lu...@webmail.co.za (Louis Kriel) skryf in boodskap news:...
> Hi Anette, Hi James,
>
> Toevallig twee mense wat my lewe "gekruis" het, op veskillende maniere
> .. en hier kruis hulle lewens ook! Sekere MArthie wat vir James in
> aAfrikaans tik?
> Groete
> Louis
> XXXXXXX
KinkY: Hallo Louis! Ek dog jy het van die aardbol af verdwyn?
;-)
over the past few years more money has been spent on breast implants
and viagra than on alzheimer's disease. the inevitable result is that
soon we will have a lot of people running around with huge breasts and
persistent erections who cannot remember what to do with them.
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Na gelang van 'n praatjie op "East Coast Radio" vanoggend het ek gou 'n paar
sommetjies gemaak.
IN TEORIE
Daar is 90 boulbeurte per dag en ses balle per beurt, maak dit 2700 balle in
'n vyfdag toets.
As ons nou 'n baie fikse bouler het, Mkaya??, en ons laat hom boul na 'n
baie fikse kolwer, Adam??, en ons bouler boul elke bal 'n foutbal, en die
kolwer slaan elke bal vir 'n 6 wat dit eintlik 'n 7 maak omdat dit 'n
foutbal is, kan jy teoreties 18900 lopies in een boulbeurt kry. Die beste
is dat die boulbeurt na vyf dae nogaltyd nie sal klaar wees nie, daar sal
nog 6 balle oor wees, want al die ander was foutballe.
Klink vir my ons ouens het briljant goed gedoen om die Au-sies te beperk tot
seshonderd en iets.
Alan Donald doen 'n Jonty.
Hy het aangekondig dat hy nie meer vir toetskrieket beskikbaar is nie.
Hy wil sy liggaam glo regkry vir om volgende jaar in die wêreldbeker te kan
speel.
André Vos ( 27) het uit mededingende rugby uitgetree.
Hy is tans beseer, maar een van sy redes is ook dat hy te veel van sy huis
af weg is.
Ek sal nogal graag wil weet hoeveel van ons mense speel nou oorsee rugby, of
is van plan om te gaan.
Miskien sal ons rugbykeurders op die ou end minder rigied moet wees, en die
spelers wat oorsee speel wel vir die springbokspan kies.
Dit is nou as hulle wil wen.
Aan die anderkant begin ek dink dat hulle die spelers aanmoedig om te gaan,
sodat meer voorheenbenadeelde anderskleuriges hier in die spanne opgeneem
kan word.
Wel, as spelers soos Bobo die resultaat is, dan het ek nie 'n probleem nie .
Tsvangerai gaan glo van hoogverraad aangekla word - so ons sal sien hoe
vinnig Mugabe hierdie sake gaan afhandel.
Rugbyspelersverhoor: Staatspatoloog het getuig dat die beserings aan die kop
veroorsaak kon word deur die spelers wat die vermoorde oor die heining wou
gooi.
Ek hoop daardie lotjie kry 'n swaar straf en sit lank.
Nog 'n politikus het as voorsitter van 'n parlementêre kommitee bedank agv
die optrede van die ANC in die wapenskandaalsaak.
Die stadsrade raak raadop met die diefstal van elektrisiteit in die
voorafbenadeelde gebiede.
Hoe hulle hierdie spesifieke optrede gaan uitroei is nogal 'n vraag, want
dit word nou al so lank gedoen, dit is al tradisie.
Het iemand groot asseblief vir my 'n resep om droëwors te maak. Ek
woon in Florida (Amerika), en die vleis snitte hier het alle lawwe
name, so ek het hulp daarmee ook nodig.
Wes-Australiese magistraat Michael King reken hy het die antwoord teen
misdaad en misdadigers. Ipv om oortreders tronk toe te stuur vir 'n misdaad,
vonnis hy nou wetsoortreders tot 'n 5 maande kurses in "trancendental
meditation." Hardebaard skelms het egter nie hierdie opsie nie, net minder
ernstige en eerste oortreders kry grasie.
Dr King se dit dien geen doel om minder ernstige oortreders te straf met met
'n swaar boete (wat armoede nog verder in die hand werk) of tronkstraf nie
(waar die eerste oortreder net meer tegniek aanleer in die tronk).
Dr King is gesetel in Geraldton in die Wes-Australiese platteland waar die
oorgrote meerderheid oortreders uit die Aboriginal gemeenskap kom. Dr King
het 'n doktoraat in "legal therapeutic jurisprudence" en is self 'n
mediteerder van formaat. Hierdie een jaar projek dra die goedkeuring weg van
die Wes-Australiese departement van Justisie. Indien suksesvol sal dit
uitgebrei word na die res van die staat in die nabye toekoms. Dr King het
reeds 'n internationale konverensie in Amerika toegespreek oor sy projek.
Dr King het die volle ondersteuning van die Amerikaners, waar navorsing
bewys het dat tot 43 persent van "re-offending" gesny kan word deur
"trancendental meditation." Die eerste Australier wat so gehelp is, Alex
McConville, se hy mediteer nou twee maal per dag en is genees van sy
drankprobleem. Sy aanvanklike skeptiese benadering tot die program het nou
verander, en hy noem sy leermeester, wat hy beskryf as 'n "white-collar
Perth worker from India" sy guru.
Die Australiers het ons alweer 'n liederlike pak gegee in die eerste toets.-
glo ons ergste nederlaag ooit.
Ek dink dit is die wit klere wat ons spelers afsit:))
Annette