Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

skrywery

Di., 18 Junie 2002 20:32

Hi almal

Ek is 'n 'aspirant skrywer'. Weet enigiemand van 'n goeie afrikaanse website
waar ek goeie raad kan kry oor hoe om prosa (veral kortverhale) te skryf ?

Thanx
Jacques

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Grappie oor bestuurders in engels

Di., 18 Junie 2002 11:36

so as engels jou gat krap maak sommer nou die post toe.

A man in a hot air balloon realized he was lost. He reduced altitude
and spotted a woman below. He descended a bit more and shouted,
"Excuse me,can you help me? I promised a friend I would meet him an
hour ago, but I don't know where I am." The woman below replied,
"You are in a hot air balloon hovering approximately 30 feet above the
ground. You are between 40 and 41 degrees north latitude and between
59 and 60 degrees west longitude."

"You must be an Systems Architect," said the balloonist. "I am,"
replied the woman, How did you know?" "Well," answered the balloonist,
"everything you told me is, technically Correct, but I have no idea
what to make of your Information, and the fact is I am still lost.
Frankly, you've not been much help so far."

The woman below responded, "You must be in Management." "I am,"
replied the balloonist, "but how did you know?" "Well," said the
woman, "you don't know where you are or where you are going. You have
risen to where you are due to a large quantity of hot air. You made a
promise which you have no idea how to keep, and you expect people
beneath you to solve your problems. The fact is you are in exactly
the same position you were in before we met, but now, somehow, it's
my fault"

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 2 kommentare

Grondhervorming

Di., 18 Junie 2002 11:20

Enigiemand in Suider-Afrika wat net half wakker is, sal wéét van
grondhervorming. Die hele idee is om grond te gee aan die massas
'landless' mense van Afrika. Ook hier by ons in Namibië is planne sterk
aan die gang. Wat ek nou wil weet van die mense in ander lande, is die
volgende: Is daar enige land in die wêreld, buite Afrika, waar 'n burger
van 'n land kan aanspraak maak op sy eie, gratis stuk grond?
Afrika-politici skree vir 'land for the landless', maar wat van ander
bevolkingsgroepe wat sekerlik ook 'n aanspraak mag hê? Wat van 'n tweede-
of derdegeslag blanke wie se ouers nooit grond besit het nie? Is hy ook
'landless' en geregtig op sy grondjie?

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Nuus 18/6

Di., 18 Junie 2002 08:25

1) Onse Prez verjaar vandag - hy is 60.
As ek net geweet het of hy hier in die Kaap vandag is, sou ek vir hom 'n
baksel soetkoekies geneem het.

2) Kotov het gister die Comrades gewen - hy bly nou in Table View - so ons
is trots op ons Nuwe Kapenaar.
Maria Bak het die dameskompetisie gewen - sy was ook in geheel 35ste.
Beide Kotov & Bak is 44.

3) Ngema het met Oom Nelson Mandela aan sy sy verskoning gemaak vir die
rasistiese woorde van sy nuwe liedjie, waarin hy haatspraak teen Indiërs
uitspreek.

4) Daar gaan vandag mosies ingedien word deur verskeie politieke partye
omdat daar by Mokaba se begrafnis aanhoudend die dreunsang: Kill the Boer,
Kill the Farmer gehoor is, en omdat Onse Prez nie enige reaksie daarop
getoon het nie.

5) 'n Prokureur van Durbanville, 'n ervare bergklimmer, is Saterdag dood op
Tafelberg - hy het glo agter geloop van 'n groep klimmers wat die
vensterroete onder die kabelkar aangepak het, en het gegely en geval. Dit is
'n gevaarlike roete wat ek self nog nooit wou doen nie.

6) 'n Hond het in die Sederberg in 'n skeur geval - na alle moontlike
pogings om die hond te red, is daar moed opgegee.

7) Die weervoorspeller is alweer verkeerd - die son skyn buite en dit is
warmer as die 16 grade wat voorspel is.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Hallo...

Ma., 17 Junie 2002 19:15

> On Sat, 15 Jun 2002 01:24:57 +0200, "Jan" wrote:

> Is daar nog enigeiemand hier wat nog redeneer skuilname is OK?

> Johan Bornman

> en Kinky reageer sò:
> En die stryery oor skuilname is regtig vervelig.

Hallo Johan. Ek loer vanaand weer hier in
en vind (behalwe vir dieselfde debatte wat
gewoonlik erg holrug gery word totdat iemand
die inisiatief aan die dag lê om die onderwerp te
verander) dat jy besig is met 'n redenasie wat my ook
na aan die hart lê. Ek voel soos jy oor die feit dat die
meeste van die deelnmers hier skuilname sowel as vals adresse
gebruik. Waarom hulle dit doen weet nuger. Trap hulle uit vriend!
Ek sal binnekort weer inloer en hoop dat jy hulle intussen tot ander
insigte sal kan oorreed.

Davie Davis

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Lekkersmul

Ma., 17 Junie 2002 09:56

Met my jagery heen en weer na Hermanus Saterdag, het ek darem tyd gemaak om
te stop by Houwhoek se padstal.
Dis nou een plek wat ek nie sommer maklik verbyry nie.
Daar koop ek toe 'n potjie suurvyekonfyt.
Een hele pot vol lekkerte.!!
Ek is iemand van besondere wilskrag - die potjie is nou eers half:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Shocking New South African Book

So., 16 Junie 2002 18:29

On Sat, 15 Jun 2002 01:24:57 +0200, "Jan" wrote:

http://www.AfricanCrisis.org
http://www.AfricanCrisis.org/BkGovt.asp
http://www.AfricanCrisis.org/Order.asp

Is daar nog enigeiemand hier wat nog redeneer skuilname is OK?
Johan Bornman

Wouter
Sheez, maar jy is stadig van begrip, Johan Boorman, ek moet
darem toegee dat jy dit al self hier as verskoning genoem het
vir die snert wat jy kwytraak. Maar jy mag darem probeer
dink voor jy skryf..

Jan Lamprecht se naam en meer is beskikbaar by die
skakel wat hy gee, dis eerder jy wat agter 'n onverifieerbare
naam skuil

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Boere Bittereinders

So., 16 Junie 2002 11:30

"Vir die derde maal in ons geskiedenis is ons hele volk in ons hele land
onregmatiglik sy vryheid, karakter en veiligheid deur ons vyande ontneem, en
word ons onderwerp aan onder- drukking, onreg en volksmoord. Al hoe meer van
ons mans, vrouens en kinders, oud en jonk, word vertrap, verneder,
verontreg, belas, mis-
bruik, vermoor, doodgeslaan, beledig, vervolg, verkrag, beroof, besteel, en
weerloos aan n vreemde, onregverdige en barbaarse bestel uitgelewer. Ons is
slawe en lakeie in ons Vadere se eie huis. "

http://www.boer.co.za/cyber/dorpe/balmoral/boerekoop.htm

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die HNP en Duitsers

So., 16 Junie 2002 11:16

Ek stik behoorlik in my bier toe ek hierdie arikel lees op die internet.

Die Afrikaner het onlangs 'n berig en ook 'n kort artikel oor die
Nasionaal-demokratiese Party van Duitsland gedra. Die kongresagenda van die
afgelope HNP kongres het ook 'n bydrae oor die NPD daarin gehad. Daar kan
tereg oor gewonder word welke belang dit vir ons inhou. Dit moet besef word
dat die eenwêreldorde vinnig besig is om fatsoen aan te neem en dat die
grootste struikelblok op die weg daarheen die nasionalisme is. Veral wanneer
deur wisselwerking tussen nasionalistiese partye en bewegings, die
nasionaliste oor die wêreld heen tot 'n gesamentlike mag ontwikkel.
Belangstelling in die nasionalistiese stryd van ons rasgenote is 'n
noodsaaklike eerste stap in die stryd teen die maghebbers van die
eenwêreldorde.

HK

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Manifes

So., 16 Junie 2002 11:09

Terloops raakgeloop op die internet.
http://www.boer.co.za/boerwar/vhk/2c_manifes.htm

Manifes

"Die wêreld moet weet: ons sal weer veg en ons sal weer vry wees!"

Die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog is vir die Afrikanervolk van die allergrootste belang. Naas die geskiedenis van die Groot Trek is die oorlog die gebeurtenis wat die diepste ingegrif is in die siel van die Afrikaner. Sonder die Trek en sonder die diep spore wat hierdie Vryheidsoorlog nagelaat het, is die bestaan en die karakter van die Afrikanervolk ondenkbaar. Daarom verbaas dit ons nie dat daar duidelik pogings aan die gang is om die betekenis van die Tweede Vryheidsoorlog in die gemoed van die Afrikanervolk aan te tas, te verwater of te probeer vernietig. Dit pas in ons vyande se plan om die Afrikanervolk van sy geskiedenis en sy geestelike wortels te vervreem.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog is die volksbande van die Afrikanervolk deur triomf en neerlaag, deur oorwinning en smart, onwrikbaar gesmee op die aambeeld van die geskiedenis. Die erfenis van ons volk uit die lydensgeskiedenis van die oorlog is 'n onvernietigbare en onvervangbare een. Dit het ons verhef tot 'n hoë rang onder die nasies, in die eerste plek omdat dit 'n morele en regverdige stryd vir 'n volk se vryheid was, maar veral ook oor die heldhaftige wyse waarop die klein Boerevolk vir drie jaar lank verbete teen die magtige Britse ryk kon staan.

Soos min ander volke het die Afrikanervolk deur sy offers en heldedade 'n aansien verwerf wat aan die legendariese grens. Die krygsvernuf van die Boeregeneraals, die vindingrykheid van die burgers in die veld, die getrouheid en standvastigheid van die Boerevrou – hierdie dinge het mense se harte aangegryp en het weerklank gevind in New York, Londen, Brussel, Amsterdam, Parys, Rome, Berlyn en Moskou. Veral onder die Protestants-Dietse volke van Europa is aangevoel dat die Boere 'n stryd moes stry wat eintlik ook húlle stryd was: 'n stryd van die geloof teen die gryplus van die Britse Empire, teen die minagting van 'n klein volk se vryheid. Daar is oral besef dat Brittanje se oorlog teen die Boere nie met die Christelike geloof te versoen is nie.

Die gewetenlose veldtog deur die Britte om die twee onafhanklike Boererepublieke gewelddadig te onderwerp het mense oral in die beskaafde wêreld met weersin vervul. Vandaar dan ook dat vrywilligers uit ander volke spontaan by die Boeremagte aangesluit het: Iere, Skotte, Amerikaners, Russe, Duitsers, Nederlanders, Skandinawiërs en andere. Hulle was bereid om hulle lewe vir die saak van die Boere te gee. Hierdie feit staan vandag steeds as 'n getuienis van die reg van die Boeresaak en as 'n ewige aanklag teen Brittanje se wandaad.

Dat die Boerevolk meer as 26 000 vroue en kinders in Britse konsentrasiekampe aan die dood moes afstaan is so 'n groot skandvlek op die Britse militêre geskiedenis dat ‘n Engelse geestelike, C.F. Aked, op 22 Desember 1901 in die Engelse kerk te Liverpool daaromtrent verklaar het: "Groot-Brittanje kan sy oorloë nie wen nie sonder die toevlug te neem tot die laagste veragtelike daad van die veragtelikste skurk op aarde: die daad om na ‘n dapper man se hart te slaan met sy vrou se eer en sy kind se lewe." Vir hierdie "grusame vergryp teen die beskawing", soos Aked dit bestempel het, moet Brittanje steeds verantwoording doen

Om die redes hierbo genoem, verklaar die Boere-Afrikaners van vandag:

* Dat die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog vir ons 'n heilige plig en verantwoordelikheid is wat ons nie sal ontwyk nie. Ons wil nie alleen herdenk nie, maar ons wil ook bemoediging en inspirasie put uit die heldedom van daardie stryd. Die huidige geslag van Afrikaners moet deur die herdenking van die oorlog nuwe krag en visie ontwikkel vir die stryd waarin ons gewikkel is en vir dit wat nog voorlê – 'n stryd wat duidelik ooreenstem met dit wat die Boererepublieke ondervind het in die aanloop tot die oorlog, en ook daarna.

* Dat die minagting en vernietiging van die reg van die Boererepublieke aan die einde van die negentiende eeu in ons tyd voortgesit word deur politieke magte wat met die steun van Brittanje en ander lande optree om die vaderland van die Boer finaal van hom te vervreem en om sy vryheid en onafhanklikheid te vernietig deur middel van swart oorheersing. Ook hierdie plan van ons vyande sal nie slaag nie, soos die plan van Milner en Kitchener op die lange duur nie kon slaag nie. Op 31 Mei 1961 is opnuut 'n Afrikanerrepubliek onder dr. H.F. Verwoerd tot stand gebring, 'n republiek vry van Britse oorheersing!

* Dat ons is diep bewus is van ons volk se verantwoordelikheid teenoor die geslag wat in 1899-1902 die hoogste tol moes betaal vir die vryheid en die reg van die Boererepublieke. En waar die republikeinse vyheid, wat in 1961 herwin is, deur verraad en ontrou weer verlore gegaan het sonder dat daar om die vryheid van ons vaderland geveg is, weeg daardie verantwoordelikheid soveel swaarder op ons. Ons volk moet besef dat ons ons vryheid verloor het deur verraad en dat daar weer met alle mag geveg sal moet word om dit te herwin. Dié stryd sal op alle toepaslike terreine voortgesit moet word. Ten diepste is ons oortuig dat daardie vryheid verwesenlik kan word deur die herlewing van Afrikanernasionalisme en deur die vernuwing van ons geloof in onsself as 'n God-geroepe volk.

* Dat die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog vir ons volk 'n herbevestiging moet wees van ons band met die verlede en dit moet getuig van ons trou aan die heldegeslag van 1899-1902. Alleen wanneer ons getrou bly aan onsself sal ons voortbestaan as 'n volk en sal ons die magte wat teen ons gemonster word, weerstaan en oorwin. In hierdie geloof wil ons die toekoms tegemoet gaan – as 'n volk wat in sy siel onoorwinlik is, as 'n volk wat in die stryd sy krag van Bo ontvang, en as 'n volk wat weier om onderwerping as 'n finale uitslag van die geskiedenis te aanvaar, net soos die Afrikaner ná 1902 ook geweier het om permanente Britse heerskappy oor Suid-Afrika as die finale uitslag van die oorlog te aanvaar.

Die Afrikanervolk staan sonder enige twyfel voor die grootste uitdaging van sy bestaan sedert 11 Oktober 1899: ons taal, kultuur en godsdiens word in ons skole en op talle ander terreine misken; ons reg op ons eie vaderland word ons ontsê. Wanneer 'n volk voor so 'n uitdaging te staan kom, is daar net een eerbare weg, en dit is stryd – stryd totdat die oorwinning verkry is, voortdurende en volgehoue stryd ter wille van dit wat stryd werd is, naamlik die reg om as 'n volk in die geskiedenis voort te bestaan soos God dit beskik het. Genl. Christiaan de Wet het in 1900 gesê dat 'n volk se selfrespek dit van hom verg dat hy nie sonder stryd sal toesien hoe sy vaderland van hom vervreem word nie. Om dieselfde rede, ter wille van ons selfrespek, mag die Afrikaner vandag ook nie onderwerping en vervreemding aanvaar nie.

Hierdie waarheid is deur die heldegeslag van 1899-1902 in bloed neergeskryf op die bladsye van die geskiedenis. Laat ons vandag antwoord op die oproep van pres. Paul Kruger en laat ons neem uit die verlede wat goed en reg, edel en skoon is, om daarop ons toekoms te bou. Dan sal die vryheidswinde gewis weer oor ons velde lag, en sal die geslagte wat kom met eer en respek kan praat oor die Afrikaners van vandag, soos ons ook oor die helde van 1899 –1902 kan praat.

'n Volk wat sy verlede voortdurend voor oë hou en 'n volk wat sy helde eer, is 'n gesonde volk. Mag dit ook van die Boere-Afrikaners van ons dag gesê word:

"dat ons nie kon gebuig word soos hul geweld dit wou,

maar dat ons hoog kon lewe, slegs aan ons bloed getrou."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745    »]
Tyd nou: Di. Apr. 21 23:09:54 UTC 2026