Ma was nog jonk
sommer nog jonk in die bloed
toe die kanker rooi
voëlent in haar blom
Haar vingers het in maerte
die vat laat los
maar haar hart het teëgeskop
soos rooi aalwyn se blom
in droëntyd reën laat kom
Die dag toe sy kortkom
teen die laaste asem
was daar water in haar hand
toe ek haar vir laaste groet
Ek kry vandag 'n brief waarin gesê word die een besigheid se 'overdraft'
fasiliteit is vir die nuwe jaar heroorweeg en alhoewel dit eintlik nie
gebruik word nie, word die limiet dieselfde gehou en vir hierdie diens, looi
hulle jou R500 se bankkoste! Dit grens aan die belaglike. As hulle geld
uitleen, dan vra hulle rente en selfs daai retekoers word deur die wet
beskerm en groei en krimp saam met die bankkoers, maar verloor, die sal
hulle nie. Wat het hierdie ou vir sy R500 gedoen? 'n Enkele
handtekening van bevestiging? Dalk het hy darem deur die besigheid se
bankstaat gekyk en gesien dis darem nog meermale in die swart? G'n bleddie
wonder die banke het sulke wilde geboue en borg alle soorte van sport en
dinge nie. Hulle word skatryk uit stront uit. As ek my geld inbetaal by
hulle om rente op te maak, dan betaal ek. Trek ek daarvan, dan betaal ek
w��r!!!
Wie gaan die WB wen? Ek sou hou daarvan dat die Australiërs wen maar al my
keuses het vanjaar verloor, so ek skat die bleekbene gaan dit dalk maak?
Droewige dag!
Dis Mel Gibson se nuutste en al die slegte (en goeie) publisiteit en die
wilde storm wat om die fliek losgebars het gaan veroorsaak dat oom Mel al
die pad bank toe lag. Die hele fliek draai om die laaste paar uur van Jesus
se lewe, en is in Aramaic (weetie wat's die Afrikaans daarvoor nie) geskiet
en sal Engelse onderskrifte hê.
Die ding is nou skreeu die Jode dis "Anti-Semitic" omdat die fliek (dit lyk
baie goed btw), glo die boodskap oordra dat die die Jode "verantwoordelik"
is vir Jesus se dood. Blykbaar sê die Jode die fliek wakker haat teenoor
hulle aan. Nou wil ek net weet, hoekom skreeu die Jode nou eweskielik teen
sulke flieks hoekom het hulle nie geskreeu teen aaaalllll die ander flieks
wat gemaak is oor Jesus nie. Hoekom skreeu hulle nie teen Die Bybel soos
ons dit ken nie, dieselfde storie word tog 4 keer in Die Bybel vertel?
Gaan download die trailer by http://www.themoviebox.net/movies/2004/NOPQR/Passion_The/tra iler-page.html,
maar wees gewaarksu die trailer is skokkend en baie getrou. Die "mooi"
prentjies in die ander flieks met Jesus wat net 'n "bietjie" bloei bestaan
nie in hierdie fliek nie. "Jesus" se oë is blougeslaan, sy lyf is vol bloed
en hale van die sweep, een van die beelde is 'n bloedstreep in die straat
waar Jesus geloop het toe Hy sy kruis moes dra. Dis baie, baie erg en ek
dink dit gaan ons uiteindelik laat besef deur watse hel Jesus regtig gegaan
het voor sy dood.
Maharaj & Shaik moet betaal vir die kommissie se onkoste.
Dit het Maharaj 3 dae geneem om te erken dat hy geen grondige bewyse het
dat Ngcuka 'n spioen was nie, en nou is Shaik besig met sy ou koeie - hy het
nou sy storie in 1981 gaan haal en is besig met goed wat eintlik by die WVK
hoort, seker om more ook te erken dat hy geen grondige bewyse ooit gehad het
nie.
--
Annette
Eendag lank-lank gelede was daar 'n oulike
pragtige meisietjie Sneeuwykie.Omdat sy 'n
bietjie vasgedruk en geiriteerd gevoel het, het
sy uit geglip en 'n bietjie by Kollonade Sentrum
gaan rond loop en koop.
Toe sy by die warmbrak stalletjie verby loop, sien
sy vir wolf. Natuurlik heeltemal haar melk
weggeskrik en paniek bevange kyk sy rond om 'n
saamry geleentheid te bedel, aangesien sy haar
rok sal vastrap as sy begin weg hardloop en dan
haarself in die proses kan beseer en ontbloot
want sy dra nie onderklere nie. Sy kan dit nie
bekostig nie, want sy behoort nie aan 'n mediese
skema nie want dit is te duur en sy wil ook nie
almal om haar jags maak nie.
Agv haar karakter en geen onderklere nie, kan sy
ook nie haar rok tot bokant die kniee optel nie.
Sy steek toe maar haar vinger uit vir 'n bygaande
motor, maar onttrek toe die vraag te groot geraak
het en daar 'n bokker-op met die traffic geraak
het. Sy maak toe maar gat skoon van wolf af en al
die fans wat begin aftrek het. Wat sy wel nie
weet nie is dat hy eintlik net gekom het vir 'n
haarsny. Dit wys jou 'n mens moet nie paniek
bevange raak nie.
In elk geval, toe sy haar kry, staan sy in die
R5.00 winkel waar Liewe Heksie besig is om ´n
nuwe besem te koop. Haar oue is poerdes merdes
gevlieg. Geld is op na Desember jy weet en Liewe
Heksie is 'n regte slegte straatvrou wat rooi
miere het en orals rondvlieg - nie dat sy 'n fly
by night is nie, sneeuwykie maak nie ander se
probleme hare nie.
Agv die natuurlike oorlewingsinstink gryp sy die
besem by Liewe Heksie, spring op en vlieg weg dat
jy net hare sien waai. Sy kies toe die kortste
pad sommer by die apteek verby. Gryp sommer 'n
hand vol Prozacs vir die senuwees en skree
agterna "Ek sal later die rekening betaal!", want
hulle het haar adres en weet sy het 'n skoon
rekord. Halfpad huis toe begin die besem
oorverhit omdat sy te vinnig gevlieg het. Sy het
nie meters gehad om na te kyk nie, sy het net so
´n warm gevoel tussen die bene gekry, min wetende
dat Liewe Heksie 'n slim meisie is wat vuurvaste
onderklere dra... As dit nie was vir die vibrasie
nie, dan het sy seker dadelik gestop,maar haar
vibrator se batterye is pap en sy't bietjie
lanklaas lekker gekry.
Die besem gee toe so hop skiep en jump, tel 'n mis
op, backfire en daar slaan die hele besem aan die
brand en sneeuwykie het toe mos niks beskerming
nie. En dit is waar Aspoestertjie vandaan kom!!!!