Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
Groete
Georg
Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!
As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.
Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.
Die persoon wat die VSA aangewys het as leier is dood in 'n bomontploffing.
Sal dit beteken dat daar nie 'n oorhandiging en onttrekking op 30/6 gaan
plaasvind nie?
--
Annette
Mens sal altyd kan twyfel en konklusies het sterk aanduidings nodig,
wat hier nie is nie (soos die skrywer self se).
Dit val egter wel op hoe gerieflik die tragedie vir die Bush-kamp in
die VSA gebeur het. Tot by die eerste regstreekse verband tussen
Al-Kaida en optrede teen die VSA in Irak.
On Sun, 16 May 2004 13:12:05 +0200, "superman"
wrote:
Die banke behoort nou kaartjie-spaarplanne te verkoop teen R15/maand en dan
behoort 'n mens een te kan bekosting in 2010 (afhangende van bankkostes
natuurlik).