Ek keer terug deur 'n hek van ivoor
na 'n burg. Daar is sewe deure.
Agter, êrens agter rol die see
klippe om in haar mond. Ek luister,
ruik klammigheid, ek bloei.
Die eerste kamer is een van pyn.
In die tweede sal sy wapens wees.
Die derde is 'n grot van bloedrobyn.
In die vierde rank 'n kruietuin.
Ek moet wakker word, het in my slaap gehuil;
ek droom wat agter die vyfde deur skuil.
Sy boeke en landgoed strek daaragter uit.
My sleutels is êrens; ek voel ingesluit.
My naam het ek jare lank reeds vergeet.
Is dit Judith, Ariane, Marlene, Mariane?
Ek probeer al hoe lank sy kamers verstaan.
In die sesde saal wieg 'n meer sonder bron.
Die sewende is agter sy oë; ek is bang
vir ou herinnerings wat daarin sal hang.
Ek wil terugkeer na my oseaan;
soveel stemme roep my daarvandaan.
Fonteine blom uit die donkerte van sy tuine.
Ek moet uit. Met weerlig in my hare
na die lig, my broers, 'n bekende skare
en hom wat net skaduwees ken,
met mý sleutels en donkertes los.
'n Deur gaan oop op die drumpel van die nag.
Ek moet wakker word; 'n oseaan
het sout teen my mure en vensters geslaan.
Ek sit stadig regop, maak my hare los,
laat hang my kop. Ek sal wag.
Sover ek weet was die gebruik van 'n lewendige dier belet tydens hulle
speelvak in The Barbican - maar hier is daarr glo aangedring op die rituele
slagting op die verhoog omdat dit "'n tradisionele ritueel is wat deur die
sangoma uitgevoer "moet" word om verdere sukses te verseker".
Sover dit my aangaan was dit suiwer 'n pulisiteitsfoefie wat wreed
teruggeskop het.
Annette
"Artslink.co.za" skryf in boodskap news:3f3a2352$0$228@hades.is.co.za...
> Baxter Response
>
> The Baxter Theatre Centre regrets any discomfort caused by the killing of a
> chicken during a live performance of Brett Bailey's iMumbo Jumbo on Saturday
> 9 August 2003. Baxter Director, Mannie Manim said: "This did not happen at
> any other performance of the play at the Baxter and I was not informed by
> the lessee, Brett Bailey, that the ritual sacrifice was going to take place
> at the final performance. We are taking steps to ensure that a unilateral
> action of this nature is not repeated in the future."
>
> Issued by the Baxter Theatre Marketing Department on behalf of the Baxter
> Theatre Centre. Phone 021 680 3971
>
>
> www.artslink.co.za
>
So 'n paar dae gelede het ons net so geraak aan die verskille tussen
bevolkings en dat nou, 14 jaar na onafhanklikheid en demokrasie, probleme
begin ontstaan omdat die demokrasie nie voorsiening maak vir verskille
tussen mense nie. Almal is mos gelyk, dan nie? Laas naweek het die
gemors ernstig in Namibië begin toe die Herero's op 'n vergadering geëis het
dat hulle hul eie regte wil hê. Hulle sien nie meer kans vir die
oorheersing deur die Owambo's nie. Wat die regerende party, Swapo, doen,
is om regeringsamptenare in elke dorp en gehuggie aan te stel wat partylede
en Owambo's is. Polities is daar sekerlik niks mee fout nie, behalwe dat
die gemiddelde mens in die dorpe nie Swapo ondersteuners is nie [Swapo kry
die massa van sy ondersteuning in die noorde van die land] en die lewenswyse
en modus operandi van die plaaslike bevolking baie verskil van dit wat die
Owamboregeringsleiers op aandring. Terwyl byvoorbeeld 'n Owambo, 'n
Herero, 'n Damara, 'n Boesman, 'n Baster, 'n Afrikaner, ens. basies saamstem
dat alle mense vry en geregtig moet leef en behandel, is daar net geen
manier wat hulle met mekaar se kulture aanslag kan vind nie.
Dis seker die maklike uitweg om te sê dat almal mos gelyk onder die wet
is, maar daar is praktiese probleme wat na die 'groot vryheid' nou kop
uitsteek en as jy teruggaan in die geskiedenis, dan is die eintlike probleem
van Afrika nog nooit opgelos nie!

Beste zuid-africaanse vriende ons stik hier van die warme weer in Europa
terwyl het by jullie nu winter is en baie lekker weer
Hierdie temperatuur is nou buite en binne 35�C;ons zweet soos een paard :):)
> I contacted the organiser, and he will have some pics taken for me. He will
> email it to me at the end of this week or early next week - so any of you
> who needs the piccies forwarded to them, please let me know.
Ag, asseblief, sal jy vir ons ook van die piccies
stuur?
Tant Hessie van Waterval Onderstebo
Penkop, wat besluit het om hanskakie te word
Bongani Mvumvu is die nuwe Kinder Wêreldkampioen in dressage. Hy het
deelnemers van 17 ander lande uitgestof.
Deelname aan die kampioenskap is op uitnodiging alleenlik.
Bongani is drie jaar gelede gevind deur die 4-jarige seun van 'n varkboer
van Phillippi - hy was besig om vir kos te soek.
Sy ma het hom by sy pa gelos om te gaan werk soek, sy pa is toe dood, en hy
het die huis verlaat op soek na sy ma.
Hy kon onthou dat sy ma op die plaas al gaan werk soek het en kos soek het.
Hy en die seuntjie het dadelik maats geword, en hy is genooi om die
paasnaweek saam met die Mohr gesin deur te bring.
Hy bly nog steeds by die gesin, en hulle is nou sy pleegsorgouers.
Hy het oral saam met hulle gegaan, en baie gou het hulle agtergekom hy het
'n natuurlike talent vir perdry.
Hulle het hom laat afrig by 'n bekende afrigter, en hy het elke kompetisie
gewen waaraan hy deelgeneem het.
Verlede jaar het hy selfs 'n kompetisie gewen waaraan senior ruiters
deelgeneem het.
Mnr Brett Kebble dek die onkoste van Bongani, sy pleegmoeder Linda Mohr en
sy afrigter Mike Lewis in Duitsland.
Bongani het besluit dat Afrikaans sy moedertaal is.