Joost gatvol......
Do., 06 November 2003 06:06
Sien in die pers Joost is gatvol vir die giggelende kommentaar van Naas en
sy medekommentators oor sy en ander spelers se spel. Reken die sogenaamde
'kenners' prata-prata net om iets te kan sê. 'Bom' Wiese kritiseer vir
Matfield omdat hy te veel in die agterlyn is en daarna prys hy sy spel!
Wat Joost aanbetref is dit duidelik om te sien dat hy eerste by die
afbreekpunt kom en dan vir die bal duik. Dit beteken hy beland onder die
groep en dan wil Naas-hulle hê hy moet ook op sy voete wees om nog die bal
uit te gee ook. Dalk moet iemand vir Naas vertel dat as Joost nie daai bal
bygekom het in die eerste plek nie, was daar nie 'n bal om uit te gee nie?
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
drive 4 live
Do., 06 November 2003 05:51
dis nou ons nuwe useless campaign om almal wat uitstaande boetes het
vas te trek. actually is dit al vir 1n jaar aan die gang maar dis die
eerste wat ek daarvan hoor. ek lees dat ons stupid mec vir public
transport spog met die tegnologie wat hulle gaan gebruik. sjoe een
voertuig het selfs toegang tot die databasis sodat hulle onmiddelik
kan sien of jy uitstaande fines het. nou hoes daai vir cutting edge.
`n ander een kan self weeg. miskien moet hulle eerder hulle beste
tegnologiese toerusting gebruik ta da...... die brein. wat se die
sticker op die taxi se ruit? 15? nou tel die koppies. 14? dan is dit
ok. 16? dan is dit oorlaai. bingo en ons het `n wenner. nou wonder ek
maar net weer, wie betaal die sotte. o sorry ek het vergeet, ek.
Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za
Koeitjies & kalfies |
9 kommentare
Oepsie
Do., 06 November 2003 05:31
Onse Prez ry in koetse rond en kuier lekker in Kanada. Dit terwyl hy eintlik
vandag hier moes gewees het om 'n voorafgereelde afvaardiging van Brasilië
moes ontmoet.
Brasilië, saam met Sjina, Rusland en Indië word gereken as die blok waarvan
die sterk ekonomië van die toekoms sal kom
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Die BoereProfeet "Nuwe Groep"
Wo., 05 November 2003 19:02
BoereProfee...@topica.com
Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het. Hy
het onder andere vooraf gesien dat die Britte die Boere se huise sou
afbrand en die kinders en vroue en oumense in kampe sou injaag. Hy het
egter ook belangrike gebeure vir die tyd aan die einde van die eeu
gesien. Onder die visioene vir die verre toekoms, was die swart
regering vir Suid-Afrika, 'n swart misdadiger wat uit die tronk sou
vrygelaat word om die land te regeer, die rand wat waardeloos sou
word, en baie meer.
Verskeie hedendaagse profete sê wat hulle 'sien' in ons land vorentoe
gaan gebeur. Soos wat Bloedrivier onvermybaar vir die Boere destyds
was, is ook hierdie bloedvlag vir die Boervolk vandag die gewisse
teken dat die dag van afrekening met sy vyande onverbiddellik
naderkom. Deur die visioene van verskeie profete kan ons 'n goeie idee
vorm van hoe dit gaan gebeur en hoe dit gaan wees vir diegene wat dit
gaan beleef.
Koeitjies & kalfies |
18 kommentare
Duitsers wat verengels
Wo., 05 November 2003 10:46
So 'n paar dae terug was daar 'n 5-minute inset op BBC mbt die probleme wat
die Duitsers (die in Duitsland) ervaar met Engels. Daarvolgens betsaan daar
heelwat kommer onder die Duitsers in die verband. Daar was enkele voorbeelde
van hoe Engels 'n vastrapplek in die Duits verkry het.
Persoonlik glo ek dat Afrikaans tot op hede goed gedoen het om kop bo water
te hou in 'n Engelse see.
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare
Verwarrende statistiek
Wo., 05 November 2003 06:26
Hulle praat nou op RSG oor dobbelary, en het nou die statistiek verskaf van
watter persentasies van die die bevolking onderskeidelik deelneem aan dobbel
by casino's, perde, lotto en krapkaarte. Sover ek weet is die meeste mense
wat by casino's speel oor betrokke is by die ander - dis in hul geaardheid
om kans-speletjies te speel., net so as wat daar diegene is wat nooit enige
sulke speletjies sal speel nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Wat is snaaks aan ons?
Wo., 05 November 2003 06:16
Ek lees tans The UnDutchables - 'n baie snaakse boek oor die einaardige
gewoontetjies van die Hollanders.
Ek wonder watse vreemde gewoontes ons hier in SA het vir die mense buite ons
grense.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
31 kommentare
" Die kreet " deur JAN SWANEPOEL
Di., 04 November 2003 20:27
Jan Swanepoel
Die kreet
na 'n swart-wit afdruk van
'n skildery van Edvard Munch
twee mense rustig aan die wandel
oor 'n brug, die reling
bloot terloops
hulle wil g'n hoor nie
sal later steeds beweer
dat hulle van geen sout
of water wis
net die rug kan hulle sien
en die helling
van die lyf, dan: die vol-
strekte onvanpastheid
van die skreeu
die skedelagtige gesig
in hande vasgeklem sien ons
van voor aan 't ore toestop self
die kreet wat uit
die groot-oop mond deur
die verskrikte oë skeur
nie wil hoor maar koplangs
saamgesleur word lug-
of waterwaarts
Prosa & poësie |
0 kommentare