Vanmiddag op sê wie? kon die mense toe hulle ongelukkighied inbel oor die
na-apers van Calender Girls ( fondsinsameling vir leukemie) wat gisteraand
op Carte Blanche so onder die invloed van 'n bottel sjampanje hulle borste
ontbloot het - dit was glo vir 'n fondsinsameling vir borskanker.
Ek wag vir die almanak vir die fondsinsameling vir prostaatkanker;)))
Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
tape/digital movie vir my stuur nie toe?
Ek dink Australia gaan die RWC weer wen. As hulle nie wil ek nie die
volgende dag werk toe gaan nie.Ek het daardie klomp rooinekke al goed
opgewen hiedie laaste paar dae.
Mek Ma se Raas sê hy is reg en het genoeg bewyse om die Hefer kommissie te
oortuig vandag dat sy beskuldigings nie ongegrond was nie.
Mo Shaik is dood stil, want hy bevind hom ietwat in 'n netelige posisie.
--
Annette