Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Regter erken plaasmoorde is nie roof - HNP koerantberug

Wo., 26 November 2003 19:12

21 November 2003
Regter erken plaasmoorde is nie roof
Deur Jakkie Basson

ROOF was nie die rede vir die plaasmoord op die 81-jarige mnr Piet
Hattingh van Roedtan in Noord-Transvaal nie. Regter JMC Smit het in
sy uitspraak dit ondubbelsinnig gestel dat daar ander motiewe agter
die moord skuil. Hy het dit benadruk dat verslae wat aandui dat
diefstal die motief vir plaasmoorde is, nie in hierdie geval van
toepassing is nie.

Regter Smit het die drie booswigte tot lewenslange tronkstraf
gevonnis. In sy uitspraak het die regter 'n aantal opmerkings gemaak
wat dit duidelik aan die lig bring dat hy nie met die bevindinge van
talle kommissies van ondersoek na die oorsake van plaasmoorde
saamstem dat dit net met roof en diefstal te doen het nie.

Dit baseer hy op die wreedaardige wyse waarop die drie moordenaars
mnr Hattingh op 15 Januarie aangerand en vermink het. Hy is dae na
die aanval op hom in die hospitaal oorlede as gevolg van die erns van
die beserings wat hy opgedoen het. As hul motief slegs diefstal was,
wou regter Smit weet waarom hulle mnr Hattingh nie net in 'n kamer
toegesluit het nie. Of, as dit nie moontlik was nie, waarom het
hulle hom nie net vasgebind, gevat wat hulle wou hê, en verkas nie.
Dit was ook vir hom baie duidelik dat hulle geen berou oor hul
wreedaardige daad gehad het nie.

Regter Smit het net so 'n striemende aanval op "lewenslange
tronkstraf" geloods wat plaasmoordenaars opgelê word. Hy het dit
jammer gevind dat hy die drie booswigte nie permanent uit die
samelewing kon verwyder nie. Lewenslange tronkstraf beteken dat
hulle 'n vonnis van 25 jaar kry, maar dat hulle reeds na 20 jaar op
parool vrygelaat kan word. Dit is vir hom onaanvaarbaar.

Benewens lewenslange tronkstraf het regter Smit die drie moordenaars
ook elk tot 15 jaar tronkstraf vir huisbraak gevonnis, asook 15 jaar
vir roof met verswarende omstandighede, 8 jaar vir die besit van
onwettige ongelisensieerde vuurwapens en 3 jaar vir die onwettige
besit van ammunisie. Hy het geen ander keuse as om te bepaal dat al
hierdie vonnisse gelyktydig uitgedien moet word nie, aangesien die
wet dit so voorskryf. Die gevolg is dat hulle waarskynlik nie meer
as 20 jaar agter tralies sal deurbring nie.

Die addisionele 41 jaar tronkstraf wat hy hulle opgelê het, sal dus
geen uitwerking op die tydperk hê wat hulle in die tronk sal moet
deurbring nie.

Regter Smit het die vinger op 'n teer punt gelê toe hy ondubbelsinnig
in sy uitspraak te kenne gee dat hy nie saamstem met regerings- en
ander verslae wat aandui dat roof en diefstal die belangrikste
beweegrede vir plaasmoorde is nie. Veral die feit dat hy die
wreedaardige wyse waarop die moord gepleeg is as rede daarvoor
aanvoer, is van groot belang. Inderdaad behoort dit die ANC-regime
te dwing om weer na die rede vir plaasmoorde ondersoek in te stel, en
dié slag tot die ware motief daaragter deur te dring. Die laaste
verslag van kommissaris Charl du Plessis het wel die gaping gelaat
dat sommige, en wel 'n geringe aantal plaasmoorde, wel ander motiewe
as roof mag hê. Daardeur het hy egter slegs gepoog om die argument
te ontduik dat alle plaasmoorde nie finansiële oorwegings gehad het
nie.

As regter Smit se bevinding, naamlik dat die wreedaardigheid van die
aanvalle op ander motiewe dui, gegrond is, beteken dit dat die
oorgrote meerderheid plaasmoorde onder hierdie kategorie sal val,
naamlik dat die skep van terreur deur die wreedheid van die moorde,
dui op definitiewe politieke motiewe.

Alhoewel regter Smit glad nie oorweging geskenk het aan wat werklik
agter die moorde gesit het nie, en slegs vermeld het dat dit nie oor
roof en diefstal gaan nie, het hy die deur geopen dat daar
indringender na die hele probleem van waarom plaasaanvalle en
plaasmoorde plaasvind, gekyk moet word.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Indigo mense

Wo., 26 November 2003 14:00

Is jy een van hulle?

http://www.innerself.com/Parenting/indigo_children.htm

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Waarvoor na Australië?

Wo., 26 November 2003 13:38

Kry hierdie by iemand:

http://www.nationmaster.com/graph-T/cri_car_the_cap

Hiervolgens is Oz heel bo aan motordiefstal per kapita.
Ons is "slegs" 18de op die lys.
--
Annette

Emigrasie & buiteland | 6 kommentare

Is daar nog mense in Grahamstad?

Wo., 26 November 2003 13:05

Deesdae kan mens nêrens hier in die Kaap ry sonder om nie ten minste twee
voertuie per dag met 'n CF registrasie te sien nie.
Ek hanteer daardie voertuie met dieselfde "respek" as die minibus-taxi's -
laat hulle maar voor my kom en wegkom van my motor af.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Staaldraad

Wo., 26 November 2003 11:00

SMS:
Operasie Staaldraad was so suksesvol dat SA Netbal nou iets soortgelyks gaan
doen - bekend as Operasie Staalwol ...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sokkietreffers No 6

Wo., 26 November 2003 10:17

By die aankoop van bg kry mens 'n Bonus CD genaamd Party Mix:
Onder andere 'n paar saamsingkerstreffers - sing lekker ritmies saam Stille
Nag op 'n vinnige quick-step
--
Annette

Musiek & liriek | 7 kommentare

Droogtehulp en bedel.....

Wo., 26 November 2003 09:56

Goudina se 'idole' het hulle hierdiekeer self oortref! Namibië bevind
homself in 'n droogte en van die mense in kommunale gebiede trek swaar.
Toe besluit ons eerste minister Gurirab dat dit nou tyd vir die buiteland is
om weer hulle kant te bring en gaan soebat vir R127 miljoen se droogtehulp.
Sy uiteensetting vir sy versoek was dat R24m benodig word vir mense wat op
die randjie van hongersnood lê en R45m wat benodig word vir die
administratiewe funksie om die kos onder die mense te versprei!
Dis verstom mens om dit te lees, maar wat is nuut in Afrika? Die
blanke kommersiële boere het besluit om elkeen 'n bees te skenk [R3000 stuk]
en so het hulle gou oor die R1m bymekaargemaak vir droogtehulp aan
behoewende mense. Nog wag ons vir 'n enkel skenking van enige van die
swart 'bemangtiges' in ons land om 'n skenking te maak. Sam Nujoma het 7
plase homself. Net so het Swapo lede aan hulleself viskonsessies en
mynregte toegeken en maak vir hulleself miljoene. Die parlementslede se
salarisse is buitensporig hoog in vergelyking met ons land se lae
inwonerstalle. Die staatsdiens het verviergroot onder Swapo beheer. Mens
sou dink dat die regeringsamptenare darem 'n poging sou aanwend om aan te
bied om die droogtehulp se kos te versprei aan die behoeftige mense?
Hoekom moet hulle betaal word daarvoor? Is dit dan nie hul broeders in die
stryd wat ly nie? Dís nou Gloudina se Utopia!

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Doem Profeet Frikkie

Wo., 26 November 2003 07:52

Wat haak met al die negatiewe publisiteit oor SA daar moet tog positiewe
dinge wees as jy alles so wil uitkryt wat hier gebeur Frikkie dan is hier 'n
50c in die blikkie vir jou air ticket uit SA. Jinne man daar is baie goeie
dinge oor ons land! Ek glo in ander lande gebeur dieselfde maar hulle
burgers maak nie hul eie land so swak nie.

Jan van Kakkamas doer by Akkedisbult

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Droogtehulp en bedel

Wo., 26 November 2003 07:52

Gloudina se idole het hulle hierdie keer self oortref! Namibië bevind hom
in 'n droogte en mense in die kommunale gebiede is besig om swaar te trek.
Toe besluit ons Eerste Minister Gurirab dat dit nou tyd vir die buiteland is
om hulle kant te bring en gaan soebat vir R127 miljoen se droogtehulp. Sy
uiteensetting vir die versoek was dat R24m benodig word vir mense wat op die
randjie van hongersnood lê en R45m wat benodig word vir die administratiewe
funksie om die kos onder die mense te versprei! Dit verstom mens om dit te
lees, maar wat is nuut in Afrika? Die blanke kommersiële boere het besluit
om elkeen 'n bees te skenk en so het hulle oor 'n R1 miljoen bymekaargemaak
vir droogtehulp aan hulpbehoewende mense. Nog wag ons vir 'n enkele
skenking van enige van die swart bemagtiges in ons land om 'n skenking te
maak. Sam Nujoma besit 7 plase homself. Net so het Swapo lede aan
hulleself viskonsessies en mynregte toegeken en maak vir hulleself miljoene.
Die parlementslede se salarisse is buitensporig hoog in vergelyking met 'n
land soos Nam se inwonerstalle. Die staatsdiens het verviergroot onder
Swapo beheer. Mens sou nou dink dat die regeringsamptenare darem 'n poging
sou aanwend om aan te bied om die droogtehulp se kos te versprei aan die
behoeftige mense? Hoekom moet hulle betaal word daarvoor? D�s nou
Gloudina se Utopia!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kerskonsert

Wo., 26 November 2003 05:57

Ons tree op in die kerskonsert op 30 November in die Groote Kerk - om 6nm.
Ek kan nie instaan vir die gehalte van die sang nie, want dit is nie net ons
wat gaan sing nie - maar ek dink daar gaan genoeg ( onbedoelde) komiese
oomblikke wees om mense mag lank na die tyd sal laat giggel:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    491  492  493  494  495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506    »]
Tyd nou: So. Des. 28 00:43:56 UTC 2025