Ek kyk vanoggend na 'n Queen video. Vaderland, by een buitelug konsert sou
ek skat kon maklik 100 000 of meer toeskouers gewees het. Vanuit 'n
helikopter lyk dit amper soos die klomp miere wat binne in my asblik
vergader. Weet iemand of die Beatles en Elvis ook sulke groot skares gelok
het en so gewild was soos Queen. Ek was nooit 'n groot Queen aanhanger nie,
maar wrintiewaar, daardie vier musikante is briljant.
"Frikkie Potgieter" skryf:
> [In India, it is considered race-mixing to marry
> outside of your caste. The Aryans that created civilization there long
> ago became absorbed into the Indian gene pool, and, as is the case in
> other similar countries, those that retain the most White blood remain
> the higher caste and hold most leading positions in the nation. How
> ironic that muds with only a few drops of our blood left in them will
> do more to preserve their genetic heritage than we do today....]
Frikkie Potgieter, wie se taal van keuse Engels
is, vertel ons nou van Indië, waar die kaste-sisteem
onwettig is.( Hy haal natuurlik sy base se geskrifte
in Engels aan, sonder om vir ons te vertel wie dit
gesê het. ) Ek dink Frikkie is 'n Aryan skinhead.
Ek dink mense moet objekteer deur die manier
waarop Frikkie se Engels hierdie AFRIKAANSE
nuusgroep inneem. Komaan, laat ons bietjie
sommige mense se stemme hoor. Anders dink ek
al hierdie gekla oor hoe Engels die dinge in SA
inneem, is sommer net praatjies.
JOHANNESBURG FINAAL
SAKE Rapport
9 NOVEMBER 2003 BL. 1
Kerstyd gaan nuwe lewe in groei inlei
SA ekonomie pomp spiere
JOHANN VAN TONDER
Suid-Afrika se ekonomiese ster gaan aanstaande jaar beslis helderder
skitter as vanjaar.
Inteendeel, die verheldering het reeds begin met 'n goeie
Kersinkopietyd wat voorlê.
Kleinhandelafset en motorverkope het die jongste ruk skerp gestyg,
terwyl twee belangrike aanwysers van sakevertroue, die Suid-Afrikaanse
Besigheidskamer se sakevertroue-indeks en die Reuters Econometer,
albei rekordvlakke bereik het.
Ekonome verwag dat die ekonomie in die vierde kwartaal vanjaar beter
sal vertoon as in die derde kwartaal en dat die groeikoers vir
aanstaande jaar minstens 3% sal wees. Selfs sukkelende sektore soos
die vervaardiging- en mynboubedrywe kan aanstaande jaar met nuwe
lewenskrag tegemoet gaan.
Mnr. Johan Rossouw, hoofekonoom van Vector Sekuriteite, sê ekonomiese
groei in die vierde kwartaal kan sowat 2,3% wees, wat saam met die
verwagte 2% van die derde kwartaal, die groeikoers vir vanjaar op 1,7%
te staan sal bring.
'n Groep ekonome wat aan 'n peiling van Reuters deelgeneem het. het 'n
groeikoers van 2,01% vir vanjaar voorspel, maar Rossouw sê groei gaan
laer wees omdat nuwe voorraad nie op groot skaal vervaardig is nie.
Baie ou voorraad is opgebou en dit word nou verkoop. Vervaardiging van
nuwe voorraad sal aanstaande jaar in groter mate toeneem.
Groter vervaardiging sal beslis nodig wees, want aanstaande jaar se
groei sal soos vanjaar weer deur sterk verbruiksbesteding ondersteun
word. 'n Beter vertoning deur die uitvoersektor sal die groeikoers tot
3% opskuif.
Mnr. Jac Laubscher, hoofekonoom van Sanlam, stem saam. Tog sê hy dat
die bruto binnelandse besteding (BBB), waarvan verbruiksbesteding die
grootste deel uitmaak, nie aanstaande jaar so sterk sal groei soos
vanjaar nie. Die verwagte groeikoers in die BBB vir vanjaar is 3,7% en
vir aanstaande jaar 3,3%.
Verbruiksbesteding is vanjaar veral aangehelp deur die
belastingvermindering, 'n styging van sowat 9% in salarisse, laer
inflasie en rentekoerse wat 5% laer is as begin vanjaar.
Rossouw sê mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, gaan aanstaande
jaar nie naastenby soveel belastingvermindering soos vanjaar en
verlede jaar toestaan nie. Daarby sal salarisverhogings eerder sowat
7% wees, terwyl rentekoerse einde aanstaande jaar weer opwaarts kan
neig.
Tog behoort verbruikers vanweë laer rentekoerse meer krediet op te
neem en dit behoort by te dra tot steeds hoë besteding.
Laubscher sê uitvoerders behoort aanstaande saam fees te vier, want
die wêreldvraag behoort dan sterker te wees.
Daar was die jongste ruk verskeie aanwysers wat daarop dui dat die
wêreld se vernaamste ekonomieë besig is om te herstel.
Die Amerikaanse ekonomie het in die derde kwartaal vanjaar met sowat
7% gegroei.
Die rand behoort ook stelselmatig te verswak. Die rand het Donderdag
en Vrydag algaande swakker geneig en Vrydag vir die eerste keer in
twee weke weer R7,06 teenoor die dollar bereik, maar teen R6,96
gesluit.
Laubscher sê die rand is waarskynlik tussen 10% tot 15% oorwaardeer.
Indien die regstelling aanstaande jaar plaasvind en die rand verswak
met die verskil tussen die plaaslike en Amerikaanse inflasiekoers,
behoort die wisselkoers einde aanstaande jaar R8,25 vir 'n dollar te
wees.
Sou die regstelling vir die oorwaardasie egter nie aanstaande jaar
plaasvind nie, sal die rand sterker wees. Rossouw verwag 'n
wisselkoers van R8.
The Bond van Boerekrygsgevangenes (League of Boer Prisoners of War) on
Thursday said it would complain to the International Committee of the
Red Cross (ICRC) about the conditions under which a 1994 bomb planter
was being held.
Dries Kriel, a leader of the Christiana, North West Province-based
organisation, said Cliffie Barnard, jailed for life in 1997 in
connection with a series of bomb blasts before and after the first
democratic elections in April 1994, was regularly tortured and
assaulted by warders.
Barnard was recently transferred from the Pretoria local prison to the
super-maximum security C-Max prison within the Pretoria Central Prison
complex.
In a copy of a letter addressed to the ICRC, received in Johannesburg,
Kriel alleged that it was "well known that white prisoners in phase 1
of C-Max prison are locked up in darkness and solitude for 24 hours a
day and are starving by lack of food (sic)."
It was 'well known that white prisoners are locked up in darkness'
He added that it was not known why Barnard had been moved and that the
department of correctional services was refusing to explain.
The department could not immediately comment on the allegations.
Spokesperson Luzuko Jacobs undertook to respond on Friday.
Afrikanerweerstandsbeweging leader Eugene Terre'Blanche was earlier
this month convicted on five counts of terrorism related to some of
the bombings carried out by Barnard and Abraham "Koper" Myburgh.
Myburgh is also serving a life sentence.
Kriel could not be reached at either of the numbers provided to
clarify when the letter was sent to the ICRC or how many "Boer
prisoners of war" he believed were in South African jails.
His organisation believes Barnard and others who opposed South
Africa's transition to democracy were entitled to prisoner of war
status. The ICRC normally intercedes on behalf of POWs captured and
held by warring states.
Kriel's organisation has in the past been associated with the South
African League of Former Police, Soldiers and Officials, and the Wit
Wolwe, led by pardoned mass-murderer Barend Strydom.
Kriel last November claimed his group was part of the Boeremag.
Twenty-two Boeremag members are currently on trial before the Pretoria
High Court for plotting a rightwing coup d'etat.
They face 42 charges ranging from murder and attempted murder to
treason, terrorism, sabotage, and arms and explosives violations. All
are being held at C-Max. - Sapa
"Genoeg is genoeg!" was die reaksie van me. Lynne Vince-Jillings nadat
haar twintigjarige seun, Ivanne, op 22 Junie in Edenvale gekaap en
doodgeskiet is. Sy het 'n veldtog begin om Suid-Afrikaners te verenig
in die stryd teen misdaad.
Sy het die inisiatief geneem om AL-IVE te stig wat 'n veldtog loods om
druk op die regering uit te oefen om die misdaadgolf in Suid-Afrika te
stuit. Die doel van AL-IVE is om die publiek te mobiliseer teen
misdaad. 'n Protesoptog word vir 30 November in Johannesburg beplan.
Vince-Jillings dring aan dat president Mbeki self daar teenwoordig
moet wees om 'n protesmemorandum te ontvang. As president Mbeki weier
om aandag te gee aan die kwessie wil sy hom dagvaar weens die moord op
haar kind, omdat die staat veronderstel is om sy burgers te beskerm.
"Ek wil die weermag in ons strate hê. Ek wil hê dat die stand van
misdaad as 'n noodtoestand gehanteer word. Uiteindelik moet iemand
verantwoordbaar wees", is Vince-Jillings se standpunt.
In 'n verrassende stap het die regering aangekondig dat hulle AL-IVE
se veldtog en optog steun. Tyd sal leer of dit slegs 'n slim taktiese
skuif van die ANC was en of hulle dit erns het met die saak.
Besoek gerus www.alive-in-sa.com vir meer inligting oor hierdie
verdienstelike veldtog.
Ek is elke keer verstom om te sien wat se mooi speelgoed tot die kinders van
vandag se beskikking is. Dis goed wat ek as laaitie sou begeer het. Vandag
se Lego het bv. ratte, katrolle, hidroulika, elektriese motortjies met
skakelaars en allerhande sensors, en dan nog die heel beste, die LEGO
waarmee mens robotte kan bou en instruksies m.b.v. 'n rekenaar kan gee om
allerhande bewegings uit te voer. Hier by 'n speelgoedwinkel sien ek vandag
so 'n stelletjie met koperdraad en allerhande magnete en ander goed daarin -
dis toe die komponente waarmee mens 'n werkende elektriese motor kan maak.
En in 'n ander sakkie die komponente vir 'n oudheidse deurklokkie. Nogal
indrukwekkend.
Ongelukkig is die meeste goed ook maar net 'n klomp plastiese @#% wat vanaf
China ingevoer word, veral die goed vir dogtertjies. Ek besluit toe om 'n
"matchbox" karretjie te koop vir iemand spesiaal. 'n Ingevoerde Italiaanse
4x4. Man kan die Italiaaners darem vir jou matchbokse maak - iets om te
sien.
Hollanders het die skip beplan, maar dit was
Engelse wat gebou en uiteindelik geloods het -
en almal is tog ou kenners van die water.
Nietemin te veel was die geloof en selfversekering
dat niks hom kon laat sink nie:
het die beskermheer van skepe dan nie self
die projek gewil nie, dié invaar in die donker,
dié wit eiland van lig en glansende weerkaatsing .
Agterna gesien, was die toerusting onvoldoende.
Die skokkendste erkentenis: geen verkykers of soekligte.
Maar luukses was volop en uitspattig: marmer-
vuurmaakplekke, dubbele toilette, miniatuurgholfbane,
swembaddens, rye kroeë en hemelbeddens
waarin die rykes kon hoereer, selektief, privaat,
terwyl hul voortvaar na die beloofde land,
hulle skatte veilig in die kluise.
Senders van kleiner skepe het gewaarsku:
julle vaar in 'n gevaarlike seisoen, daar's 'n kilte
in die lug, ysberge in die onbekende water
en vol verandering is die warrelende winde.
Maar die luuksereus was doof, sy antennes
ingestel op uitstraal, nie interpreteer nie.
Bowenal wou sy kaptein hom nie laat steur nie,
nié deur kapteintjies wat nie kaarte ken nie.
Die ysrots was nie sigbaar in die nag nie
en die staal móés skeur toe dit nie meer kon buig nie.
Chaos het geheers in offisierskajuite - reddingsbote
is nie eens almal neergelaat nie,
wanhopige passasiers het in die see gespring
en dié wat nie die moed had of bly hoop het,
het op die agterstewe saam met die orkes
bly sing: Nader my God by U - onverstaanbaar
sê enkele oorlewendes, omdat die woorde in Afrikaans was.
Frikkie Potgieter wrote
...
> 2003 September 12 Friday
> Corruption Is Rife In South Africa
> Personally, the current row takes me back to a conversation I had
> with one of the editors of the Weekly Mail (as it then was) in early
> 1994
> By Randall Parker at September 12, 2003 05:51 PM | TrackBack
So is die "I" wat hier praat nou Randall Parker?
En is dit nou Aida Parker se man? En wat het
van Fred Rundell geword. Is daar niemand op
hierdie nuusgroep wat wonder hoekom al die
mense waarvoor Frikkie die knie buig, Engelse
name het nie?
DIE wreedaardige moord op Desiré van Nietting (16) van Sir Lowry's
Pass het die plaaslike gemeenskap vir 'n tweede keer in die bestek van
net 'n week geruk, ná voorvalle van geweld verlede naweek die lewens
van twee jong mans op die dorp geëis het.
Desiré se liggaam is Saterdag omstreeks 14:00 in 'n sloot naby Hoofweg
deur 'n man gevind. Volgens inspekteur Hendrik Swart, die
ondersoekbeampte in die saak, is haar keel van oor tot oor afgesny en
sy het meer as 20 steekwonde gehad.
Die polisie vermoed dat sy ook verwurg is, en dat haar aanvallers haar
ook verkrag en gesodomiseer het. Daar was ook steekwonde aan haar
geslagsdele.
Inspekteur Swart sê hulle het 'n man ondervra wat saam met haar by 'n
smokkelhuis gesien is. Die man is glo lid van die 28's bende, maar is
na ondervraging weer laat gaan.
Inspekteur Swart sê hulle soek na 'n ander man in wie se geselskap
Desiré ook gesien is. Die man het 'n tweestuk blou oorpak aangehad en
is ongeveer 1,8 meter lank. Enige persoon met inligting, kan hom by
083 642 5588 bel.
Daar word vandag 'n groot gewag gemaak van die begrip "rassisme". Die
Nasionale Konferensie oor "rassisme" (NKR) word vanaf 30 Augustus tot
2 September 2000 in Johannesburg gehou. Thabo Mbeki het in Februarie
2000 gesê dat "racism will continue to exist in our society unless
all of us engage this monster consciously and systematically". Die
Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was hierdeur geïnspireer om
die "nasie" oor "rassisme" te laat praat. Dit het die NKR tot gevolg
wat ten doel het "a commitment to building a non-racial, united and
reconciled society". Die uitgangspunt is duidelik: "rassisme" is 'n
feit; dit is 'n monster en moet uitgeroei word deur een en elk se
samewerking. Die woord is gevolglik reeds met soveel negatiewe emosie
belaai, dat 'n aanklag van "rassisme", 'n aangeklaagde onmiddellik
in 'n negatiewe en veronregte posisie plaas. Daarom die geskarrel
van 'n ieder en 'n elk om tog net nie as "rassis" uitgekryt te word
nie. Maar wat sit daaragte? Is dit waar? Is "rassisme" werklik die
monster in ons samelewing? Dit is dwingend noodsaaklik dat Afrikaners
hulle van die ware feite sal vergewis.
WAT IS "RASSISME"?
Dit is interessant dat nòg die MRK, nòg die verslag oor rassisme in
die media, wat in opdrag van die MRK deur 'n sekere Claudia Braude
opgestel is, die moeite doen om die begrip "rassisme" te definieer.
Dit terwyl die MRK gretig is om persone aan te kla van
sogenaamde "rassisme".
Dit is insiggewend dat die 1963-uitgawe van die Verklarende
Afrikaanse Woordeboek nie die woord "rassisme" enigsins vermeld nie.
Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (1985- uitgawe)
omskryf "rassisme" as die veronderstelling dat karakter en
bekwaamheid bepaal word deur ras en gaan dan sommer ook verder en
stel dat "rassisme" 'n denkrigting is wat aanneem dat 'n besondere
ras meerderwaardig is en die reg het om ander rasse te oorheers.
Volgens die Concise Oxford Dictionary word "rassisme" omskryf as die
teorie dat menslike vermoëns bepaal word deur ras. Volgens die
Concise Oxford Dictionary beteken "racialism" dat 'n persoon glo dat
sy ras meerderwaardig is.
Tereg wys die politieke redakteur van die Mail & Guardian daarop dat
daar 'n verskil is tussen "racialism" en "racism". Volgens hom
beteken eersgenoemde dat geglo word dat daar verskille tussen rasse
bestaan en laasgenoemde dat, aangesien daar verskille bestaan, rasse
verskillend hanteer moet word. Hierdie definisie van "rassisme"
verskil aansienlik van die betekenis wat tans in Suid-Afrika aan die
word "rassisme" gegee wil word.
In Suid-Afrika word Blankes, en veral Afrikaners uitgekryt as
die "rassiste" in die samelewing, sonder enige vrees vir teenspraak;
of dan minstens dat die Blankes die eintlike of grootste "rassiste"
is aangesien die Blankes klaarblyklik neersien op die Swartes. Dit is
verder insiggewend dat die kwessie van "rassisme" die Swartes in die
besonder pla. 'n Mens wil vra: Ly hulle dan aan 'n
minderwaardigheidskompleks?
As "rassisme" beteken dat 'n persoon glo dat daar verskille tussen
rasse bestaan, dan is elke nasionalis ook 'n "rassis". Trouens, om te
ontken dat daar verskille bestaan tussen verskillende rasse, is 'n
ontkenning, en maak 'n bespotting, van die werklikheid.
Die "kenners" oor "rassisme" stel verder dat diskriminasie op grond
van ras, ook "rassisme" is. Nasionalisme is gebou en erken die reg op
voorkeur vir die eie, wat diskriminasie teen die vreemde, die
onbekende, veronderstel. Nasionalisme is waarderende diskriminasie
van feitelikhede. Om derhalwe toe te gee dat "rassisme" 'n monster is
en jouself van "rassisme" , soos verstaan deur die MRK, te
distansieer, is om nasionalisme die rug te keer.
Gegewe die vele betekenisse wat aan die woord "rassisme" gegee word,
kan daar van niks anders as 'n ideologie van "rassisme" gepraat word
nie. 'n Ideologie word deur die Oxford Dictionary beskryf
as "fancyful speculation". Die hele geskarrel rondom die
begrip "rassisme" kan as niks anders as 'n lawwe verbeeldingsvlug
("fancyful speculation") beskou word nie. Enersyds is dit so omdat
niemand klaarblyklik weet wat die begrip nou werklik moet beteken nie
en andersyds omdat, deur aan te voer dat daar nie onderskeid gemaak
mag word op grond van ras en kleur nie, dit niks anders as "fancyful
speculation" is nie. Soos alle ideologieë is die ideologie
van "rassisme"'n plan om 'n onwerklikheid op te dwing aan die
werklikheid. Daarom sat dit ook lei tot geweld.
IDEOLOGIESE AANVALSWAPEN
Maar waar het "rassisme" sy oorsprong? En wat lê daaragter ?
"Rassisme" is 'n ideologiese aanvalswapen van die Kommunisme en is
afkomstig van die Bolshevisme. In 1922 het die Bolshevik leier
Selenkov in Moskou dit soos volg gestel:
"We must create a climate of anti-nationalism and anti-racialism
amongst whites. We must reduce patriotism and pride of race to
meaningless obstructions and make racialism a dirty word".
Die gevolgtrekking is duidelik: Die ideologie van "rassisme" is
bedink as 'n teenvoeter vir nasionalisme en rassetrots. Want
nasionalisme en rassetrots is die groot teenvoeters en teenstanders
van die Kommunisme en hulle liberalistiese meelopers. Die ideologie
van "rassisme" rus op haat vir witmanskap, soos die Kommunis dit
verklaar het. Dit verklaar waarom daar klaarblyklik net
Blanke "rassiste" kan wees maar nie ook Swart "rassiste" nie. Dit
verklaar ook hoekom 'n "Black Lawyers Association" nie "rassisties"
is nie, maar indien enige Blanke organisasie geskep word, dit
as "rassisties" beskou word en boonop deur die Handves van Menseregte
verbied word.
Hier moet ook onthou word wat Beria, die Kommunis in 1953 gesê
het: "Degradation and conquest are companions. To be conquered, a
nation must be degraded ...degradation can be accomplished
insidiously ... and effectively by consistent and continual
defamation ... continued and constant degradation of national
leaders, national institutions, national practices and national
heroes must be systematically carried out".
So het eers apartheid en nou "rassisme" die skeldwoorde geword
waarmee die Afrikaner belaster is (en steeds word) totdat uit eie
geledere die aanval voortgesit en verhewig is en die verowering
geskied het sonder dat 'n skoot geskiet is.
So sê Beria sal "a general degraded feeling" ontstaan en sal die
lojaliteite verander en besit geneem word van 'n volk se waardes. In
hierdie proses, sal gevestigde instellings vernietig word wat die
nodige chaos sat voortbring om 'n Kommunistiese staat te skep: "[To]
create the necessary attitude of chaos, idleness and worthlessness
[and] effectively kill the national pride and patriotism of just one
generation ... we will have won that country ... therefore there must
be continual propaganda ...to undermine the loyalty of the
citizens... By perverting the institutions of a nation and bringing
about a general degradation ... a population can be brought
psychologically to heel..."
Onlangs het prof Jurie le Roux, 'n Ou-Testamentikus aan die
Universiteit van Pretoria, geskryf hoe hierdie aanslag 'n toestand
tot gevolg het waar die Afrikaner vandag "tot die dood toe siek" is.
Hy noem dit 'n virus, die "anti-apartheidsteologie", wat mense se
lewens verwoes en vernietigend onder die Afrikaner te werk gaan. Dit
het volgens hom die Afrikaner in so 'n skuldgevoel gedompel dat dit
die Afrikaner passiveer; die Afrikaner is so gedemoniseer dat hy te
bang is om vir homself te veg. Hy praat van 'n Afrikaner-volksmoord!
Maar terwyl dit 'n teostand is wat onder baie Afrikaners heers, sê
prof Willem de Klerk op 21 Augustus by die RAU dat predikante moet
preek vir vergewing oor die sonde en die misdade van apartheid sodat
die Afrikaner tot insig kan kom oor diè politieke dwaling. Dit sal
volgens hom tot gevolg hê dat Afrikaner nie meer "hond hoef te voel"
oor apartheid nie. Beria, die Kommunis, kon dit nie beter gestel het
nie!
Ons land is die misdaadhoofstad van die wêreld. Mense word vermoor
vir R20, 'n selfoon of 'n fiets, of nog erger; sonder enige rede uit
blote haat en wraaksug! Dit is die chaos waarvan Beria praat. Dit is
die Kommunistiese staat wat FW de Klerk, sy broertjie en sy
Broederbondbendetjie op ons afgedwing het deur skaam te word vir
apartheid en weg te skram van die beskuldigings van "rassisrne"
eerder as om op te staan vir die Afrikanervolk en sy vaderland.
Tydens die Internasionale Simposium oor die Kommunisme wat in 1966 in
Pretoria gehou is het prof Possony gestel dat die rassefaktor deur
die Kommunisme gebruik sal word om ander kwessies te vervang.
Rassekonflik en volgehoue propaganda oor beweerde "rassisme" tesame
met stelselmatige karaktermoord van 'n politieke bestel sal vir die
Kommunis die geleentheid skep om die Afrikaner in 'n lokval te lei om
van sy reg om hierdie land te regeer, afstand te doen. Volgens hom
het die liberale magte wat die Kommunisme dien nooit 'n idealistiese
of oortuigende doelwit van hulle eie nie, maar skep dit utopiese
skynbeelde. Dit benodig desperaat 'n voorwerp van haat en "rassisme"
het hierdie voorwerp van haat geword.
Die aanvalswapen van "rassisme" kom uit die Kommunistiese arsenaal.
Wat prof HG van der Westhuizen oor die Kommunisme sê kan nie genoeg
herhaal word nie: Kommunisme is 'n veelkoppige monster met 'n
sataniese anti-Christelike hart. Dit kom op die Afrikaner aangespoel
in vele gedaantes. "Rassisme" is een daarvan. Dit sal die Afrikaner
verslind as hy nie waaksaam is nie.
RAS 'n FElT, AANKLAG VAN "RASSISME" 'n OORLOGSVERKLARING
Ras en rasseverskille is 'n feit soos 'n koei. (So slag sommige koeie
in hulle agterplase en ander verkies die higiëne van 'n slagpale).
David Welsh 'n politieke ontleder het in Die Burger van 15 Junie
1999, net na die Algemene Verkiesing van 1999 geskryf: "Ras was die
fundamentele faktor in die verkiesing van 1994 en 1999". Die feit van
ras en rasseverskille kan nie wegredeneer word nie en daarom sal
rassevoorkeur en rassevooroordeel altyd bestaan. Nasionalisme erken
hierdie feit en respekteer hierdie verskille. In 'n veelrassige
samelewing is die ontkenning daarvan 'n resep vir selfmoord. Welsh
voeg betekenisvol by dat as een politieke party 'n ingeboude
meerderheid het danksy ras of etnisiteit, het mens met 'n "manke
demokrasie" te doen. Afrika word gekenmerk deur manke
eenpartydemokrasieë. Deur iemand die kleed van "rassis" om te hang,
is 'n bedenklike metode om so 'n persoon sy morele spreekbeurt te
ontneem. Dit het inderdaad, soos 'n Vlaamse skrywer opmerk, 'n metode
geword om iemand "'n smerige etiketten op te kleven". Die
klaarblyklike oogmerk is om "rassisme" te verhef tot 'n skeldterm wat
die opperste verwerplikheid moet verteenwoordig. 'n "Rassis" word oor
dieselfde kam geskeer as 'n misdadiger.
Dit is nie alleen intellektueel oneerlik nie, maar getuig ook van 'n
beangste onverdraagsaamheid en asembenewende fundamentalisme. Noem
iemand net 'n rassis en die argument is gewen. Elke ingeligte persoon
weet dat die woord "rassisme" die woord is waarmee die Kommuniste
hulle nasionalistiese teenstanders aanval om sodoende die offensief
teen Kommunisme om te keer.
"Anti-rassisme" bet die kodewoord geword van sosialistiese
transformasie. As jy die kommunistiese transformasie in Suid-Afrika
teenstaan of selfs net kritiek teen die nuwe bedeling uitspreek,
staan jy gevaar om as "rassis" gebrandmerk te word. Vryheid van
spraak is dan ook nie gewaarborg vir die teenstanders van die nuwe
regime nie. Aan die voorpunt van hierdie stryd, wat niks anders as 'n
verbloemde aanval teen nasionalisme is nie, is die liberalistiese
meelopers van die Kommuniste. Maar soos James Burnham in Suicide of
the West gesê het die liberalisme is besmet met die Kommunisme en
deel die meeste beginsels van die Kommunisme. Die liberaliste het
sodoende gehelp dat die fiksie van rasloosheid tot ideologie uitgebou
en "rassisme" tot skeldterm verhef is.
Die aanklag van "rassisme" teen die Afrikaner is 'n
oorlogsverklaring: Dit verneder die Afrikaner en maak hom skaam vir
sy ras en dit gee aan die Swarte vrypas om te roof en te moor, omdat
hy opgesweep word deur die emosie wat daardeur opgewek word. Stjepan
Mestrovic skryf in sy boek Genocide after Emotion wat handel oor die
oorlog in Joegoeslawië, dat deur die opwekking van genoeg emosie
oor 'n leuen die saad gesaai is vir 'n volksmoord! En waar dit dan
duidelik is dat die ideologie van "rassisme" nie gebou is op feite,
waarhede en werklikhede nie, maar op emosie, skuldgevoelens en
ontkenning van werklikhede, is die resultaat vervolging van die
Blanke, sogenaamde integrasie en uiteindelik soos dr HF Verwoerd
gestel bet, die disintegrasie en die vernietiging van die Blankedom!
Die aanval op die Afrikaner se rassebasis is 'n aanval teen Afrikaner-
nasionalisme en teen die bestaan van die Afrikaner. Want nasionalisme
is rasgebonde. Die MRK moet besef dat hy nie alle Afrikaners so
maklik om die bos sal lei met sy aanklag van "rassisme" nie. Die kern
van die Afrikanervolk het nie sy selfrespek verloor nie. Hulle sal
hulle afsonderlikheid betuig en ander daardeur aanspoor om op te
staan teen hierdie misdadige bestel. Om weer Afrikaner en witman in
Afrika te wees!