Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuus 16/6

So., 16 Junie 2002 11:04

Vroutjie Douwtjie, oftewel Douwlina Grobbelaar, eggenote van Fanus
Rautenbach, is gister op 76 jarige ouderdom oorlede.
Sy het die afgelope 5 jaar aan Alzheimer's gely.
Annette

Nuus | 8 kommentare

Sokker - Afrika Juig

So., 16 Junie 2002 09:06

Met Senegal se oorwinning oor Swede gaan ons more seker hoor Afrika het
gearriveer in WB sokker - hoekom sal die Suid-Amerikas, die Ooste, die
Europeërs, die Engelse en die Skandinawiërs nie so vreeslik tekere gaan as
een van hulle spanne deurdring nie? - daar is elke land vir homself.
Wonderlike samehorigheidsgevoel wat ons mense hier het - alhoewel die meeste
van die juigendes hier nie eers 'n idee het waar Senegal is nie.

Kameroen het al voorheen ook die halfeindronde gehaal - maar kon nie hul
vorige seges herhaal of daarop verbeter nie.
Hopelik kan Senegal bewys dat hulle meer konstant welslae kan behaal in
toekomstige WB toernooie.

Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

24 uur horlosie

Sa., 15 Junie 2002 19:31

hoe kan ek my komper stel dat dit die tyd in 24 ure gee.
--

Rekenaars & selfone | 16 kommentare

Acts of God

Sa., 15 Junie 2002 19:30

Hello ppl
Ek weet daar is van julle wat in die versekeringsbedryf is en ek
wil graag meer weet oor wat is die verskillende 'Acts' waar die
mens sy besittings kan teen verseker.
Wat is die Afrikaans vertaling van 'Acts of God'?
--

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Regstellende Aksie?

Sa., 15 Junie 2002 18:41

Ek som kortliks dele van Deborah Posel, van Wits, se artikel in die Journal of
Southern African Studies (1999, 25(1)) op, 'n joernaal wie se akademiese cachet
selfs dear departed van oostrum nie kan bevraagteken nie.

Posel skryf dat na bewindsoorname in 1948, "the NP introduced what amounted to
a tacit policy of affirmative action for white Afrikaners". En teen 1959 het
meer as 40 regeringsdepartemente Afrikanerhoofde gehad, met slegs ses
Engelsprekende hoofde. Engelsprekende regeringsamptenare was "discouraged, or
more forcibly prevented from holding office", en in 1976 was slegs sewe uit 146
senior poste in staatsdepartemente "held by people with English surnames".
"Hervorming" was die naam wat die regering gegee het aan die program
waarvolgens Engelsprekende regeringsamptenare (wat, BTW, uitgewyk het na
Rhodesie) "gevra" was om vroeg (55) uit te tree, en plek te maak vir
Afrikaners, veral in die "Department of Native Affairs", waar "liberal"
burokrate vervang was met "more pliable, loyal Afrikaner nationalists".

Smaak my dus dat baie van die omies (apologiee aan Gloudina) wat nou so gal
afgaan oor regstellende aksie, hul posisies aan regstellende aksie te danke
het. Hoe ironies. Maar kom ons kyk verder … kwalifikasies en competence.

Posel skryf dat, gegee die NP se plan om die grootte en omvang van die staat te
vergroot (natuurlik binne werksreservering), dat personeeltekorte gou na vore
getree het. In 1959 was daar 5000 werksopeninge, en teen 1965 skryf omtrent
elke engelse koerant oor "critical shortages" en die "serious shortage of
qualified personnel". In 1966 word 11000 nuwe staatsposte geskep, maar in
daardie selfde jaar bedank 5557, en 6305 nuwe aanstellings word gemaak. Sekere
staatsdepartemente is tot 60% onderbeman (dit was tog mans, so ek skryf nie
onderbepersoon nie), en 'n ondersoek na die omvang van die tekorte "were
themselves held up by staff shortages!". Inland Revenue het 90 oop poste
gehad, Landbou 11 senior poste, Labour vul slegs 59% van die 1853 oop poste, en
so meer, en so meer. Hierdie ideologiese tekort lei dan tot "… an
incompetent civil service", en die Ouditeur-Generaal se dat "…in the past,
the public service only aaccepted the better matriculants; but today we grab
anyone". Die United Party vra Parlement om tog te ondersoek "…cases where
people were transferred into highly technical departments while they had no
knowledge of the department and yet within one or two years they became the
secretary without even knowing details of the technical functioning of the
department". In regsposte is die gebrek aan kwalifikasies "farcical", waar
"… people had been appointed to legal positions without the appropriate
skills, on the understanding that they would register full-time for a B.Juris
degree … yet by 1976, only 153 of 653 posts … were filled by officials with
anything resembling the desired qualifications". Posel lys meer voorbeelde,
maar miskien is Dr. Piet Koornhof en VP MP Marais Steyn se woorde tekenend
genoeg. Koornhof se die staatsdiens is soos 'n skilpad, as jy dit alleeen
laat, loop dit teen sy eie stadige pas, maar as jy dit probeer stoot, stop dit
botweg in sy spoor. En Steyn se die staatsdiens van die dag is 'n dinousour
met 'n groot lyf en 'n ertjie-brein.

Smaak my dus dat die omie-koor bietjie die geskiedenis moet bekyk vir die spoke
wat hulle nou so groeps-gierig wil noem en besweer.

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Nog `n plaasmoord.

Sa., 15 Junie 2002 18:11

Die keer by Wartburg buite Pietermaritzburg.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n Wonderlike Nuwe Plek

Sa., 15 Junie 2002 08:56

In die Dlinza Woud by Eshowe, KZN, is 'n loopplank van 125 meter, 10 meter
bo die grond, gebou wat deur die woud kronkel. Sodoende kan besoekers van
die skaarste voëlsoorte in SA baie makliker waarneem.
Daar is 6 opgeleide gidse wat die besoekers vergesel.
Annette

Reis & vakansie | 0 kommentare

Duiwelsgoed

Sa., 15 Junie 2002 07:33

Die ACDP gaan nou glo 'n voorstel indien om die naam van Duiwelspiek te
verander.
Interessant is egter die vorige name van Duiwelspiek, en hoe die
verafrikanisering van 'n Engelse naam toe die blykbaar amptelike naam geword
het.
Mens kan ook nie altyd glo wat mens lees nie, maar dit bly nog steeds
interessant.
Tafelberg is glo so genoem om die nagmaalstafel te wees, en Leeukop is glo
so genoem om te verwys na Die Leeu van Juda, oftewel Jesus , wat aan die
tafel gesit het.
( ek dink dit is bollie - maar dit is 'n mooi storie)
Duiwelspiek was op 'n stadium Windberg genoem, en toe is die naam verander
na Dove's Peak, oftewel Duiweberg in die volksmond - wat toe natuurlik
offisieel verander het na Duiwelspiek ( Devil's Peak).
Dit gee natuurlik ook nou nuwe betekenis aan vredesduiwe, wat eintlik dan
ook vredesduiwels kan word;))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mosterd-boontjies

Vr., 14 Junie 2002 18:39

Het enige iemand die resep vir mosterd-boontjies?

Help asseblief.

Grahame

Kos & resepte | 0 kommentare

Re: hulle is soooo naief!

Vr., 14 Junie 2002 11:45

Wie is die naiewes?
Die wat dit skryf of die wat hulle glo en hul geld verloor?
Annette

"L&P" skryf in boodskap news:ant1410120b0M3Mb@camerama.demon.nl...
>
> hulle is werklik soooooo naief!
>
> Date: Fri, 14 Jun 2002 04:59:27 +0200
> From: JAMES OLOGUN
> Reply-To: james_...@consultant.com
> Subject: Immediate Reply Needed
> Dear Sir,
>
> I am Dr James Ologun, the chairman of contract
> award and review committee set up by the federal
> government of Nigeria under the new civilian
> dispensation to award new contracts and review
> existing ones.
> I came to know of you in my search for a reliable and
> reputable person to handle a very confidential
> transaction, which involves the transfer of a huge
> sum of money to a foreign account.
>
> There were series of contracts executed by a
> consortium of multi-nationals in the oil industry in
> favor of N.N.P.C. The original values of these
> contracts were deliberately over invoiced to the sum
> of US$12,320,000.00 (Twelve Million Three Hundred and Twenty Thousand
> United
> State Dollars). This amount has now been approved and
> is now ready to be transferred being that the
> companies
> that actually executed these contracts have been
> fully Paid and the projects officially commissioned.
>
>
> Consequently, my colleagues and I are willing to
> transfer the total amount to your account for
> subsequent disbursement, since we as civil servants
> are prohibited by the code of conduct bureau (civil
> service law) from operating and/or opening foreign
> accounts in our names. Needless to say, the trust
> reposed on you at this juncture is enormous, in
> return, we have agreed to offer you 20% of the
> transferred sum, while 10% shall be set aside for
> incidental expenses (internal and external) between
> both parties in the course of the transaction you will
> be mandated to remit the balance to other accounts
> in due course.
>
> Modalities have been worked out at the highest level
> of the Ministry of Finance and the Central Bank of
> Nigeria for the immediate transfer of the funds
> within 7 working days subject to your satisfaction of
> the above stated terms.
> Our assurance is that your role is risk free. To
>
> accord this transaction the legality it deserves and
> for mutual security of the funds the whole approval
> procedures will officially and legally processed
> with your name or the name of any company you may
> nominate as the bonefide beneficiary.
> Once more I want you to understand that having put
> in over twenty-five years in the civil service of my
> country, I am averse to having my image and career
> dented. This matter should therefore be treated with
> utmost secrecy and urgency it deserves.
>
> Please you should signify your intention to assist
> by sending me a reply to this email to state your position on this
> transaction, if favorable we will take further steps
> to brief you the full details of this viable
> transaction.
> I want to assure you that this business proposal is
> 100% risk free as we have done our homework
> properly.
>
> I quite believe that you will protect our interest
> by taking this deal strictly confidential, as we are
> still in government service, which we intend to
> retire from in full honor.
>
> Kindly expedite action as we are behind schedule to
> enable us include this transfer in the next batch
> which would constitute the last quarter payments
> for the 2002 financial year.
>
> Thank you and God bless.
>
> Dr James Ologun
>

Koeitjies & kalfies | 49 kommentare

Bladsye (1834): [ «    731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744  745  746    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 22 00:42:48 UTC 2026