Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Pietertjie van Potch

Ma., 12 Augustus 2002 07:03

Wat is die mening hier van die man se optrede?
Vir my was dit vreeslik snaaks en ek dink dit is absoluut verspot om te dink
dat SA in skande gedompel is.
Dit was pleinweg die optrede van 'n dronk toeskouer wat op die veld kon kom.
As hy nugter was, sou ek miskien meer simpatie vir sy frustrasie gehad het,.
Nou word hy van een kant opgehemel as 'n held en aan die ander kant vir die
res van sy lewe van rugby verbied, en dit net omdat sy maats saam met hom
hom heelwaarskynlik aangehits het, en die sekuriteitsmense te lekker saam
rugby gekyk het.

Gaan ons nou 'n probleem hê dat skeidsregters te bang sal wees om hier op te
tree?
Of miskien moet hulle ook maar skouerpads dra soos die spelers:))
Miskien moet na die bankstate en bates van skeidsregters gekyk word om uit
te vind of hulle omkoopgeld kry om ten gunste van ons teenstanders te
blaas?:)))
Miskien moet skeidsregters aan 'n sielkundige toets onderwerp word om uit te
vind of hulle 'n diep wrok het teen SA?:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Re: Koot, kan jy help?

Ma., 12 Augustus 2002 07:02

Drom,
Ek het die naweek in die Hogsback gaan dwaal en algaande al swaarder aan die
juk van "taalmens" en "digmens" begin dra.

Ek het nie pretensies dat ek 'n hogere digter of kenner van die digkuns is
nie. Noem my maar 'n skaap in wolfsklere. Ek is miskien soos jy in die opsig
dat 'n vers my kan gryp met 'n elegante of fyn manier om 'n gedagte te
verwoord, of selfs deur 'n slimmerige woordespel. Ek is, soos jy seker
gesien het, ook nie immuun vir 'n goeie skoot sentiment, liefde of hartseer
nie. Gelukkig is dit ook so min of meer ook die kriteria wat hulle by Litnet
gebruik vir die keuse van verse om te publiseer...

Ek self sal nooit die digte, ekonomiese skryf van Van Wyk Louw of daai ouens
kan of wil takel nie. Waardeer, ja, maar skryf, nee. Ek het maar bloot die
"affliksie" geërf om ryme met ritme te kan maak - iets wat in my geskiedenis
gewoonlik meer van 'n verleentheid was as 'n vreugde. Dis eers nou, op my
"oudag", dat ek agterkom dat dit my tog vreugde en bevrediging kan gee om my
eie sê te sê. Ek wil nie die agnostici affronteer nie, maar ek het so 'n
sluipende gevoel dat ek moet kan woeker met 'n gawe, hoewel beskeie, bloot
omdat dit 'n gawe is en nie iets wat ekself aangekweek het nie.

Maar 'n digter? Miskien volgende jaar...

Koot
Sorrie, Gloudina. Sorrie, Wouter.

> Ek lees 'n gedig as ek hom sien, dan of hou ek daarvan, of staan
> neutraal daarteenoor, of hou nie daarvan nie. Dis sover my
> waardering/kritiek van gedigte strek Dis iets ver buite my gebied en
> kennisveld. My gunstelinge op die ng van die laaste maand of wat? Koos
> Doep se "Huistoepad" oor die ongelooflike ritme wat hy met woorde kon
> skep, "Oom Sampie se afskeidlied" van George Weideman omdat dit mooi
> en baie hartseer is en dan hierdie een van Petra Müller omdat dit, vir
> my altans, 'n baie diep verbloemde hartseer ten toon stel.
>
> Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Laurens van der Post Skrywershuis, Philippolis

So., 11 Augustus 2002 21:02

Die Van der Post Gastehuis / Artist Retreat is 'n goed toegeruste
selfsorgeenheid wat in 2002 in gebruik geneem is. Dit is beskikbaar as
gastehuis vir die publiek as kunstenaars, akademici, sangers, skrywers
en ander skeppende geeste nie hier arbei nie.

Van die bekendes wat al by die skrywershuis aangedoen / oorgebly het
is Christina Landman, Coenie de Villiers, Gillian van Houten, Johan
Rossouw, Mangosutho Buthelezi, Pieter Fourie, Ruda Landman …

Etes is beskikbaar met afspraak in Van der Post Restaurant en Teetuin.
Maak ook 'n draai in die museum met sir Laurens se boekery, lessenaar
en ander persoonlike besittings.
Philippolis is 180 km suid van Bloemfontein. Voor die bou van die N1
het die hoofpad tussen Kaapstad en Johannesburg hier verbygeloop. Die
roete oor Philippolis bied dus 'n alternatiewe roete as die eentonige
N1. Philippolis is 'n ideale halfweghuis tussen Noord en Suid. Die
dorp is die oudste nedersetting in die Vrystaat en bied naas
Bloemfontein en Bethlehem die meeste nasionale gedenkwaardighede.
Kunstenaars / akademici / sangers, skrywers en dies meer wat van die
Skrywershuis gebruik wil maak se aansoeke moet die volgende bevat:
A. 'n Projekvoorlegging met onder meer 'n aanduiding hoe lank die
persoon vir watter doel hier wil kom arbei. Tot watter mate kan die
gemeenskap by so 'n verblyf baat - deur die lewer van 'n praatjie oor
'n boek wat 'n skrywer skryf, 'n foto-uitstalling ... Daar word verwag
dat die persoon iets van hom-/haarself moet agterlaat soos 'n foto,
boek, artikel wat hy/sy geskryf het.
B. 'n Beknopte CV.
C. Referente

Die meriete van die aansoek word dan aan die hand van hoofsaaklik
bogenoemde faktore oorweeg.

Die klem val daarop dat die Artist Retreat gebruik moet word en dat
dit 'n oord wil bied vir belowende skrywers, kunstenaars, akademici -
nie net vir huishoudelike name nie, alhoewel hul net so welkom is.

Die tydperk van verblyf is afhanklik van hoe lank die persoon wil
vertoef, die beskikbaarheid van plek en die meriete van die aansoek.
Dit kan wissel van 'n dag of wat tot weke.

Om uitgawes te help dek word die Artist Retreat as gastehuis gebruik
as kunstenaars nie daar tuisgaan nie.

So ver bekend is die Artist Retreat die enigste van sy aard naas die
Skrywershuis op Calvinia.

Kontak ons gerus:

Jens Friis - +27 (0)51-7730073 (saans) / +27 (0)51-7730203
Posbus 43, Philippolis, 9970, Suid-Afrika

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lowlands-L

So., 11 Augustus 2002 19:08

LeuceV:
Ek sien Lowlands-L het 'n nuwe webwerf (weg van Geocities af), by
http://www.lowlands-l.net/ . Die werf lyk ietwat septies, maar ek
veronderstel dis die tekstuele inhoud wat tel.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

M&G: Quo Vadis

So., 11 Augustus 2002 08:40

Wat is julle siening mbt die toekoms van die Mail & Guardian na sy oorname -
o.a. deur NAIL - waar die heer Sakkie Makuzoma (spelling?) van
SAL/Andrews-faam ook aan die roer staan?
Nou kan die ANC uiteindelik een van hul felste kritici snoer?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Opposisie

So., 11 Augustus 2002 01:11

Jonas wrote:
> Al kennis geneem van die wrewel wat die ANC/COSATU/SAKP in die DA (Tony
> Leon) het - en gewonder of dit nie moontlik aanduidend is van die feit dat
> hy 'n klip in die skoen is nie?

Gloudina
Wel, Tony Leon se goose was gecook die
oomblik toe 'n klomp wittes hulle by
hom geskaar het en hom as hulle mondstuk
probeer gebruik het. Ek twyfel of Tony
Leon en sy party ooit enige noemenswaardige
druk kan uitoefen op 'n party wat so 'n
groot meerderheid het. Die enigste werklike
druk sal vir 'n lang ruk nog maar kom uit
die verskillende flanke van die ANC self.

Wouter
Tony Leon en die DA kry dit wel reg om druk op die Regering te sit,
deur hulle meedoënloos op hulle foute en inkonsekwenthede te wys.
Hulle doen ook hulle huiswerk beter as enige ander party. Die ANC
het dikwels geen verweer teen hulle kritiek anders as om hulle as rassiste
te probeer afmaak nie en dit gaan lankal nie meer af nie. Jy is reg dat
hulle geen kans het om die ANC uit die kussings te lig nie, maar hulle
is wel tans die mees effektiewe opposisiestem.

Hulle het ook goeie Kleurlingsteun, maar dit sal moontlik verswak
word deur die NNP-afsplitsing.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA Magte

Sa., 10 Augustus 2002 19:51

Aan alle Oud / huidige soldate, SAP lede, gaan maak gerus hier `n
draai.
Ek sal graag van julle wil hoor wat julle van die blad dink.

Groete
Frikkie
http://go.to/samagte

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Rugby - GROOT sports:)

Sa., 10 Augustus 2002 14:33

Of ons nou wen vandag of nie - die wedstryd vandag het wêreldgeskiedenis
gemaak:))
Wonder van waar daardie emosionele toeskouer is - aan sy bou is hy seker 'n
gefrustreerde Blou Bul:)
Annette

Sport & ontspanning | 10 kommentare

Nuwe Oorlogspad

Sa., 10 Augustus 2002 11:39

Ek het vanoggend 'n rede vir 'n nuwe oorlogspad gevind om my politieke
afpersing te bedryf.
Die voriges t.o.v. verkeersligte was geslaag, dus daar is geen rede hoekom
hierdie een nie ook geslaag kan wees nie .
El bly ook in 'n dig bewoonde gebied, so ondersteuners is maklik om te kry.

Ek hoor toe vanoggend dat Kaapstad se hoofbiblioteek, wat in die stadsaal se
gebou is, kry SLEGS R1000 per maand om nuwe boeke aan te koop en die
onderhoudswerk te betaal.
Nou wil die stadsraad glo hê dat hulle moet verskuif - waarnatoe?

Dis 'n skreiende skande dat raadslede, wat veronderstel is om redelik
geletterd te wees en die waarde van lees te besef, toelaat dat 'n Stad soos
Kaapstad se biblioteek so sleg bevonds word, en dan nog boonop die plek,
alhoewel redelik gehawend, ook nog wil misken.

Ek gaan die mense hier kry om te weier om aan enige munisipale verkiesing
deel te neem totdat ons weer 'n Stadsbib het, ordentlik onderhou, op
dieselfde perseel as tans, met genoeg maandelikse bevondsing om dit 'n top
bib te maak, wat dit behoort te wees.

Bellville se bib is Kaapstad se bib alreeds jarelank ver vooruit, met
gereelde uitstallings, opvoerings, verskillende kuns-werkswinkels en selfs
'n koffiewinkel. Mens kan daar selfs afdrukke uitneem om vir 'n maand of
twee op te hang.
Kaapstad se bib het egter haar eie karakter - behalwe vir die
veiligheidsdeurgang en rekenaar by die toonbank, is dit asof mens instap in
'n timewarp en mens voel behoorlik of jy tussen boekerakke ronddwaal in 'n
vergange era .
Maar R1000 per maand is nog steeds te min om so 'n karakter te behou en nuwe
boeke aan te skaf en ou boeke in leesbare toestand te hou.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beghailik verby

Sa., 10 Augustus 2002 07:32

In my lewe het ek nog nie so 'n patetiese spulletjie gesien soos gister se
Hoof-fees tov van Vrouedag nie.
Dit was toe mos Die Geleentheid van Sarah Se Laaste Rusplek, en die koerante
het kolom op kolom geskryf van hoe gelukkig en bly en absoluut te vrede die
misplaaste ou dooie prossie nou is.
Die 5 minute wat ek gekyk het was genoeg om my 'n leeftyd by te bly. Op 'n
piepklein verhogie was 'n Boesman/Griekwa - koor van om en by 40 ingeprop
soos sardiens in 'n blikkie - die manne in swart pakke, wit hemde en dasse -
die dames almal in wit rokke en snaakse wit piepiepothoedjies, wit skoene,
en handsakke oor die skouer - en daar sing hulle toe mooi maar met 'n swaar
Afrikaanse aksent 'n Engelse Treurige Lied.
Ek kon 3 deftiges op die stuk kaal grond aan die kant van die verhoog sien
staan - moes seker hul ereplek op die verhoog prysgee vir die koor vir die
tydjie, en wat ek van die gehoor kon sien - die kameraman was nie baie
simpatiek nie- was 4 gewilllige lede van die publiek - 3 in rolstoele.

Ek weet wat gemaak het dat ek nie na hierdie pot nonsens wou kyk nie is dat
die oggend op Vrouerubriek, was daar 'n onderhoud gevoer met 'n baie
intelligente, bedrewe boesmandame wat een van die omroepers is van Radio Koi
( of wat die stasie genoem word) - en wat sy vertel het in die 10 minute van
die onderhoud was boeke en boeke meer as die bollie wat die afgelope tyd oor
Sarah in ons keel afgedruk is deur die media - weet iemand of daar al 'n
artikel in Huisgenoot oor Sarah verskyn het?
Sy het ook vertel van die afbrekende apartheid wat nog steeds heers tussen
die Boesman-groepe, waar ondertrouery nie toegelaat word deur die ouer mense
van die gemeenskappe nie. Hulle praat ook nie mekaar se Boemantaal nie, en
as hulle met mekaar praat, is dit in Afrikaans.

Nietemin - tov my opskrif - net 'n politikus kan 'n prioriteit regverdig
waar daar twee jaar en teen groot onkoste gewerk word om die oorblyfsels van
'n dooie hier te begrawe, terwyl 'n hele Boesman-gemeenskap al twaalf jaar
lank in tente moet bly omdat daar kwansuis nie geld is om aan hulle beter
huisvesting te verskaf nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    710  711  712  713  714  715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 20 11:11:27 UTC 2026