Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Kieselguhr-kleim " deur GEORGE WEIDEMAN

Sa., 16 Oktober 2004 11:00

Kieselguhr-kleim
George Weideman

Troppe jare terug, in die stil oertyd,
het die see tot teen Rooilepel gespeel
Vandag haal ek my kieselguhr uit
waar die sand oor Gariep kom sifkaneel

Die swaarkry van die jare wat ons maar van lees
maak plooie aan die kante van my kleim
Maar dié stuk geskiedenis is lankal gewees
en ek het net oë vir die môres uit my myn

Vér oor die duine ry die trokke vragte
weg na Modderfontein en Somerset-Wes
Of bly daar soms van die kieselguhr agter,
sodat ek dit self kan sif en meng?

Miskien - dan brou ek snags onbewus
aan my droom se eie dinamiet;
begin om al singende stukke geskiedenis
uit gister se groeityd los te skiet.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Tito en die NGK

Sa., 16 Oktober 2004 07:04

Die rede hoekom Mboweni die rentekoerse nie afwaarts aangepas het die
afgelope week nie, het te doen met 'n sinodale voorlegging oor lidmaatskap,
wat beweer het dat elke keer as die rentekoers met .5% daal, daal die
lidmaatskap in die NGK ook met .5%.
--
Groetnis
Annette

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Nuweland....

Sa., 16 Oktober 2004 06:28

So Annette, vandag is D-dag vir jou? Jou Cheetahs teen die blommetjies van
die WP. Gaan jy kyk? Soos dit 'n waardig Bul betaam, is ek vandag aan
die Cheetahs se kant, maar dit sal seker maar knetter. Die Vrystaat sal 'n
perfekte dag moet beleef om te wen. Dieselfde geld natuurlik vir die Leeus
ook. Dis egter baie opwindend en lekker om weer rugby te sien waar die
ouens lyk asof hulle lus is om te speel. Sal maar die biltong gereed hê
vanmiddag.............

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Josephine's Mill ( Nuweland)

Sa., 16 Oktober 2004 05:49

Mens kan dit nie vertaal na Josefina se meule nie:))
Ons was toe gister daar - hoogs interessant - en koring word nog steeds daar
gemaal op bestelling. Ek het vir my 'n pakkie stoneground flour gekoop om
pap mee te maak.
Die Josephine waarna die meule vernoem is, was die koningin van Swede
toentertyd..
Die waterwiel buite - wat deur die UK ingenieurstudente restoureer is- is
glo die grootste bakkieswaterwiel ter wêreld.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Mons Mensa

Sa., 16 Oktober 2004 05:41

" Table Mountain is the only geographical feature on earth to be represented
by a constelation in the night sky, the constelation Mons Mensa ( mensae)"

Dis nou volgens die plaatjie in Iziko by die planetarium.
Mens kan dit natuurlik net sien as mens in die Suidelike halfrond is, en die
suiderkruis kan sien.
Hoe kry mens dit? - soos Esmé en Jan sou vra.
1) Kry Alpha Centauri ( die naaste ster aan die aarde) en Beta Centauri (
die twee merkers na die Suiderkruis)
2) Kry die ( werklike ) Suiderkruis, en op die lang balk, meet 41/2 lengtes
af weg van die horison en trek 'n lyn op hierdie rigting.
3) Trek dan 'n lyn van die middel tussen die twee centaris op na die
suiderkruislyn, en waar die twee ontmoet, is die Suidelike Selestale Pool
( die suidpool in die ruimte)
4) Trek nou 'n lyn reg op van hierdie pool. en jy kry 'n vae wolkie sterre
( dis nie deel van die melkweg nie - die suiderkruis is in die melkweg).
Hierdie wolkie sterre is die wolkie op die hemelse Tafelberg. Hierdie wolkie
sterre is 'n ander "galaxy", nl "Large Magellanic Cloud".
Onder die wolkie is Mons Mensa - weergegee deur drie driehoeke, en een ster
is 'n rooi ster , in die volgende vorm:
wolkie
* *
* * * *

*( hierdie ster is die grootste)
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: George Bush en Kanada

Vr., 15 Oktober 2004 23:15

Verlede Woensdagaand, met die derde presidensiële debat,
toe val ek amper van my stoel af. George Bush word gevra
oor die situasie met die griep-inspuitings, wat nou glo in so 'n
tekort in die VSA is, dat hulle dit moet rantsoeneer. George
Bush verduidelik toe dat 'n Britse firma se besendings nie
beskikbaar is nie, en dat hulle hoop om genoeg uit Kanada
te kry om ten minste die oumense en kinders te kan vaksineer.
Nou, die afgelope maande al, veg George Bush en sy
administrasie teen enige pogings van state om goedkoper
medisyne uit Kanada in te voer. Dit is glo nie "veilig" nie.
Ek kon op George Bush se gesig sien dat selfs hy
besef dat hy nou iets sê wat vrééslik snaaks moet klink.
Ek begin toe wonder of hierdie onderwerp van die
griep-vaksinasies iets is wat hom fataal gaan seermaak
in die verkiesing.
Vandag sien ek die eerste tekens daarvan. Elke
Vrydagmiddag op CNN het hulle die "play of
the week." Hierdie keer was die soeklig baie
duidelik op hierdie griep-uitsprake van Bush.
Daar word ook al hoe meer uitgewys dat
dokters in die moeilikheid gaan kom as hulle die
inspuitings gee aan mense "wat dit nie nodig het
nie." Klink na 'n diktatorskap?
Dit is ook nog 'n vraag of Kanada enige
griep-inspuitings aan die VSA sal kan lewer.
Ons sorg gewoonlik net dat dit vir ons dertig
miljoen burgers beskikbaar is.
Ek, vir een, het nog nooit 'n griep-inspuiting
gekry nie, en is ook nie vanplan om een te kry nie.

Gloudina

Ek gaan en het ook nog nooit n griepinsptuing kry nie, maar wat my tiekel is
hoekom ons nie self ons eie griep vaksines kan maak hier nie. Ek wonder ook
wat fout was met die batch wat in Engeland gemaak is, dit is glo
gekontamineer (is daar so n woord?), hoe kan so iets in ons moderne lewe
gebeur?

Ek het die debat gevolg, maar soos iemand se, iemand wat n debat wen maak
nie uit die aard van die saak juis n goeie president nie. Die verkiesing is
nou so gelyk soos dit nog nooit was nie. Ek hoop net Florida het nou n
beter stelsel as verlede keer.

Ellie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: NGK wroeg

Vr., 15 Oktober 2004 06:08

HHHAAAHHHAAAHHHAAA!!!!!!!!!!!!!!! Ek het dit geweet!! Hulle storie al weer
verander omdat die predikant se seun gay is! En hulle wonder hoekom mense
vir die kerk lag?!

Elaine

"Annette" skryf in boodskap news:cknnn4$4m6$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Na bykans twee weke se sinodale sitting te Hartenbosch, hartverskeurende
> snikke en harte wat oopgemaak is, het die NGK toe besluit gay mense mag
> volwaardige lidmate van die kerk wees.
>
> --
> Groetnis
> Annette
>

Geloof & kerksake | 10 kommentare

Polkadraai

Vr., 15 Oktober 2004 05:38

Gister by Polkadraai - die voëlverskrikkers het WP en Bul rugbyklere aan -
en voor die groot aarbei is daar 'n lynstaan, en die agterspelers staan
tussen die aarbeie:))

--
Groetnis
Annette

Reis & vakansie | 0 kommentare

Re: Dit is oud.

Do., 14 Oktober 2004 06:06

As hulle nou net daai tou mense na die kabelkarre kon korter
maak................

"Annette" skryf in boodskap news:ckkuvl$hsa$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Gister toe kry ek weer bietjie kennis.
> In miljoene jare is die berge se ouderdom:
> Alpe - 22
> Himalayas - 29 ( ek dink)
> Rockies - het vergeet
> Andes - 250
> Tafelberg - 260
>
> So, behalwe dat Tafelberg die oudste berg is waarop mense nog gereeld
> rondloop, is dit ook die enigste "natuurkonstruksie" wat vernoem is in die
> hemelruim
>
> Terloops - die wat die Kaap se toeristeplekke lank laas besoek het, gaan
> bietjie verras wees.
> 1) Bo- op Tafelberg is daar nou oral interessante inligtingsborde wat by
> die
> uitkykplekke aangebring is, en daar is om 10 en 12 gratis gidstoere - die
> twee roetes wat geneem kan word is die klein sirkel en die groot sirkel.
> 2) By Kirstenbosch se ou ingang het hulle nou so verander dat mens glad
> verdwaal - 'n inligtingsentrum, groot en wye pad en 'n nuwe restaurant
> waar
> die oue was maak alles aangenaam bietjie anders. Verder is daar ook
> interessante inligtingsbordjies by elke afdeling aangebring, en al die
> plante en bome se name op die plaatjies word aangedui in die Latynse naam,
> Engelse naam, Afrikaanse naam en of Zoeloe of Xhosa naam.
> 3) By Kaappunt is daar nou net een restaurant - dis die een waarna ek nog
> altyd gegaan het - so ek weet nie wat ek mis omdat die ander een nie meer
> daar is nie.
> By Kaappunt, by die treindingetjie by Kaappunt, sowel as by Tafelberg, kan
> pensionarisse wat in die Kaap bly goedkoper ingaan.
> By Kaappunt word nou slegs toegang per persoon gevra, en niks vir die
> voertuig nie.
>
> Groetnis
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Re: So dit kan nie in die RSA gebeur nie?

Wo., 13 Oktober 2004 12:09

On Wed, 13 Oct 2004 12:30:26 +0200, "Suidwester" wrote:

> 'n Interessante stukkie statistiek het die afgelope week my oog gevang in
> ons plaaslike pers. In die verlede is ek platgeslaan op hierdie ng omdat
> ek dit gewaag het om te sê dat Namibië en Suid-Afrika op dieselfde pad is
> met 'grondhervorming' as Zimbabwe. Glo word Suid-Afrikaners beter beskerm
> deur hul grondwet, ens? Kyk mens egter na die statistiek van wat gebeur
> het in Zim in vergelyking met die RSA, dan wonder mens. Vanaf 1994 is al
> amper 1500 blanke plaasboere vermoor in plaasaanvalle en die totale aantal
> blankes in die RSA, is 4,3 miljoen =0,00077%. In Zim, tydens die groot
> landgryp is ongeveer 11 blankes vermoor en hulle totale aantal blankes is
> maar 30 000 = 0,0033%.
> Miskien kan Ferdi vir my meer lig op die saak werp deur vir ons te
> verduidelik wat maak SA dan nou beter in dié dat meer blankes uitgemoor word
> as selfs in Zimbabwe? Of beskerm die grondwet net die swart meerderheid?
> Die reël van swart Afrika sê mos dat die meerderheid stemme in 'n verkiesing
> net tel tot die dag wat mag verkry is, daarna niks nie.

Try Google. Alles is reeds daar.

Hierdie is min of meer presies waar jy laas ook begin het.

Ek gaan rerig nie weer deur die argumente hardloop nie.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    351  352  353  354  355  356  357  358  359  360  361  362  363  364  365  366    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 13:09:58 UTC 2026