Ek sit hier in die Eurostar-sneltrein van Brussel na Londen en het nou
vir die eerste keer weer tyd om oor die PRAAG-toer deur Europa te
berig. Ons besoek het eintlik al my verwagtinge oortref, want ná ons
vriendelike ontvangs in Swede, het 'n mens byna oorstelp gevoel met
die gasvryheid en meegevoel van die Lae Lande, sowel Nederland as
Vlaandere.
Oor die eeue vandat Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, het ons
verhouding met die Lae Lande hoogtepunte en laagtepunte beleef. 'n
Onlangse laagtepunt was die kulturele boikot deur Nederland in die
sewentiger- en tagtigjare, maar wat nie deur Vlaandere gevolg is nie.
Kort ná ons aankoms in Brussel het ek na Antwerpen vertrek vir 'n ete
aan huis van die Vlaams Belang se leier, Filip de Winter. Ek en 'n
ander groot vriend van die Afrikaners, Jared Taylor van American
Renaissance, is saam deur Annick Deneve, die Vlaams Belang-leier se
sekretaresse, in Brussel opgelaai en daarna na Antwerpen geneem. In
die motor gesels ek en Jared land en sand oor Suid-Afrika, asook
sekere raakpunte tussen ons en die Amerikaanse Suide.
Benewens die volksmoord op Afrikaners, is selfbeskikking die ander
hooftema van hierdie toer. Net soos die Afrikaners met hul vele
pogings tot onafhanklikheid, soos Stellaland en Goosen, asook die
Boererepublieke, het die Suidelike Amerikaners telkens selfregering
nagestreef, eers teen die Britte en toe teen die Yankees, maar tydens
die Amerikaanse Burgeroorlog is hulle natuurlik finaal deur Noorde
verower, net soos ons deur die Britte in 1902 verower is. Ook die ses
miljoen Vlaminge, die Nederlandssprekende volk in België, is besig met
hul eie demokratiese vryheidstryd om onafhanklikheid en selfbeskikking
te verkry. By die partykongres van die Vlaams Belang verlede Sondag
het die volgepakte saal dikwels uitgeroep: "België barst!", met ander
woorde, dat die Belgiese staat besig is om tot niet te gaan en dat
Vlaandere uiteindelik volle onafhanklikheid en 'n staat sal verkry.
'n Mens eet heerlik in België en die dinee by De Winter is uit die
boonste rakke, met 'n gehuurde sjef wat allerlei geregte vanuit De
Winter se kombuis optower, vyf of ses gange as 'n mens die kaas ná die
hoofgereg insluit.
Eintlik is dit 'n fondsinsamelingsdinee en die twintigtal mense
bestaan meesal uit Antwerpse sakemanne wat die Vlaams Belang
finansieel ondersteun. Aan tafel praat ek Afrikaans en al die Vlaminge
volg my gemaklik. Trouens, 'n gewaarwording wat al hoe sterker by my
inslag gevind het, is dat ons taal, Afrikaans, 'n mens eintlik toegang
tot die hele Noord-Europa gee. Die Lae Lande, natuurlik, waar ons
geredelik verstaan word, maar ook Duitsland, Switserland en die
Skandinawiese lande waar ons met geringe moeite daardie tale kan
aanleer, danksy ons taal se ooreenkomste wat woordeskat, sintaksis en
selfs uitspraak betref.
Ek dink nie die meeste Afrikaners besef in watter mate ons Afrikaanse
kultuur, soos ons volksliedjies en letterkunde, eintlik deel vorm van
byvoorbeeld die Vlaamse kultuur nie. Op skool leer die meeste Vlaminge
ons volksliedjies en kry ook blootstelling aan die Afrikaanse poësie.
Een van die dames aan my tafel verduidelik hoe sy vir 'n vriendin 'n
mooi gedig oor moederskap moes voordra en niks gepas in Nederlands kon
vind nie. Daarna het sy op 'n gedig van Elisabeth Eybers afgekom en
dit het groot byval gevind.
Die aantreklikheid van Afrikanerkultuur vir sowel die Vlaminge as die
Hollanders verteenwoordig 'n soort "sagte mag" wat ons steeds
uitstraal, in weerwil van ons huidige staatloosheid en oorheersing
deur die ANC se swart rassiste. Huntington het mos gepraat van "harde
en sagte mag" en het Amerika se popkultuur van Hollywood, Coca-Cola,
McDonald en Levi-denims as deel van die land se "sagte mag" getipeer.
Twee dae ná die dinee by De Winter, sit ek in die Schiller-kafee op
die Rembrandtplein in Amsterdam en vra 'n Nederlandse joernalis van
die koerant "De Pers" die vraag aan my: "Hoe sou jy die
Afrikanerkultuur beskryf?" In 2006 het ek by die American Renaissance-
kongres in Washington die frase, "Beethoven in die Bosveld" gebruik en
ek herhaal dit teenoor hom. Dis nie dat alle Afrikaners Beethoven op
die klavier of die viool speel nie, maar daardie kombinasie van Hoog-
Europese gekultiveerdheid, geletterheid en finesse met die viriele
jag- en pionierskultuur, is wat die Afrikaner 'n unieke wese op
hierdie planeet maak.
Meer oor ons besoek aan Amsterdam egter later. Ná die gesprek oor
Elisabeth Eybers en die voortreflikheid van die Afrikaanse poësie met
die welgeklede, welvarende Vlaminge aan tafel, versoek De Winter vir
my en Jared Taylor om elkeen 'n kort toespraak iewers tussen die
hoofgereg en die kaas te maak, hy in Engels, ek in Afrikaans. In my
kort praatjie verwys ek na ons swaarkry onder die juk van die ANC,
maar ook na ons gemeenskaplike vryheidstryd om onafhanklikheid en
vryheid te verkry. Ten slotte kwoteer ek die bekende woorde van I.D.
du Plessis:
"Nee, soet is die stryd vir die stryder,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.
Die Vlaminge klap warm hande vir my enkele onvoorbereide woorde.
Iemand komplimenteer my later selfs op my "grandiose toespraak". In sy
Engelse toespraak meen Jared Taylor dat hy my beny dat ek in 'n taal
wat so naby aan dié van die Vlaminge is myself verstaanbaar kon maak.
Volgens hom stry ons almal, PRAAG, American Renaissance en die Vlaams
Belang, dieselfde stryd ten behoud van die Westerse beskawing. Hoewel
die proses van aftakeling by ons in 'n veel meer gevorderde stadium
verkeer, is ons problematiek van kultuurbotsing, asook rasse- en
etniese verskille, deesdae die universele kwessies van die hele
Westerse wêreld, insgelyks hier in Europa. Dus het ons waarskynlik vir
die eerste keer in meer as 'n eeu die kans om nie net onsself aan die
buitewêreld verstaanbaar te maak nie, maar ook op gelyke voet deel te
neem aan die Europese politieke en filosofiese gesprek.
Ek sal oor die volgende paar dae nog verder berig oor ons ontvangs in
Nederland, asook by die kongres van die Vlaams Belang in Antwerpen en
ons kuier by die jong Afrikaneraktiviste in Londen wat die betoging
voor die SA ambassade op Trafalgarplein georganiseer het.
Wat PRAAG binnekort gaan bereik, is om 'n wêreldwye versetnetwerk te
vestig wat die destydse anti-apartheidsbeweging na amateurs gaan laat
lyk. Daar gaan gereelde betogings voor SA ambassades wees, skakeling
met media en besluitnemers in die meeste Europese lande en selfs
internasionale organisasies, alles met die uitsluitlike doel om vir
ons mense outonomie en grondgebied in Suid-Afrika te verkry waar ons
vry van die ANC-juk kan leef.
WELKOM. – “Mej. Helen Lotter was so erg beseer dat ek twee stukke vet
so groot soos my hand langs haar op die grond gekry het waar sy
bebloed in die kombuis gelê het.”
Só het ao. Frederik Meintjies, ’n fotograaf vir die plaaslike
misdaadrekordsentrum (PKRS), gister in die verhoor oor die wrede
aanvalle op mev. Alice Lotter (78) en haar dogter mej. Helen Lotter
(57) getuig.
Die twee vroue is in Maart 2009 dood nadat hulle in hul huis op die
dorp oorval en grusaam vermink is. Geharde polisiemanne en paramedici
het die slagting beskryf as die ergste wat hulle nog gesien het.
Meintjies het getuig dat ’n erg beseerde mev. Lotter in baie pyn op
die sitkamermat gelê het toe hy daar aankom.
“Mev. Lotter was by haar volle positiewe toe sy aan my en kapt. Koos
Venter gesê het dit is Joseph wat in die tuin werk wat hulle
seergemaak het. Ons het haar op haar sy gedraai omdat sy gekla het dat
sy versmoor wanneer sy op haar rug lê.”
Volgens Meintjies het mev. Lotter aan hom vertel wat gebeur het. “Ek
het by haar op die mat gaan sit om haar te vertroos. Sy het vir ons
vertel sy was in die bad toe haar dogter roep om te sê sy het geluide
buite by die bakkie gehoor.”
Mev. Lotter het aangetrek en saam met haar dogter na buite gegaan toe
hulle ’n onbekende getal mense by die bakkie gesien het. Mev. Lotter
het vir hulle geskreeu dat hulle die polisie gaan bel.
“Sy en mej. Lotter het in die huis teruggegaan en die deure gesluit
toe hulle hoor hoe ’n venster breek. Dit was toe dat mev. Lotter
gesien het dit was Joseph die tuinier.”
Volgens Meintjies het mev. Lotter gapende wonde aan haar hande, arms
en nek gehad. Mej. Lotter, wat in die kombuis gelê het, kon nie praat
nie.
“Sy het gereageer deur ons hande te druk wanneer ons haar iets gevra
het.”
Mev. Antoinette Horn, dogter en suster van die Lotter-vroue, het dié
verhoor bygewoon.
Die twee beskuldigdes in dié verhoor is mnr. Joseph Hlongwane, die
Lotters se tuinier, en mnr. Joseph Khumalo.
Hlongwane se vriendin, mej. Rebecca Bochedi, het gister getuig dat
Hlongwane op die aand van die moord net ná 23:00 vol bloed by die huis
aangekom het.
“Ek was te bang om hom te vra hoekom hy so vol bloed was,” het sy gesê
sonder om een keer na die beskuldigdes te kyk. Sy het ook getuig dat
sy hom gehelp het om die bloed van sy hande te was voordat sy sy
bebloede broek in ’n plastieksak gesit het. Volgens Bochedi het
Hlongwane weggehardloop toe die polisie omstreeks 24:00 by hul huis
stop.
“Ek het nie vir die polisie gesê Hlongwane was kort voor hul aankoms
nog by die huis nie. Ek het ook nie vir die polisie die sak gegee met
die bebloede klere nie.”
Sy het saam met die twee beskuldigdes in Hlongwane se huis in
Allanridge gewoon. Sy het ook in die verhoor die klere in die polisie-
foto’s as Hlongwane se klere uitgewys.
Dié twee beskuldigdes word benewens die moord en roof op die Lotter-
vroue aangekla van die moord op mnr. Bongani Landu tussen 2 en 3
November 2007. Albei word met DNS met sy moord verbind.
Hy is in ’n stuk veld in die dorp met ’n gebreekte bierbottel
doodgesteek.
WELKOM. – “Dankie, Here, dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil,”
was die gebed en van die laaste woorde van die sterwende mev. Alice
Lotter nadat sy en haar dogter op 6 Maart 2009, in wat deur geharde
polisiemanne as een van die wreedaardigste misdaadtonele van hul
loopbane beskryf word, beseer is.
Lotter (76) is kort ná haar aankoms in die hospitaal aan haar
beserings dood, en haar dogter, mej. Helen Lotter (57), enkele dae
later.
Dié wrede moorde op die twee vroue (mej. Lotter is onder meer met ’n
gebreekte bierglas gemolesteer en vermink) het wye reaksie ontlok en
mnr. Eugene Terre‘Blanche het tot kort voor sy moord nog in onderhoude
na dié grusame moorde verwys. Hy het ook optogte na die hofgebou op
Odendaalsrus gelei waar die twee vermeende moordenaars eers verskyn
het.
Die twee beskuldigdes, mnre. Joseph Hlongwane (22), die Lotters se
tuinier, en Joseph Khumalo (21), het gister hier in die hooggeregshof
voor regter S.P.B. Hancke skuld op drie aanklagte van moord en een van
huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende
omstandighede ontken.
Kapt. Koos Venter, hoof van die speurtak op Allanridge, het gister in
die verhoor getuig hy het die nag van 6 Maart ’n oproep van mev.
Lotter gekry. Sy het gevra “kaptein, waar is jy?” waarna die telefoon
doodgegaan het.
Hy kon nie weer na haar deurkom nie en het in sy motor gespring en van
sy huis op Odendaalsrus na Allanridge gejaag.
By die agterdeur het hy op die erg beseerde mej. Lotter op die
kombuisvloer afgekom. Haar gesig was vol bloed, van haar tande was
uit, sy het ’n bebloede T-hemp aangehad en haar naakte onderlyf was
vol bloed. Daar was ’n bebloede mes en skêr op die toneel, sowel as
die gebreekte onderdeel van ’n bierglas wat naby haar bene gelê het.
In die eetkamer het ’n erg beseerde mev. Lotter teen ’n stoel
aangeleun en was besig om te val. Venter het haar gehelp en op die
sitkamermat neergelê.
“Wie is jy?” het sy hom gevra terwyl hy gapende wonde aan haar keel,
arms en hande gesien het. Hy het gesê wie hy is, waarop sy gesê het:
“Dankie Here dat U vir ons omgee en ons by U kan skuil.”
Venter het die huis deurgesoek en net op die vroue se twee honde in
die een kamer afgekom. Hy het die vroue gemaklik gemaak en nooddienste
ontbied. Mev. Lotter het sy aandag getrek en gesê dit is Joseph wat in
die tuin werk wat hulle seergemaak het. Sy het vir hom gesê Joseph se
besonderhede is in haar paspoort op die eetkamertafel. Sy het nie weer
gepraat nie en is kort daarna dood.
Venter, met 31 jaar diens as polisieman agter die rug, het getuig die
misdaadtoneel was die wreedaardigste wat hy nóg gesien het.
Hlongwane word onder meer met vingerafdrukke met die moorde verbind.
(Lees berig op bl.4.)
Adv. Sophie Giorgi kla aan, adv. Jan Nkhahle en mnr. Law-rence
Chabalala verskyn vir die beskuldigdes. Regter Hancke word bygestaan
deur twee assessore, mnr. P. Haasbroek en me. B. Smal. Die verhoor
duur voort.
'n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige
menseregteskendings veroordeel is, is deur die UNPO (Unrepresented
Nations and Peoples Organisation) se Algemene Kongres in Rome aanvaar.
Die mosie is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, voorgestel en
gemotiveer. Volgens dr. Mulder is daar 'n belangrike positiewe
beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners.
Dr. Mulder is ook tydens die kongres op UNPO se dagbestuur of
presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel
van Tibet.
Dr. Mulder en mnr. Andre Fourie, voorsitter van die VF Plus se
Buitelandse Verhoudinge Komitee, het die kongres bygewoon. Die kongres
is in Rome in die Italiaanse Senaat gehou. Senator Emma Bonino, vise-
president van die Italiaanse senaat en voorheen 'n Italiaanse minister
asook senator Marco Perduca van die Italiaanse Demokratiese Party, het
as gashere opgetree.
"Die bywoning van die kongres en die stel van die mosie is deel van
die VF Plus se internasionalisering van die Suid-Afrikaanse situasie,"
volgens dr. Mulder. "Dit help nie om te wag totdat dit te laat is en
jou dan op die wêreld vir hulp te beroep nie. Die wêreld behoort
deurlopend op hoogte gehou te word oor prestasies, maar ook oor
menseregtevergrype in Suid-Afrika," het dr. Mulder gesê.
Die kongres het verder die posisie van minderhede binne 'n demokrasie
behandel. Politieke oplossings soos magsdeling, federalisme en
selfbeskikking is bespreek. In 'n algemene mosie wat deur die kongres
aanvaar is, is die belangrikheid van die behoud van 'n eie taal en
kultuur in die beskerming van minderhede beklemtoon.
UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) is in 1991
gestig as 'n organisasie wat hom op internasionale vlak vir minderhede
en inheemse volke beywer. Van die stigterslede was Tibet, Taiwan,
Estonia en Georgië. Tans het UNPO 54 lede wat meer as 200 miljoen
mense regoor die wêreld verteenwoordig.
Hillary aan Afrika: 'Ruk julle reg!'
2010-06-15 23:15
Andr� le Roux
"Goeie genugtig, hierdie is die 21ste eeu. Ons moet nou vrede maak met
wat 50, 100, 200 jaar gelede gebeur het.�
Met di� woorde gerig aan Afrika het me. Hillary Clinton, Amerikaanse
minister van buitelandse sake, �n beroep op die vasteland se leiers
gedoen om �op te hou met hul aandrang op geldhulp en meer te doen om
self hul ekonomie� struktureel te hervorm�.
’n Polisievrou is in hegtenis geneem ná ’n plaasaanval in Schweizer-
Reneke, Noordwes, en ’n voormalige polisielid word in verband met die
voorval gesoek.
Mnr. Abraham Oosthuizen (35), ’n saai-en-beesboer op die plaas
Grootlaagte, is Vrydag 20:00 aangeval toe hy by sy plaas aangekom het
nadat hy werkers gaan aflaai het.
Hy het met sy bakkie onder ’n afdak sowat 15 m van sy huis stilgehou
en uitgeklim met dokumentasie en sy .22-haelgeweer in sy hand.
Die volgende oomblik het drie mans op hom afgestorm en ’n skoot op hom
gevuur.
“My eerste reaksie was om aan te val en ek het sommer so (een skoot)
van die heup af geskiet,” het Oosthuizen vertel.
Een van die aanvallers het weggehardloop, maar twee het agter sy
bakkie gaan wegkruip. “Toe skiet hulle sommer so oor die enjinkap van
my bakkie na my toe!”
Oosthuizen het by sy huis ingehardloop, die deur gesluit en ander
boere se hulp oor ’n tweerigtingradio ingeroep.
Binne sewe minute was van die boere daar. Hulle het na die aanvallers
begin soek en die plaas gefynkam.
“Die boere was fantasties,” het Oosthuizen gesê. “Van hulle het tot
sover as 60 km gery om te kom help.
“So ver soos hulle gery het, het hulle paaie toegemaak en mense
deurgesoek.”
’n Verdagte wit Colt-bakkie is op die Hartsfontein-grondpad van die
pad gedwing.
’n Vrou is agter die stuur aangetref en in hegtenis geneem.
Sy is ’n 34-jarige konstabel van die Florida-polisiekantoor in
Roodepoort se misdaadvoorkomingseenheid.
Ao. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, kon nie sê hoekom die bakkie
verdag was of wat die vrou met die aanval verbind nie.
Hy het net gesê die bakkie is deurgesoek en daar is vasgestel dat dit
geregistreer is in die naam van ’n voormalige polisielid van
Rustenburg wat in Februarie glo uit die polisie bedank het.
Dié oudlid was ook na bewering deel van die aanval en sou hom gister
aan die polisie oorgegee het, maar teen druktyd het dit nog nie gebeur
nie.
Nog ’n verdagte, ’n 36-jarige man, is eergister in Ipelegeng, net
buite Schweizer-Reneke, vasgetrek.
Nog ’n verdagte is steeds soek.
Verskeie polisie-items is in die bakkie gevind, waaronder die
voormalige polisielid se aanstellingsertifikaat, die vrouekonstabel se
aanstellingsertfikaat, ’n polisie-flitslig, twee handradio’s en ’n
oranje noodlig.
Daar is ook op een van die verdagtes se rybewys, asook ’n Z88-pistool
en ’n magasyn met 15 patrone beslag gelê.
Oosthuizen het die polisie se beweerde betrokkenheid by die aanval as
teleurstellend bestempel.
Die polisievrou en die 36-jarige man sal vandag op aanklag van poging
tot moord in die hof verskyn.
Is daar sprake van regse mobilisasie ná Eugène Terre’Blanche se dood?
Willemien Brummer was in die Boere-hartland, waar sommige wil veg en
ander wil vlug.
‘Ons gáán daardie Vierkleur weer in bloed doop,” sê mnr. Barend
Pienaar (43), met ’n ingehoue stem. Dié voorsitter van die Boerevolk-
vryheidstigting is toornig, ’n bulhond wat wil byt: “Ons sal die
wapens moet opneem as ons aangeval word, en dis naby, daar’s geen
twyfel nie.”
In sy two-tone kakiehemp, kamofleerdrag-kortbroek, jagmes en
Boerevryheid-pet is Pienaar paraat om enige oomblik laer te trek in
geval van ’n Boere-oordeelsdag. Op sy Landcruiser met die vier ligte
op die dak, het sy blonde dogter Megan (18) weerskante ’n spesiale
Vierkleur ontwerp.
Hy verduidelik trots: “Die rooi verteenwoordig vlamme – dis hoe ons
die vyand gaan verteer – en die blou is ’n streamer, of soos die
konfetti wat jy gewoonlik by troues kry vir as die Boer die stryd
gewen het.”
In ’n pakskuur op sy plaas Kiepersol net buite Nylstroom word die
“grootste volksvlag ter wêreld” gestoor – ’n Vierkleur van ’n volle 14
250 vierkante meter, of sowat drie rugbyvelde groot. Dié vlag, wat
laas ten tyde van Eugène Terre’Blanche se begrafnis oopgerol is, weeg
3,5 ton en het die langste ritssluiter ter wêreld – 165 m.
Dié vlag was oorspronklik die idee van sy vrou se oom, Edwin Leemans,
voorsitter van die Boerevolk-vryheidstigting se Komitee vir Openbare
Betrekkinge, wat tot dusver misluk het om dié vlag in die Guinness
Book of Records te kry. Tans word dié vlag, wat grootliks deur Pienaar
befonds is, egter gebruik as simbool “om groter sigbaarheid vir die
Boerevolk te kry”.
Want Pienaar is ’n man wat “29 uur per dag besig is met my volk”. Hy
het sy swart werkers van 300 na vier afgeskaal (“dis ’n
veiligheidsrisiko”) en op sy nabygeleë jagplaas, Donkerpoort, laat hy
“geen volksvreemdes toe nie”.
“As ek enigsins ’n idee kry dat hierdie persone nie is wie hulle sê
hulle is nie, stuur ek vir hulle per e-pos die tien beginsels van ’n
Boer. As hy hom geteken het, is hy welkom.”
Hy’s oorgehaal vir aksie.
“Ek slaap nie meer nie. Ons staan wag, want jy weet nie wanneer jy
aangeval word nie.
“By Bloukrans in 1834 is die Voortrekker-kindertjies teen wawiele
doodgeslaan. Jy leer dat die geskiedenis homself herhaal. Ons berei
onsself nou net voor. My kinders is 100% paraat.”
Hy wys met ’n reusagtige hand na die tuisgeskoolde Megan, wat al van
kleins af leer skiet het en die een veiligheidskamp ná die ander
bywoon.
“Dáái dogter sal jy nie vat nie. In die Boere-oorlog was daar seuns so
jonk as tien wat op ’n perd was met ’n geweer in sy hand. My dogters
sal vir seker baklei!”
Hou jy die internet of koerante dop, sal jy sien dat onder veral
buiteparlementêre regse geledere daar ’n “herontwaking”, ’n “opsaal
Boere!”, ’n hernude belangstelling is in die vooruitspellings van
sogenaamde Boere- profete soos Siener van Rensburg en Johanna Brandt.
Hulle lewe in angs oor Siener se “bloedbad wat sal volg op die dood
van ’n prominente swart man” en uiteindelik, jubel hulle, sal die
“Boerevolk weer vry wees”.
Baie van dié organisasies, of “volksgroepe”, beweer hul getalle neem
eksponensieël toe – veral “in hierdie eindtye” ná die dood van
Terre’Blanche en Julius Malema se opruiende liedere.
Soos Pienaar dring die meeste egter daarop aan om nie regs of ultra-
regs genoem te word nie.
“Dis ’n woord wat hulle in die sewentiger- en tagtigerjare uitgedink
het om mense te karikaturiseer as gevolg van die feit dat hulle gedink
het mense wat in die bos of in ’n plaas bly is dom en agteraf,” sê hy
nors.
En semantiese verskille is hier ’n kwessie van lewe en dood. By die
Boerevolk-vryheidstigting word daar gepraat van “Boere” – beslis nie
van Afrikaners nie.
“Want hoe vertaal jy Afrikaner na Engels toe?” vra Pienaar.
“Ouens gaan sê êfrikêner, maar dis ook nie reg nie. Wat hy eintlik vir
jou gaan sê is African. Nee, ons wil nié Africans wees nie. Ons
verteenwoordig nié die houtboognasie nie.”
Of soos “Dok Lets”, of te wel dr. Johan (Lets) Pretorius,
ondervoorsitter van die Boerevolk-vryheidstigting en president van die
besluitnemende liggaam, die Boerevolk Verteenwoordigende Raad (BVR),
jou gou sal sê: “Slegs ’n volk kan aanspraak maak op grond. Die
Afrikaner is in geen sin volgens die definisie ’n volk nie.”
Dok Lets, wat sedert 2002 saam met sy drie seuns en destyds negentien
ander in die sogenaamde Boeremagsaak teregstaan op klagtes van onder
meer moord, terrorisme, sabotasie en hoogverraad, het in 2005 die
Boerevryheid-webblad (www.boerevryheid.co.za) begin nadat hy in 2004
op borgtog vrygelaat is. Sy drie seuns, Wilhelm, Kobus en Johan, ook
’n mediese dokter, word steeds in die C-Max-gevangenis in Pretoria
aangehou.
Deesdae maak Dok Lets en sy meelopers wilde bewerings soos dat
Boerevryheid “die grootste interaktiewe Afrikaanse webblad in die
wêreld is”.
Op dié webblad is onder meer ’n “Volksregister Inskrywingsvorm” wat
besoekers mag invul mits hulle die “Tien Beginsels van ’n Boer”
onderskryf. Dié register kan ook by skoue en die Boerevolk-
krisisbeheersentrum, beman deur sy vrou, Minnie Pretorius, ingevul
word. Tans skat Minnie dié register het sowat 30 000 ingetekendes.
Dok Lets is meer beredeneerd as Pienaar, met sy bril, bokbaard en
Boerevryheid-hemp.
“Ek sê om ’n Boer te wees, moet jy ’n besluit in jou hart neem. Ons
maak dit vir mense maklik deur vir hulle ’n vorm te gee met beginsels
sodat hulle die keuse willens en wetens kan maak.”
Maar vandag, sê Pienaar, “het ons so ver van die waarheid afgedwaal
dat ons onder ’n strafgerig staan – spesifiek die blankes omdat ons ’n
vreemde owerheid oor ons het”.
Hy sug. “Hierdie ding is pleinweg volksvreemd. Ek wil eenvoudig in my
eie land bly, met my eie regering wat ek aangestel het, wat soos ek
lyk.”
In hierdie duister dae het hulle egter meer onmiddellike bekommernisse
as onafhanklikheid vir die Boerevolk. Soos een skrywer op die
Boerevryheid-forum “met alle respek sê”: Hy’t nie tyd vir lang stories
op die internet nie, hy’s besig om voorrade reg te kry,
ontsnappingsroetes te verken, patrone te herlaai, teiken te skiet en
sy messe skerp te maak.
Dok Lets se stem word sagter waar hy in die Boerevolk-
krisisbeheersentrum in Mayville, Pretoria, sit. Langs ons by Maders is
die slaghuis en die restaurant vol ou landsvlae. Op die deur van die
slaghuis lees jy: “Mnr. Mbeki, ek belowe jou, in ’n aanval of rooftog
HIER, sal ek soveel as moontlik van die bliksems doodskiet.”
“Die Suidlanders waarsku, die AWB waarsku, almal weet daar’s
moeilikheid op pad,” sê Dok Lets. “Maar ons is nie van plan om soos
laasgenoemde met ’n groot gejuig na Heilbron se Spar te gaan nie.”
Sy stem word ernstig.
“Die Nag van die Lang Messe is so wesenlik soos die wederkoms – en
wanneer ís die wederkoms? Maar daar is geweldig baie tekens wat ons
bekommerd maak, en dis hoofsaaklik op Johanna Brandt se profesieë
gebaseer, wat voorspel het op ’n spesifieke nag gaan hulle uit die
omgewing van Soweto in Johannesburg insak en die hele wêreld gaan vol
bloed wees.
“Die punt is eergister is daar weer mense by Kameeldrift doodgemaak.
Vir hulle was dit die Nag van die Lang Messe. Vir Eugène Terre’Blanche
het die Nag van die Lang Messe plaasgevind daai Saterdagmiddag, want
hulle het ’n panga op sy bors gelos – ’n lang mes. Ons waarsku dus ons
mense om paraat te wees. Dis net logies dat die mense, as hulle in ’n
walaer georganiseer is, hul eie veiligheidsituasie sal uitwerk.”
Op sy plaas buite Nylstroom is Pienaar vir jare reeds paraat, “al is
die Boerevolk nooit die instigeerder nie”.
“Vir seker moet die Boerevolk hulle bewapen ja,” sê hy verbaas. “As jy
na die Suidlanders kyk, sê hulle ons moet wag vir Uhuru, vir die Nag
van die Lang Messe, of Operation Iron Eagle.”
Hy staan met ’n wapperende Vierkleur en die ou Vrystaatse “strydvlag”
in sy hande. “Van my kant is dit klaar oorlog. Hulle gaan ons
stelselmatig uitmoor. Dit gaan net eskaleer, en vernaam ná die
Wêreldbeker.”
En glo hom, hy sal eerder veg as vlug as die moeilikheid kom.
“Wat gaan jy ná die vlugaksie doen? Wat doen jy as jy terugkom by jou
huis en hier bly twintig swartes in jou huis? Onthou, hulle het reeds
die huise uitgekies hier in die dorp.”
Het hy reeds planne?
Sy gesig word rooi, maar hy laat glip nie sy “strategie” nie.
“Ja. Hier is 700 weerbare mans in die dorp in totaal. Blankes. Daar is
125 000 swartes in die lokasie. Wat kan jy doen? Jy moet jouself
bewapen en jy moet aktief wees en dan moet jy bid.”
Jy moet ook die “verraaier in jou midde uithaal” voeg hy strydgereed
by. “Weet jy wat is ons grootste probleem? Mense wat soos ek en jy lyk
wat ons verraai.”
Wat gaan met hulle gebeur?
Hy antwoord dadelik. “Natúúrlik word hulle gefusileer. Teen ’n muur
gesit en doodgeskiet ja. As jy my verraai, het jy my verraai. Kom ek
stel dit vir jou anderster – as F.W. de Klerk teen dáái muur staan,
nè, sal ek nie ’n sekonde huiwer om hom dood te skiet nie. As ek moet
tronk toe gaan, dan gaan ek tronk toe, dis fine.”
Sy stem is skor: “Eendag in Boerland... dis die afrekeningsdag.”
Die Suidlanders, wat die afgelope maande weer pal in die nuus was,
sien hulleself suiwer as ’n “noodplaninstansie”, selfs ’n
“liefdadigheidsorganisasie”, aldus hul vrome leier mnr. Gustav Muller.
Daarom dat daar in regse geledere selfs al ’n onderskeid getref word
tussen Suidlanders en “tuislanders”.
Baie van die Boerevryheid-boere is egter ook lede van die Suidlanders.
En net soos sommiges wat dié webwerf skree die Suidlanders ‘wolf’ oor
rewolusie, “swart burgeroorlog”, pandemies, stakings, hernude
xenofobiese geweld en die begrafnis van ’n ikoon soos oudpres. Nelson
Mandela.
Om dié vrees-psigose verder aan te wakker, verkoop hulle onder meer
DVD’s, kamphandleidings en resepte vir dinge soos gedroogde eiers.
Wanneer hierdie “Groot Trek” na die Suidlanders se vlugtelingplase sal
nodig wees, kan Muller egter nie sê nie.
“Die soort ding is onvoorspelbaar,” sê hy per telefoon. “Kyk hoe
skielik gebeur ’n klein insident soos Eugène se dood, en onmiddellik
is daar paniek in Suid-Afrika. Sê nou Malema of selfs Zuma kom iets
oor. Dis alles scenarios wat onmiddellik ’n vonk in ’n kruitvat kan
word.”
Muller swyg soos die graf oor die geografiese ligging van die kampe,
maar hy beweer dat daar “letterlik honderde dwarsoor die land” is. Ook
dat “tot 90% van die dorpies in Suid-Afrika” al Suidlander-
organiseerders het.
Nes die ander is hy vaag oor ledetalle. Hy kug.
“Dis eintlik maar ’n liefdadigheidsorganisasie, as jy dit so wil noem,
en daarom het ons nie fooie of aansluitingsvorms nie. As jy nou ’n
sameroeper in Kaapstad skakel, sal jy net sê hier’s my selnommer in
geval van nood.”
Selfvoldaan: “Toe ek ondervra is deur die SAPD so ’n jaar en ’n half
terug, het hulle ons geëstimeer op tussen 600 000 en 800 000 mense wat
simpatie het met ons saak. Ná Eugène Terre’Blanche se dood wil ek vir
jou sê daar is ’n ontploffing, en dit bly so.”
Ander verregse organisasies maak aanspraak op ’n ewe groot toeloop.
Dis egter gewis die AWB is geen “liefdadigheidsorganisasie” wat blanke
Suid-Afrikaners in die aangesig van ’n apokalips gaan help vlug nie.
“Ons moet gereed maak vir oorlog sodat ons onsself kan verdedig,” sê
die AWB se omstrede sekretaris-generaal, mnr. André “Weerwraak”
Visagie.
Dié skraal man in ’n netjiese pak klere het ’n ietwat meer
intellektuele aanslag as die voormalige AWB-leier. Maar ten spyte
daarvan dat hy reeds kort ná Terre’Blanche se dood deur die AWB
gerepudieer is oor sy uitsprake, drup sy tong steeds vuur en swael.
In ’n ingehoue stemtoon vertel hy die “werklike keerpunt” in die regse
politiek het op 12 Mei aangebreek: “Met die dood van mnr.
Terre’Blanche het die Boerevolk wakker geword. Maar die keerpunt het
gekom op 12 Mei (nadat Malema luidens ’n pleitooreenkoms net op een
klagte skuldig bevind is deur die ANC se tugkomitee).
Die ANC het vir ons in soveel woorde uitgespel hulle is besig om ’n
politieke spel met die witman van Suid-Afrika te speel.
“Ek beskou dit minstens as ’n oorlogsverklaring ten opsigte waarvan ek
ander insigte sal kry indien die ANC dit duidelik uitspel.”
Meesmuilend: “Ag, ek dink nie dis ’n verskriklike openbaring as ek sê
die AWB se mense wat betrokke was voor 1994 stroom in oorvloed na die
AWB terug nie. Ons is besig om terug te keer na die dae toe daar
militêre optogte in die strate was met derduisende mense in uniform.
Dit sou onnosel van ons wees om in hierdie omstandighede te versuim om
weer die Ystergarde in die lewe te roep.
“En u kan dit as ’n gegewe aanvaar dat die militêre strukture van die
AWB weer gaan herleef in die vorm van ’n sekuriteitsfirma.”
Hy beweer die AWB het tans “tussen 1 000 en 2 000 ongeprosesseerde
aansoekvorms in sy kantoor”, en dat dié beweging ’n ledetal van
“tussen 100 000 en 150 000” het. Hy verkondig ook “Terre’Blanche het
met sy bloed die grense tussen Afrikanerorganisasies” weggewas.
Baie van dié Afrikaners (hy’t nie “tyd vir fieterjasies soos die
verskil tussen Boere en Afrikaners nie”) sal dalk so gou as ná die
Wêreldbeker-sokkertoernooi moet begin laer trek.
“U kan in die Zimbabwe Mail gaan lees dat Malema in Zimbabwe was om te
gaan reël dat die war veterans sy mense moet kom afrig in Suid-Afrika
om plase te beset. Hulle noem daar dit kan direk na afloop van die
Wêreldbeker gebeur.”
Dink hy werklik die AWB en sy meelopers sal ’n “oorlog” kan wen indien
hulle soos hy vrees “aangeval” word?
Sy stem is betigtigend. “Ek kan die vraag nie verstaan nie! Die Boere
was in die Boere-oorlog ’n ongelooflike klein minderheid teen die
Engelse. Ek dink hulle het hulle genoeg gas gegee dat hulle dit vandág
nog onthou.”
“Kommandant” Franz Jooste, uitvoerende direkteur van die
Kommandokorps, is ewe paraat vir die nag wat naderkom.
“Eugène Terre’Blanche sou definitief gesê het as dié moord op my
veroorsaak het dat my volk gemobiliseer word, dan sal ek nog drie keer
vermoor word,” sê dié voormalige persoonlike lyfwag van
Terre’Blanche.
“Die hele politieke klimaat het sedertdien verander. In die verlede
het mense ons gesien as regs radikaal, nou sien mense ons as die
oplossing en almal stroom na ons om hulp en raad en opleiding te
kry.”
Sy korps het “tans 5000 amptelike lede”, maar daar’s nog hope
aansoekvorms wat instroom ná Terre’Blanche se dood, sê hy.
Die Kommandokorps is as ’n artikel 21-maatskappy gestig om volgens
Jooste “in opvolging van die weermagkommandos weer strukture te
hervestig waarbinne ons mense hulleself kan beveilig en beskerm”. Hy
bied onder meer “weerbaarheidskursusse aan waar ons mense leer om
hulleself te kan handhaaf met hul vuurwapens”, vertel Jooste. Daar’s
ook kadetopleiding vir jong seuns, sowel as “leiervorming”en
kommandostigting dwarsoor die land.
Vir hierdie man is “elke nag in Suid-Afrika die Nag van die Lang
Messe”.
“Ons lei mense op om noodplanne op te stel in die verskillende dorpe
deur middel van die kommandos. Ons sê as die ANC MK het en die PAC
Apla wat hulle beskerm, as die Zoeloes Inkatha het en almal van hulle
marsjeer in uniforms rond, sékerlik kan ons dan die Kommandokorps hê
wat ons mense, die Boeremense, beskerm.”
En hulle staan beslis vir baklei eerder as vlug, sê Jooste
selfversekerd. “Ons het ’n meningsopname onder ons mense gemaak en 80%
sê hulle gaan nie hul eiendom verlaat nie, hy gaan dit nie sommer los
vir die vyand om oor te neem nie, hy gaan veg.”
Hy aarsel. “Ons probeer binne die wet bly. Maar ons sê altyd: mense
moet ook nie probeer om ons aan te val nie...”
’n Stilte. “Ons slaan terug.”
Is daar enige sprake van samehorigheid tussen al hierdie groepe,
splintergroepe en “volksgroeperings”? Hoe seker is jy baie bestaan nie
in werklikheid uit drie lede, ’n selfoon, ’n faksmasjien en ’n .38-
rewolwer nie?
Praat jy met die verskillende groepe, is dit die eerste ding waarvan
hulle mekaar beskuldig.
Mnr. Andries Breytenbach, leier van die Herstigte Nasionale Party
(HNP) en voorsitter van die oorkoepelende Afrikanerfront, lag op sy
besadigde manier.
“Die ouens maak gróót aansprake. Elke ou probeer jou beïndruk met die
groot getalle wat verál nou by hulle aansluit.”
Hy vertel die Afrikanerfront is in 2007 in die lewe geroep omdat “die
nasionaal gesinde Afrikaner ná 1994 in baie groepies begin fragmenteer
het”. “Ons het besef ons kan nie so aangaan nie. Nie een van die
groepe is sterk genoeg op sy eie nie.”
Daarom bestaan dié front tans uit 28 buite-parlementêre
“volksorganisasies wat selfbeskikking en onafhanklikheid van die
Afrikaner of Boerevolk nastreef”.
Onder hulle tel onder meer die AWB, die Verkenners, die Kommandokorps
en die “Aksie Vrouekrag” (maar nie die Boerevolk-vryheidstigting
nie).
Breytenbach sê reguit hy’t geen idee hoeveel lede die onderskeie
organisasies wat aan die front behoort het nie. Dié front steun egter
die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) wat reël dat daar so gou as
volgende jaar ’n “volksraadsverkiesing” gehou word.
Hy hoop daar sal uiteindelik tussen 200 000 en 300 000 “blanke
volksgenote” op die kieserslys wees, waaruit kandidate genomineer sal
word.
“Een van die reëls is dit moet ’n verteenwoordigende liggaam wees wat
deur die volkereg en die internasionale gemeenskap aanvaar sal word.
Die volgende stap is dat ons na die owerheid gaan om te sê ons eis ons
reg op vryheid op.”
Maar nee, sê hy ferm. “Die Afrikanerfront is nié op die oorlogspad uit
nie. As ’n volk onvoorbereid in ’n oorlog ingaan, pleeg hy
selfmoord.”
Sy stem is rustig, vasberade, asof hy soos ’n direkte lyn na Bo het.
Teen sy muur pryk die Slag van Bloedrivier.
“Ek glo God het ons in dié land as volk geplaas en ek glo dat hy ons
weer as volk sal herstel.”
Met die weiering van borgtog aan Marzanne Kruger se aanvallers sê
Landdros Stanley Mkhari "Ek verstaan nie hoekom die kind tot so 'n
mate aangerand is nie." Noodwendig wil ek weet watter 'mate' van
geweld, teenoor Marzanne, dan vir die landros aanvaarbaar sou wees?
Die landdros se uitlating is werklik kommerwekkend. Waarom is die
landdros bekommerd oor die 'mate' waartoe Marzanne aangerand is? Moet
hy nie eerder gepla wees met die feit dat sy énigsins aangerand is
nie? Verklap sy uitlating iets oor sy (en baie ander swartes) se
sentiment oor geweld op blankes, selfs blanke kinders?
Met die verhoor van beskuldigdes in die ET moordsaak het ons gesien
hoe rassesolidariteit die swartpubliek gedryf het om in groot getalle
by die hof op te daag om hierdie barbare te ondersteun. Die algemene
gevoel onder die swartpubliek is dat selfs die afgryslik wreedaardige
wyse waarop ET vermoor is 'n goeie ding is. Die beskuldigdes is helde
in die oë van die swartpubliek.
Dit is my argument dat swartes hulself verbly in elke aanval en moord
op blankes. Dit spreek uit die feit dat hulle soveel kere ter
ondersteuning van hul rasgenote se barbarisme by hofsake opdaag. Ek
het in 'n vorige skrywe geargumenteer dat die ANC tot op sy hoogste
vlakke 'n bloedige volksmoord op wittes begeer. Vele bewyse bestaan
vir so 'n argument. Nie die minste hiervan nie is die implisiete
kondonering van Julius Malema se moordliedjies.
Met kader ontplooiing in die regbank en die algemene irrasionele trant
van swartrassesolidariteit, glo ek dat hierdie volksmoordbegeerte ook
daar verteenwoordig word. Wanneer Landdros Stanley Mkhari, dus beswaar
teen die 'mate' van geweld teen Marzanne maak, is dit moontlik omdat
hy 'n mindere mate van geweld nie problematies sou vind nie? As
landdros sou hy enige geweld teen haar moes verdoem, maar is dit
moontlik dat die groteske aard van die aanval op haar dit makliker
maak vir hom om sy plig na te kom? En as laasgenoemde die geval is, is
dit dan selfs moontlik dat dit net gaan om plig, maar dat hy in sy
diepste dink dat Marzanne gekry het wat sy verdien? Was die woord
'mate' 'n Freudiaanse glips?
Terwyl 'n boer, Johan Strydom, wat as filantroop beskryf is weens sy
goeie werk onder swartes, 'n week gelede agter 'n bakkie aangesleep
is, het 'n soortgelyke voorval enkele jare gelede, waar 'n swarte die
slagoffer was, internasionale opslae gemaak. In verlede week se geval
was die boer maar net een van die vele 'normale' aanvalle wat daagliks
op blankes gepleeg word. Nóg sy dood, nóg die grusame aard daarvan het
enigsins nuus in die buiteland gemaak. Ook plaaslik word sy moord nie
as 'n rassevoorval getipeer nie. Dit terwyl die Reitz insident, waar
koshuiswerkers betaal is om flou Oros koeldrank te drink, 'n groteske
'misdaad teen die mensdom' was.
Naspers doen heelhartig aan hierdie verdraaiing van die waarheid mee.
Die linkse propagandahuis ontken nog steeds die volksmoord wat op die
Afrikaner gepleeg word. In artikels oor die aanval op Marzanne Kruger
skemer dit duidelik deur dat Naspers die 'effe' rowwe hantering wat
haar oppasser, wat die aanvallers die huis ingelaat het, as
gelykstaande (of ten minste amper gelykstaande) aan die diaboliese
aanval op Marzanne, beskou.
Behalwe in ekstreem psigotiese gevalle, pleeg blankes nie hierdie tipe
misdaad teen swartes of enigeen anders nie. Hoewel die bediening van
oorverdunde Oros aan swartwerkers, te Reitzkamerwonings, tot 'n
internasionale histerie verhef was, maak nóg Marzanne nóg die
bakkiesleepmoord op Johan Strydom enigsins nuus in die buiteland. In
Suid Afrika het die 'mate' van geweld teen Marzanne haar wel van plek
op plaaslike koerantblaaie voorsien. Tog vir die anti-Afrikaner
buiteland is nie eens die 'mate' van wreedheid genoeg om enige
belangstelling in hierdie ekstreem rassistiese aanval op 'n
Afrikanerkleuter te ontlok nie.
Die Afrikaner se vyande in die buiteland en plaaslik is velerlei.
Simpatie vir ons saak is skraal. Vir óns, is die messe uit. Ter wille
van oorlewing en bevryding is ons op ons self aangewese. Ons kan nie
meer handjies gevou sit nie.