Op 26 Maart sal Cecil Rhodes 'n 100 jaar dood wees.
Die man het ook 'n droom van die African Renaissance gehad - net soos onse
Prez.
Kyk asseblief na www.cecilrhodes.co.za, en vind meer uit omtrent die mens
wat die meeste mense van oortuig was dat Afrika was maar net 'n politiese en
besigheidsplan vir hom.
Ek kry aan die einde van 'n naweek so 'n lekker-kriewel op my maag as ek
daaraan dink hoe heerlik ek hierdie naweek op die internet rondgesoek
het na verskillende dinge en slegs 'n skrale R7 vanaf Vrydagaand tot
môreoggend daarvoor gaan betaal!
Ek is mos een van daai boring mense wat gladnie omgee om ou nuus te lees
nie. Veral nie as die nuutste beskikbare leestof van die dag reeds in beslag
geneem is deur 'n ander lid van die famililie, en dis tyd om Die Raadsaal te
besoek nie. Dan gryp ek sommer enige stuk leestof waarop ek my hande kan le
voor ek die troon bestyg. Al is dit 'n ou koerant.
Lees ek vervolgens in die Sunday Times van 17 Feb 2002 (in een van die
aanhangsels) hierdie resep, geplaas in haar rebriek "Cooking With (the good
old Ozzy sheila) Donna Hay":
Chicken and Corn Cakes:
2 Cobs corn
400 g chicken breast fillets, roughly chopped.
2 green onions, finely chopped
2 kaffir lime leaves, finely sliced
... en dis hier waar die koerant op die kakhuis vloer beland het...
1 eggwhite
etcetera etcetra....
As ek nie gesit het waar ek gesit het nie, het ek my bek@k. van pure skok.
Wil jy glo ek lees dit in 'n Aussie koerant? Ek het nognie sover gekom om
vir Ms Hay 'n email te stuur om te hoor waar die kaffir lime leaves vandaan
kom nie. Gedog ek sal eers die nuusgroep traai...
Blykbaar is dit iets waaroor skrywers en filmakers stilbly.
Die feit is glo dat bergklim 'n windmakerige besigheid is.
Joseph Hamel is die eerste een wat dit in 1820, na 'n klimtog op Mont Blanc
opgemerk het - The Unpleasant Consequence of Altitude
Blykbaar gebeur die High Altitude Flatus Expulsion op 3700m en hoër.
Volwassenes kan tot 2000ml wind daagliks loslaat ( hoe op aarde meet hulle
dit?)
Dus,word bergklimmes vermaan om nie te diep die vars bergbriesie in te asem
nie:))))
Annette
Danie Gerber ( Springbok senter) het 'n nood hartoperasie ondergaan. Hy het
'n onreelmatige hartklop waargeneem tydens 'n afrigtingsoefening met die
Pumas.
Onse Prez gaan hierdie jaar nog skaarser wees in parlement as verlede jaar.
Volgens Bheki Khumalo sal die Prez ten minste 3 maal hierdie jaar Parlement
bywoon, en hy het al klaar 2 sittings bygewoon - toe hy die
Parlementsopening bygewoon het, en die dag van die debat ivm sy toespraak.
Blykbaar word dit verwag dat die President ten minste 4 maal per jaar in
Parlement verskyn om vrae te kan beantwoord.
Ek sal julle laat weet wanneer die derde en laaste verskyning hierdie jaar
met groot geskal aangekondig word.
Daar was alweer 'n voorval waar 'n swart korporaal in die weermag - wat
alreeds op pad was terug na SA weens sy ongedissiplineerde optrede - twee
blanke offisiere gekiet het. Die offisiere is terug in SA - ernstig gewond,
en die korporaal is dood toe ander weermaglede die offisiere te hulp gesnel
het.
Die Stormers het die Sharks gister in 'n super 12 wedstryd gewen - nie 'n
goeie teken vir die voorloper in die stryd vir nuwe springbokafrigter nie -
Rudolf Straueli kry dit nog steeds net reg dat sy span die eerste helfte
goed speel.
Miskien moet Rudolf aangestel word om die springbokke vir die eerste helfte
af te rig, en Gert Smal vir die tweede helfte. Ek begin wonder wat Gert die
spelers tydens rustyd injaag, want dit gebeur nou met reelmaat dat die WP en
( en nou Stormers) 'n ander span is in die tweede helfte.
Annette
Ek wil nou nie stemming steur met hierdie sombere onderwerp nie, maar ons
het nou onlangs by die werk hieroor gesels (ons praat oor sulke dinge by die
werk omdat ons 'n verdedigingsmag-subkontrakteur is en ons daagliks met
oorlogsake te doen kry).
Hoe voel julle? (Die veronderstelling hier is dat pres. Mugabe die
verkeising wen en daar is tekens van bedrog, ens.) Is daar 'n moontlikheid
op 'n lae-intensiteit burger-oorlog in Zimbabwe, of dalk 'n hoë-intesiteit
militêre oorlog? Wat sou die implikasies vir SA wees (behalwe natuurlik dat
die Rand sy alie gaan sien)? Wat is die verantwoordelikghede van die SA
regeering mbt die voorkoming van 'n oorlog, of indien een uitbreek, mbt die
vredesbehoud? Sou dit in SA se voordeel wees om militêr betrokke te raak om
'n (onkeerbare) oorlog meer spoediglik tot konklusie te bring? Moet ons ons
grense oop maak vir vlugtelinge? Wat sou SA se stand wees indien die oorlog
in Zim uitkring en ander (simpatieke) Afrika-regerings betrek? Indien ZANU
aan bewind bly, die "grondherformingsbeleid" ruk hand uit en die (wit)
bevolking van Zim roep om hulp, wat staan die SA regering te doen?
O Goddit sillie ka soe nie
ôs stukken' en dronk
en suffer larrit goed gan!
O God ôs willie soe gannie
but wietie hoe nie
hoe ommie te warrie nie
hoe om hie' innie tjatjies te survive nie
hoe ommie as-aan te wiesie
en slogans innie strate te skrie nie
hoe ommie te slice nie
ennie vol vannie mapoesas te raakie
hoe ommie te politiekie
en kaalgat annie liewe te klou nie
hoe ommie ding te laat werkie
en assie casspirs kô nie moerland toe te bloei nie
O Goddit sillie ka soe nie
kô stuck by ôs en maak ôs wys
ôs verlang djou!
_____________________________________
tjatjies - Manenberg
as-aan - om nie om te gee nie
slice - in die steek laat, verklap
mapoesas - die polisie
jou ding werk nie - jou planne slaag nie
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.