Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Slagting van vroue beskryf
Slagting van vroue beskryf [boodskap #119727] Wo, 16 Junie 2010 16:32
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Slagting van vroue beskryf

2010-06-02 00:41
Corné van Zyl

WELKOM. – “Mej. Helen Lotter was so erg beseer dat ek twee stukke vet
so groot soos my hand langs haar op die grond gekry het waar sy
bebloed in die kombuis gelê het.”

Só het ao. Frederik Meintjies, ’n fotograaf vir die plaaslike
misdaadrekordsentrum (PKRS), gister in die verhoor oor die wrede
aanvalle op mev. Alice Lotter (78) en haar dogter mej. Helen Lotter
(57) getuig.

Die twee vroue is in Maart 2009 dood nadat hulle in hul huis op die
dorp oorval en grusaam vermink is. Geharde polisiemanne en paramedici
het die slagting beskryf as die ergste wat hulle nog gesien het.

Meintjies het getuig dat ’n erg beseerde mev. Lotter in baie pyn op
die sitkamermat gelê het toe hy daar aankom.

“Mev. Lotter was by haar volle positiewe toe sy aan my en kapt. Koos
Venter gesê het dit is Joseph wat in die tuin werk wat hulle
seergemaak het. Ons het haar op haar sy gedraai omdat sy gekla het dat
sy versmoor wanneer sy op haar rug lê.”

Volgens Meintjies het mev. Lotter aan hom vertel wat gebeur het. “Ek
het by haar op die mat gaan sit om haar te vertroos. Sy het vir ons
vertel sy was in die bad toe haar dogter roep om te sê sy het geluide
buite by die bakkie gehoor.”

Mev. Lotter het aangetrek en saam met haar dogter na buite gegaan toe
hulle ’n onbekende getal mense by die bakkie gesien het. Mev. Lotter
het vir hulle geskreeu dat hulle die polisie gaan bel.

“Sy en mej. Lotter het in die huis teruggegaan en die deure gesluit
toe hulle hoor hoe ’n venster breek. Dit was toe dat mev. Lotter
gesien het dit was Joseph die tuinier.”

Volgens Meintjies het mev. Lotter gapende wonde aan haar hande, arms
en nek gehad. Mej. Lotter, wat in die kombuis gelê het, kon nie praat
nie.

“Sy het gereageer deur ons hande te druk wanneer ons haar iets gevra
het.”

Mev. Antoinette Horn, dogter en suster van die Lotter-vroue, het dié
verhoor bygewoon.

Die twee beskuldigdes in dié verhoor is mnr. Joseph Hlongwane, die
Lotters se tuinier, en mnr. Joseph Khumalo.

Hlongwane se vriendin, mej. Rebecca Bochedi, het gister getuig dat
Hlongwane op die aand van die moord net ná 23:00 vol bloed by die huis
aangekom het.

“Ek was te bang om hom te vra hoekom hy so vol bloed was,” het sy gesê
sonder om een keer na die beskuldigdes te kyk. Sy het ook getuig dat
sy hom gehelp het om die bloed van sy hande te was voordat sy sy
bebloede broek in ’n plastieksak gesit het. Volgens Bochedi het
Hlongwane weggehardloop toe die polisie omstreeks 24:00 by hul huis
stop.

“Ek het nie vir die polisie gesê Hlongwane was kort voor hul aankoms
nog by die huis nie. Ek het ook nie vir die polisie die sak gegee met
die bebloede klere nie.”

Sy het saam met die twee beskuldigdes in Hlongwane se huis in
Allanridge gewoon. Sy het ook in die verhoor die klere in die polisie-
foto’s as Hlongwane se klere uitgewys.

Dié twee beskuldigdes word benewens die moord en roof op die Lotter-
vroue aangekla van die moord op mnr. Bongani Landu tussen 2 en 3
November 2007. Albei word met DNS met sy moord verbind.

Hy is in ’n stuk veld in die dorp met ’n gebreekte bierbottel
doodgesteek.

Dié verhoor duur voort.

- Volksblad

Oorsprong:Volksblad

( http://www.feedblitz.com/t2.asp?/84250/14048670/3845885/http ://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Slagting-van-vroue-bes kryf-20100602
)
Vorige onderwerp: Menseregteskendingsmosie teen ANC aanvaar
Volgende onderwerp: Afrikaner-"sagtemag" in die Lae Lande
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:12:36 MGT 2024