Die hofsaak hou my in 'n goeie bui - ek lag gereeld hardop as ek iets
daarvan moet lees.
Vanoggend se koerantstorie was 'n handdoeknatmaker.
Die Manne het glo van hul vergaderings, waar hulle bespreek het hoe om van
die ongewenstes ontslae te raak, gehou by Teazers - 'n stripdansklub,
en by Pleazers - die bordeel langsaan. Tydens die vergadering by Pleazers
het een van die hoofplanmakers glo "tydelik weg gewees om een van die dames
wat daar werk te vergesel".
Ek sien al hoe Pappie sy baard kam en vir Mammie sê:
" Ons hou vanaand 'n Baie Belangrike Vergadering vir die Behoud van Ons
Volk, Ons Kultuur, Ons Taal en Ons God."
Dan sak Pappie af na Pleazers.....
Een van die betottelde lot se planne was om 'n Amerikaanse vliegtuig met 'n
vuurpyl af te skiet bo-oor Kayelitsha. maar die plan is gekelder, omdat
witmense ook kon seerkry, ( op die grond - wie en wat in die vliegtuig sou
wees was glad nie eers aan gedink nie) en die aanval miskien nie goeie lig
sou werp op die aanvallers nie.
Hulle het ook kontak gemaak met Pagad - so ek dink die ouens wat die Planet
Holywood-bom ondersoek moet bietjie by die Boeremagouens gaan soek vir die
bomplanter.
Hoe die regter sy lag kan hou as hy hierdie lot stories hoor weet ek nie.
Hy moet 'n Oscar kry.
Wat is die manlik vir Diva? Want dis glo net die manne met hul ego'tjies wat
nie in vrede en geluk kan saamsing, saam optree en saam partytjie hou nie.
Sjeim.
Ek praat nou van Skouspel - Glo die grootste Afrikaanse musiekkonsert in die
land.
Anton Goosen baklei of het glo baklei met die meeste ander.
Steve d'Hofmeyer was ook nie ver agter met sy klaery en vloermoerdery nie.
Lukas Maree het nie eers geweet Anton en hy het 'n vete aan en praat nie met
mekaar nie.
Volgens Anton is Koos Kombuis en Valiant Swart op dieselfde vlak, al verskil
is dat Koos nie bad nie.
En toe vereer Huisgenoot vir Anton met 'n Spesiale Toekenning.
Op die verhoog, met deeglike beplanning, is die bakleieriges nie direk langs
mekaar geplaas nie - maar blykbaar het die beste in die ou lot uitgekom
agter die verhoog en by die partytjie.
--
Annette
Was die swart dame wat nou die eerste en enigste swart bestuurslid is by die
ATKV.
Sy hou baie van Afrikaans, en beweer daar is nou swart leerlinge wat beswaar
maak dat hulle nie Afrikaans op skool kan leer nie.
Die statistiek is vanoggend gegee - daar is meer bruinmense as wittes wat
Afrikaans praat hier in SA. Dis hoekom ek so 'n broertjie dood het aan enige
organisasie wat hulle vir die bevordering of behoud van Afrikaans beywer, en
dan lidmaatskap of deelname beperk tot wittes.
--
Annette
Die boer lê en slaap in sy huis toe die selfoon skielik begin lui. Toe hy
antwoord, is dit ou Petrus op die plaas.
Petrus sê : " baas , baas , jy moet gou kom, hiers groot kak op die plaas.
Die boer vra toe wat is fout??
Petrus: "ek, ek kannie oor die phone verduidelik nie my baas, jy, jy moet
kom hier by die plaas."
Toe die boer daar kom sê Petrus: "een van die skape, hy het hom die 3 babies
gekry, die skaap hy salle hom nie kan voer almal van daai babies nie"
Die boer ry toe na die nood apteek en vra vir die dame agter die
toonbank,"Verskoon tog dame, het jy lam tiete??"
Koel en kalm antwoord sy: "Nee, Meneer, dis net 'n kak bra"
'n Kind het met hierdie nuewe haloweending wat hier in SA posgevat het, glo
lekkers gekry wat vol verdowingsmiddels was. Die ondersoek het getoon die
lekkers is gekry by die Deense ambassade. Nou moet die polisie glo deur
diplomatieke protokol werk om die plek te kan deursoek.
--
Annette
Ek wil dit weet van my Afrikaanse vriende:
ons is hier in Vlaandere in die tyd van Allerheilige en Allersiele
(1-2 November). Dan gaan ons almal tesaam kerkhof toe om die grafte en
gedenkstukke van ons oorlede familielede te suiwer en om daarop
'n blommetjie te lê net asof hulle vir 'n enkel dag in die jaar nog
steeds as lewende mense onder ons is en hulle besoek kry...
Dis vanselfsprekend 'n katolieke gewoonte en ek weet dat die
Afrikaners meest Kalvinieste is. My vraag is daarom: het Kalvinieste
ook 'n dergelike dag waarop hulle vader, moeder, broer, suster, kind
of vriende wat oorlede is gedenk en waarop dit nie uitsonderlik nie is
om mense te sien en ween op daardie dag en waarby elkeen dit kan sien?
Ek wil 'n antwoord van Annette, Gloudina, Katryn, Jonas, Koot, DD,
Sandvlooi en al die ander mense wat 'n vaste waarde op hierdie
nuusgroep het.
'n Baie opgewonde mannetjie nou op RSG sê dat almal wat vies, nors of
ongelukkig is, moet pienk dra - manne inkluis.
Net 'n titseltjie pienk iewers is nodig - jy hoef nie jou van kop tot tone
in pienk uit te vat nie:)))
--
Annette
Gister op Rapport se voorblad van die stoute paraplegiese dominee - die
dominee self praat van "die daad" in plaas van seks, en die voorsitter van
die ring betig die predikant van die gemeente omdat hy die woord prostitute
van die kansel af gebruik het omdat daar ou mense en kinders in die kerk
sit.
Die foto van die paartjie toon vroulief wat met inspanning glimlag en so ver
as moontlik van hom sit terwyl hulle handjies hou.
Dominee, wat uitgevang is, en sy pos as berader van bejaardes en hospitale
verloor het, is glo baie bly dat hy nou verlos is van "die binding".
Hy is ook dankbaar teenoor vroulief vir haar liefde.
Verwarde vroulief verklaar dat sy nooit sy optrede ten volle begryp nie,
maar dat sy by hom sal staan, want hy is 'n opregte en eerlike mens.
Lekker verwarde paartjie.
--
Annette