Die sterftesyfer onder vroue tussen 20 en 49 het die afgelope ses jaar met
168% gestyg, en navorsers vrees dit kan net aan MIV-vigs toegeskryf word.
Die Mediese Navorsingsraad se jongste syfers toon daar is verlede jaar 457
000 mense dood, 68% meer as die 272 000 in 1998. Die sterftesyfer onder
volwassenes het met 48% toegeneem.
Dr. Debbie Bradshaw sê die toename is sê drasties dat dit nie toegeskryf kan
word aan bevolkingsgroei of 'n verbetering in die registrasie van sterftes
nie. Sy het gesê die verskaffing van antiretrovirale medisyne sal
vigssterftes vertraag, maar nie voorkom nie.
Drie-uur in die môre
dring die roep van die groot hokleeus
diep uit die stad;
drie-uur in die môre
stoot die haat uit die hoë
vlamgeel oë
wyd oor die stad ...
En die vrees
klim deur die tralies en ruk
die kleingedierte tot krimpende skrik,
stamp
die smalhoef-bokke se vlug
keer op keer teen die yster terug;
(die jakkalsies draf met vinniger pas
om en om in die woede vas)
en die groot geskofte diere skaar
saam teen die nag met gespitste staar ...
Huise, geboue en beton
kantel en keer teen die horison,
krummel tot klip en gate grot
waar die oermens saamgehurk en bot
agter die skanse van sy vuur
swart in die nag se dreiging tuur ...
'n Geelhoutboog span
tot spies en swaard;
dryf die vrees uit die oerwoud terug
met dorpe, heinings en ysterbrug,
keer die trots en die ruimte in,
kring die leeu en die geel leeuín,
tot die rustelose klein arena
die aalmoese vleis
en die bitter staar.
Maar skielik in Moskou in Berlyn
brul hy hom los in blinder pyn
skeur hy in kampe, die langkanon
die angs wydoop teen die horison;
rank hy sy haat deur die stratosfeer
(en die grou as vlek op die lande neer)
tot die roggel ruk in die laaste keel
en die aarde weer woes is
leeg
en heel.
'n Duitse ontbloter is met sy broek op die knieë gevang nadat dit afgegly
het terwyl hy probeer het om weg te hardloop.
Die 34-jarige man het homself aan 'n vrou in Bielefeld, Duitsland, ontbloot,
maar is gevang na die vrou se krete van woede deur 'n polisiepatrollie in
die omgewing gehoor is.
Toe die patrolliemotor langs die man tot stilstand kom, het hy probeer
weghardloop, maar het oor sy broek geval. Sy broek het verloor nadat hy
vergeet het om die ritsluiter op te trek voor hy begin hardloop het.
Hy word nou aangekla van openbare onsedelikheid. (www.ananova.com)
Dalk sal van julle weet dat die Namibiese regering vure doodslaan dat die
biesies bewe oor berigte wat in die pers verskyn het van plase wat vir
onteiening geoormerk was en spesifiek plase waarop arbeidsprobleme in die
verlede was en daarom in 'n soort van 'n vergeldingsaksie onteien gaan word.
Beide ons president en eerste minister praat heel OK as hulle hul toesprake
wat vir hulle geskryf word staan en aflees. Dis egter die slag as hulle
die kop lig, met die voorvinger wys en ad hoc begin praat, dat die pret
begin en dinge kwytraak wat maak dat die joernaliste laat piepie van
lekkerkry want môre se voorblad gaan hul koerant lekker laat verkoop. Dan
moet die regering maar weer water oor die vure gooi............
Jannie kom tuis van die skool. Sy vader vra hom hoe was sy dag op skool.
"Wel pa, ek het vandag soos 'n gek gevoel want ek het nie geweet wat is die
verskil tussen potensieel en werklikheid".
"Jannie, gaan vra jou ma of sy met die buurman sal slaap vir een miljoen
euro"
Jannie keer terug, geskok, en sê, "Sy het gesê ja!"
"Goed Jannie, vra nou jou suster dieselfde vraag"
'n Paar minute later is Jannie terug, weer geskok, "Pa, sy sê ook ja!"
"Dus, jy sien Jannie, daar is jou antwoord"
Nou is Jannie verwonderd, "Pa, ek begryp nog nie"
"Luister Jannie, ons het die POTENSIEEL om multimiljoenêrs te wees, maar in
WERKLIKHEID is ons straatarm en woon ons saam met twee hoere"