Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toronto Rocks

Wo., 30 Julie 2003 21:45

Hulle verwag 'n halfmiljoen mense vanaand vir 'n konsert
wat die Rolling Stones spesiaal in Toronto kom hou
om die SARS-beproefde stad te ondersteun. Mick
Jagger was verlede week 60 jaar oud. Hoe's daai
vir 'n rocking senior.

Tant Hessie met die hoepelbeen

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Haglike toestand van SA hospitale

Wo., 30 Julie 2003 21:40

Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
is.

Gloudina

Gesondheid & boereraat | 45 kommentare

Volksies - die einde

Wo., 30 Julie 2003 11:59

Vandag is die laaste dag dat 'n Volkswagen Kewer gemaak word in die fabriek in
Meksiko.
Het jy 'n Volksiestorie?
Annette

Wiele | 16 kommentare

Survivor

Wo., 30 Julie 2003 07:42

Die nuwe reeks het gisteraand begin. Ek het dit vreeslik geniet en my
huishouding kom tot stilstand wanneer dié program sy opwagting maak.
Die interaksies tussen die verskillende mense is vir my van die
wonderlikste! En gisteraand het die reeks verras met n vrouespan
teenoor n mannespan! Ek het werklik die eerste verskil tussen die
manne en vroue so geniet toe die manne n baie goeie skuiling begin bou
het en die vroue hulle wasgoed begin was het omdat dié glo gestink
het!

Werklik vir my skreeusnaaks.
:-)

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Banke

Wo., 30 Julie 2003 07:06

Daar is vanoggend aangekondig dat van die 4 groot banke hier, die publiek
die mees tevrede is met ENB, en die minste tevrede met Absa.

Vir my hang dit egter van tak tot tak af - en ek sal sê vir my is die tak
van ENB naby Nobelpark loshande die swakste tak van alle banke in SA.

Annette

Ekonomie & geldsake | 9 kommentare

" Heilige Beeste " deur D.J. OPPERMAN

Di., 29 Julie 2003 22:30

D.J. Opperman

Heilige beeste

Dit is my laaste besit
wat ek bedags langs die Taka verdedig
en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

hulle wat wei
waar die hadida in die noorsboom wag
bo peule, miershoop en gras;

hulle wat afhanklik is
van die bul wat die sand krap
en die reuk van die koei nog vat;

hulle wat afstam
van kuddes deur dansende impi's omring
in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

hulle my drie drifte:
die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees
oor die kraal tussen kiepersol en klip.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Cremora koffie vir Tobie

Di., 29 Julie 2003 20:48

Tobie, ek kon net een van jou poste sien. Katryn het vir my die ander
gestuur. Oor die webwerf, dankie vir die verduideliking, dit klink na 'n
interessante projek. Was jy self weer Angola toe na die oorlog daar?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kruger-standbeeld

Di., 29 Julie 2003 16:01

Die verwydering van Kruger se standbeeld beteken seker maar dat daar geen
sprake van versoening is nie.

Dit bevestig ook maar seker wat die ver-regses die heeltyd vermoed het.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Regte en Voorregte

Di., 29 Julie 2003 09:05

In Huisgenoot is daar 'n artikel van 'n oudonderwyser wat beweer dit is die
ouers se skuld as hul kinders stout en onbeheerbaar is.
En die medisyne is nie Retalin nie, maar geld.

Ek stem natuurlik nie saam nie - want die kind moet eerstens leer dat hy/sy
nie iets kan verdien sonder om take te verrig nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Krediet vir Steve

Di., 29 Julie 2003 07:04

Ek sê vanoggend beleefd vir 'n man dat hy op sy werk moet begin konsentreer.
Tog my ontnugtering, uiter hy: "You are just saying that because I'm black"
Toe kom ek op 'n stuk wysheid van Steve Biko af:

Being black is not a matter of pigmentation-being black is a reflection of a
mental attitude.
Stephen Biko (1946-1977), South African political activist, 1971.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1838): [ «    557  558  559  560  561  562  563  564  565  566  567  568  569  570  571  572    »]
Tyd nou: Do. Apr. 24 18:53:23 UTC 2025