Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar
Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar [boodskap #119725] Wo, 16 Junie 2010 16:12
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar

Maandag, 31 Mei 2010 16:04

'n Mosie waarin plaasmoorde in Suid-Afrika as ernstige
menseregteskendings veroordeel is, is deur die UNPO (Unrepresented
Nations and Peoples Organisation) se Algemene Kongres in Rome aanvaar.
Die mosie is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier, voorgestel en
gemotiveer. Volgens dr. Mulder is daar 'n belangrike positiewe
beeldverskuiwing in die buiteland ten opsigte van Afrikaners.

Dr. Mulder is ook tydens die kongres op UNPO se dagbestuur of
presidensie verkies. Die nuwe UNPO-president is mnr. Ngawang Choepel
van Tibet.

Dr. Mulder en mnr. Andre Fourie, voorsitter van die VF Plus se
Buitelandse Verhoudinge Komitee, het die kongres bygewoon. Die kongres
is in Rome in die Italiaanse Senaat gehou. Senator Emma Bonino, vise-
president van die Italiaanse senaat en voorheen 'n Italiaanse minister
asook senator Marco Perduca van die Italiaanse Demokratiese Party, het
as gashere opgetree.

"Die bywoning van die kongres en die stel van die mosie is deel van
die VF Plus se internasionalisering van die Suid-Afrikaanse situasie,"
volgens dr. Mulder. "Dit help nie om te wag totdat dit te laat is en
jou dan op die wêreld vir hulp te beroep nie. Die wêreld behoort
deurlopend op hoogte gehou te word oor prestasies, maar ook oor
menseregtevergrype in Suid-Afrika," het dr. Mulder gesê.

Die kongres het verder die posisie van minderhede binne 'n demokrasie
behandel. Politieke oplossings soos magsdeling, federalisme en
selfbeskikking is bespreek. In 'n algemene mosie wat deur die kongres
aanvaar is, is die belangrikheid van die behoud van 'n eie taal en
kultuur in die beskerming van minderhede beklemtoon.

UNPO (Unrepresented Nations and Peoples Organisation) is in 1991
gestig as 'n organisasie wat hom op internasionale vlak vir minderhede
en inheemse volke beywer. Van die stigterslede was Tibet, Taiwan,
Estonia en Georgië. Tans het UNPO 54 lede wat meer as 200 miljoen
mense regoor die wêreld verteenwoordig.

Oorsprong:Praag

(
http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://praag.co.za/nuus-magazine-402/afrikaanse-nuus-magazine-40 1/8172-menseregteskendingsmosie-teen-anc-aanvaar.html
)
Vorige onderwerp: Hillary aan Afrika: 'Ruk julle reg!'
Volgende onderwerp: Slagting van vroue beskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 11:56:51 MGT 2024