Ons mag dalk aanstons 'n kuiertjie na Suid Afrika reel. Ons laaste kuiertjie
was uiters onaangenaam omdat familie en vriende mildelik die gebruik van hul
voertuie tot ons beskikking gestel het, net om later te se dat die kar teen
twaalf uur terug moet wees omdat hulle dit of dat wil doen, ensovoorts. Die
gevolg was dat ons meer tuis was as uit. Verskriklik boring.
Ek sal eerder 'n kar wil huur en per KM betaal plus brandstof of what ever,
maar nooit ooit wil ek weer in 'n ander land gestrand wees sonder wiele
nie. Ek het EEN ondervinding daarvan en nooit ooit weer nie. Die vraag is
dan wat betaal mens vir petrol in Suid Afrika, sodat ek so bietjie op die
begroting kan begin werk. (En by wie huur mens teen die beste prys?)
iemand stuur nou vir my `n koerant berig oor die ou in new zealand wat
sy selfoon rekening kry en sien dat daar `n ekstra item vir nz$337.50
op is. toe hy die verduideliking hiervoor lees staan daar 'penalty for
being an arrogant bastard'. hy is gst ook gehef hierop. volgens die
service provide, telecom nz, is dit gedoen deur `n operateur wat daar
gewerk het en toe ongelukkig was oor iets.
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Op 'n ander groep het dit nou uitgekom dat die meeste mense in die VSA weet
nie van die Carry On films nie -
siestog - hulle het definitief iets gemis in hul opvoeding;))
Ek verkies nogal die Britse humor bo die VSA s'n.
Annette
Hulle praat nou op RSG oor die optrede van rugbyskares - en Niekie wil
beweer die mense in die losies se optredes is meer beskaaf as die in die oop
pawiljoene.
Ek is seker maar gelukkig - want ek beland altyd tussen 'n aangename klomp
mense - die enigste vir wie ek vies word daar is my span as hulle
verloor;)))
Die mense wat inbel kla glo vreeslik oor die gevloekery en gedrinkery -
sjeim:))
Annette
"SA Stream is a web based radio station, which encapsulates the essence of
South Africa and it's wonderful
people. We are home to those South Africans traveling or living abroad, and
friend to those visiting our
world.
To those outside our physical boarders we provide relevant domestic news,
interviews and inserts from
sport to finance, arts to politics in an audio format. Plus entertain, in
our unique South African way,
whether it's humour, talk or music.
SA Stream is in essence a piece of South Africa away from home. "
TJ
www.artslink.co.za
--
The South African Arts, Culture and Entertainment Hub
The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1
Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon
IAWMD Golden Web Awards May 2001
Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save! http://www.artslink.co.za
Ek hoor oor die draadloos dat daar nou 'n groterige aksie aan die gang is om
inheemse tradiosionele speletjies te bevorder - hulle wil glad 'n inheemse
spele hou.
Daar is gepraat van juksei, en vier ander etniese name waarvan ek nie ken
nie - dit sou 'n bietjie gehelp het om net 'n kort verduideliking te gee wat
dit behels.
Ek is amper seker een is touspring, en die ander stokgevegte.
As touspring een van die sporte is, dat moet daar aangedring word dat die
senior dames bolangs gekleed moet wees - anders sal daar geen uitslag wees
nie - al die skeidsregters sal te stomgeslaan wees om na die voet-tegnieke
vir puntetoekenning te kyk:))
Hoekom sal bok-bok of kierantjie nie ook een van die sporte wees nie?
En tolgooi is tog ook baie tradisioneel, of hoe?
Ek dink klipgooi ( werklik en verbaal) behoort ook 'n sport wees - daar is
baie mense hier wat baie goed daarmee is.
Ons kan selfs dan 'n soc.afr. span inskryf:)))))
Groot onkoste, en reëlings - alles verniet - omdat daar maar weer soos
gewoonlik net voortgegaan is met die reëlings, en soos gewoonlik aangeneem
is dat die probleme wat bestaan het tydens die beraad uitgestryk sal word.
Gelukkig het die betrokkenes toe vas besluit dat daar geen beraad sal wees
voordat daar nie ooreengekom is oor sekere kwessies nie - wat eintlik gedoen
moes gewees het voordat daar enige moeite verder gedoen is.
Ons ou klompie hier is tog so beraad-verskrik - en hulle leer maar net nie
uit hulle foute nie.
Die Vigs-kongres was nou nie juis 'n rasende sukses nie.
Die Spier-kongres om die Israeli/Palestina kwessie te probeer uitsorteer was
ook maar lam, hoofsaaklik omdat die mense wat saak maak dit nie bygewoon het
nie.
Nou hoor ek vanoggend dat die paaie daar onder in Transvaal opgegradeer en
reggemaak gaan word sodat als mooi kan lyk vir die ander groot kongres wat
in September in Johannesburg gehou gaan word - dieselfde kongres wat
veroorsaak het dat skoolkwartaaldatums verander is nadat die skole hierdie
jaar al begin het.
Goeie plan van Onse Prez - reel kongresse en sameprekings hier sodat hy te
besig is om in die parlement te kan optree.
Enigiemand wat weet hoe om iemand gesond te hou sodat hy in die Argus
fietstoer kan ry?
Hy is van Kanada - en ons kry altyd 'n vreeslike verkoue as ons van die koue
af hiernatoe terugkeer in die hitte.
Annette
Nou hier op my TV staan daar vier ouens om 'n braaivleisie en gesels oor
dood normale, intelligente dinge soos clutchplate en skrumskakels en hier
kom die een ou so uit die bloute met sy ereksieprobleem. Nou vra ek met
trane in my oë: Wie sou nou in sy dopsel belangstel by 'n braaivleisvuur??
En dan volg die skokkende onthulling: 50% van alle mans bo veertig, is nie
meester van hulle peester nie.
Regtigwaar, en ek is nie eens 'n sensitiewe kyker nie. Wat wil Pfizer
bereik met hierdie smaaklose advertensie??