Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dra by

Ma., 01 Desember 2003 09:04

Op RSG se webblad, vra Magdaleen Kruger in menings vir luisteraars se
insette ivm die programme wat op RSG aangebied word.
Dit behoort interessant te wees om te sien wat daar gaan uitkom.

Sy noem spesifiek die musiekgeraasprogram Maandagaande, wat glo "duisende
jongmense" nou weer na RSG laat luister, en dat "'n klomp" nou selfs na
Johan se Dis Opera program ook luister.
Ek het voorgestel dat hulle die program in 'n later tydgleuf ( byv 9nm)
aanbied, nadat die miljoene ouer luisteraars bed toe is.
Die lawaaiprogram word op Maandagaande om 8nm aangebied.
Dis Opera op Sondae om 10nm.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Konsert

So., 30 November 2003 19:52

Ek bly in Ierland waar heelwat konserte is. Laasjaar toe U2 en Bono by Slane
Castle opgetree het, is 80,000 kaartjies binne die eerste vier uur verkoop.
Ek doen in my vryetyd sekuriteits werk by sulke konserte.

Die jaar by Slane was daar 90,000 mense. M&M dieselfde. Op altwee dae het
dit gereen laat dit klap, maar mense staan bankvas.

Ierland met 'n populasie van 4mil en SA met 40mil+. Ek dink Bono sal 'n
stadium volmaak met net een of twee liede hier.

NS: Ek geniet die nuusgroep baie. Lekker breinkos hier in die verte.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Wie onthou dit?

So., 30 November 2003 18:04

Met MIV so op die voorgrond wêreldwyd
en veral in SA, onthou ek 'n bewering
(wat nog erens op 'n cd is) dat die
MIV virus in 'n laborotorium in Amerika
gekweek is.

Defnitief sal sommige van julle dit
ook onthou.

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

" Apocrypha XII " deur M.M. WALTERS

So., 30 November 2003 14:38

M. M. Walters

Apocrypha XII

En de Heere God maakte voor Adam en zijne vrouw
rokken van vellen en toog ze hun aan. Genesis 3:21

Toe Eva haar tussen die vyebome aantrek
in modes deur die hemelse Hartnell -
die sagte dassiebroekie
en die stoute bra van springbokvel,
die handgelooide miniromp wat wip
en 'n tweede sondeval voorspel -
toe sis die slange.

O jou soete meisiekind uit die paradys!
Vermakerig het sy haar lae hals en bene
aan die engele voor die poort gewys!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaners en industrie

So., 30 November 2003 14:14

En sien meer Afrikaners raak nou betrokke in handel
en vervaardigings beroepe. In 'n berig oor 'n paartjie
wat in Krugersdorp-Wes gearresteer is oor die
vervaardiging van die dwelmmiddel Cat, word
genoem dat 80% van die (gearresteerde)
vervaardigers Afrikaans is. So, die jare
van die uitvoerberoepe aan uitlanders
oorlaat, is verby.

DD

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

46664 Konsert.

So., 30 November 2003 09:48

Ek is baie dankbaar dat die wind lank genoeg weggebly het sodat die konsert
deur almal teenwoordig geniet kon word.
'n Lekker konsert wat ons volgende jaar weer gaan kry.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Vir Gloudina

So., 30 November 2003 08:38

'n Versoekie

Nav die Titanic van MM Walters wat jy geplaas het.....

Walters het enetjie oor 'n wynproe geleentheid in die Kaapse wynland.
Vreeslik tong in die kies oor die aangeplaktheid en, en, en..

As jy hom dalk het, plaas dit hier asb. Ek het 'n fotostaat daarvan
gehad maar dit het iewers verlore gegaan.

Dankie byvoorbaat
WH

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Konsert

So., 30 November 2003 04:51

Die wind het genadiglik tot laat weggebly. Wat 'n konsert!! Ek het net begin
wonder wanneer die mense gaan begin moeg word van die lank staan.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: No death penalty, says Zuma 13 Nov 2003

So., 30 November 2003 04:32

Zuma moet eerder haar sweeterige bolip afvee en kyk wat die Amerikaners
doen. Waarom het die Amerikaaners nog nie die doodstarf afgeskaf nie? Wat
doen die Kanadese i.v.m. doodstarf Gloudina? En vir interessantheid, in
Vlaandere, Norbert?

Spencer

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:ha1fsvgopt7v6ht5vh4eq72heci4f4lr5r@4ax.com...
> No death penalty, says Zuma
> 13/11/2003 17:30 - (SA)
>
> Cape Town - Deputy president Jacob Zuma on Thursday ruled out testing
> public opinion on the death penalty as part of next year's general
> elections.
>
> Replying to a question in the national assembly by Freedom Front+
> leader Dr Pieter Mulder, he said the law and government policy on the
> matter were clear.
>
> The Constitutional Court, in its ruling that the death penalty was
> unconstitutional, stated: "It is only if there is a willingness to
> protect the worst and the weakest amongst us that all of us can be
> secure that our own rights will be protected."
>
> Zuma said the bill of rights in the constitution, which needed a
> special majority to be amended, was to protect the rights of all
> South Africans, including the marginalised and the minorities, who
> could not protect their rights adequately through the democratic
> process.
>
> Mulder said the Constitutional Court had simply interpreted the
> constitution, and nothing prevented the assembly from amending the
> constitution.
>
> He called for a commission of inquiry to investigate whether the
> death penalty would not be a deterrent to crime.
>
> Taking a life 'is God's right'
>
> Zuma said the constitution was drawn up by the elected
> representatives of most South Africans, and one had to be responsible
> about the matter.
>
> "Taking somebody's life is not a right that we must exercise. It is
> God's right. It is God who gives life and must take life.
>
> "Whether you take it by a decision of the judiciary, or by shooting
> or stabbing, you have taken the life of a person."
>
> Because of certain circumstances, people might have different views
> on the matter.
>
> "But, I think the decision by the Constitutional Court was a very
> responsible decision, by very responsible judges, on this matter...
> and we are respecting it and we are supporting it," said Zuma.
>
> Democratic Alliance chief whip Douglas Gibson said he agreed the
> death penalty was a sensitive matter.
>
> "My view is that the death penalty is justified for aggravated
> murders and for the murders of policemen."
>
> The widespread call for the reinstatement of the death penalty was
> because the government had failed to bring crime under control, he
> said.
>
> Zuma said the government was satisfied progress had been made in
> arresting and punishing criminals.
>
> A sentence of life imprisonment - with no possibility of parole or
> pardon - meant exactly that, precisely because South Africa did not
> have the death penalty.
>
> It was an issue that had to be discussed, said Zuma.
>
> http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/0,6119,2- 7-
> 12_1445037,00.html
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Queen

So., 30 November 2003 03:50

Ek kyk vanoggend na 'n Queen video. Vaderland, by een buitelug konsert sou
ek skat kon maklik 100 000 of meer toeskouers gewees het. Vanuit 'n
helikopter lyk dit amper soos die klomp miere wat binne in my asblik
vergader. Weet iemand of die Beatles en Elvis ook sulke groot skares gelok
het en so gewild was soos Queen. Ek was nooit 'n groot Queen aanhanger nie,
maar wrintiewaar, daardie vier musikante is briljant.

Spencer

Musiek & liriek | 43 kommentare

Bladsye (1835): [ «    488  489  490  491  492  493  494  495  496  497  498  499  500  501  502  503    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 08:56:03 UTC 2026