Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Republikein

So., 07 Julie 2002 11:44

Rodekat: Kontroleer maar sy gegewens op Die Republikein tov
die verslag van staatsvoertuie. Die Republikein het maar net die
Govt Garage se jaarverslag publiseer. Gaan lees die k'rantjie
op www.mweb.com.na.

Wouter
Ek kry nie die berig by http://www.republikein.com.na/ nie.
Wil jy nie die volledige skakel van die berig gee of dit hier
plaas nie, ek stel nogal belang daarin. Of dit nou reg of
verkeerd is.

Rodekat:
http://www.republikein.com.na/content/argiewe/nuus/july/04_h oofartikel
.php

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Teleurstelling

So., 07 Julie 2002 09:40

Vanoggend by Musica kon ek 'n CD kry as geskenk. Ek sou graag iets mooi en
nuuts van 'n SA kunstenaar in Afrikaans wou kry. Toe is daar niks wat ek wil
hê nie. Dit wat die moeite werd is het ek al klaar.
Toe kry ek maar 'n mooi klassieke CD.

Die mense wat so raas, tekere gaan en op die bors slaan oor Afrikaans kan
gerus hul energie meer inspan om te sorg dat daar gereeld goeie nuwe
Afrikaanse CD's op die rakke verskyn - dan sal ons waarderende publiek dit
koop.

Ek weet ook nie hoekom hulle nie met Idols die deelnemers in een van die
finale rondtes in hul eie taal kon laat sing nie.
Ek twyfel of ons ooit van Boerseun Heinz, die wenner, 'n Afrikaanse CD sal
sien.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

hulle pos en pos .......

Sa., 06 Julie 2002 15:45

Date: Thu, 5 Sep 2002 10:13:22 +0100
From: usman abu
Reply-To: usma...@hotvoice.com
Subject: business
To: p...@camerama.demon.nl

usman abu& CO.
4, Kolawole Odunsi Street,
Off Unity Road,
Ikeja - Lagos.
Tel/Fax:234-1-8033250752

BUSINESS ASSISTANCE

Dear Sir,

It is my humble pleasure to write you this letter,
irrespective of the fact that you do not know me.
However, I got your contact through Nigeria chamber of

commerce and industries. My name is Mr usman abu
Senior Advocate of Nigeria (SAN) and a close
family lawyer to our former late military ruler,
General Sani Abacha who died suddenly in power two
years ago.

Since his untimely demise the family has suffered a
lot of harassment from the regime of General
Abdulsalaam Abubakar and even this present civilian
government. Recently, the wife was placed under house

arrest in furtherance of the policy of Vendetta being
visited on the family. Although a lot of money has
been recovered from Mrs. Abacha since the death of her

husband by the present government, there are still
huge sums of money in foreign currencies saved with
some outside security company in Amsterdam Holland and

Mrs. Abacha has showed me documents of where the
husband deposited US$20m (twenty Million United States

Dollars) in a security vault for safe keeping. This
money has been defaced for security reasons and also
to avoid it been spent by unauthorized persons.

Since, we have been deliberating on how to invest this

fund abroad in a confidential manner until we came to
a conclusion to use it to buy houses and part of it
will be used for safe and non-speculative investments
in your country or Lebanon. But I have chosen your
country for the investments and would also rely on
your professional advice for any safe and conducive
country to invest in. Therefore, you are to fax me
immediately the prices of houses in cities of
(highbrow area) in your country for us to know how to
put our budget.

This money US$20Million can only be processed and
received in Europe since it has already been defaced
for security reasons. If your conditions are good we
will prepare you as the beneficiary of the total fund
because we have the documents already with us. The
Security Company has called me and Mrs. Abacha to do
something about claiming this consignment because of
the demurrage it is incurring and we told them we
would come and claim it very soon.

You have twenty five percent, while ten percent will
be for the expenses incurred on both sides and sixty
five percent will be for us, if you accept to help us
with this project. I want you to please understand
that I am involved in this issue because I am Madam
Abacha's confidant. You are therefore to contact me
on my private email Please remember to include your
current private telephone and fax numbers.
If you keep this project secret, we will be prepared
to do more business with you.
Expecting your urgent response.

Yours faithfully,
Mr usman abu (SAN)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

July 6/7

Sa., 06 Julie 2002 15:07

Merrie - Ipi Tombe( ZIM) ( 12) het gewen.
Eerste merrie sedert Tecla Bluff 40 jaar gelede wat vir die jingse hakskene
wys.
My 2 perde het 2de & 3de gekom, so ek gaan darem geld terugkry.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Giggeltjie Gister

Sa., 06 Julie 2002 07:09

In die nuwe M&G:
Word name gesoek vir ons vlag.

Rainbow Warrior blyk gewild te wees, maar my persoonlike gunsteling is:
AmaFlappaFlappa.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vrymesselaars

Vr., 05 Julie 2002 13:56

Ek vat die trein vanoggend Perth toe. 'n Omie klim op Warwick stasie op en
kom sit hier skuins voor my. Mens, jy kan hom deur 'n ring trek. 'n Tipiese
Engelse jintelman. Die pikswart uniform wat soos 'n brandweerman se
step-outs lyk is onberispelik maar clash verskriklik met die roos pienk vel
van die baas. Mooi badge op die baadjie sak met die koningin se kroon op.
So ook die aktetas wat hy tussen sy twee blink gepoetse skoene neersit. Hy
kyk die treinwa op en hy kyk die treinwa af en toe hy tevrede is met die
algemene stand van sake vryf hy genoegsaam oor sy gladgeskeerde wang waarvan
die Blue Stratos naskeermiddel mildelik uitstraal.

Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor die V teken te sien op sy
ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie van my nie. Sien ons het
grootgeword met die idee dat Vrymesselaars slegte mense is. Gebore uit die
skoot van die duiwel - mense met 'n geheime kode wat verskriklike praktyke
bedryf agter geslote deure. Oom Eben het ons in bloedige detail vertel hoe
hy met sy eie oe gesien het hoe breek hulle 'n bok se nek en drink sy bloed.
Dit terwyl hulle 'n swart kat lewendig afgeslag en geoffer het.

Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
savages waarvan ons as kinders vertel is.

Vrymesselaars - good or bad?

Hantam

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hulp Asseblief?

Vr., 05 Julie 2002 12:24

Is hier iemand wat vertroud is met Novell en iemand via e-pos by te staan om
dit onder die knie te kry?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuus 5/7

Vr., 05 Julie 2002 11:39

Die Rothmans Durban July is nie meer met ons nie.
Dit is nou Vodacom Durban July, en dit word more gehardloop.
Ek moet nog vannag droom voordat ek kan gaan wed.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Onregverdige Wimbledon

Vr., 05 Julie 2002 08:31

Hoor vanoggend 'n kind wat die rekord gebreek het vir die langste spel
ooit - 26-24 moes toe na die maratonstryd teen die volgende teenstander op
dieselfde dag speel - toe verloor hy.
Hulle moet die administrateurs 102 potte op 'n dag laat speel, sodat hulle
ander reelings kan tref.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wanbestuur in Afrika

Vr., 05 Julie 2002 07:30

Verantwoordelike Namibiërs kla reeds jare lank oor swak bestuur en
wanbesteding van die regering, maar as 'n landsburger sulke voorvalle
aanmeld, dan word hulle beskuldig van 'vasklou aan die koloniale idees' of
sommer apartheidsvark wees soos onse tante lief om dit te 'gooi'. Die
eenvoudigste verskoning vir patetiese politici om hul eie onvermoë te
verberg, is om die skuld op die Boere te pak. Op elke politieke
vergadering skrou Sam Nujoma blou moord oor die Boere wat dan alles wat sleg
is doen.......en sy volgelinge staan oopbek van bewondering en stoot die
regtervuis in die lug.
Onlangs is daar 'n verslag in ons parlement voorgelê oor die staatsvloot
van voertuie. Wat 'n skok was dit nie [bo en behalwe die feit dat die
parlement sukkel om elke dag sy werksaamhede voort te sit aangesien daar nie
elke dag 'n kworum teenwoordig is by die parlement nie!] en het dit bevestig
wat een en elke verantwoordelike burger van ons land weet en vrek oor
bekommer.
Wat van die feit dat die staat 40 voertuie vir elke staatsamptenaar in
diens besit? Dan huur die staat nog 'n verdere 177 voertuie. Enige plek
in die land, bel die polisie met 'n klag en 80% sal jy die antwoord kry dat
daar nie 'n voertuig beskikbaar is nie! Die afgelope jaar was daar N$2,6M
se skade aan die vloot en 31 is onherstelbaar beskadig wat op 'n verslies
van N$725 000 neerkom. 27 voertuie is gesteel. Die heel ergste is die
feit dat die gemiddelde brandstofverbruik van die vloot net 1,67km/liter
was! Reken mens dat die gemiddelde motor meer as 6km/l behaal, dan is dit
erg.
Nie lank terug nie het ek 'n storie gedoen oor die Chev-vloot van die
staat. Oom Sam het mos besluit om 'n klomp Chevs vir die regering aan te
skaf en die manne sou dan 'n aanleg in Namibië kom oopmaak. Wat dan ook
gedoen is, maar vir elke Chev bakkie kan jy 4 gewone bakkies koop! Hierdie
kollosale monsters van oneffektiwiteit het elkeen 'n V8 masjien in, hou nie
lank op Suidwes se grondpaaie nie en sy voorste briekskoene hou nie eers vir
10 000km nie......en word vervang vir 'n stel van oor die N$8 000 per stel!
Word hierdie bakkies kalm gery.....so by die 120km/u spoedbeperking...dan
haal hulle net so onder die 4km/l. Maar die manne looi hulle. Die
bakkies is ge-'govern' op 159km/u en dis waar hulle hom ry. Een polisieman
het vir my gesê hulle gooi sy 120l tenk vol op Okahandja en dan spyker hulle
hom Windhoek toe en terug [skaars oor die 100km] en dan is helfte van daai
tenk leeg.
Kan daar 'n beter voorbeeld wees van wanbestuur? Is dit waarvoor
Afrika bevry moes raak?

Koeitjies & kalfies | 53 kommentare

Bladsye (1835): [ «    722  723  724  725  726  727  728  729  730  731  732  733  734  735  736  737    »]
Tyd nou: Wo. Des. 24 22:27:49 UTC 2025