoeg koek en tee, en uitnodigings is na heinde en verre gestuur om die
begrafnis van die profeet by te bring.
Nou wie sal dit waag om nie in 'n profeet te glo nie?
Dus het die heindenes en verrenes in hul begrafnisklere na Cradock opgeruk
vir Die Profeet se Groot Begrafnis.
Die profeet het van sy kant ook sy bes gedoen om die profesie gestand te
doen, en drie dae lank geweier om te eet of iets te drink, wat hy moet mos
betyds dood.

Ongelukkig het die ouens in die logistieke departement daar by die hemel
gesit en slaap.
Die profeet is nog steeds springlewendig, en die begrafnisgangers wat soooo
ver gereis het vir die begrafnisgebeurtenis, moes maar weer huiswaarts
keer - sonder om selfs paartie te hou:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

'n Hollamdse woord?

Di., 05 Februarie 2002 10:52

Waar kom die woord "wikkel" vandaan?
Mens hoor dat foto's ontwikkel word - nie kiekies nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Juig!! o, Juig!!

Di., 05 Februarie 2002 10:34

Groot nuus!!
Die rand het verbeter teenoor die Dollar!!
Met 1c:))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

betekenis en woordbetekenis deur Breyten Breytenbach

Di., 05 Februarie 2002 09:53

Betekenis en Woordbetekenis
Breyten Breytenbach
(Vir Hector Pietersen, 16 Junie 1976)

dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte -
van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale -
om woorde plat oor die blad
te maneuvreer, soos soveel swart betogers
vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
begrawe en bly protesteer teen die seer
van lewe om lewe in so 'n land

dat dit hom altyd weer tot opgooi bring -
dié walgbeelde op die aandnuus se skerm
van Botha se troepe boer en pandoer
wat met hond en sambok en huilgas en koeël
die kak uit die kaffers moer, en moor:
môre-oggend se tabel van suffel
gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
by aanskoue van die bloed so swart
soos drukkersink

brand, brand dié land swart!
'n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
dat hy geforseer word om weer die tou
boontoe te werp: enigiets om aan te wurg
van die woord te ontkom . . .
terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
'n lyn sou wil bind om God se nek,
van bengelende beelde, van dolfyne
wat Saterdagaande te perd gaan vry
in grys gehemp soos silwerige soetwater
koelvloei oor die borste,
dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
apart, in 'n gelede vers, 'n ander verlede

want 'n duisend woorde maak nog g'n hond gesond!
brand, brand tog hierdie land ongeskonde . . .

as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika . . .

9.10.84

Prosa & poësie | 59 kommentare

Die drukkoker-beginsel

Ma., 04 Februarie 2002 17:47

Die drukkoker-beginsel geld ook vir mnse en volke. Plaas 'n individu, 'n
gemeenskap of 'n volk onder druk en verset teen die onderdrukking bou op
soos stoom in 'n drukkoker. Daarvan getuig ook die Boerevolk se geskiedenis.

Dit was teen die einde van Januarie 1824 dat die Boerehater lord Charles
Somerset die gebuik van Hollands in die howe verbied het. Hierdie en ander
pogings van hom en ander ná hom, het nie net skipbreuk gelei nie. Daar kan
met oortuiging gesê word dat Afrikaans se twee grootste Britse vyande,
naamlik Somerset en Milner, ook ons taal en selfs ons volk se redders was.
Want albei het tot ontwaking van nasionalisme, volks- en taaltrots en
triomferende verset gelei. Die taalstryd, aanvanklik om behoud van Hollands
en later om erkenning van Afrikaans, het Afrikaners van verskillende
politieke oortuigings saamgesnoer in 'n versetaksie ter wille van hulle
gemeenskaplike volksbesit, hulle taal.

Die geskiedenis is besig om homself te herhaal. Net soos Somerset het die
huidige volksvreemde minister van justisie, Penuell Maduna probeer om die
gebruik van Afrikaans in die howe uit te skakel. En soos Somerset en Milner
is hy en die res van die volksvreemde bewind besig om hulleself bloedneus te
stamp teen die oplaaiende Afrikaner-weerstand.

Afrikaners voel die aggressiewe onwil teen hulle taal daagliks aan die lyf,
in omgang met amptenare op al drie regeringsvlakke, maar ook in die private
sektor, ja selfs in Afrikaner-georiënteerde finansiële instellings wat met
ons oorlog- en depressie-verarmde Boeremense se tiekies en sikspense gebou
is.

Van owerheidswe� noem ons instansies soos die Departement van Onderwys wat
Engels op ons Afrikaanse skole en universiteite afdwing, die departemente
van openbare werke, justisie, verskeie stadsrade, die Reserwebank en die
Ontvanger van Inkomste wat al in die openbaar moes verduidelik waarom hulle
probeer het om Afrikaans uit te skakel. Daar is egter ook ander, soos
Parmalat, Sarvu, die lugdienste SAL en Nationwide en die Universiteit van
Pretoria.

Hoewel baie van dié instansies al moes terugkrabbel, duur die stryd voort.
En juis dit is bemoedigend. Want solank die stryd voortduur, beteken dit
verset en weerstand uit die Afrikanergemeenskap. Nog meer, net soos in die
dae van Somerset en Milner word die taalstryd buite die politiek gevoer deur
mense wat nie altyd mekaar se politieke ideale deel nie, maar 'n
gemeenskaplike bedreiging en belang in die taalstryd ervaar.

Een van die mees formidabele stryders vir Afrikaans is die vakbond
MWU-Solidariteit. Hy beskik oor die infrastruktuur en ook die finansiële
vermoë om die stryd tot in die howe te voer, wat op sigself 'n afskrikmiddel
is. Belangriker nog, dit beteken dat die Afrikaner se arbeidsmag homself met
die stryd vereenselwig. Die Afrikanerwerker het in ons geskiedenis al 'n
belangrike rol gespeel en is besig om dit weer te doen.

Daar is natuurlik die talle en soms uiteenlopende kultuurorganisasies, van
Praag, die Vrydaggroep tot die FAK en Tabema wat by geleentheid kragte
saamsnoer. Afrikaners wat nie noodwendig ons ideal van herwonne volksvryheid
deel nie, lewer dus tog soms 'n bydrae daartoe deurdat hulle saamstry vir
behoud van hulle taal.

Die taalstryd is in werklikheid deel van ons stryd om ons selfbeskikking te
herwin en elke oorwinning wat op dié gebied behaal word, is 'n stap
vorentoe.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Soek raad asseblief

Ma., 04 Februarie 2002 12:58

Is daar iemand wat iets weet van invoere vanaf Suid Afrika na Amerika? Ons
wil 'n kleinhoewe of plasie koop in Suid Afrika en dan ons Emu's uitvoer na
Suid Afrika. Enige idee wie ons kan kontak of wat die uitvoerkostes is.
Ons is bewus van die feit dat hulle onder kwarentein sal wees ons weet net
nie van kostes of waar om uit te vind nie.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

vir die blonde girls

Ma., 04 Februarie 2002 11:53

Waarskuwing: hierdie pos bevat engels. sou die gebruik van engels, in
watter vorm ookal, jou dwars in die krop (of hol) steek maak
onmiddelik jou news reader toe (of delete tenminste die post voordat
die engels jou kop verrot). sou jy `n nice joke wou lees, hierdie keer
vir die blondes, gaan voort.

A blonde and a lawyer were seated next to each other on a flight
from LA to NY. The lawyer asked the blonde if she would like to
play a fun game? The blonde, tired, just wanted to take a nap, and
politely declined and rolled over to the window to catch a few winks.
The lawyer persisted and explained that the game was easy and a lot of
fun. He said, "I ask you a question, and if you don't know the answer,
you pay me $5.00, and vice versa." Again, the blonde declined and
tried to get some sleep.

The lawyer, agitated, said, "Okay, if you don't know the
answer you pay me $5.00, and if I don't know the answer,
I will pay you $500.00." This caught the blonde's attention and,
figuring there would be no end to this torment unless she played, she
agreed to the game.

The lawyer asked the first question.
"What's the distance from the earth to the moon?"

The blonde didn't say a word, reached into her purse, pulled out a
$5.00 bill and handed it to the lawyer. "Okay," said the lawyer, "Your
turn." She asked the lawyer, "What goes up a hill with three legs and
comes down with four legs?"

The lawyer, puzzled, took out his laptop computer and searched all his
references, but could find no answer. He tapped into the air phone
with his modem and searched the net and the Library of Congress, and
still no answer.

Frustrated, he sent E-mails to all his friends and coworkers, to no
avail. After an hour, he awakened the blonde, and handed her $500.00.
The blonde said, "Thank you," and turned back to get some more sleep.
The lawyer, who was more than a little miffed, awakened the blonde
again and asked, "Well, what's the answer?" Without a word, the blonde
reached into her purse, handed the lawyer $5.00, and went back to
sleep.


Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 4 kommentare

vrijheidsstrijders en Davie

Ma., 04 Februarie 2002 11:52

Davie Davis
Emmy, sê nou vir ons of, volgens jou beginsels, 'n vryheidstryd gestry
word deur bomme onder die tafel van 'n restaurant te plaas sodat die
klerke wat pas uit die skool is en daar gaan koffie drink vermoor
word.

Emmy:
Is hij een crimineel ......

Davie:
Pas dit jou beginsels Emmy, dat moordenaars by 'n kerk instorm en die
kerkgangers voor die voet doodskiet terwyl hulle aanbid? En dit 'n
vryheidstryd noem?

Emmy:
Criminele daad en niet goed

Davie:
Of dat boere wat op 'n plaas woon en niks met politiek te doen het
vermoor word deur landmyne op hul plaaspaaie? Dat klippe in die nag
deur die vensters van motors gegooi word wat op die pad ry.

Emmy:
Criminele daad...

Davie:
Wanneer Mbeki weier om Mugabe te kritiseer (en hand om die nek met hom
staan in 'n vergadering) is hy 'n terroris.

Emmy:
Waarom doet hij dat??

Davie:
Wanneer Mandela dit en die ander bomslagtings op sagte teikens
goedkeur, is hy 'n terriris.
En wanneer jy hulle dade goedpraat is jy 'n terroris.'

Emmy:
Ik heb mandela dat nooit horen goedkeuren.

Davie:
Wanneer is iemand een vrijheidsstrijder en wanneer is hij terrorist...

Emmy:
Een vrijheidsdstrijder is iemand die strijd tegen onderdrukking en knechting
van een volk en die
geen geweld gebruikt zonder dat geweld tegen hem gebruikt wordt.
Een vrijheidsstrijder strijd niet voor eigen belang of rijkdom maar voor
zijn volk.
Mandela heeft destijds de gewapend geweld goedgekeurd toen de apartheid
wreder werd en geweld gebruikte......tegen de onderdrukte...
Er zijn velen vrijheidsstrijders die later een nobelprijs hebben gekregen
Wij hebben in NL ook gevochten tegen de Spaanse overheersing en van
de vrijheidsstrijder die dat gelukt is daar stamt nu ons koningshuis vanaf..
Een terrorist is alleen uit op macht ( geloof Islam ) op eigenbelang ( Geld)
om dat doel te bereiken schuwt hij geen enkel middel..

Davie:
Wanneer is iemand een sosiale drinker en wanneer is hy 'n alkoholis?

Emmy:
Hij is alcoholist als hij drank nodig heeft om zijn ongelukkig zijn te
vergeten
Hij drank nodig heeft om sociaal te kunnen handhaven
Hij is alcoholist als hij wil camofleren dat hij drinkt ( stiekum drinkt) en
dat
Hij niet wil horen als zijn omgeving iets over zijn drankmisbruikt zegt.
Hij zijn omgeving schaadt door zijn gedrag..
Hij is een slechte mens als hij het grootste deel sociaal verdrinkt om
populair te zijn terwijl zijn gezin geen eten heeft...( dat hoeft geen
alcoholist te zijn
maar vaak is dat wel zo)

grt emmy

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuusies

Ma., 04 Februarie 2002 11:21

Ernie Els het die gholf in Australië gewen - Retief het verlede week daar en
hierdie week hier gewen.
Bafana Bafana het geflaf teen Mali - hulle is op pad terug.
SA & NZ speel in die finale van die huidige pajamareeks in Australië. Steve
Waugh is vies daaroor.
'n Mev Mienie is die afgelope week deur 'n seekoei vermoor iewers in die
Laeveld.
Mens sal seker nooit die ware storie hoor nie, want die oortreder is dood.
Daar word al hoe meer gepraat van Rudolph Straueli as die nuwe bokafriter -
maar iemand moet nog aangewys word.
Die Super 12 rugbyreeks skop glo eersdaags af, en die arme Stormers sukkel
glo nog om 'n span saam te flans .
Medici tree al hoe meer op teen die wense van Onse Prez, wat nog steeds nie
wil glo van die storie van Vigs nie - dis die konsep van die woord sindroom
in die naam wat hom totaal gooi.
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

afrikaans of bust

Ma., 04 Februarie 2002 07:10

nogal interessant. ek het so `n bietjie gaan kyk na die usenet archives
vir hierdie newsgroup. ek kom toe op `n baie snaakse tendens af. dis
nou die een wat se 'kom ons kyk hoe lank dit gaan vat voordat ons x of
y van die groep af kan kry'. daai 'hierdie ou gaan nie lank hou nie'
mentaliteit. is hierdie `n boertjie ding of is dit bloot net `n
afrikaner ding of miskien selfs `n suid afrikaanse ding? ek weet nie.
ek behoort aan ander news groups waar ek `n belang deel en nog nooit
het ek dit tee gekom nie. dis gewoonlik `n sure fire way om `n troll
te skep. komaan outjies practise what you preach. respekteer ander se
standpunte, self sover dit die gebruik van afrikaans aanbetref. laas
toe ek gekyk het was die ng se naam soc.culture.south-africa.afrikaans
en nie sos.kultuur.suid-afrika.suiwer.afrikaans nie. julle is besig
met inbreeding. julle is soos die rednecks van suid afrika.

disclaimer: as jy jouself sien as een van die 'julle's' in hierdie
post dan is dit so, anders as jy nie een van die 'julle's' is nie
probeer jouself daarvan weerhou om weer `n kampvegter vir nog `n cause
te word. ons het genoeg van hulle. ek verwys glad nie na .........(sit
jou naampie in hierdie spasie) in hierdie post nie. alles gebeure,
persone en organisasies is bloot `n figment van my imagination.
(behalwe natuurlik hf verwoerd. hy was real)

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 84 kommentare

Bladsye (1834): [ «    795  796  797  798  799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810    »]
Tyd nou: So. Apr. 26 01:42:00 UTC 2026