Vir die wat kan Engels lees en verstaan:))
How smart is your right foot?
>
> This is so funny that it will boggle your mind. And you will keep trying at
> least 50 more times to see if you can outsmart your foot, but you can't.
>
> While sitting at your desk, lift your right foot off the floor and make
> clockwise circles.
>
> Now, while doing this, draw the number "6" in the air with your right hand.
>
> Your foot will change direction.
--
Annette
Iemand wat ek ken het 8 klein hondjies wat sy wil weggee. Ek het die
skatlike goedjies gister gesien, en die een is ouliker as die ander. Die ma
is 'n vriendelike kleinerige bruin hond van onsekere afkoms. Die pa is 'n
opregte wit en swart skaaphond met een blou en een bruin oog. Hoogs
intelligent.
Nie een van die kleintjies lyk dieselfde nie, maar daar is slegs een
gespikkelde buine en een met groot bruin kolle ( die oulikste) - die ander
is almal wit en swart.
--
Annette
Alhoewel die bruinmense slegs 9% van die bevolkiing uitmaak, word 106 uit
elke 100 000 vermoor - die meeste landswyd. Op dit volg vermoordes uit 100
000 - 41 swart mense, 30 wit mense en 27 Indiërs. Nasionaal is die syfer 48
uit elke 100 000
18% van die in gevangenisse is bruinmense.
Werkloosheid het sedert 1994 onder bruinmense toegeneem met 35% en onder
swartes 19%.
Voor 1990 was die moorde wat deur bruines gepleeg is met vuurwapens 5% -
nou is dit 41%.
In 68% van die gevalle het bruines alkohol in hul bloed as hulle sterf, en
die gemiddelde syfer is 50%.
--
Annette
Verlede jaar is diagnostiese toetse gedoen deur Gr 6 leerlinge in skole in
die Kaap. Skole met minder as 10 kinders in die klas het nie deelgeneem nie.
Die toetse is gedoen op 34 596 gr 6 leerlinge by 1079 skole.
Die uitslag toon dat 15.6% van die leerlinge kan tel en 35% van die
leerlinge kan lees en skryf.
Cameron Dugmore, nuwe minister van Onderwys in die WesKaap, beweer dat die
rede nie die nuwe uitkoms-gebaseerde onderwysstelsel is nie, maar armoede en
gebrek aan hulpbronne by die meeste skole. Volgens hom kan 'n honger kind
nie konsentreer om te leer nie.
Sy oplossing vir die probleem is dat elke klas in elke graad 100 boeke kry,
en van die kinders word verwag om 100 boeke per jaar te lees.
Wat van die armoede en gepaardgaande gebrek aan konsentrasie?
Waar gaan die kinders tyd kry om te leer om te tel en te reken?
--
Annette
Die aap sit in die boom en rook dagga.
Die akkedis sien hom en roep "Aap, Aap wat maak jy?"
Die aap antwoord" Hey daar ek rook bietjie dagga ... wil jy my join?"
Die akkedis klim op en rook saam met aap.
"Ek raak dors" sê akkedis toe vir aap.
"Gaan drink water daar by die rivier" sê aap
Akkedis gaan toe om water te drink, maar is so gerook hy val toe in die water.
Krokodil swem toe verby en help akkedis uit en vra hom hoekom hy so
snaaks lyk, akkedis vertel hom dat hy en aap in die boom sit en dagga rook.
Krokodil sê hy wil self gaan kyk wat aan gaan
Hy staan toe onder by die boom en roep: "Aap, aap"
Aap kyk af en skrik.
"Fok hoeveel water het jy gedrink"
> I hope anybody can help me?
>
> We are the producers of Dutch Krokets/Croquettes in New Zealand and are also
> exporting to Australia.
>
> What I would like to know is are the krokets populair in South Africa and
> would there be a market for our products?
> Best regards
> Frans
> New Zealand
Ek bly al baie lank in Kanada, so ek kan natuurlik nie
vir die Suid-Afrikaners vandag praat nie. Maar hier is
'n paar opinies oor krokette en oor wat in Noord-
Amerika "pancakes" genoem word. ( Ek merk op
jy noem jouself "pancakeman." )
Die ding wat Suid-Afrikaners "pannekoek" noem,
en waaroor almal godsdienstig is, is nie die Noord-
Amerikaanse of Nederlandse pannekoek nie. Dit is
meer 'n soort van 'n "crepe" (maar altyd net met
suiker en kaneel daarop.) Ek kan ook doodgaan
oor SA pannekoek, maar eet nooit die Amerikaanse
pancakes nie, want hulle is te vol deeg. En ek was
baie teleurgesteld toe ek in Nederland uitvind dat
dit ook dieselfde is daar - die degerige ding met
allerhande soort goed daarop.
Oor krokette. Ek onthou krokette as daardie
goedjies wat jy uit masjiene in Nederland, veral
op stasies kan uithaal, maar neem aan dat daar meer
variasies daarvan is. SA is lief vir viskoekies maak, wat
baie na is aan wat ek dink jy met krokette bedoel. Of
hulle daar op die mark sal slaag, sal van baie soort dinge
afhang. Ek sal dit oorlaat aan die Afrikaners om daaroor
te praat. Ek het nog nie Nederlandse krokette hier
in die winkels in Kanada gesien nie, maar miskien
is hulle wel êrens op die mark.
Shame, het die teef nie `n sneusdoekie om te oorhandig nie....
Johannesburg - A former television producer at the SABC, Sheila "Sma"
Dlikilili was found guilty on Tuesday of fraud involving almost R1m in
the Johannesburg regional court.
Dlikilili faced 36 counts of fraud.
The court found that during 1993 and 1994 "the accused, with the
assistance of others, recklessly squandered the SABC's money".
The case was remanded to September 30 for sentencing and mitigating
evidence.
Dlikilili cried bitterly on Tuesday when she was convicted on all the
charges against her.
Gister lees ek die dame wat Moeder in The Kumars speel is op haar eerste
besoek aan SA. Sy beweer die himalajas lyk so jonk teen ons berge. Sy beweer
dit voel vir haar asof Tafelberg daar was sedert die ontstaan van die
wêreld. Toe ry ek maar weer gister en verwonder my weereens aan ans
wonderlike berge - van die oeroue imposante Tafelberg, tot by Helderberg se
blou pieke wat van ver lyk asof dit uit papier gesny is.
Slegs vir Suidwester - berge is goed wat daar nie van is in Namibië nie:))))
Naby Worcester in Engeland is mos die middelste punt van Engeland, en is dit
ook heel toevallig op die hoogste punt van die omgewing. Hulle noem dit 'n
berg, maar geen ordentlike Kapenaar kan dit 'n berg noem nie.
--
Annette
Dit wil voorkom of die kommersiële boere in ons land besig is om hul eie gat
te grawe. Die 15 plase wat onteïeningskennisgewings gekry het, is deur
die regering 14 dae gegee om te reageer op die voorstel. Dit het hulle die
kans gegee om hulle saak te stel oor hoekom die grond nie onteïen behoort te
word nie. Soos bv te verduidelik die redes hoekom die plaas dalk nie té
groot is nie, dat die eienaar of verwante wel 'n Nam burger is, dat die
grond dalk nie so geskik is vir hervestiging as wat die regering dalk dink
nie, wat ook al. Dit wil voorkom of hulle die raad van prokureurs volg en
glad nie reageer nie en daardeur dalk hul saak veel erger maak. Waar
redelikheid dalk die dag kon red, gaan politiek nou sy kop uitsteek.
Sekerlik blyk dit dat van die onteïeningsbevele op plase gedien was uit
wraak vir arbeids- en ander probleme op die betrokke eiendom in die verlede,
weet ek nie of kliphardegat wees en direk hof toe gaan die antwoord gaan
wees nie.......
villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,
kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.
snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier
in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.