Ek sien Pieter Marais staan nie meer met 'n snaakse rugbybal nie.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
The main battlefield for good is not the
open ground of the public arena but the
small clearing of each heart.
( Life of Pi by Yann Martel)
Ons hou verkiesing oor 'n maand - en dit lyk asof die poitieke partye wag
vir die laaste week om mense se aandag te kry.
Daar is 21 partye wat staan vir die parlementêre verkiesing - nie eers die
helfte van hulle weet ek van wat enige verkiesingsveldtog loods nie.
--
Annette
Geskryf vir die Fynproewersgilde -
eintlik vir Annatjie Melck
I. Herfs
Die Pieke wissel in 'n kwepergloed
wat appels en die laaste druiwe voed;
die wingerde verroes tot rooi pontak
terwyl uit eikebome koperblare sak.
Die bye en jangroentjies steek suikerkanne
en kerse van die populiere brand. Ontspanne
drink jy vonkelwyn en koer: op die dak
lê reeds die rye boerpampoene weggepak.
Nou met brokkolie, blomkool en sampioene
spriet 'n dieper drif en soet uit suurlemoene;
jy smul aan borriepatats en, gesmoor of gerook,
voel jy in jou die eerste snoek wat loop.
II. Winter
Die Pieke skuil in mis of wit kapok
bo lensie-, ertjie-, spek-en-boontjiesop
wat damp teen vensters van wit gewelmure.
Bottels rooiwyn warm aan voor kaggelvure
en in houtbakke volgens die seisoen
staan koejawels opgestapel en soetlemoene.
Ons sal by tye met intiemer tongval praat;
kerriekos eet, varkrib en bruin wildbraad,
souskluitjies met kaneel, gesproete pannekoek.
Wanneer jou kop sy reglê op die kussing soek,
raas die Eersterivier harder en vol,
en in jou word die klippe ronder omgerol.
III. Lente
Die Pieke blaai na ander buie, blou of groen,
maar met alles om jou heen is jy versoen:
die bot van eike en platane, die vleie
geprik met waterblommetjies, beddings met preie,
jong wortels en aspersies - klewerige hars
aan vroeperskes, die nat sekelsnit van gars,
en dampe uit dolvore. Eentonig die geluid,
êrens uit die dennebos, van Piet-my-vrou se fluit.
Jy kerf kolganse, tarentale en konyne;
sing saam aan ou refreine, drink jong wyne
op bobbejaantjies en fluweeltjies . die beskeie
eerste proe aan rooi punte van aarbeie.
IV. Somer
Die Pieke tril van hitte. Die Suidoos
blaasbalk pruime af en vonke appelkoos;
sonbesies gil, rooier word rabarber en radyse;
koljander word gestamp in kopervysels.
Teenoor bure en besoekers gloei 'n welbehae
en deur erfglase skitter die Ster bo dié feesdae
van kalkoene en doekpoeding . koue waatlemoene,
spanspekke, kreef, alikruk en perlemoene.
Kantelbakke poer met boeselpense druiwe
wat parsskroewe in koel kelders nader skuiwe -
die hele wêreld gis, gebreekte dop en mos,
daar is geen ander dorp soos Stellenbosch!
Alles is rustig, dis nou behalwe die verkiesings, bomme, rugbyoorwinnings en
gevangde veiligheidswagte, begin regter Siraj Desai se hofsaak vandag in
Indië. Miskien verskil die Indiese regstelsel 'n bietjie van ons s'n.
Lyk my daar is baie meer ophef oor die storie hier as in Angola en Namibië,
alhoewel daar meer mense van daardie twee lande is wat gevang is.
Almal het egter SA Paspoorte gehad.
Ons Dept van Binnelandse sake slaap nie:))
--
Annette