Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'Kyk hoekom party skole leegloop'

Di., 02 Desember 2003 18:33

'Kyk hoekom party skole leegloop'
Alet Rademeyer


'n Uiters ongebalanseerde situasie wat die regering dringend moet
ondersoek.

Só het politici en skoolhoofde Maandag gereageer op die plekprobleem
vir leerlinge in Gautengse skole.

Terwyl gewese model C-skole uit hul nate bars en gedwing word om talle
leerlinge op waglyste te akkommodeer, smag heelparty skole in die
omliggende townships na meer leerlinge.

Mnr. David Quail, DA-lid van die Gautengse wetgewer, het gesê "dit
bewys weer dat ouers al hoe meer met hul voete stem terwyl die
onderwysdepartement blykbaar verkies om dié tendens te ignoreer".
Volgens Quail was daar vanjaar 63 000 leerlinge in die provinsie vir
wie nie beplan is nie.

"Om dié leerlinge te akkommodeer, word al hoe meer druk op model
C-skole in voorstedelike gebiede geplaas."

Me. Juli Kilian, NNP-lid in die wetgewer, het gesê die departement sal
moet begin kyk waarom swart skole leegloop. "Om al hoe meer druk op
skole te plaas wat hul bes doen om gehalte-onderrig te lewer sal nie
die groter probleem laat verdwyn nie."

Mnr. Theo Panya-Panya, werwer by die Ibhongo Secondary School in
Soweto, het gesê die uittog van swart leerlinge na stedelike gebiede
is 'n rede waarom hulle so min leerlinge het. Dié skool het vir sowat
650 leerlinge plek.

Hy het gesê ouers vat hul kinders uit die townships omdat hulle vrees
vir hul veiligheid omdat van die skole nie behoorlik omhein is nie.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_1453480,00. html?kps=193

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Is paaie saans net vir boewe, polisie?

Di., 02 Desember 2003 18:32

Is paaie saans net vir boewe, polisie?
Elmarie, Meyerton


Waarom moes die twee bejaardes en hul dogter doodgemaak word? Ek
verwys na die berig Vrou en haar ouers by Clarens vermoor (1
Desember). Wat kon hulle doen teen die aanvallers?

Twee ou mense en hul dogter se plan om 'n heerlike naweek by 'n
pragtige ou dorpie deur te bring het tragies geëindig.

Kry misdadigers punte van iemand of iewers om wittes dood te maak?

Ek is 57 en al jare lank 'n weduwee. Ek ry baie alleen rond, nie omdat
ek wil nie, maar omdat dit moeilik is om altyd iemand te kry om saam
te ry. Moet ek en ander mense soos ek nou maar tevrede wees om nie weg
te gaan vir 'n naweek of vakansie omdat ons nêrens meer
veilig is nie?

Verlede week moes my bure van ouer as 60 weens omstandighede laat in
die nag tussen Vereeniging en Sasolburg ry.

Die vrou het vertel 'n voertuig het aan die ander kant van die snelweg
gestaan. Nadat hul verbygery het, het die voertuig omgedraai en
kilometers ver agter hulle aangery.

Later is 'n blou lig aangeskakel en is aangedui dat hulle moet
stilhou. Eers wou hulle nie omdat hulle bang was dat dit nie werklik
die polisie is nie.

Twee swaar gewapende manne het uitgeklim en gesê hulle het gedink die
twee is smokkelaars.
Een van hulle het bygevoeg ou mense soos hulle behoort daardie tyd in
die bed te wees.

Is ons land se paaie saans dan nou net vir misdadigers en die polisie
oop?

Daar is deesdae veldtogte aan die gang teen misdaad, maar dit help
steeds niks.

http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1453441,00.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

1. Die volgende interessantheidshalwe:

Di., 02 Desember 2003 18:29

1. Die volgende interessantheidshalwe:

One of the so-called Eikenhof Three, Siphiwe James Bholo, 35, has been
arrested once again on charges of armed robbery and attempted murder. Bholo
is one of the three ANC/Communist members freed by the ruling black,
communist Regime in November 1999 after a huge propaganda campaign to
discredit and overturn their conviction and sentence for the brutal killing
of a white woman and two white teenagers, - Zandra-Ann Mitchley, 38, Shaun
Nel, 14, and Clare Silberbauer, 13, - on March 19 1993. In the end, a
'transformed' Azanian Supreme Court of Appeal set aside their sentences and
ordered them released after serving only five years of their sentence. Now,
Bholo has once again been caught robbing and trying to kill. He and more
than a dozen other black robbers apparently attacked a cash-in-transit
vehicle on the R550 road near Duduza on the East Rand from the road on July
11. Shots were fired at the security guards, but the attackers weren`t able
to steal the cash. Inspector Jaco Smit, investigating officer, says the
police found a R-5 and an AK-47 assault rifle at the scene of the robbery, -
the AK being the traditional weapon of ANC/Communist terrorists...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog koerant-opskrifte van die toekoms

Di., 02 Desember 2003 15:08

Ene DD kak homself OOK dood!
Glo in simpatie met Frikkie Potgieter

Regses verklaar hopies kak tot monumente

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Reg of nie?

Di., 02 Desember 2003 11:06

In Saterdag see koerant : Vreeslike ongelukkige Pappie omdat sy ou seuntjie
glo deur die stadspolisie met 'n rewolwer teen die kop aangehou is.
Seun het met 'n bakkie met getinte vensters ( onwettig) deur rooi
verkeersligte gery - en die polisie sit hom toe agterna.
In die proses is seun deur nog twee rooi verkeersligte, en toe die polisie
hom eindelik gestop kry, beweer hy hy het nie die sirene gehoor nie, want
die musiek in die kajuit was te hard.
Die polisie beweer die passasiers ( twee dames) het gouer as die bestuurder
uit die bakkie geklim - daarom het hulle hul wapens gebruik.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

St Lucia

Di., 02 Desember 2003 08:22

Wat is die werklike storie ivm 'n ontwikkeling van 'n hotel/lodge vir rykes
in die gebied binne 'n beskermingsgebied waarvan niemand plaaslik veel weet
nie? Blykbaar weet die Minister alles van die storie af....hy verbied
strandry om die gebied te beskerm, maar laat so iets toe wat veel erger
skade aan die omgewing gaan bring as strandry.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Guesthouse murder shocks town

Di., 02 Desember 2003 05:12

Die storie het nie eens die SABC-TV se 19:00 hoofnuusberig gisteraand gemaak
nie. Maar wel 'n nabootsing waar 3 bllange polisiemanne 'n swart polisieman
aangerand het - en waar die saak op appel verkeer....

"Frikkie Potgieter" skryf in boodskap news:m03nsvsc1c6okg1gije23v1m9q4hj476nn@4ax.com...
> Guesthouse murder shocks town
> 30/11/2003 23:58 - (SA)
>
> Print article email story
>
>
>
> Jeanne-Marie Versluis
>
> Bloemfontein - Residents of Clarens are still in shock after a woman
> and her elderly parents on a a getaway weekend were shot dead at a
> guesthouse, loaded into their car and set alight in the vehicle.
>
> Police found the charred remains of the three people and the car wreck
> outside the town in the early hours of Sunday.
>
> Three suspects were arrested within 24 hours of the murders. One was
> an employee at the guesthouse and out on parole after a car-theft
> conviction.
>
> Mihanna Badenhorst, 55, an estate agent, apparently invited her
> parents, Louis, 81, and Henrietta, 82, all of them from Bloemfontein,
> on a breakaway weekend to the eastern Free State town.
>
> Constable Christopher Mophiring said the Badenhorsts were probably
> shot dead at the "Gister se Glorie" guesthouse on Cornelia farm on
> Saturday night.
> They were loaded into the car and left on the road about 4km outside
> the town. The car was set alight.
>
> Mophiring said the first suspect, a 20-year-old man who worked at the
> guesthouse, was arrested about 13:00 on Sunday.
>
> A cellphone, torch and 7.65 pistol belonging to the Badenhorsts were
> apparently found at his girlfriend's house in Kgubetswana, Clarens.
>
> Two other suspects, aged 16 and 19, were arrested on Sunday afternoon
>
> http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_1 453049,00.html
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Gebed om leiding " deur M.M. WALTERS

Di., 02 Desember 2003 01:15

M.M. Walters

Gebed om leiding

Die leser wat hierin 'n aanval lees op enige
spesifieke gemeente begryp die strekking van die gedig nie.

Heer, U weet dat ek gelukkig is hier
in die gemeente Stellenbosch-Sentraal,
want veel seëninge ontvang ek op my werk:
deur my huisbesoek op geselekteerde testamente
is gemeentlike fondse reeds met duisende versterk.

U weet hoe die lidmate vir ons sorg:
die vrieskaste bult buitentoe, oorvol
is ons kelder van die goeie dade -
ons drink rooiwyn wat sewe jaar gerus het
saam met die vet braaivleis van genade.

U weet die kinders moet universiteit toe
en die koshuise is duur en vol en waar
is daar 'n pastorie met sewe huurstudente?
Net op Stellenbosch is so 'n kans vir dié goue gans
toelaatbaar volgens kerklike reglemente.

Ek speel in die eerste tennisspan
en ons wen nou al drie jaar na mekaar.
Maar 'n mens moet kompetisie hê - U weet:
soos Satan elke Sondagmôre
sy invloed teen u roepstem meet.

U kudde val nou die kuns ten prooi
want godslastering word verlig en letterkundig mooi.
Hoe kan ek bly waarsku teen die bose spel
as ek nie sêlf, met my komplimentêre kaartjie,
my slagyster in die Thom gaan stel?

(Die klein sondetjies met my buurvrou
het ek alreeds voor U bely - net nou en dan
bedien ons nog die sakramente.
Kan ek haar dan sommer sê laat staan,
sonder groetnis sê en komplimente?)

Ag, en die akademiese omgaan en verkeer
met al die professore, hoe kan ek dit ontbeer -
ék wat so graag delf in die duisterhede,
so lank gewag het op 'n kweekskoolstem
in antwoord op my broederse gebede.

Nou kom U met dié beroep
na die sendinggemeente op Merweville .
vir mý, gereelde voorsitter van die Ring!
Alle grappies op 'n stokkie, Meester,
is U ernstig met die ding?

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Derde partye kan nou grondeise teen boere instel

Ma., 01 Desember 2003 19:22

Willie Marais tydens HNP-Hoofbestuur:
Derde partye kan nou grondeise teen boere instel

(Deur Jakkie Basson)

DIE skokkende nuus is bekendgemaak dat derde partye grondeise teen
boere kan instel sonder dat hulle self daarvan weet. Dit kom op
bedrog neer, maar is 'n duidelike aanduiding van hoe immoreel daar
teen die blanke in hierdie land opgetree word.

Dit was maar een van vele aspekte wat mnr Willie Marais aangehaal het
van hoe die blanke onder 'n kommunistiese ANC-bewind afgeknou word.
Die ANC-regime is besig om doelbewus die swarte te bevoordeel ten
koste van die blanke, en grondroof is een van die belangrikste metodes
om die Afrikaner van sy besitreg te vervreem, het mnr Marais
gewaarsku. TLUSA het reeds in 'n nuusbrief aan sy lede gewaarsku teen
hierdie praktyk wat die boer nog meer weerloos as vantevore maak oor
die vervreemding van sy grond.

Die implikasies van hierdie besluit is dat grondeise teen 'n boer se
grond ingedien kan word wat nie plaasvind in die naam van die eiser
self nie, maar deur 'n derde persoon wat nie direkte belang by die
saak het nie. Dit open die weg vir gewetenlose spekulante om eise in
te dien om dan op hierdie wyse finansiële voordeel uit 'n saak te trek
waarby hulle inderdaad geen belang het nie.

Dit is net 'n verdere stap om, deur dit toe te laat, die proses te
versnel om die boer van sy grond te vervreem, en dit al meer in die
hande van swartes te laat beland wat geen benul van moderne boerdery
het nie. Dit het dus 'n tweeledige uitwerking, naamlik dat die
produktiewe boer van sy grond afgewerk word, en dat 'n onproduktiewe
swarte sy plek inneem wat die grond laat verwaarloos en geen voedsel
geproduseer word nie. Dit sal 'n ramp vir Suid-Afrika wees.

Daarom benadruk mnr Marais dit sterk dat die boer intensief sal moet
navorsing doen om vas te stel wie die grondeiser is. Anders loop hy
die gevaar om deur administratiewe stappe van sy grond verdryf te
word.

Mnr Marais het ook gewys op die woelinge binne die NG Kerk. Twee
sinodes, Wes- en Suid-Kaap en Oos-Kaap, het reeds die Belhar belydenis
aanvaar.
Sodoende word druk op die ander sinodes uitgeoefen om dieselfde te
doen, en tydens die volgende algemene sinode die saak deur te druk.
Dit moet noodwendig tot nog 'n skeuring in die kerk lei.

In die lig daarvan het mnr Marais 'n beroep op diegene wat nog lid van
die NG Kerk is, gedoen om 'n gesamentlike aksie van stapel te laat
loop wanneer dit plaasvind.

Oor die beheer van die ekonomie in Suid-Afrika, het mnr Marais daarop
gewys dat aanvanklik die Britte 'n 92% belang in die ekonomie van die
land gehad het. Die Afrikaner was daarvan uitgesluit. Nou word
doelbewuste pogings aangewend om die swartman in beheer van die
ekonomie van die land te plaas.
Swart bemagtiging word hiervoor ingespan.

Internasionaal, veral in die VSA, duur die resessie voort, en
aandelebeurse wêreldwyd stort in duie. Daar is wel oplewings, maar
daarna daal dit weer verder as wat dit gestyg het, soos die Nasdac wat
al met 70% geval het, en die Dow Jones met 30%. Werkloosheid in die
VSA is 6%, terwyl as die kerf van 8% bereik word, dit katastrofies sal
wees. Amerika se handelsbalans tekort wek ook kommer, en dit dui
daarop dat die VSA sal moet geld leen.
Vanjaar het 1 613 000 meer mense bankrot gespeel as in vorige jare.
Dit hou gevaar in vir die wêreldekonomie.

Suid-Afrika is 'n derdewêreldland waar moord, korrupsie en verkragting
aan die orde van die dag is. Daardeur word die morele vesel van die
land vernietig. Die aanduidings is dat in Suid-Afrika die spreekwoord
dat misdaad nie betaal nie, weerlê word.

Dan het die Prokureursorde pas laat blyk dat ook die regswese tot
skande gekom het. Vonnisse teen die staat word bloot geïgnoreer.
Tesame daarmee is die standaard van wetskrywers besig om onrusbarend
agteruit te gaan. Regters kritiseer gedurig die situasie waarmee
hulle te kampe kry. Selfs regters en landdroste word deur die
appèlhof voor stok gekry. Intussen is swartes besig om die beroep oor
te neem.

Die HNP se oproep dat kiesers moet wegbly van die stembus aanstaande
jaar, moet met erns uitgedra word. Die ANC is besig om met die
naamsverandering van Pretoria nog 'n hou na die blanke te mik. Die
naam, Transvaal het reeds verdwyn, en nou is die aanslag op Pretoria.
Dit sal massa-optrede van Afrikaners vereis om dit te verhoed.
Alhoewel dit nie nou tyd is vir fisiese verset nie, sal daadwerklik
opgetree moet word om die stap af te weer. Borde met die naam,
Tshwane is reeds op die hoofweë op pad na Pretoria aangebring.

Dit is belangrik dat die aksie rondom Pretoria landwyd sal moet
uitkring. Afrikaners sal moet saamstaan om hierdie skande af te weer.

http://www.hnp.org.za/

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496  497  498  499  500  501    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 22:51:47 UTC 2025