Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloudina en haar gedigte

Wo., 19 Mei 2004 21:15

Ek praat onder korreksie maar sover ek weet mag jy nie sonder die uitgewers
se toestemming enige gedig of deel van 'n gedig op enige manier kopie�r nie.

Dit beteken dat dit wat jy hier doen is moontlik teen die wet. Hel en jy
preek jou gat af hier vir ons

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ek Wonder Net

Wo., 19 Mei 2004 14:09

Ek is nou al 'n geruime tyd 'n leser van die nuusgroep en sover ek agterkom
is die mederheid lesers hier binne volharde rassiste, is ek verkeerd? Almal
is so gou om af te breek aan ons Suid-Afrika dit is nie genoeg dat
buitelanders ons alreeds uitkryt as 'n klomp barbare nie, maar ek dink ons
as 'n volk moet saam staan ons kan wragtig ook nie nog loop en staan en
klippe gooi nie. Ek is trots op my land met al sy neuke, streke,en gebreke
en dit gaan werk kos om hom op te dollies maar nou ja dit is iets wat ek
bereids om te doen vir 'n beter Suid-Afrika eerder as om op die wal te sit
en klippe te stook op die wat vasbyt en volhard. Wie kan se dat hulle nie
trots is op Suid-Afrika as as hulle ons volkslied en vlag voor 'n rugby game
of ander byeenkoms sien nie of daai Trots Suid-Afrikaanse advertensies op tv
sien nie? Ek weet van julle sal nou reageer met 'n klap in die gesig
aanmerking op my stellings maar nou ja al wat ek kan se is ek is lief vir my
land Suid-Afrika.

Patriot

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Gloudina en haar gedigte

Wo., 19 Mei 2004 13:02

Riaan - met alle respek. Poësie is "public domain". Ek kan nie verstaan
waarom digters kapsie maak teen die publisering van hulle gedigte nie -
hulle wil tog hê mens moet dit lees?

(Anti - moet nooit sê dat ek nog nie vir jou opgestaan het nie ....)

"Riaan" skryf in boodskap news:1084968847.967057@proxy.jhb.stormnet.co.za...
> Ek praat onder korreksie maar sover ek weet mag jy nie sonder die uitgewers
> se toestemming enige gedig of deel van 'n gedig op enige manier kopie�r nie.
>
> Dit beteken dat dit wat jy hier doen is moontlik teen die wet. Hel en jy
> preek jou gat af hier vir ons
>

Prosa & poësie | 65 kommentare

Ek stems\ saam

Di., 18 Mei 2004 23:44

Ek het op hierde aanhaling van Clavin afgekom. Sorry dis in Engels Antie, maar om dit in Afrikaans te vertaal sal 'n sonde wees.

"That's the difference between me and the rest of the world! Happiness isn't good enough for me! I demand euphoria!"
-Calvin

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Kennis tydperk by jou werk

Di., 18 Mei 2004 22:17

Wat is die ergste wat met 'n persoon kan gebeur wat 24 uur kennis gee, al is
hy volgens sy kontrak verplig om 'n maand kennis te gee.

Hulle kan 'n persoon tog nie maak werk nie. Is dit nie beter vir 'n plek om
'n persoon wat wil loop so gou as moontlik te laat gaan nie, eerder as om
met 'n persoon opgeskeep te sit wat in elk geval nie daar wil wees nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Rietsang " deur PETRA MULLER

Di., 18 Mei 2004 20:27

RIETSANG (elegia juncea : duineriet)
Petra Muller

die riete se naam is elegies
die riete se naam is "elegies"

elegies elegies - die wind en die riete -
deur eeue - die wind as dit vee
deur die riete - die riete wat meegee -
elegies!

elegies.... wat spriet en ... elegies. Riete:
Oktober sal kom, en julle gesny word. Hans Huis
sal die riethuis van nuuts af kom staan maak

en julle sal wag tot die winter gekom het,
en blom, onvermeld, met 'n blom wat sy teerheid
verskuil in 'n hulsel bruin skubbe;

moet niks meer vertel nie, dis alles 'n stilte:
die uintjie, die ribbok, die slangtamarak -
moet niks meer vertel nie : die veld
onvertaalbaar, bly altyd
die veld.

Prosa & poësie | 6 kommentare

Re: Kennis tydperk by jou werk

Di., 18 Mei 2004 19:19

Riaan wrote:
> Wat is die ergste wat met 'n persoon kan gebeur wat 24 uur kennis gee, al is
> hy volgens sy kontrak verplig om 'n maand kennis te gee.
>
> Hulle kan 'n persoon tog nie maak werk nie. Is dit nie beter vir 'n plek om
> 'n persoon wat wil loop so gou as moontlik te laat gaan nie, eerder as om
> met 'n persoon opgeskeep te sit wat in elk geval nie daar wil wees nie.
>

Jy's reg, hulle kan hom nie maak werk nie. Hulle kan hom wel
verantwoordelik hou vir enige geldelike verliese wat hulle ly agv die te
vroeë bedanking en dit dan aftrek van enige gelde aan hom verskuldig.
Dit hang alles af van wat in sy kontrak staan. Hy verbeur in elk geval
enige salaris en ander voordele.

--
_______
| OSCAR |
|KNERSUS|
|__&CO__|

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Help 'n eensame asb.

Di., 18 Mei 2004 11:28

Mens gaan tog nie Skotland toe om Afrikaanse maatjies te gaan soek nie...?

Sê vir haar sy moet www.voetsek.com gaan soek...

(Ek was toevallig nou net daar om gou te gaan kyk of die adres reg is,
daar's 'n webcam van Kaapstad... Ag siestog, watse weer het julle nou
alweer? Hier is dit heerlik sonnig!)

Max____________________________

"Annette" skryf in boodskap news:c8aemj$6nk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> 'n Afrikaanse wat in Elgin (Skotland) naby Inverness bly is eensaam. Ken
> julle 'n SA wat daar naby woon?
> --
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid

Di., 18 Mei 2004 09:43

Grondroof in Namibia is nou 'n werklikheid. Kennisgewing van 'n besluit om
sekere plase teen markpreis aan te koop is deur die polisie aan 15 eienaars
oorhandig. Plase is gedeeltelik uitgesoek om boere te straf, wat voorheen
met die regering of polisie of hul werkers oorhoeks was. Ander plase behoort
aan buitelanders (soos Suid Afrikaners).
Dit word bespiegel, dat die minister Pohamba dit gebruik om sy aspirasies
vir presidentskap te bevorder. Daarby speel dit blykbaar nie 'n rol, wat se
verskriklike negatiewe reaksie dit in die buiteland sal veroorsaak.
Groete
Georg

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

" Mag dit behoue bly " deur PETER BLUM

Ma., 17 Mei 2004 13:52

Uit "Wat die Hart van Vol is"
Peter Blum

Mag dit behoue bly

Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!

As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.

Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    412  413  414  415  416  417  418  419  420  421  422  423  424  425  426  427    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 04 12:06:50 UTC 2026