| waterpokkies [boodskap #146707] |
Do., 17 Oktober 2024 09:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 23846 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kind met waterpokke.
waterpokkies
Afbreking: wa•ter•pok•kies
Samestelling: water + pokkies
Selfstandige naamwoord: –
Meervoud: waterpokke
Verkleinwoord: –
Meervoud van verkleining: waterpokkies
Betekenis:
• Aansteeklike kindersiekte wat 'n uitslag van klein donkerrooi knoppies op die lyf veroorsaak.
Gebruik:
• Een aanval van waterpokkies besorg gewoonlik lewenslange immuniteit.
Sinoniem:
• variola
• varisella
Verwant:
• gordelroos
Vertaling:
Engels: chicken pox, varicella
Nederlands: waterpokken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|