Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Gebed " deur CHARL DURAND

Vr., 09 April 2004 02:03

.
GEBED
Charl Durand

onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.

trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Langnaweek?

Do., 08 April 2004 15:54

Dis so stil op die ng mens sou sweer die hele spul is op naweek?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaners is Plesierig

Wo., 07 April 2004 20:08

Enige idee waar ek in die UK kan gaan Volkspele?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Totius

Wo., 07 April 2004 18:54

Sommige van Totius se gedigte is so diep aangrypend dat ek dit met moeite
kan lees. Niemand wat kinders het kan sy gedigte oor die dood van sy
seuntjie, na baie lyding, en sy dogtertjie, wat deur die weerlig doodgeslaan
is lees sonder om diep ontroer te word nie. Hier is sy "Die Oue Put" met
sterk evokatiewe beelde van uitmergelende hitte en droogte, van
verwaarlosing en selflose moederliefde. Seker 'n sentimentele gedig in
moderne terme, maar wat is daarmee verkeerd om sentimenteel te wees?
Nietemin - 'n gedig wat op baie vlakke tot my spreek en veel betekenis inhou
vir my. Ek het so lank daarna gesoek en geweet ek het dit iewers. Vandag
ontdek ek dit in 'n versameling byeengebring deur CM van den Heever, wat ek
al vergeet het ek besit. Dansky die moderne tegnologie kon ek dit scan in in
Word korrigeer. Vergewe as daar tog nog tikfoute deurgekom het.

DIE OUE PUT

Ginds op 'n koppie, ver geleë,
weg van die woel'ge werf en weë,
armoedig lê en skaars beskut
in middagslaap die oue put.

Geen voël laat sy lied daar klink nie,
Geen doringboom sy skadu sink nie
Op leiklip-brokkies wat lê braai
in middaggloed se ligte laai.

Verwaarlosing se ongenade
spreek uit die stukke pale en drade,
waarbinne staan 'n slingerwiel:
die toegang tot 'n diepe siel,

tot swyggeheim van waterwonder
wat rustig lê in dieptes onder,
tot sag 'n windjie hulle ontwek
voordat die kuddes bronwaarts trek.

Intussen daal van hemeltinne
deur somber skemering daarbinne
'n langgespanne siIwerdraad
Wat afglans op haar stil gelaat.

'n Wyle, en dis al verlede -
'n klippie duikel na benede . . .
Waar kom die wekkertjie vandaan?.... .
Het die awendkoelte dit gedaan? . . .

'n Wyle, en dis al ontroering
en alte wrede rus-ontvoering;
want nou gaan oop die deksel wat
geheel ontsluit haar koele skat.

Sy hoor naby en altyd nader
die skapies om haar heen vergader;
Sy open mild haar waterfles
om al wat kom die dors te les.

Dit put maar en sy gee maar immer,
dit put maar en sy weier nimmer,
net soos 'n moeder, so opreg,
gee sy haar laaste druppel weg!

Straks gaan die skapies almal weg weer
die putters skuif die sluitsteen reg weer,
en niemand dink dan langer om
haar so vervalle heiligdom.

Haar lewe is soos die moederlewe:
by ondank immer bly te gewe;
maar 'k hoor, as hul het heengegaan,
diep onder tap... . 'n watertraan!

Prosa & poësie | 1 kommentaar

10 Jaar

Wo., 07 April 2004 09:37

Dit het 10 jaar geneem vir Kofi Anan om te erken die VN het 'n fout gemaak
om nie hulp te verleen aan die slagoffers en hul gesinne van die slagting in
Rwanda 10 gelede nie.
Gaan dit 'n verdere 10 jaar neem vir die VN om dieselfde erkenning te doen
ivm Zimbabwe?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Prioriteite?

Wo., 07 April 2004 07:08

Vanoggend op StemSaam was daar iemand wat gepraat het oor padveiligheid. 'n
Inbeller het vertel dat hy nie kan aangaan met sy besigheid nie, omdat die
lisensiemense 'n fout gemaak het met sy voertuig, dit slegs deur 'n
polisiebeampte reggestel kan word, en dat geen polisieman beskikbaar is om
hom te help tot na die verkiesing nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

bootable dvd

Wo., 07 April 2004 02:28

Kan iemand my vertel hoe om 'n "bootable DVD" in Windows XP te maak?

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Nog 'n miljoen werksoekers sak uit

Di., 06 April 2004 15:58

Die aantal ontmoedigde werksoekers het tussen Maart en September verlede
jaar met een miljoen toegeneem, terwyl werkgewers aangehou het om hoër lone
aan 'n dalende getal werkers te betaal volgens syfers wat SA Statistiek
bekend gemaak het.
Dié situasie sal waarskynlik olie op die vuur wees van klagtes dat formele
werkers 'n elite in die arbeidsmark is ten koste van die werkloses. Die
ekonomies-onaktiewe bevolking het gestyg van 12.7 miljoen tot 13.7 miljoen
en impliseer dat die ekonomies-aktiewe bevolking 16.2 miljoen is.
'n Ekonoom wat naamloos wil bly het aan Mail & Guardian gesê daar is 'n
kritieke behoefte aan groter opleiding en dat die regering se openbare werke
program slegs tydelike verligting vir die werkloses en armes sal bring.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Straks mag ons nie meer joints rook nie!

Di., 06 April 2004 12:04

Nederland het nou 'n massa mense laat ophou rook deur die sigaretprys in een
klap met EUR 0,80 per pakkie te verhoog (oftewel meer as 20%). Dit kos nou
EUR 4,60 per pakkie van 25.

Jors troelie het ook agt weke terug laas aan nikotien geraak. (Kloppie op my
skouer) Verbasend hoe maklik dit is/was. Ek het vyftien jaar gerook. My
geheim is nie om plakkers of kougom te gebruik nie. Maak net jou oë oop en
kyk hoe die regering jou rook met belasting... Ek het my moer so gestrip dat
ek skoon vergeet het om weer te rook!

Nee, ek praat strooi, ek smag nog af en toe na 'n sigaretjie, maar ek is
sterker as hy!

Nou wil hulle die coffeeshops aanpak. Blykbaar sit daar nou twee keer soveel
genot 'n 'n joint as vyf jaar gelede. Dit laat die regering bang word dat
die 400 000 mense wat af en toe 'n pretsigaret rook té veel THC inkry. Nou
weet ek nie wat nou so erg is aan te veel THC nie, want dood sal jy nie gaan
daarvan nie. Dis ook nie lekker as jy te veel gerook het nie...

Wat my nou pla is, as die regering nou later agterkom dat hulle nie meer
soveel belasting uit die sigaretverkope kry nie, ook nie uit die
daggaverkope nie, dan gaan hulle die inkomstebelasting, of die BTW weer
omhoog sit, en dan moet ek al die geld wat ek nou spaar omdat ek nie meer
rook nie, tóg gaan betaal aan belasting.

Ek wens so ek het grootgeword in die tyd toe botter nog gesond was, toe
niemand van margerien geweet het nie. Toe net die slim dokters van
cholesterol en hartvate en dinge geweet het.

Toe suiker nog energie was.

Toe die manne nog die broeke gedra het.

Toe swartes nog swartes was... (sorry Gloudie)

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Italië is die vinnigste land.

Di., 06 April 2004 11:44

In Italië word die spoedbeperking op snelweë met 'n "skouer" nou 150 km/h.

Max____________________________

Wiele | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    425  426  427  428  429  430  431  432  433  434  435  436  437  438  439  440    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 22:59:51 UTC 2025