Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kunstekaap bring teater na Boland

Do., 27 Mei 2004 13:19

Kunstekaap bring teater na Boland

KUNSTEKAAP, die Wes-Kaapse spilpunt vir die uitvoerende kunste, begin
vanjaar met 'n daadwerklike plan om na die platteland uit te reik en bied
twee professionele verhoogstukke in die Boland aan.

Kaapstad Opera en Kaapstadse Stadsballet gaan op 28 en 30 Julie vanjaar twee
opvoerings per dag onder die vaandel van Kunstekaap in Paarl en Wellington
aanbied. Die eerste vertonings word op leerders gemik terwyl die tweede
vertonings vir die publiek oop is.

"Dit is 'n toetsprogram," sê Marlene le Roux, direkteur van gehore
ontwikkeling en onderrig by Kunstekaap. "Die sukses van die Boland-projek
sal bepaal of Kunstekaap na ander plattelandse gebiede kan uitreik.

"Die kaartjies van elke vertoning sal so goedkoop moontlik gehou word om
almal die geleentheid te bied om die 90-minute vertonings by te woon.
Plaaslike kunsorganisasies sal deur winsdeling fondse kan insamel om hulle
eie kunsbedrywighede te bevorder.

"Met dié uitreikprogram bring ons die kunste na die mense en gee plaaslike
liggame kans om fondse in te samel vir hulle eie werk. Dit is ware
bemagtiging deur die kunste," sê Le Roux.

Kunstekaap hou op Vrydag, 11 Junie 2004 'n beplanningsvergadering in
samewerking met die Frank Pietersen Musieksentrum van Paarl (Sanddrifstraat,
Tel. 872-2123) aan om alle musiek-, ballet- en kunsonderwysers in die Boland
by die opwindende projek te betrek.

"Alle kunsteskole en -sentrums van die Boland en selfs die Breederivier is
welkom om 'n afgevaardigde na die vergadering te stuur. Die vergadering
begin om 15:00 (3 nm) en al die besonderhede van die verskillende lokale,
programme, vertoningstye en kunstenaars sal dan bekend gemaak word.

"Die kaartjies vir die vier vertonings sal ook tussen die verskillende
organisasies verdeel word sodat elkeen 'n gelyke kans sal kry om n die
projek te deel," sê Le Roux.

Die voorlopige plan is dat Wellington se twee uitvoerings op Vrydag 30 Julie
2004 in die middag en aand sal plaasvind. Vir die Paarl-opvoerings word die
oggend en die middag van Woensdag, 28 Julie 2004 oorweeg ten einde maksimum
bywoning te verseker.

Die plattelandse uitreikprogram is 'n verlenging van Kunstekaap se bydrae om
teater na die mense te bring en sodoende mense na die teater te bring. 'n
Xhosa-drama is verlede week vir die publiek opgevoer in Langa om
veeltaligheid deur die uitvoerende kunste te bevorder.

"Kunstekaap glo dat die uitvoerende kunste se toekoms deur sulke aksies
bevorder word," sê Michael Maas, bestuurshoof van die organisasie. "Vanuit
'n historiese perspektief moet die kunste vandag meer as ooit uitreik om
diegene wat nooit die betowering van die teater belewe het nie, daaraan
bloot te stel.

"Ons glo die teater kan 'n groot rol speel om brûe te bou en mense nader aan
mekaar te bring," sê Maas.

NAMENS KUNSEKAAP UITGEREIK DEUR AFRIKOM

Medianavrae:
Michael Maas, Kunstekaap, Tel: 021 410 9921
Marlene le Roux, Kunstekaap, Tel: 021 410 9962
Frikkie Odendaal, Afrikom, Tel: 021 423 7263

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Namibiëse pret.....

Do., 27 Mei 2004 11:00

Voor die verkiesings gooi die politici die onteieningsbriewe en die een kant
skrik hulle vrek en die ander kant jil van plesier. Net na die verkiesing
begin die Minister paai dat die onteieningsbriewe eintlik net kommunikasie
van belangstelling in plase is en dat die mense dit nie so vrek ernstig moet
opneem nie. Gister is daar 'n berig van 'n Fransman wat 'n groep plase
gekoop het en die drade tussen-in verwyder het en nou een enorme jagplaas
van 30 000ha het met 'n Lodge op wat bie gewild is onder die rykes en selfs
Sam Nujoma gaan jaarliks jag by die plaas. Toe kom die verassing. Die
Fransman kry ook 'n onteieningskennisgewing! Hy wat miljoene der miljoene
in die land belê het en vir baie mense werk gee en groot belasting betaal,
hy moet sy plaas verkoop want oom Sam hou so baie van die plek en wil die
plaas 'n soort van 'n Camp David maak vir die president en sy begunstigdes.
Niks van hervestiging nie. Niks van herverdeling nie. Saam met die
presidensiële paleis van R1 biljoen behoort 'n jagplaas van so R20-30
miljoen seker nie te sleg lyk as 'n naweek wegbreek vir die man nie?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

O gaats!

Do., 27 Mei 2004 08:59

Ek sien dat daar niks by alt.languages. afrikaans aangaan nie....
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die manne in die tronk

Do., 27 Mei 2004 08:50

Die hofsaak is mos nou aan om die regering te dwing om in te gryp.
Die eerste punt wat toe deur die verdediging gemaak word ( 'n advokaat wat
vir NI werk) , is dat die regering van geen sout of water geweet het nie en
nie Zim en EG gewaarsku het die manne is op pad nie.
Dit nadat Onse Prez se segsman nog dieselfde dag verklaar het dat EG se
Prez deur onse Prez gewaarsku is die stouterds is op pad.
Die vorige minister van veiligheid, die huidige minister van veilgheid, en
die minister van verdediging het almal trots in die publiek verklaar die rol
wat SA gespeel het in die inhegtenisneming van die mense.
Nou sit die stouterds en krepeer sonder sorg, warm klere of komberse, en die
twee "regters" in EG wat die "saak" gaan aanhoor is glo twee generaals
sonder enige regsopleiding.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Ou Foto" deur FERDI GREYLING ( 'n villanelle)

Wo., 26 Mei 2004 21:37

OU FOTO
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 2 kommentare

'n Pannekoek vir Gloudie

Wo., 26 Mei 2004 20:31

Gloudina
Ek kan ook doodgaan oor SA pannekoek, maar eet nooit die Amerikaanse
pancakes nie, want hulle is te vol deeg.

Hans Willem:
Hier's hy Gloudie - getoets, beproef, bewese. Jy behoort die bestandele
alles daar bymekaar te kan skraap
Die resep is vir 100 pannekoeke - maklik om nou die bestandele aan te pas
vir 50 of 25 of veelvoude van 100.
As daar deegmengsel oorbly, kan jy dit vries om later te gebruik.

Hierdie resep is vir massaproduksie - ons meng maklik deeg vir 4000
pannekoeke ten tye van die kerkbasaar.
As jy KAN raakvat langs n stoof en pan, kan ek die regte "fyngebak" resep
ook vir julle mense plaas.

Koekmeel Kg 2.5
Eiers (Jumbo) Elk 24
Kookolie liter 1.866 (Sonneblom of Canola)
Sout ml 25
Bakpoeier ml 100
Water liter 4.054
Brandewyn ml 100
Asyn ml 200
~~~~~~~
Eiers se volume = 1.08 liter
Totale volume vloeistof = 7.3 liter
Die verhouding van vloeistof teen meel = 2.92 Liter Vloeistof per Kg
Meel

Bostaande syfers en vehoudings is belangrik. As die eiers kleiner as
"jumbo" grootte is, sal jy noodwending die aantal eiers vermeerder om die
gevraagde VOLUME eiers te kry
~~~~~~~~~~~~~~

Vul groot mengbak met WATER en ASYN .
Klop die EIERS apart en voeg by in groot mengbak
Voeg SOUT nou by.
Voeg die OLIE by in die groot mengbak
Voer nou die MEEL in.
Klontjies wat bo-op dryf kan per hand met 'n "whisk" stukkend geroer word.
OF
Vang die klontjies met 'n sif en vryf deur VERAL AS DIE BAKPOEIER INGAAN.
Klop die mengsel tot dit egalig glad vertoon
Voeg nou die BRANDEWYN by.
Voeg laastens die BAKPOEIER in. Moenie onnodig lank klop na bakpoeier in
is nie
Gooi die mengsel deur 'n sif en laat oornag staan. (of vir minstens 30
minute)
Roer goed deur voor gebruik.

Die kaneelsuiker : Meng 200 ml kaneelpoeier met 2½ Kg wit suiker

Kos & resepte | 3 kommentare

Nuusgroep hulp gevra

Wo., 26 Mei 2004 14:27

So 'n paar weke gelede 'n Sentech-modempie aangeskaf - die probleem is om
hierdie nuusgroep te bereik a.g. Sentech in hul wysheid nie vir
nuusgroep-kontak voorsiening maak nie.
Enige raad/hulp/donasies van mense wat van ander nuusgrpoepdienste
gebruikmaak asseblief ....

Rekenaars & selfone | 8 kommentare

Dromen

Wo., 26 Mei 2004 14:02

http://users.pandora.be/Paul.droesbeke/somebody/Dromen.wmv

Weet jullie wie is die sangeres?
Die meisjie is mij kleindogter(6jaar)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir Suidwester

Wo., 26 Mei 2004 13:53

Uit Beeld 26 Mein 2004
----------------------------

'Regering wil nie plase onteien, eerder onderhandel'
Gert Coetzee

Kaapstad. - Die regering wil eerder met boere oor die koopprys van
plase vir grondhervorming onderhandel as om hom as 'n laaste uitweg
tot grondonteiening te wend.

Só het me. Thoko Didiza, minister van landbou, Dinsdag hier in 'n
voorligtingsessie gesê. Sy het daarop gewys dat die regering die Wet
op Grondonteiening nog nooit ingespan het nie.

Didiza het die verkryging van genoeg grond, styging in die koopprys
van plase en verblyfreg vir woonarbeiders as van die groot uitdagings
vir grondhervorming in die komende vyf jaar uitgesonder.

Alle grondeise sal teen 2005, pres. Thabo Mbeki se spertyd daarvoor,
afgehandel wees.

Teen Maart was 48 000 eise (van die altesame 79 649 volgens vorige
berigte) reeds afgehandel.

Volgens Didiza het die regering in 2003 altesame 377 plase vir
grondhervorming aangekoop. In 2004-2005 is R200 miljoen as
bystandshulp vir die vestiging van beginnerboere beskikbaar.

Die geld gaan aan heinings, vestiging van markte, huise, besproeiing
en vee bestee word.

Sowat 20 000 gevalle van verblyfreg vir woonarbeiders moet aandag kry
in die distrikte van Vryheid, Newcastle en Wakkerstroom. Hieroor het
sy na die Beweging vir Grondlose Mense (BGM) se betrokkenheid verwys.

Sy is bekommerd oor die styging in die koopprys van plase in
Mpumalanga, wat dit vir die regering "onmoontlik" maak om grond teen
markverwante pryse te koop. Oplossings moet met die hulp van
kommersiële landbou én ander sektors gekry word.

Koeitjies & kalfies | 51 kommentare

Probeer dit ook

Wo., 26 Mei 2004 13:31

Vryf jou maag in sirkel bewegings met jou regter hand en tik jou saggies op
jou kop met jou linker hand op en af...

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    407  408  409  410  411  412  413  414  415  416  417  418  419  420  421  422    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 04 01:01:42 UTC 2026