Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ons word hoenders

Di., 25 November 2003 13:14

Nuusberig vandag:
Wetenskaplikes het bykans die ontwikkeling van vis-meel voltooi. Die meel
word uit viskoppe vervaardig, en sal gebruik word om vis-aftreksel, vissmeer
en -sous te maak. Vis is 'n belangrike bron van Omega 3- vette. Vismeel sal
'n goedkoop en voedsame plaasvervanger wees. Omega 3 vette is noodsaakllik
vir die brein en die senuweestelsel. 'n Tekort aan die vette kan lei tot
swak konsentrasie en selfs skisofrenie

Ek weet nie of dit nou nog so is nie, maar blykbaar is die ( as daar is)
vissmeer ( fish paste) nie so lekker nie. Elke keer as ons Engeland toe
gaan, moet ek vir 'n vriendin 'n doos van 12 botteltjies saamneem van
Anchovette of Redro.
Ek koop gewoonlik 'n klein potjie - sit ewe ordentlik 'n smeersel op brood
en botter, en daarna eet ek die potjie lepeltjie vir lepeltjie leeg.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Wit strikkies vir die manne

Di., 25 November 2003 12:28

Vandag moet die manne hier wit strikkies dra om hul simpatie te wys met die
dames en kinders wat verkrag en gemartel word.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Killed for just R9

Di., 25 November 2003 10:48

74 jaar wat so beindig word. Hoe hartseer moet dit nie wees vir die arme
mense nie.

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:5jv5svsac9nmq3369cbo8vtdjckdlqr9so@4ax.com...
> Killed for just R9
>
> 24/11/2003 22:58 - (SA)
>
>
> Retha Fourie
>
>
> Pietesburg - The life of an elderly woman was worth little to two men
> who murdered her - they got away with only R9.
>
> Two suspects were picked up about 15km from the woman's farm by police
> soon after the attack.
>
> Rina du Plessis, 74, was beaten with a steel pipe and axed to death on
> the farm in the Waterberg district near the Botswana border. She was
> dragged into the barn.
>
> When her husband, known as Oom Dup, got home he went looking for his
> wife and was also attacked by the men.
>
> The men dragged Du Plessis, 75, into the house where they demanded
> money. He told them he needed to get it from a cupboard.
>
> Instead of money, he pulled out a shotgun and aimed it at his
> attackers. The two men fled.
>
> Unable to find his wife, a badly injured Du Plessis drove to his
> workers' quarters for help.
>
> They found her dead in a storeroom.
>
> According to police, the suspects were after a lump sum of money Du
> Plessis apparently had withdrawn last week. All they got, however, was
> R9.
>
> Two suspects are expected to appear in Lephalale magistrate's court on
> Wednesday.
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Aggg Gloudina!!!

Di., 25 November 2003 10:33

"Spencer wrote

> Ek word eerder 'n stamlid in Nieu Seeland. Dan is ek ten minste op die
> "benefit". Nogal snaaks dat meeste wat op die "benefit" is Maori en Pacific
> Islanders is. Tannie Liesbet het hulle mos dekades terug vryheid en
> opvoeding begin gegee. Nou waarom is so baie van hulle dan aangewese op
> staatshulp? Laat mens wonder ......

En toe skryf Gloudina:

Net soos jy in SA jou wit rassistiese gif wou
toepas, nou sit jy daar in NZ en spoeg dieselfde
soort etter teenoor 'n ander kultuur. Hoe dankbaar
is ek dat jy nie na Kanada uitgewyk het nie.

Tant Hessie van die Algonquins
............................................................ ................
.......................

Djy moet vir djou astrant kom hou hier met my Gloudina. Dis blote waarneming
en dis feite. Soek djy dalk statistieke?

Baas Spencer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Amerikaners ongelukkig

Di., 25 November 2003 05:03

Die Amerikaanse ambasssade hier het Moslems uitgenooi om die einde van
Ramadaan by hulle te kom vier.
Geen Moslem is gewillig om dit te doen nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Boesmansriviermond " deur FERDI GREYLING

Di., 25 November 2003 03:22

BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.

Prosa & poësie | 7 kommentare

Re: Long Queues At US Drive-In Soup Kitchens

Ma., 24 November 2003 23:12

Frikkie Potgieter * Tomorrow: The chronic health crisis facing America's[/color]
> poor and uninsured

So nou gee die rsaboy vir ons op hierdie AFRIKAANSE
nuusgroep nuus oor die VSA op Engels.

Penkop op kommando

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat is jou porn-ster naam?

Ma., 24 November 2003 14:05

Dis glo 'n ongeskrewe reel by die werklike porn-"sterre" om hul skuilnaam
saam te stel uit hul hul eerste hond se naam en hul ma se van.

Spokie Marais klink nie vir my baie eroties nie;)))

Maar ek het nog meer simpatie vir die arme porn-ster man met die naam Fifi
McLaren of die vrou met die naam Blixum van Staden:)))

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

M&M Satire

Ma., 24 November 2003 09:11

1) Noudat Mo vertel het dat hy die inligting aan die verslaggewer gegee het,
beteken dit dat sy vrees dat hy haar om die lewe sou bring as sy sou getuig
van wie sy die inligting ontvang het?

2) Mo het nou glo erken dat hy R40 000 aan die polisieman wat kon moor in
opdrag betaal het om "bewyse" te kry dat Ngcuka 'n spioen was. Nou DIT is
lekker geld maak - want teen wat is hierdie "bewyse" getoets?

3) Die vraag wat nog steeds nie beantwoord is nie, is hoekom hy in 2001 'n
nuwe verslag sou saamgestel het van die feite wat seder 1988 in sy besit
was.
Ooooeeeee - in ons land van beloofde deursigtigheid - ek wonder wie die
ander 887 ANC lede is wat van spioenasie verdink word.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    493  494  495  496  497  498  499  500  501  502  503  504  505  506  507  508    »]
Tyd nou: Wo. Aug. 05 06:52:35 UTC 2026