Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Haglike toestand van SA hospitale
Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81451] Wo, 30 Julie 2003 21:40 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
is.

Gloudina
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81456 is 'n antwoord op boodskap #81451] Wo, 30 Julie 2003 23:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Watse hospitaal?

"@rogers.com" wrote in message
news:gXWVa.2377$4UE.815@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
> dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
> van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
> sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81457 is 'n antwoord op boodskap #81451] Wo, 30 Julie 2003 23:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
O, en die adres asb :-)

E

"@rogers.com" wrote in message
news:gXWVa.2377$4UE.815@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
> dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
> van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
> sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81458 is 'n antwoord op boodskap #81456] Do, 31 Julie 2003 00:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

> Watse hospitaal?

Ferncrest hospitaal in Rustenburg.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81459 is 'n antwoord op boodskap #81457] Do, 31 Julie 2003 04:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Is daar 'n provinsiale hospitaal in Rustenburg?
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f2854d4$0$225@hades.is.co.za...
> O, en die adres asb :-)
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote in message
> news:gXWVa.2377$4UE.815@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
>> Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
>> dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
>> van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
>> sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
>> is.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81460 is 'n antwoord op boodskap #81458] Do, 31 Julie 2003 05:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 31 Jul 2003 00:16:46 +0000, @rogers.com wrote:

>
> "Elaine" wrote
>
>> Watse hospitaal?
>
> Ferncrest hospitaal in Rustenburg.

Ferncrest is 'n privaat hospitaal. Ek belowe jou jy sal dit nie op PTA
Akademiese Hospitaal se web blad sien nie, want hulle het nie eers een nie,
en ek glo ook nie jou swaer se dogter sal haar kind daar wil kry nie.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81461 is 'n antwoord op boodskap #81460] Do, 31 Julie 2003 05:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 31 Jul 2003 07:35:26 +0200, Chris wrote:

> On Thu, 31 Jul 2003 00:16:46 +0000, @rogers.com wrote:
>

>> "Elaine" wrote

>>> Watse hospitaal?

>> Ferncrest hospitaal in Rustenburg.
>
> Ferncrest is 'n privaat hospitaal. Ek belowe jou jy sal dit nie op PTA
> Akademiese Hospitaal se web blad sien nie, want hulle het nie eers een nie,
> en ek glo ook nie jou swaer se dogter sal haar kind daar wil kry nie.

Jammer my vout hulle het 'n web blad, maar ek glo nog steed sy sal nie
haar kind daar wil kry nie.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81462 is 'n antwoord op boodskap #81461] Do, 31 Julie 2003 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
babatjie se foto op die webblad nie?:)
Annette

"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.05.52.00.858031@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 07:35:26 +0200, Chris wrote:
>
>> On Thu, 31 Jul 2003 00:16:46 +0000, @rogers.com wrote:
>>
>
>>> "Elaine" wrote
>
>>>> Watse hospitaal?
>
>>> Ferncrest hospitaal in Rustenburg.
>>
>> Ferncrest is 'n privaat hospitaal. Ek belowe jou jy sal dit nie op PTA
>> Akademiese Hospitaal se web blad sien nie, want hulle het nie eers een nie,
>> en ek glo ook nie jou swaer se dogter sal haar kind daar wil kry nie.
>
> Jammer my vout hulle het 'n web blad, maar ek glo nog steed sy sal nie
> haar kind daar wil kry nie.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81463 is 'n antwoord op boodskap #81459] Do, 31 Julie 2003 06:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 31 Jul 2003 06:46:26 +0200, Annette wrote:
Ja Rustenburg Provinsiale Hospitaal
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81464 is 'n antwoord op boodskap #81462] Do, 31 Julie 2003 06:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Chris  is tans af-lyn  Chris
Boodskappe: 94
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:

Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
moet haar kinders daar kry nie.

www.pah.org.za

> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
> babatjie se foto op die webblad nie?:)
> Annette
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81465 is 'n antwoord op boodskap #81463] Do, 31 Julie 2003 06:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Gaaf - maar ons het nou alreeds gehoor die haglike hospitaal was 'n privaat
een:)
Ek weet nie hoe lank jy al hier op die ng lees nie, maar as jy teruggaan sal
jy agterkom dat niemand vir Gloudina sal kan oortuig dat die toestande in
die provinsiale hospitale haglik is nie. Vir haar is 'n hospitaal 'n
hospitaal, privaat of te not.
Nou die dag in Karl Bremer hoor ek 'n gesprek tussen twee dokters. Die een
dokter beweer dat 'n sekere soort medikasie nodig is om 'n kind effektief te
help, en die senior dokter se antwoord was dat die dokter tog weet dat hulle
nie toegelaat word om daardie medikasie te gebruik nie, omdat dit te duur
is, en dus nie in voorraad is nie.
Die eerste dokter wou toe weet van wanneer af, en die antwoord was van die
vorige week af.

Annette

"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.06.39.48.416778@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 06:46:26 +0200, Annette wrote:
> Ja Rustenburg Provinsiale Hospitaal
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81490 is 'n antwoord op boodskap #81464] Do, 31 Julie 2003 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.

E

"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>
> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
> moet haar kinders daar kry nie.
>
> www.pah.org.za
>
>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>> Annette
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81491 is 'n antwoord op boodskap #81451] Do, 31 Julie 2003 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Met al die pedofiele daarbuite sou ek verkies as my baba se gesig NIE die
hele wêreld vol gepleister word nie. Om so 'n web site te doen is die
eenvoudigste ding in die wêreld. Jy vat 'n digitale kamera, neem 'n paar
foto's, laai dit op 'n rekenaar, edit dit in 'n goeie teken program, sit dit
in die html page en upload na die net of laai dit in die databasis en hay
presto, die foto is op die Internet. Ek sou sê dit neem omtrent 10 - 20
minute per foto. Dis maar seker 'n PR ding vir Ferncrest, of 'n ekstra
"voordeel" vir jou R15 000 voorreg om daar te kraam - want dan kan jy mos
vir die hele familie laat weet waar die foto's van die nuwe aankoms is :-).
Maar gesofistikeerd? Nee wat. Slim van hulle? Ek glo so.

E

"@rogers.com" wrote in message
news:gXWVa.2377$4UE.815@news01.bloor.is.net.cable.rogers.com ...
> Gister is 'n dogtertjie in Rustenburg gebore. Die ma is 'n
> dogter van 'n swaer van my. Vanoggend kon ons die foto
> van die twee dae oud babetjie op die hospitaal se webblad
> sien. Ek twyfel of ons al hier in Ontario so gesofistikeerd
> is.
>
> Gloudina
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81492 is 'n antwoord op boodskap #81490] Do, 31 Julie 2003 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>

My 3de en 4de kinders was in die Marifont hospitaal in Pretoria gebore. Die
Susters daar was baie profesioneel en toe die dokter bietjie lank vat om by
die hospitaal te kom met my 4de het hulle sommer voort gegaan en die
geboorte self gehanteer. Ek wonder tot vandag toe hoekom ek so baie geld vir
die dokter moes betaal het as hy eers na die geboorte daar aangekom het.

Ek kan natuurlik nie hierdie geboortes as maatstaf gebruik nie want my 4de
kind is al 12 jaar oud en ek glo dinge het seker al bietjie verander in die
demokratiese Suid Afrika.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81493 is 'n antwoord op boodskap #81464] Do, 31 Julie 2003 10:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ag moenie te veel daaroor worry nie. PAH behoort aan die universiteit
(Pretoria), en hulle het web sites vir al hulle afdelings, en word dan ook
onderhou deur die universiteit. Ek sien Johannesburg Hospitaal het ook 'n
web site. Vreemd, ek het nog nooit gedink 'n openbare hospitaal sal 'n web
site nodig hê nie.

E

"Chris" skryf in boodskap news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>
> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
> moet haar kinders daar kry nie.
>
> www.pah.org.za
>
>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>> Annette
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81496 is 'n antwoord op boodskap #81491] Do, 31 Julie 2003 10:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Glücklich  is tans af-lyn  Glücklich
Boodskappe: 271
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Met al die pedofiele daarbuite sou ek verkies as my baba se gesig NIE die
> hele wêreld vol gepleister word nie. Om so 'n web site te doen is die
> eenvoudigste ding in die wêreld. Jy vat 'n digitale kamera, neem 'n paar
> foto's, laai dit op 'n rekenaar, edit dit in 'n goeie teken program, sit dit
> in die html page en upload na die net of laai dit in die databasis en hay
> presto, die foto is op die Internet. Ek sou sê dit neem omtrent 10 - 20
> minute per foto. Dis maar seker 'n PR ding vir Ferncrest, of 'n ekstra
> "voordeel" vir jou R15 000 voorreg om daar te kraam - want dan kan jy mos
> vir die hele familie laat weet waar die foto's van die nuwe aankoms is :-).
> Maar gesofistikeerd? Nee wat. Slim van hulle? Ek glo so.

Daar is baie maniere om die fotos te beskerm teen ongewensde persone. 'n Web
blaai kan byvoorbeeld met 'n "password " beskerm word wat dan net aan die
familie beskikbaar gamaak word.

Of hulle dit tot op daardie vlak neem sal ek nie weet nie. En soos jy sê dit
is nie verniet nie die 10-20 munute wat dit neem om die fotos te proseseer
word sekerlik ingewerk by die prys van die geboorte.
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81497 is 'n antwoord op boodskap #81492] Do, 31 Julie 2003 10:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, ongelukkig het dinge baie verander.

E

"Glücklich" wrote:
>>
> Ek kan natuurlik nie hierdie geboortes as maatstaf gebruik nie want my 4de
> kind is al 12 jaar oud en ek glo dinge het seker al bietjie verander in die
> demokratiese Suid Afrika.
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81509 is 'n antwoord op boodskap #81490] Do, 31 Julie 2003 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
neem nie.

My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
nie, toe word dit gebreek.
Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.

Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81517 is 'n antwoord op boodskap #81496] Do, 31 Julie 2003 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Passwords kan net 'n leek uithou. Met die regte sagteware (wat jy sommer op
die Internet kan download) breek jy maklik deur. As jy regtig mense wil
uithou praat ons hier van secure servers en encryption. Oor die algemeen
dink ek hackers stel nie belang in kinders; maar ek sal, omdat ek die
Internet so goed ken, nie die kans waag nie. Ek raai ook mense af om dit te
doen - veral met ouer kinders, en veral as jou adres op jou site is. Ek het
al te veel stelle af getrap met weirdos. Nou die dag gee ek my regte email
adres vir 'n ou met wie ek al lank op die net kommunikeer, en net daar gaan
soek hy my foon nommer op en bel my - sommer so asof hy die reg het. Wys
jou net hoe vinnig kan dinge skeefloop.

E

"Glücklich" wrote:
>
> Daar is baie maniere om die fotos te beskerm teen ongewensde persone. 'n Web
> blaai kan byvoorbeeld met 'n "password " beskerm word wat dan net aan die
> familie beskikbaar gamaak word.
>
> Of hulle dit tot op daardie vlak neem sal ek nie weet nie. En soos jy sê dit
> is nie verniet nie die 10-20 munute wat dit neem om die fotos te proseseer
> word sekerlik ingewerk by die prys van die geboorte.
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81518 is 'n antwoord op boodskap #81517] Do, 31 Julie 2003 12:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Was vanmiddag by een van my kliënte - Toe sy op haar Absa internetbank wou
ingaan met die nuwe nommer wat met die muis ingesit word, kry sy die
boodskap dat die nommer "revoked" is - by navrae word sy toe meegedeel dat
iemand 3 maal probeer het met raaiskote om op haar rekening in te gaan.
Nou moet sy 'n ander 'n ander PIN nommer gaan kry.
Sy het wel bepaal dat daar niks uit haar rekening geneem is nie, maar is
gevra om 'n staat te trek vanaf die begin van die jaar op onkoste van Absa
om te kyk of klein bedraggies onttrek is wat sy nie sou agterkom nie.

Annette

> skryf in boodskap news:3f290df9$0$227@hades.is.co.za...
> Passwords kan net 'n leek uithou. Met die regte sagteware (wat jy sommer op
> die Internet kan download) breek jy maklik deur. As jy regtig mense wil
> uithou praat ons hier van secure servers en encryption. Oor die algemeen
> dink ek hackers stel nie belang in kinders; maar ek sal, omdat ek die
> Internet so goed ken, nie die kans waag nie. Ek raai ook mense af om dit te
> doen - veral met ouer kinders, en veral as jou adres op jou site is. Ek het
> al te veel stelle af getrap met weirdos. Nou die dag gee ek my regte email
> adres vir 'n ou met wie ek al lank op die net kommunikeer, en net daar gaan
> soek hy my foon nommer op en bel my - sommer so asof hy die reg het. Wys
> jou net hoe vinnig kan dinge skeefloop.
>
> E
>
> "Glücklich" wrote:
>>
>> Daar is baie maniere om die fotos te beskerm teen ongewensde persone. 'n Web
>> blaai kan byvoorbeeld met 'n "password " beskerm word wat dan net aan die
>> familie beskikbaar gamaak word.
>>
>> Of hulle dit tot op daardie vlak neem sal ek nie weet nie. En soos jy sê dit
>> is nie verniet nie die 10-20 munute wat dit neem om die fotos te proseseer
>> word sekerlik ingewerk by die prys van die geboorte.
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81519 is 'n antwoord op boodskap #81451] Do, 31 Julie 2003 12:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f2911fc$0$230@hades.is.co.za...
> Dis ook nie altyd so skoon nie. My Oupa het verlede week sy been gebreek en
> het in 'n privaat hospitaal hier gelê. Sy kateder het oorgeloop, en my Oupa
> moes maar besoekers ontvang so met die pie op die vloer. Die skoonmakers
> was klaar weg en die verpleegsters gaan nie hulle hande vuil maak deur net
> 'n mop te gryp en gou skoon te maak nie. Dit was absoluut walglik gewees.
> My ma sê toe sy verpleeg het moes hulle alles self skoonmaak. Die matrone
> sou dan met 'n wit handskoen loop en selfs bo-op die kosyne vryf om te kyk
> of dit daar skoongemaak is - deesdae doen hulle dit nie meer nie, en
> verpleegsters maak nie meer skoon nie.
>
> E
>
> "Annette" wrote in message
> news:bgb2gc$mfn7t$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
>> skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
>> neem nie.
>>
>> My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
>> ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
>> gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
>> luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
>> verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
>> nie, toe word dit gebreek.
>> Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
>>
>> Annette
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81520 is 'n antwoord op boodskap #81509] Do, 31 Julie 2003 12:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis ook nie altyd so skoon nie. My Oupa het verlede week sy been gebreek en
het in 'n privaat hospitaal hier gelê. Sy kateder het oorgeloop, en my Oupa
moes maar besoekers ontvang so met die pie op die vloer. Die skoonmakers
was klaar weg en die verpleegsters gaan nie hulle hande vuil maak deur net
'n mop te gryp en gou skoon te maak nie. Dit was absoluut walglik gewees.
My ma sê toe sy verpleeg het moes hulle alles self skoonmaak. Die matrone
sou dan met 'n wit handskoen loop en selfs bo-op die kosyne vryf om te kyk
of dit daar skoongemaak is - deesdae doen hulle dit nie meer nie, en
verpleegsters maak nie meer skoon nie.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bgb2gc$mfn7t$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Dis waar - maar ten minste in 'n privaathospitaal is die vloere en mure
> skoon, die pasiënte hoef nie hul eie kussings en komberse en koppies saam te
> neem nie.
>
> My oom is in Panorama by die harteenheid in hoësorg. Hy vra vir 'n radio, en
> ons kry toe vir hom 'n walkman, sodat hy nie die ander pasiënte pla nie. Ons
> gee die aand 7-uur die geskenk vir hom sodat hy die volgende dag kan rugby
> luister - die volgende oggend om 7vm, toe is daardie walkman in stukke - 'n
> verpleegster wou die ding werk terwyl my oom slaap, en toe sy nie regkom
> nie, toe word dit gebreek.
> Moenie dink dat koekie die walkman moes vervang of afgedank is nie.
>
> Annette
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81523 is 'n antwoord op boodskap #81518] Do, 31 Julie 2003 13:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wel minstens het die ou nie ingekom nie. Dieselfde ding gebeur as jy meer
as drie keer die verkeerde nommer intik by 'n otm. Ek hou niks van ABSA se
nuwe Internet "interface", maar ek glo dis nodig in vandag se wêreld. Sou
die lewe nie soveel makliker gewees het as almal eerlik was nie?

E

"Annette" skryf in boodskap news:bgb3mj$mrl97$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Was vanmiddag by een van my kliënte - Toe sy op haar Absa internetbank wou
> ingaan met die nuwe nommer wat met die muis ingesit word, kry sy die
> boodskap dat die nommer "revoked" is - by navrae word sy toe meegedeel dat
> iemand 3 maal probeer het met raaiskote om op haar rekening in te gaan.
> Nou moet sy 'n ander 'n ander PIN nommer gaan kry.
> Sy het wel bepaal dat daar niks uit haar rekening geneem is nie, maar is
> gevra om 'n staat te trek vanaf die begin van die jaar op onkoste van Absa
> om te kyk of klein bedraggies onttrek is wat sy nie sou agterkom nie.
>
> Annette
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81526 is 'n antwoord op boodskap #81490] Do, 31 Julie 2003 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
In Namibië gaan 'n mens net nog na die staatshospitale toe net as jy nie
anders kan nie. Jy moet in elk geval jou eie beddegoed saamvat en as jy
nie wil vrek van die hitte nie, sommer 'n fên ook. Daar is so ietwat van
'n fatalistiese houding.....take it or leave it. Die kwaliteit is maar
so-so. Is jy gelukkig, leef jy!

"Elaine" skryf in boodskap news:3f28e8c9$0$230@hades.is.co.za...
> My suster het in Febr. haar eerste baba by 'n privaat hospitaal gehad. Sy
> het 2-uur die oggend in kraam ingegaan. Toe sy by die hospitaal kom
> ondersoek die kraamsuster haar en hulle vind uit my suster is al 2 vingers
> ontsluit. Sonder dat 'n dokter haar gesien het sê die kraamsuster vir haar
> sy moet huis toe gaan en eers weer so 10-uur se kant terugkom, wanneer sy
> dan omtrent so 5 vingers ontsluit sal wees. Hulle het net eers gekyk of die
> babatjie te groot sal wees of niks nie. My suster was net by die huis toe
> breek haar water. 5-uur is sy terug hospitaal toe. By die hospitaal gekom
> sê dieselfde kraamsuster vir my ousus sy verbeel haar daar's nog baie tyd -
> sy moet maar teruggaan huis toe. Gelukkig het my suster kop gehou en 'n
> ander suster gevra om haar te ondersoek en daar vind hulle uit my suster is
> al 8 vingers ontsluit en reg om die baba te kry. Die dokter is laat kom, en
> daar sit die kleinding vas, en omdat hulle my suster nie behoorlik ondersoek
> het nie - was daar nie meer tyd vir 'n keiser nie. Al's in al's is die
> kleinding toe met 'n gesukkel daar uit en die dokter was glo erg ongelukkig
> met die hospitaal susters gewees. My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> E
>
> "Chris" wrote in message
> news:pan.2003.07.31.06.44.02.924843@netscape.net...
>> On Thu, 31 Jul 2003 08:33:33 +0200, Annette wrote:
>>
>> Die web blad is nie sleg nie. Maar ek glo beide. Ek sal nie wil he my vrou
>> moet haar kinders daar kry nie.
>>
>> www.pah.org.za
>>
>>> Wat bedoel jy - nie die babatjie in die hospitaal kry nie, of nie die
>>> babatjie se foto op die webblad nie?:)
>>> Annette
>>>
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81527 is 'n antwoord op boodskap #81519] Do, 31 Julie 2003 13:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja, maar daai tydelik vullis kan siektes versprei en veroorsaak.

"Annette" skryf in boodskap news:bgb3r4$mdt1j$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
> In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
> Annette
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81528 is 'n antwoord op boodskap #81461] Do, 31 Julie 2003 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Chris" wrote >

> Jammer my vout hulle het 'n web blad, maar ek glo nog steed sy sal nie
> haar kind daar wil kry nie.

Ek is jammerder dat jy nie die basiese Afrikaanse woord
" fout" reg kan spel nie.

Tant Hessie van Scheidingstraat
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81529 is 'n antwoord op boodskap #81490] Do, 31 Julie 2003 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

My punt is - 'n privaat hospitaal se
> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.

Ek het my eerste twee kinders in Pretoria se staatshospitaal
gekry. Dit was omdat my ginekoloog vir my laat belowe het
om te probeer om daar in te kom.( In daardie dae was die
staatshospitaal vir wittes natuurlik verskillend van die een vir
swartes.) En die staatshospitaal het net 12 plekke vir
" betalende" pasiente gehad. Die ander beddens was vir die
mense wat nie kon betaal nie. My ginekoloog se argument was
dat daar baie beter fasiliteite in daardie hospitaal is as in die
Katolieke kraaminrigtings waarheen meeste vrouens gewoonlik
gegaan het.

Gloudina
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81532 is 'n antwoord op boodskap #81526] Do, 31 Julie 2003 13:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ja dis dieselfde by hierdie staatshospitale. Jy moet jou eie beddegoed
saamvat en kos ook, want party hospitale het nie eers kos om die mense te
voer nie. Dis verdomp harverskeurend.

E

"Suidwester" skryf in boodskap news:3f2915b4.0@news1.mweb.co.za...
> In Namibië gaan 'n mens net nog na die staatshospitale toe net as jy nie
> anders kan nie. Jy moet in elk geval jou eie beddegoed saamvat en as jy
> nie wil vrek van die hitte nie, sommer 'n fên ook. Daar is so ietwat van
> 'n fatalistiese houding.....take it or leave it. Die kwaliteit is maar
> so-so. Is jy gelukkig, leef jy!
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81533 is 'n antwoord op boodskap #81527] Do, 31 Julie 2003 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou wat is dit met julle? Armpies lam? Kon julle nie maar self 'n mop loop
gryp het en oupa se piepie opvee nie?
Ek het dit al in Tygerberg gedoen toe ons my tannie besoek het.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f291565$0$225@hades.is.co.za...
> Ja, maar daai tydelik vullis kan siektes versprei en veroorsaak.
>
> "Annette" wrote in message
> news:bgb3r4$mdt1j$1@ID-92016.news.uni-berlin.de...
>> Ja, maar daardie is tydelike vullis:))
>> In jou ma se tyd was daar nie 'n vakbond nie...
>> Annette
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81535 is 'n antwoord op boodskap #81529] Do, 31 Julie 2003 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
In daai dae was dit ook nogal snaaks vir 'n vrou om van 'n ginekoloog
gebruik te maak vir 'n kraam geval. Dis meestal deur gewone huisdokters
hanteer. Deesdae verplig die mediese fondse (en die wet), 'n mens om van 'n
ginekoloog gebruik te maak vir jou bevalling. Dis seker sodat die arme
uitgehongerde ginies ook werk kan kry :)

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ek het my eerste twee kinders in Pretoria se staatshospitaal
> gekry. Dit was omdat my ginekoloog vir my laat belowe het
> om te probeer om daar in te kom.( In daardie dae was die
> staatshospitaal vir wittes natuurlik verskillend van die een vir
> swartes.) En die staatshospitaal het net 12 plekke vir
> " betalende" pasiente gehad. Die ander beddens was vir die
> mense wat nie kon betaal nie. My ginekoloog se argument was
> dat daar baie beter fasiliteite in daardie hospitaal is as in die
> Katolieke kraaminrigtings waarheen meeste vrouens gewoonlik
> gegaan het.
>
> Gloudina
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81536 is 'n antwoord op boodskap #81535] Do, 31 Julie 2003 13:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Elaine - wat vir my eienaardig is, is dat ons borde tuisgemaakte gekookte
kos na familie daar neem - en dan kry al die ander pasiënte wat daar is -
gewoonlik deur die bank bruines en swartes, van hul families winkelkos -
Spur, KFC, Nando's, Ocean Basket, ens.
Annette

"Elaine" skryf in boodskap news:3f291945$0$227@hades.is.co.za...
> In daai dae was dit ook nogal snaaks vir 'n vrou om van 'n ginekoloog
> gebruik te maak vir 'n kraam geval. Dis meestal deur gewone huisdokters
> hanteer. Deesdae verplig die mediese fondse (en die wet), 'n mens om van 'n
> ginekoloog gebruik te maak vir jou bevalling. Dis seker sodat die arme
> uitgehongerde ginies ook werk kan kry :)
>
> E
>
> "@rogers.com" wrote:
>>
>> Ek het my eerste twee kinders in Pretoria se staatshospitaal
>> gekry. Dit was omdat my ginekoloog vir my laat belowe het
>> om te probeer om daar in te kom.( In daardie dae was die
>> staatshospitaal vir wittes natuurlik verskillend van die een vir
>> swartes.) En die staatshospitaal het net 12 plekke vir
>> " betalende" pasiente gehad. Die ander beddens was vir die
>> mense wat nie kon betaal nie. My ginekoloog se argument was
>> dat daar baie beter fasiliteite in daardie hospitaal is as in die
>> Katolieke kraaminrigtings waarheen meeste vrouens gewoonlik
>> gegaan het.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81538 is 'n antwoord op boodskap #81465] Do, 31 Julie 2003 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote

> Ek weet nie hoe lank jy al hier op die ng lees nie, maar as jy teruggaan sal
> jy agterkom dat niemand vir Gloudina sal kan oortuig dat die toestande in
> die provinsiale hospitale haglik is nie. Vir haar is 'n hospitaal 'n
> hospitaal, privaat of te not.

Gloudina het natuurlik, anders as 'n hele klomp van julle,
ondervinding gehad van hoe agterlik en onderbefonds
die nie-blanke hospitale in SA was. Ek neem aan dat
daardie skeiding tussen wit en swart hospitale nou nie
meer bestaan nie, en dat staatshospitale en provinsiale
hospitale nou maar daardie hospitale is wat eers net
nie-blankes bedien het, of 'n amalgamasie van beide.
Vir julle klomp wat so oor die staatshospitale sit en
tjank, julle is net spoilt brats wat nie geweet het wat
in die wereld aangaan nie, en nou nog na julle private
hospitale gaan, maar op hierdie nuusgroep sit en
kweel oor " hoe sleg dit gaan in SA se hospitale."
Die waarheid is heelwaarskynlik dat die deursnee
nie-blanke persoon baie beter daaraan af is as tien
jaar gelede. As hy kan betaal, kan hy na 'n privaat
hospitaal gaan. As hy nie kan betaal nie, word
daar nie meer geld gemors op aparte wit en swart
hospitale nie, en kan mens aanneem dat die hospitale
algaande beter en beter gaan word. En die staat
betaal al klaar vir die sorg van verwagtende vroue
en babas. Vir almal. Die twee wit vrouens en die
ag swart vrouens uit elke tien vrouens in die straat.
Ek is moeg vir julle spoilt brats se getjank.

Tant Hessie van Waterval Boven
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81543 is 'n antwoord op boodskap #81491] Do, 31 Julie 2003 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

Dis maar seker 'n PR ding vir Ferncrest, of 'n ekstra
> "voordeel" vir jou R15 000 voorreg om daar te kraam - want dan kan jy mos
> vir die hele familie laat weet waar die foto's van die nuwe aankoms is :-).
> Maar gesofistikeerd? Nee wat. Slim van hulle? Ek glo so.

Maar laat ek jou weer daaraan herinner dat jy reg
was gisteraand om my te beskuldig dat ek 'n leuenaar
is. Dis omdat daar 'n ingeboude tendens is by die
deursnee wit Suid-Afrikaner van 'n sekere soort om
alles uit te maak as sleg wat iets te doen het met " hulle."
Dit was dieselfde 'n jaar of so gelede dieselfde toe ek
'n vriendin uit Swellendam gehad het wat hier gekuier
het en wat tot kort vantevore op die Hospitaalraad
van die Regeringshospitaal op Swellendam was, en
wat vir my vertel het dat die hospitaal nou beter is as
vantevore. Ek is uitgemaak as 'n leuenaar. En my
vriendin van Swellendam is uitgemaak as 'n leuenaar.

Tant Hessie van Swellendam
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81549 is 'n antwoord op boodskap #81533] Do, 31 Julie 2003 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee - jy word nie in linnekamers en goed toegelaat nie, en die susters raak
mislik as jy iets self wil doen.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bgb6l7$mga6h$2@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Nou wat is dit met julle? Armpies lam? Kon julle nie maar self 'n mop loop
> gryp het en oupa se piepie opvee nie?
> Ek het dit al in Tygerberg gedoen toe ons my tannie besoek het.
> Annette
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81550 is 'n antwoord op boodskap #81536] Do, 31 Julie 2003 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek verstaan nie hoekom dit eienaardig is nie, behalwe dat dit nie vreeslik
gesonde kos is nie. As jy siek is het jy tog voedsame kos nodig? Miskien
verstaan die mense nie dat hoe sieker jy is, hoe gesonder moet jou kos wees
nie? Of miskien kan hulle nie kook nie - soos ek, ek sal seker ook maar
take aways aandra.

E

"Annette" skryf in boodskap news:bgb6l9$mga6h$3@ID-92016.news.uni-berlin.de...
> Elaine - wat vir my eienaardig is, is dat ons borde tuisgemaakte gekookte
> kos na familie daar neem - en dan kry al die ander pasiënte wat daar is -
> gewoonlik deur die bank bruines en swartes, van hul families winkelkos -
> Spur, KFC, Nando's, Ocean Basket, ens.
> Annette
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81551 is 'n antwoord op boodskap #81543] Do, 31 Julie 2003 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Waar het ek ooit gesê jy is 'n leuenaar? Ek wou bloot weet watse hospitaal
en watse adres (wat jy nog nie gegee het nie), sodat ek ook kan gaan kyk.
Nooit het ek die woord lieg, leuenaar of enige woord wat 'n konnotasie
daarmee het gebruik nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Maar laat ek jou weer daaraan herinner dat jy reg
> was gisteraand om my te beskuldig dat ek 'n leuenaar
> is. >
> Tant Hessie van Swellendam
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81556 is 'n antwoord op boodskap #81535] Do, 31 Julie 2003 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Elaine" wrote

> In daai dae was dit ook nogal snaaks vir 'n vrou om van 'n ginekoloog
> gebruik te maak vir 'n kraam geval. Dis meestal deur gewone huisdokters
> hanteer. Deesdae verplig die mediese fondse (en die wet), 'n mens om van 'n
> ginekoloog gebruik te maak vir jou bevalling. Dis seker sodat die arme
> uitgehongerde ginies ook werk kan kry :)

Ja, daardie einste ginekoloog van my, glo " een van die bestes
in SA" wat gereeld lesings in Cambridge, Engeland in sy veld
gaan doen het, het belangrike foute gemaak met my gesondheid
waaroor ek nog vandag kwaad is. Mens weet nooit wat dokters
met jou kan aanvang nie.

Gloudina
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81558 is 'n antwoord op boodskap #81460] Do, 31 Julie 2003 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 31 Jul 2003 07:35:26 +0200, "Chris" wrote:

> Ferncrest is 'n privaat hospitaal. Ek belowe jou jy sal dit nie op PTA
> Akademiese Hospitaal se web blad sien nie, want hulle het nie eers een nie,
> en ek glo ook nie jou swaer se dogter sal haar kind daar wil kry nie.

Dis die mark-stelsel, ja.
Ek neem aan jy agiteer vir n sosialistiese stelsel?
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81560 is 'n antwoord op boodskap #81529] Do, 31 Julie 2003 15:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, ek dink jy verstaan verkeerd. Die destydse staatshospitale, beide
die wit en die swart kant, was beide kraakskoon en die personeel en dokters
heel op standaard. Vandag is die staatshospitale chaoties en vuil en kan
jy eintlik net in privaathospitale ordentlike skoon diens kry.....as jy dit
kan bekostig.
"@rogers.com" wrote in message
news:IH8Wa.44132$rsJ.41707@news04.bloor.is.net.cable.rogers. com...
>
> "Elaine" wrote
>
> My punt is - 'n privaat hospitaal se
>> personeel kan net so vrot wees soos 'n staatshospitaal s'n. Jy weet
>> ongelukkig net nie, totdat dit te laat is nie.
>
> Ek het my eerste twee kinders in Pretoria se staatshospitaal
> gekry. Dit was omdat my ginekoloog vir my laat belowe het
> om te probeer om daar in te kom.( In daardie dae was die
> staatshospitaal vir wittes natuurlik verskillend van die een vir
> swartes.) En die staatshospitaal het net 12 plekke vir
> " betalende" pasiente gehad. Die ander beddens was vir die
> mense wat nie kon betaal nie. My ginekoloog se argument was
> dat daar baie beter fasiliteite in daardie hospitaal is as in die
> Katolieke kraaminrigtings waarheen meeste vrouens gewoonlik
> gegaan het.
>
> Gloudina
>
Re: Haglike toestand van SA hospitale [boodskap #81561 is 'n antwoord op boodskap #81556] Do, 31 Julie 2003 16:35 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jaarliks sterf meer mense aan die hand van dokters as enige ander siekte of
ongeluk, dis iets soos 1 miljoen per jaar. So ek dink 'n mens moet maar
baie versigtig wees wie jy kies - selfs die dokter met die meeste grade en
hoogste status is nie noodwendig die beste een nie.

E

"@rogers.com" wrote:
>
> Ja, daardie einste ginekoloog van my, glo " een van die bestes
> in SA" wat gereeld lesings in Cambridge, Engeland in sy veld
> gaan doen het, het belangrike foute gemaak met my gesondheid
> waaroor ek nog vandag kwaad is. Mens weet nooit wat dokters
> met jou kan aanvang nie.
>
> Gloudina
>
Vorige onderwerp: Vigs Zap Masjien
Volgende onderwerp: Hospitaal Hel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:57:55 MGT 2024