| hidroloog [boodskap #151276] |
Ma., 20 April 2026 19:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24906 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hidroloog
Afbreking: hi•dro•loog
Selfstandige naamwoord: hidroloog
Meervoud: hidroloë
Betekenis:
• Kenner op die gebied van hidrologie (die kringloop van water).
Gebruik:
• 'n Hidroloog bestudeer die water wat deur slote, dreine of afstroming oor die oppervlakte weggevoer word, asook die wat in die grond insypel.
Sinoniem:
• waterkundige
Verwant:
• hidrologie
• hidrologies
Vertaling:
Engels: hydrologist, hydrographer
Nederlands: hydroloog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|