Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik " deur TOM GOUWS

Ma., 24 Mei 2004 17:44

villanelle vir die oos-vrystaat, clarens-distrik
Tom Gouws

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier
in sandsteen sagkens verhard, hoog bo teen die blou lug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier,

kras ravyne tot in die grasvelde, geel soos heuningbier,
'n geelkoperklei groei koring en sonneblom hier geil tot vrug
hierdie landskap lê voue van vergeelde papier

waarop eland en springbok steeds wei, nes elke sku dier
op rotswande, net enkele ligte spore verklap hul vinnige vlug,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van 'n populier.

snags onhoorbaar steeds die voeteval van geelbruin impi's hier
in geveg, die harde voetsole van die difaqana se vlug terug
hierdie landskap lê voue van geel papier

in die beleë kleur van perkament, elke grot is hier 'n skuur
van beelde uit ons vergeelde geheue, soos ook elke gedig,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

hierdie landskap lê voue van vergeelde papier,
soms dof geskryf in oker ink, soms in die geel van populier.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Kitsopname

Ma., 24 Mei 2004 15:28

Wie hier is die oudste kind, en wie is die jongste kind?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

" Regressie " deur ELIZABETH DU TOIT ( 'n villanelle)

Ma., 24 Mei 2004 14:13

Regressie
Elizabeth du Toit

Jy kom weer in my lewe t'rug
en al die ou verlangens ook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Ek het so ver van jou gevlug;
waarom moet jy nou hier kom spook? -
Ek hoor die wind se fluistersug.

So wyd en bleek lê nou die lug
en oor die bulte hang die rook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Die grassaad op die rant se rug
draai in die wind se warrel-kook.
Ek hoor die wind se fluistersug.

Versteur is nou die helder lug,
die ligblou blomme druip al ook.
Die wind waai traag rondom die brug.

Met my verlange wil ek vlug:
jy kom weer in gedagtes spook,
jy kom weer om my lewe t'rug.
Die wind waai traag rondom die brug.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Wie se skuld?

Ma., 24 Mei 2004 11:25

Vleis Visagie - oud-Springbokslot, is uit op R1500 borgtog na 'n vreeslike
skietongeluk. Blykbaar het hulle onlangs twee voertuie agv diefstal op hul
kleinhoewe verloor. Toe sy vrou Sondagoggend om 5vm hul dogter se kar hoor
ry, het sy hom wakker gemaak, omdat sy seker was hierdie voertuig word ook
gesteel. Hy het glo deur die venster na die voertuig geskiet, en sy oudste
kind ( 19) , en enigste dogter, noodlottig in die nek gewond.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Politielede help boewe met wapenlisensies

Ma., 24 Mei 2004 09:10

'n Ondersoek op die hoogste polisievlak is landwyd van stapel gestuur na
bewerings van bedrog en korrupsie in polisie-eenhede wat aansoeke om
vuurwapenlisensies ontvang, verwerk en met aanbevelings na die polisie se
hoofkantoor in Pretoria stuur.
bron:beeld

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ooswind .....en sand!

Ma., 24 Mei 2004 06:49

Hier aan ons kus waai die bergwinde kwaai en dis net sand waar jy sien.
Die karre is gebêre en die kamele is al wat nou kan loop!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" Sachsen-gruss" deur A.G. VISSER ( 'n Villanelle)

Ma., 24 Mei 2004 00:03

Sachsen-gruss
A.G. VISSER

Die rose pryk in sonneskyn
En wag, my lief, om jou te groet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Die trotse, rooi as karmosyn,
Die spreek van liefdevuur en -gloed
Al prykend in die sonneskyn.

Die witte, beeld van liefde rein,
Werp skaam hul skoonheid jou te voet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

In wit albaster met robyn
Verrys jou beelt'nis, vroom en vroed:
Al prykend in die sonneskyn.

Ek bied aan skoonheid soewerein
'n Ligrooi roos, 'n Saksegroet:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Verlange woon in harte rein,
Madonnablank met rosegloed!
Die rose pryk in sonneskyn:
Sing sag, my hart, 'n soet refrein.

Prosa & poësie | 0 kommentare

ZEG en MAIL het VOORT! De vernieuwde www.bekeken is nú ONLINE.

So., 23 Mei 2004 20:10

De vernieuwde www.bekeken website is nu ONLINE!

Een leuke en handige nederland portal met ruim zeventig zeer gevarieerde
rubrieken. Met zorg samengesteld.

Alle rubrieken direct 'in zicht' en gemakkelijk navigeerbaar door
'KlikScrollen'.

Ga ook snel kijken en zet 'm bij je favorieten.

http://www.bekeken.nl

Vind je de site leuk en wil je helpen www.bekeken bekend te maken,
stuur dan dit mailtje door naar je bestand van vrienden, kennissen en
relaties in Nederland, België, Suriname, Antillen, Zuid Afrika, Australië,
Canada en Indonesië.

Heel veel dank voor je aandacht.

Groet van de maker van www.bekeken,

Frans van Schaick

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kaapse Gourmetfees

So., 23 Mei 2004 09:26

Hierdie jaar was daar 'n klomp nuwe goed te proe - gedroogde wors wat eers
in olyfolie gelê het. Volstruisbiltongpattee, Gepiekelde aspersies met peper
( my keuse) en roosmaryn. nuwe sjokolades, koekies, souse wat mens met
vleis, vis of roomys kan geniet, en natuurlik koffie. Daar is nou 'n ystee
op die mark wat in poeirvorm uitkom - baie lekker. Oatees ringetjies was ook
nuut, ek het my vereet aan die nuwe Harrismither kampioenkaas en ek het my
dag gister begin met 'n whiskyproe, mampoerproe, bierproe en wynproe om 'n
aptyt op te wek vir die calimarirepies en marog

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Super Elite...

So., 23 Mei 2004 07:01

Hoe kan iemand wat van nature daartoe geneig is om die land kaal te vreet in
elk geval die land regeer? Feite spreek vanself.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    410  411  412  413  414  415  416  417  418  419  420  421  422  423  424  425    »]
Tyd nou: Vr. Mei 08 14:54:00 UTC 2026