Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bram Fischer ( Rubriek deur Ferdi Greyling)

Di., 09 November 2004 15:07

Van hier onder in die strate waar mense hul daaglike bestane op allerlei
wyses maak en versigtig op die sypaadjies loop, altyd op die uitkyk vir
dinge soos taxi's en grypdiewe, kan die ivoortorings van universiteite soms
laf voorkom.

Veral die debatte, gelaai met die cliches van die tyd, wat van die' torings
van babbel (soos Breyten destyds gesê het) afdaal strate toe, kan soms 'n
onaardsheid weerspieel.

Soos die debat wat deesdae van daar ver in die suide opklink - of die
Universiteit van Stellenbosch vir die lank reeds ontslape kommunis adv. Bram
Fischer 'n ere-doktersgraad moet gee of nie.

Die eerste ding om vanaf hier op die strate te laat weet, is dat gewone
mense nie veel waarde heg aan 'n ere-doktorsgraad nie. Hulle het 'n gesonde
verstand soort respek vir byvoorbeeld 'n BA-graad verwerf met eksamens, maar
nie veel
respek vir 'n ere-doktorsgraad nie.

Dis jammer, maar so is dit.

Die meeste mense kan kaf van koring onderskei. Hulle weet soms, baie raar,
maar soms wel, word iemand wat om watter rede ookal nooit gaan studeer het
nie, maar oor jare 'n massiewe kennis opgebou het, die graad gegee wat hom
toekom. Daarvoor is daar respek.

Maar vir die res reken die meeste mense (reg of verkeerd) ere-grade word
gegee omdat geld aan 'n universiteit geskenk is, omdat 'n universiteit hoop
geld sal aan hom geskenk word, omdat die universiteit reken deur 'n graad te
gee sal deure oopgemaak word of 'n verbintenis met 'n maatskappy (of
regering) vasgemessel word (dis natuurlik geld een graad verwyderd) of omdat
die
universiteit 'n soort identiteit wil projekteer.

Dis seker in die laaste kategorie waar besluit is om Bram Fischer te vereer,
jare nadat hy tot op sterwens toe aangehou is en sy as toe weggestrooi is
waar niemand weet nie, nie eers sy familie nie. (En hy het vir die Vrystaat
skrumskakel gespeel!)

Bram Fischer was natuurlik die slim kind van een van die Vrystaat se
bekendste families, mense aan die kern van die Afrikaanse establishment. Hy
het in Engeland gaan studeer, die kommunisme omarm en was later die leier
van die SA Kommunistiese Party.

Toe is hy gevang en aangehou tot sy dood in 1975. Dit was in die opbloei-dae
van apartheid. Die tye van 'n jong Nelson Mandela in die ''Treason Trial'',
stasiebomme, ''Lang Hendrik'' van den Bergh en Jimmy ''dit laat my koud''
Kruger.

Sommiges in die toring van babbel by Stellenbosch meen hy behoort nie 'n
ere-graad te kry nie.

Van hulle sê hy was 'n kommunis en die kommuniste van destyds was Staliniste
en hulle is gruwels wat nie rym met ons grondwet vandag nie.

Wat 'n mens hier pla, is dat die Universiteit van Stellenbosch reeds verlede
jaar 'n ere-graad aan een van Fischer se mede-kommuniste (en dus ook 'n
Stalinis?) van destyds gegee het - Thabo Mbeki, vandag president van ons
land en 'n man wat die mark en menseregte voorstaan.

Niemand het mos verlede jaar daaroor gekla nie?

Daar is ook aangevoer hy kan nie 'n regsgraad kry nie want as kommunis het
hy nie eiendomsreg gerespekteer wat vandag een van ons basiese regte is nie.

Maar Stellenbosch het in 1966 'n ere-doktorsgraad in die regte aan adv. B.J.
Vorster gegee en kyk wat het hy aan van die basiese beginsels van die
Romeins-Hollandse reg gedoen. En in 1976 'n militere graad aan mnr. P.W.
Botha (was hy 'n goeie militêre strateeg?) en in 1979 'n graad in die
filosofie aan dr. Danie Craven.

'n Ander beswaar is dat die graad aan Fischer gatkruip by die huidige
regering is.

Maar waar was dié beswaar toe pres. Mbeki verlede jaar sy graad gekry het?
Of toe oud-pres. Nelson Mandela in 1996 sy graad gekry het? Is dit laat
wakkerskrik? Of is Fischer maar net 'n makliker teiken?

Wat ookal, twee dinge vanaf grondvlak aan die stryendes: Ons weet nie wat
die agenda met die stryery is nie. Ons vermoed dit het nie net met
kommunisme te doen nie want dan sou hulle mos teen Mbeki ook geskreeu het.
Ons wens iemand wil vir ons sê presies hoekom daar sulke heftige besware is.

En dan die volgende - wanneer 'n wit Afrikaner op die sypaadjie van 'n
township met 'n swartman praat wat nog warm onder die hoed is oor apartheid,
praat hy deur 'n kommunikasie-kanaal wat 'n mens gerus maar die Bram
Fischer/Beyers Naude-kanaal kan doop.

Omdat hulle teen oorweldigende druk bly veg het vir gelyke regte en
menswaardigheid vir almal (of een nou 'n kommie was of nie) het miljoene
swartmense oortuig daarvan geraak dat nie alle wit Afrikaners rassistiese
drake is nie.

''En dit is baie", soos daardie ander verwerpte Afrikaner, die digter Peter
Blum, is een van die wonderlikste stukke poësie in Afrikaans, Die
Vuurhoutjie, geskryf het.

Iewers moet iemand seker oor tyd en die oseane van die dood aan Bram Fischer
dankie sê?. (En dalk sommer ook versoening die verlede in begin beoefen?)

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Gou gou voor dit te laat is

Di., 09 November 2004 10:02

1) Go to www.Google.com

2) Type in "weapons of mass destruction" (DON'T hit return)

3) Hit the "I'm feeling lucky" button, NOT the "Google search"

4) Read the "error message" carefully and thoroughly.

Someone at Google has a sense of Humor, and will probably be fired soon!!!!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

US en Bram Fisher

Di., 09 November 2004 05:33

Die regsfakulteit het geweier om aan hom 'n ere-doktorsgraad toe te ken -
nou gaan hy, ten spyte van groot teenkanting, van die dept filosofie 'n
ere-doktorsgraad postuum ontvang.
Beteken dit dat hulle sy grafsteen sal moet verander?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die rand vertoon internasionaal die beste teen die VSA dollar

Ma., 08 November 2004 23:17

Ek hoor vandag op CBC se besigheidskanaal dat alleen
die Suid-Afrikaanse rand beter as die Kanadese dollar
gevaar het teen die Amerikaanse dollar. Ons dollar klim
nou sterk teen die Amerikaanse dollar. Nie te lank gelede
nie het so min as omtrent 64 Amerikaanse sente 'n
Kanadese dollar kon koop. Nou het ons dollar sodanig
geklim dat dit deesdae omtrent 84 Amerikaanse sente kos
om een Kanadese dollar te koop. ( Daar was natuurlik
'n tyd in die sestigerjare toe die Kanadese dollar meer
werd was as die Amerikaanse dollar.)
Die Amerikaanse dollar daal nou teen omtrent alle wêreld-
geldstelsels. Die hoofrede is natuurlik die biljoene der
biljoene wat hulle bestee in Irak. Dit sal natuurlik lekker
wees as die Amerikaanse dollar weer lekker laag is.
Die Amerikaanse dollar was so sterk in die negentiger-
jare dat mens amper nie in die VSA wou rondreis nie.
(Dis nou toe die Demokrate aan bewind was.)

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

VSA paspoorte

Ma., 08 November 2004 13:50

Eklees die naweek in die Windhoek Observer dat hulle reken dat in die totale
Amerika, net 20% van die bevolking paspoorte besit. Kan dit waar wees?
In die skrywer se beredenering van die rede hoekom Kerry die verkiesing
verloor het, reken hy dat die VSA oor die algemeen nie so 'vry van denke' is
as wat bv Europa se mense is nie[die Europeërs wil oor alles onderhandel en
gesels, terwyl die Yanks glo hulle is die magtigste land en daarom is dit
nie altyd nodig om oor hulle besluite te onderhandel nie. Jy doen dit en
basta] en inherent konservatief is. Die kerk en die gesin is vir hulle nog
baie belangriker as wat die Kerry raadgewers ooit besef het.

Emigrasie & buiteland | 51 kommentare

Bye-bye, Mnr Bi

Ma., 08 November 2004 10:28

Willie Knoetze
Ek skryf omdat ek dronk is,
want dan kan ek onthou
hoe styf jou rug gespan is
en hoe ryp jou mond oopvou
voor jy drink.

Ek eet omdat ek jonk is
en vergeet van die berou
as ek weer later by is,
en jou oë elders klou
soos jy dink.

Ek vat nou als wat ek kan kry,
terwyl jy drink en dink
en huis toe ry.

Want môre gaan jy
stom-onnosel klink
en my vermy.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Stupid Americans! -- Stupid... Stupid... STUPID!!! __________==___ jeshokan

So., 07 November 2004 14:58

Victim_of_Amer...@wimgu.de.us skryf in boodskap news:B150414B.93EAE409@NEWS.GRADWELL.NET...
You blithering idiots! You re-elected that imbecile George Bush as your
President.
He's a complete moron and so are most of you!
-
Don't you care what the rest of the world thinks of you? Don't you care what
impact
American foreign policy has on the rest of the planet? Does Iraq look like
a success
to anyone? Doesn't it bother you that he's alienated every friend you have?
What were you thinking???
-
Prior to this, it was American policy and the American government that was
so universally
hated around the world. Now it's going to be 'Americans' we hate. More
sympathy
for Bin Laden... More attacks on American institutions... More isolation.
How blind
can you dumb rednecks in middle-America be, not to see this?
-
If you get hit again, or your economy goes into a deep depression, the
American
people will be getting exactly what they deserve!
-
<back turned>
-
-
-
-
-
-
[Ignore what follows]
Hardly any sick lost papers subtly change as the easy games cook.
Terrance, have a brave hen. You won't burn it. We judge them, then we
daily irrigate Wally and Hala's new envelope. Otherwise the
jar in Haron's tape might believe some dull barbers.

If the weak cars can nibble hatefully, the bizarre fig may call more
rooms. No rich units beside the sweet hallway were smelling
inside the durable street. Tell Ali it's inner learning in a
book. Better dine bowls now or Ayn will smartly jump them to you.
Plenty of tired cups are thin and other strong weavers are pathetic, but
will
Harvey cover that? Just laughing without a sticker about the
plain is too smart for Aziz to promise it. Generally Saeed will
sow the cobbler, and if Ibraheem amazingly pulls it too, the
yogi will kill near the dirty kiosk.
----

Gie gie gie, hierdie Duitse ou het nogal 'n punt gehad,, as hy net nie
sy malle ramblings aangelas het nie, veral snaaks is die 'back turned" ,
ek wonder of hy bedoel hy gaan nou sy rug draai op ons Amerikaners.
Ek wonder hoekom sy kop so raas. Ek wonder ook hoekom dit
aan Rusland en Sri Lanka gestuur is? :-)
Ellie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Is Nelson Mandela worth £100,000?

So., 07 November 2004 05:19

On Sun, 7 Nov 2004 00:57:09 -0000, "BigCheese" wrote:

> Well, Westminster council have refused permission for the bronze of Nelson
> Mandela to be placed on the empty plinth in Trafalgar square.
>
> http://www.telegraph.co.uk/news/main.jhtml?xml=/news/2004/11 /06/nken06.xml&sSheet=/news/2004/11/06/ixhome.html
>
> "Red Ken" Livingstone London mayor vows to fight this decision with £100,000
> of public
> money.
>
> Westminster council says the statue would be better placed 50 yards away
> outside the South African embassy.
>
> Is there a clamour from the public for the statue to be erected on the
> plinth?
>
> Is there a clamour from the public for a statue of Mr Mandela at all?
>
> Of course not.
>
> My view?
>
> He's been out of prison for 14 years now and he hasn't re-offended and that
> fact should be
> celebrated.
>
> I think he's going straight which shows you that prison works.
>
>
>
O shit, BigCheese, jy moet lat tant Hessie jou hoor:-)))
Sy organize sommer 'n erf in toronto daarvoor:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN

Sa., 06 November 2004 23:18

Trippe.... trap patrone

Kanontjies en atome....

ek wens dat kindjie groter was

om al die diertjies op te pas.

Prosa & poësie | 0 kommentare

knock..knock..knock

Sa., 06 November 2004 12:56

hier's niemnd nie.
Ek wou iemand saamnooi vir 'n bier
nou geniet ek dit alleen...

(en moet nie nòu skreeu 'haai hier's ek!' nie.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    343  344  345  346  347  348  349  350  351  352  353  354  355  356  357  358    »]
Tyd nou: Wo. Jun. 10 12:37:39 UTC 2026