vaspen [boodskap #147355] |
Do., 16 Januarie 2025 16:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 21718 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vaspen
Afbreking: vas•pen
Samestelling: vas + pen
Werkwoord: pen vas, vaspen
Verlede tyd: het vasgepen
Betekenis:
• Om iets of iemand op 'n plek vas te druk.
• (figuurlik) Om binne perke (in 'n ruimte) te hou.
Gebruik:
• Die leeu pen die toeris met sy poot op die grond vas.
• Die speurder het die skuldige vasgepen.
Sinoniem:
• beteuel
• inperk
• vaskeer
• vastrek
Afgelei:
• vaspenning
Vertaling:
Engels: to dowel, pin
Nederlands: vastpennen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|