| piekel [boodskap #151278] |
Di., 21 April 2026 11:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24908 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
piekel
Afbreking: pie•kel
Werkwoord: piekel
Verlede tyd: het gepiekel
Verlede deelwoord: gepiekelde
Betekenis:
• Om met moeite te vervoer.
• Om met moeite êrens heen te gaan.
Gebruik:
• Sy piekel altyd 'n sambreel saam.
• Sy het daai dag twee keer winkel toe gepiekel.
Sinoniem:
• aandra
• saamdra
• saamkarring
• saamsleep
• sleep
Hiponiem:
• aanpiekel
• afpiekel
• saampiekel
Vertaling:
Engels: to drag, carry, lug
Nederlands: piekel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 21 April 2026 12:07] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|