Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ontheemde
ontheemde [boodskap #151088] Di., 31 Maart 2026 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25002
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ontheemde
Afbreking: ont•heem•de
Samestelling: ontheem + -de


Selfstandige naamwoord: ontheemde
Meervoud: ontheemdes

Betekenis:
• 'n Persoon wat sy tuiste noodgedwonge moes verlaat, o.a. as gevolg van 'n natuurramp of oorlog.

Gebruik:
• Ná die veldbrand het hulporganisasies probeer om al die ontheemdes by te staan.

Sinoniem:
• daklose
• ontwortelde
• uitgewekene
• uitgeworpene

Vertaling:
Engels: displaced person, homeless, vagrant
Nederlands: ontheemde


Byvoeglike naamwoord: ontheem
Attributief: ontheemde

Betekenis:
• Attributiewe vorm van ontheem. Wat sy tuiste verloor het.

Gebruik:
• In 'n wêreld waar ons van ons familie en vriende ontheem is, met naastes oraloor die aardbol versprei, voel ons dikwels onbeholpe en alleen.
• Die ontheemde gesin het tydelik by familie ingetrek.

Vertaling:
Engels: displaced
Nederlands: ontheemde

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voortbeweging
Volgende onderwerp: leprakolonie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr. Mei 01 14:56:04 UTC 2026