Ek lees van wat Gloudina en Emmy beskryf in beskuldigende taal, en ek wil
net wys op iets wat ek jare gelede agtergekom het.
Dinge kan reg onder jou neus gebeur, en jy sal nie daarvan weet nie.
Ek weet van Duitsers wat tydens WO2 in Munchen gewoon het, en regtigwaar nie
geweet het wat in die konsentrasiekamp aangaan nie - sommige het nie eers
geweet van die konsentrasiekamp nie.
Ek is die laaste mens wat hulle daarvan sal beskuldig dat hulle jok.
Nie almal van ons hier het in liberale huise grootgeword, of het die
geleetheid gehad om op 'n betreklik jeugdige ouderdom vanaf die buiteland
na die situasie hier in Suid - Afrika te kon kyk nie.
Nie almal van ons kon op sendingstasies en aan swart skole gaan klasgee nie.
Nie almal van ons is ingestel om vrae te vra of dinge wat jy om jou sien wat
gebeur te bevraagteken nie.
Ek sal sê die oorgrote meerderheid gaan daagliks hulle gang en probeer net
om te oorleef na die beste van hul vermoë binne die familieverband.
Destyds - om predikante, godsdiens, politici, onderwysers, polisie, die
regbank of jou ouers te bevraagteken was die hoogste vorm van miskenning en
eerbiedwaardigheid.
Ek is baie dankbaar dat dinge hier in SA so verander het dat so baie mense
se oë oopgegaan het, en dat kinders al ten minste van laerskoolvlak meer
blootgestel word aan die wonderlike diversiteit van gemeenskappe en kulture
wat in ons geliefde land bestaan.
Die feit bly - die mense en Suid-Afrika is nie meer dieselfde as 10 jaar
gelede nie.
Om na voorvalle en gebeure te verwys- en bekuldigende vingers te wys- na
voor daardie tyd en te dink dat ons nog dieselfde is en dink, maak van
julle die oningeligtes.
Annette
Die dorp Gravenhage, in watter van die lande in Europa is dit geleë?
Ek het 'n voorwerp hier wat in daardie dorp/stad vervaardig is.
Die vervaardiger se naam is: W. Vervloet & Zoon
Op die voorwerp is die volgende geskryf. Daar mag meskien 'n
fout in die spelling wees as gevolg van ek wat dit meskien
anders sien. JE MAINTIENDRAI
Ek het nie eintlik meer inligting nie, behalwe dat ek nog moet sê
wat die voorwerp is.
Arthur, hoe lyk dit, lus vir 'n fietsrit na Gravenhage? :-)
--