Hier veg die see sy landgoed terug:
dit sien mens aan die soutsweet
teen 'n ruit, 'n windpomp kraanstyf
vasgeroes, bome deur die seewind
teruggedryf, 'n plaag duiwe
op 'n weggeroeste dak. Dieper in
verbrei hy sy domein met newelbank,
brak oewerende siltrivier.
Ook binnenshuis skryf hy op:
meubels ruik na diepversonke hout,
brood muf, gordyn skif, verf skilfer af,
slotte en sleutels slaan aan.
In die kamer waar twee heupe beuk,
herhaal die see sy seminale reuk.
André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.
Hierdie portugees was nog nooit my idee van 'n Suid-Afrikaanse minister nie
maar na vandag se begrotingstoespraak het hy 'n nuwe beste vriend gemaak;
nie soseer die inhoud van sy begroting nie, (ek is te dom om alles te
verstaan) maar die gehalte van sy toespraak. Op sy manier dink ek hy is
beter as 'n paar vorige ministers van finansies wat ons al gehad het. Ons
het hom net nooit 'n behoorlike kans gegun nie.
Verschillende EU landen ( ook NL )hebben een evacuatieplan
klaar liggen om hun onderdanen eventueel te evacueren.
In Zimbabwe verblijven nu nog 1500 Nederlanders.
Vanaf iemand in Holland - hulle stel meer belang;)))
Die voorgestelde name.
* Warmbath is now Bela-Bela
* Nylstroom is Modimolle
* Potgietersrus is Mokopane
* Pietersburg is Polokwane
* Messina will be known as Musina
Lyk my hule stel nie belang in die klein plekkies nie - net die plekke
waarna toeriste miskien na toe sou wou gaan.
Miskien moet ons die ---ane idee aan hulle voorlê:))
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Weens die groot Vigs probleem in SA is regseise aan die toeneem. Ek
lees in die "Medical Protection Society" se maandelikse tydskrif dat
in vrou die Mpumalanga se owerhede dagvaar vir agterlosigheid. Sy
voer aan dat geen medikasie vir haar gegee is om te verhoed dat die
MIV virus na haar baba oorgedra word nie. As sy dié saak wen word die
deur wyd oopgemaak vir soortgelyke gevalle.In die Oos Kaap word die
plaaslike bloeddienste en n dokter gedagvaar omdat Vigsbesmette bloed
aan 'n baba gegee is.
Ek het nou Limpopo se nuwe dorpnaambeleid uitgewerk.
Dit is alles om koste te bespaar.
Op al die briefhoofde gaan gedruk word:
------ane, Limpopo.
Dan elke dorp sy eie paar letters voor inskryf.;)
In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs in
Table View.
Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin het of
dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
staalbofbalkolf in sy motor rond.
As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy nooit
die skietding gesien nie.
Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
gemik het - dis mos doodsake.
Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
rasionale denke verloor het nie.
Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig het,
maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande en
arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.
Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop by
vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.
Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is - wat
laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook met
'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.
Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die moeite
gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy twee
mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie oorgegee.
Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.
Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse gedoen
moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word, tesame
met die sigtoets, en 'n reaksietoets.
Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in padwoedevoorvalle
nie.?
Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
iemand anders se plek gaan parkeer het ,
Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
Annette