Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Swaaiery

Sa., 18 Mei 2002 09:04

Het nou net 'n artikel klaar gelees oor lyfswaai ( swinging) , en die
afgelope 2 weke op 3rd Degree was daar ook programme daaroor.
Die hele opsit klink maar bisar vir my, en ek kan nie dink dat die
deelnemers aan hierdie tydverdryf nie later jare berou daaroor sal hê nie.
Hierdie mense kom vir my elk geval voor as emosioneel vlak of afgestomp, en
ek twyfel of die partytjies wat hulle geniet ooreenstem met my idee van 'n
lekker partytjie - waar mens met kenisse, vriende en familie lekker
saamgesels en lag, vleis of vis braai en goeie wyn drink.

Ek sou nogal een van daai partytjies wil bybring - net om die klere wat
hulle glo by aankoms uittrek te neem en weg te steek:)))))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Oulike emotikon

Vr., 17 Mei 2002 22:06

Of watookal "emoticons" in Afrikaans is. :-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoera vir Eva!

Vr., 17 Mei 2002 16:58

Madam & Eve - die TV program- het die 2de plek verower in die
internasionale kompetisie in Montreux, Switzerland.
Daar was 19 inskrywings.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Taalkunde" in Engels?

Vr., 17 Mei 2002 13:43

Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
nie me tweetalige woordeboek by my nie.

Dankie!

Henry

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Fafè ( sp?) Onwettig?

Vr., 17 Mei 2002 08:04

Vanoggend is daar glo mense in Polokwane ( iewers in Transvaal) in hegtenis
geneem omdat hulle 'n Fafé sindikaat bedryf.
Dis dan die tradisionele en etniese manier van dobbel hier!
Wanneer het dit onwettig geword?

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Ongeluk by Saldanha

Vr., 17 Mei 2002 05:56

5 Mense is dood toe daar 'n deel van 'n konstruksie by Saldanha Staal
ineengestort het.
Ek het familie wat daar gewerk het, en toe hulle nog daar was, was die
toepassing van veiligheidsaspekte nie altyd wat 'n 5ster gradering van Nosa
sou verdien nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 17/5

Vr., 17 Mei 2002 04:33

Onderwysers by Lekatlong? het gekeer dat inspekteurs die skoolgronde betree
vir die gewone inspeksie. Hulle wil nie aan inspeksies onderwerp word nie,
want dit is glo 'n onding van die vorige regime.

Tamika Plaatjie van die PAC - hy wat die hardste geskree het ter
ondersteuning van Zimbabwe se plaasbesettingsbeleid - is nou die voorbok om
'n beskermingsbeleid vir grensboere in werking te stel - glo omdat SA nie
kan bekostig om die boere te verloor nie.

Percy Montgommery het ook nou besluit om liewers oorsee te gaan rugby speel
omdat hy nie 'n kontrak kon beding voordat die proewe gespeel is nie.
Dit plaas my nou in 'n verskriklike dilemma, want ek het altyd gesê ek sal
weer vir WP skree as Percy en Slaptjips nie in die span is nie:))))

Annette

Nuus | 0 kommentare

Indaba 2002 SA Toeriste Expo in Durban

Do., 16 Mei 2002 18:48

Kom nou net terug van die Indaba 2002 in Durban - wat 'n fees !!!
As elke Suid Afrikaner maar net kon weet watter fantastiese plekke
daar in Suid Afrika is, sal ons nie eens "bother" om oorsee te wil
toer nie.

Hierdie website was op die Indaba "ge-launch" www.clickza.com
wat jou'n goeie idee sal gee hoe "amazing" ons land is.

Stuur hierdie link vir iemand oorsee
(Annette jy het duisende van hulle)

Thanx
Dion

Reis & vakansie | 5 kommentare

Nuus 16/5

Do., 16 Mei 2002 13:13

Die pas afgelope naweek is daar 36 swart politieke gevangenis losgelaat -
glo omdat hulle elkeen apart vir Onze Prez gevra het.
Nou is daar sprake dat blanke politeke gevangenis ook losgelaat gaan word.
Ek wonder net of dit nie vir hulle veiliger is om maar in die tronk te bly
nie.

Annette

Nuus | 7 kommentare

Feestyd Innie Kaap

Do., 16 Mei 2002 10:07

Gourmetfees in die Goeie Hoop: 23 - 26 Mei
Oesterfees in Knysna 5 - 14 Julie
Port proefees in V&A Waterfront 12 - 13 Junie.
Ernstige portproewers kan 'n kursus bybring op 13 Junie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758  759  760  761  762    »]
Tyd nou: Do. Apr. 23 10:24:16 UTC 2026