Hou vir my Unaline
'n kommetjie melkswart
witstamkoffie dat ek
uit jou hand proe die
geur van die kalaharisand
die bietjie soetmaak bruin
suikertjies in die bitter
bruinkoffie o hou vir my
'n kommetjie smaak 'n trekseltjie
proe van die rooi woestyn
Die woord is kassering en beteken oneervolle ontslag uit die weermag.
Daai vrouloke majoor (Ria Vivier?) wat so lekker met die twee getroude
onderoffisiere daar in Kinshasa gekarfoefel het is skuldig bevind aan
onbehoorlike gedrag en tot kassering gevonnis. Sy gaan allen op die
paradegrond staan en haar rangyekens sal dan met 'n swaard van haar
skouers afgesny word. Daarna word sy met die begeleiding van 'n enkele
trom by haar eenheid se hek uitmasjeer. Dit geld glo nat vie offisiere
en is die grootste vernedering in die weermag.
Security Warning - :
I need to warn you about a new crime wave hitting the country. Last night I
was attacked and forced to the ground. The guy pushed something into my
pocket and ran away. When I looked what it was, I saw it's a ticket to the
next Springbok rugby game. Please be careful, these people are desperate to
get rid of these tickets and will stop at nothing.
Tydens 'n BBC-program "Reporters" ongeveer 10 dae gelede merk 'n Amerikaanse
joernalis op dat Dr. David Kelly gereeld met die media gepraat het oor sy
insae mbt WMV in Irak. Volgens die joernalis het die betrokke
BBC-verslaggewer vir Dr. Kelly verhef tot 'n "koverte" bron - soortgelyk as
Watergate se "deep-throat". Die BBC-verslaggewer het egter sy "koverte"
informant se inligting so aangewend dat Kelly se kollegas hom as die
BBC-informant herken het. Kelly was 'n lam ter slagting.
Wie beheer die media om soortgelyke gevalle te voorkom? Wie waak oor die
wagte?
Die voorsitter van die gay & lesbiese beweging in Kaapstad, Juan Uys, het 'n
nuwe politieke party gestig. Die naam van die party is die Doodsvonnisparty.
Hy beweer dit is omdat hulle hul beywer om die doodsvonnis heringestel te
kry. Ek dink dit het iets met vigs te doen.:)
Annette
En teen die hele, groot, koue
woestynmakende
Suid-Atlantiese wêreld-see,
op wie se rug ysberge soos Rynse kastele ry,
die vurige oë van 'n wit Namalandse Arabierhings,
met blouskimmelmane soos branderspat,
geteel deur Freiherr Von Funcke op Brak-Oos,
en geskilder deur Meester Adolph Jentsch,
geskenk aan 'n vrou, 'n skraal bruinvelvrou,
met lang grys oë en steil, blinkswart hare,
klein, sterk, dun hande, en rats, dun voetjies,
in nommer vier hoëhak-hofskoentjies,
en dun, effens getuite, rooi lippies,
en spierwit, sterk tande in Binne-Kannaland
se rypappelkoos-rooi, diep-grond-op-kalk geteel,
soos die Ingelse perd moer van daardie
vuurslag-vuurvreter hingsperd,
ongetemd
soos die ongetemde, ontembare Namibwoestyn,
en die Suid-Atlantiese groen-blou seë-see,
wat ontembaar self, alles tem
met die oudste stang en kenketting,
die inbreek snytrens, dood.