Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: It soon Come

Sun, 07 March 2004 11:10

Met so 'n bombevokte persoon moet jy net ignoreer en hulle verdwyn by
hulself. Dit is soos 'n drie jaar oud kind wat will aandag trek en enige
gemors sal aanja om die aandag te kry.

"Rhino" skryf in boodskap news:404b0286$0$3958$afc38c87@news.optusnet.com.au...
> Why? are you playing with yourself. No need to tell us you are wanking. No
> need to warn us you are going to mess on your pants. Go and play with your
> mudder and show her all your bombevok ideas
> "Nude Raider" wrote in message
> news:6SL8N2QB38053.4946759259@anonymous.poster...
>>
>> It soon come
>> It feel right
>> I did warn you
>>
>> --
>> Questo messaggio e' stato inoltrato automaticamente
>> da un paio di anonymous remailer. Il mittente originale
>> e' sconosciuto e non identificabile. Datevi pace.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Net as jy RERIG will

Sun, 07 March 2004 06:39

> GELD MAAK
> 1030...@inforeply.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

En daar was musiek

Sat, 06 March 2004 23:11

Afrikaners is plesierig ... en nog baie meer ...

Dit is 'n nuwe toevoeging van die MidiBoer.

So waarvoor wag jy ... Gaan sing saam.

www.midiboer.co.za

Musiek & liriek | 3 kommentare

Goeie Nuus

Sat, 06 March 2004 20:03

Felicia gaan van die lug afgehaal word

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

We was robbed....

Sat, 06 March 2004 13:05

Die Sharks het die Brumbies 'n pakslae gegee - maar die skeidsregter het
daarteen besluit.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Sterftesyfer styg kwaai

Fri, 05 March 2004 19:21

Klets 4 Maart 2004

Die sterftesyfer onder vroue tussen 20 en 49 het die afgelope ses jaar met
168% gestyg, en navorsers vrees dit kan net aan MIV-vigs toegeskryf word.
Die Mediese Navorsingsraad se jongste syfers toon daar is verlede jaar 457
000 mense dood, 68% meer as die 272 000 in 1998. Die sterftesyfer onder
volwassenes het met 48% toegeneem.
Dr. Debbie Bradshaw sê die toename is sê drasties dat dit nie toegeskryf kan
word aan bevolkingsgroei of 'n verbetering in die registrasie van sterftes
nie. Sy het gesê die verskaffing van antiretrovirale medisyne sal
vigssterftes vertraag, maar nie voorkom nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Kobaltbom " deur G.A. WATERMEYER

Fri, 05 March 2004 19:09

G.A. Watermeyer

Kobaltbom

Drie-uur in die môre
dring die roep van die groot hokleeus
diep uit die stad;
drie-uur in die môre
stoot die haat uit die hoë
vlamgeel oë
wyd oor die stad ...
En die vrees
klim deur die tralies en ruk
die kleingedierte tot krimpende skrik,
stamp
die smalhoef-bokke se vlug
keer op keer teen die yster terug;
(die jakkalsies draf met vinniger pas
om en om in die woede vas)
en die groot geskofte diere skaar
saam teen die nag met gespitste staar ...
Huise, geboue en beton
kantel en keer teen die horison,
krummel tot klip en gate grot
waar die oermens saamgehurk en bot
agter die skanse van sy vuur
swart in die nag se dreiging tuur ...
'n Geelhoutboog span
tot spies en swaard;
dryf die vrees uit die oerwoud terug
met dorpe, heinings en ysterbrug,
keer die trots en die ruimte in,
kring die leeu en die geel leeuín,
tot die rustelose klein arena
die aalmoese vleis
en die bitter staar.
Maar skielik in Moskou in Berlyn
brul hy hom los in blinder pyn
skeur hy in kampe, die langkanon
die angs wydoop teen die horison;
rank hy sy haat deur die stratosfeer
(en die grou as vlek op die lande neer)
tot die roggel ruk in die laaste keel
en die aarde weer woes is
leeg
en heel.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Kort film. (4 minute)

Fri, 05 March 2004 11:11

Vir die met 'n lekker breë koppeling met internet:

http://www.pixar.com/theater/shorts/rd/quicktime/rd_320.mov

Hierdie een kry 10/10 van my!

Max____________________________

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Moerse guns

Fri, 05 March 2004 11:09

Kan ons almal saamstaan en daai ander doos heeltemal ignoreer. Dis al hoe hy
weg sal gaan.

Sy poste het begin met "shame, nog 'n messed up little fuck", verby amusant,
maar dit trek nou by kotsenswaardig.

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Man met broek op knieë gevang

Fri, 05 March 2004 10:18

'n Duitse ontbloter is met sy broek op die knieë gevang nadat dit afgegly
het terwyl hy probeer het om weg te hardloop.
Die 34-jarige man het homself aan 'n vrou in Bielefeld, Duitsland, ontbloot,
maar is gevang na die vrou se krete van woede deur 'n polisiepatrollie in
die omgewing gehoor is.
Toe die patrolliemotor langs die man tot stilstand kom, het hy probeer
weghardloop, maar het oor sy broek geval. Sy broek het verloor nadat hy
vergeet het om die ritsluiter op te trek voor hy begin hardloop het.
Hy word nou aangekla van openbare onsedelikheid. (www.ananova.com)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    437  438  439  440  441  442  443  444  445  446  447  448  449  450  451  452    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 17:36:45 UTC 2025